RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 21.01.2020 26:29
Die 26-jarige Sweetie Pie is waarskynlik die oudste koei in Suid-Afrika, en sy is tans dragtig. Die eienaar van hierdie merkwaardige Braunvieh-koei is Ian Botes. Hennie Maas gesels met hom oor die lid van die Botes-familie. Stan Jerling gesels verder oor trekkers in die tweede aflewering van die kort reeks. En die adjunkuitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, verduidelik wat vir...
RSG Landbou 20.01.2020 25:59
Daar is wêreldwyd streng wetgewing oor maksimum residu-limiete vir gifstowwe op voedselprodukte. Luigia Steyn van Croplife Suid-Afrika verduidelik hoe lande en supermarkte se voorgeskrewe limiete verskil. Gawie van Heerden van Konsortium-Merino vertel watter veilings hulle tot in Maart vanjaar aanbied. Elmarie Helberg van Plaas Media het onlangs 'n landbou-mediatoer na Pole meegemaak. Sy vertel ho...
RSG Landbou 17.01.2020 14:36
Dr. Albert Strever van die Universteit Stellenbosch sê sentrums van innovasie waar koppe bymekaar gesit word om met planne vir moderne wynverbouing vorendag te kom, kan vir opwindende geleenthede sorg.
RSG Landbou 17.01.2020 17:13
Die dekaan van die Fakulteit Agri-wetenskappe by die Univeriteit Stellenbosch, prof. Danie Brink, verduidelik waarom hy glo landbounavorsing in 2020 interessant en opwindend sal wees. Ons praat ook plantpatologie-navorsing met dr. Gert van Coller van die Wes-Kaapse Departement van Landbou.
RSG Landbou 16.01.2020 26:10
Lise Roberts vind meer uit oor die voorkoms en verspreiding van Russiese koringluis; en daar is meer inligting oor landbou-opleiding.
RSG Landbou 15.01.2020 26:04
Die eerste wolveiling van 2020 het op 7 Januarie in Port Elizabeth plaasgevind. Yolande Roodt vertel watter pryse behaal is. Daar is wêreldwyd 'n biodiversiteitskrisis, veral wat insekte betref. Nagenoeg 40% van insekspesies word bedreig. Dr. Astrid Jankielsohn van LNR Kleingraan op Bethlehem, verduidelik wat die oorsaak van hierdie uitsterwing is, en hoe die landbou kan help om ekostelsels te her...
RSG Landbou 14.01.2020 25:53
Onkruiddoderweerstand is soortgelyk aan die mens se weerstand teen antibiotika. Wie of wat veroorsaak onkruiddoderweerstand by plante? Dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA het die antwoord. Wêreld Gronddag is op 5 Desember gevier. Dr. Gary Paterson van die Landbounavorsingsraad se department grond, klimaat en water, verduidelik hoe Suid-Afrika die dag gevier het, en waarom dit so belangrik is. Sta...
RSG Landbou 13.01.2020 29:51
Het die donker wolk van klimaatsverandering darem 'n silwer randjie? Dr. Louis du Pisani, produksie-adviseur by die Nasionale Wolkwekersvereniging, gesels hieroor. Manie en Karin Wessels is bekend vir hulle kundigheid van intensiewe skaapboerdery. Manie vertel van hulle besoeke aan Rusland, en wat hulle daar gesien en geleer het. Dan verduidelik 'n bekende Bonsmara-boer, Gerrit van Zyl, hoe om 'n...
RSG Landbou 13.01.2020 29:51
Het die donker wolk van klimaatsverandering darem 'n silwer randjie? Dr. Louis du Pisani, produksie-adviseur by die Nasionale Wolkwekersvereniging, gesels hieroor. Manie en Karin Wessels is bekend vir hulle kundigheid van intensiewe skaapboerdery. Manie vertel van hulle besoeke aan Rusland, en wat hulle daar gesien en geleer het. Dan verduidelik 'n bekende Bonsmara-boer, Gerrit van Zyl, hoe om 'n...
RSG Landbou 10.01.2020 15:00
Professor Eugene Cloete, viserektor by die Universiteit Stellenbosch, is in 2018 deur die Wes-Kaapse Landbouskrywersvereniging aangewys as landbouer van die jaar. Hy verduidelik waarom hy positief is oor landbou in 2020.
RSG Landbou 10.01.2020 15:09
Dr. Johann Strauss, 'n seniornavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en 'n kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels, bespreek die belangrikheid van boeredae en watter voordele dit vir inhou. Jana Loots van Vinpro bring ons op hoogte oor vanjaar se Vinpro-inligtingsdag wat binnekort gehou word. En prof. Eugene Cloete viserektor van die Universiteit Stellenbosch gesels oor di...
RSG Landbou 09.01.2020 30:01
Landbouers is bekommerd oor die impak van bek-en-klouseer op die bedryf. Dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVASA en verteenwoordiger van die Nasionale Dieregesondheidsforum, praat hieroor. Die brande in Australië maak almal opnuut bewus van die geweldige skade wat vuur kan aanrig. Hoe lyk die stand van brande in Suid-Afrika? Nicolene Neveling van Nevaque Fire and Rescue bring ons op hoogte. Johan v...
RSG Landbou 09.01.2020 30:01
Landbouers is bekommerd oor die impak van bek-en-klouseer op die bedryf. Dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVASA en verteenwoordiger van die Nasionale Dieregesondheidsforum, praat hieroor. Die brande in Australië maak almal opnuut bewus van die geweldige skade wat vuur kan aanrig. Hoe lyk die stand van brande in Suid-Afrika? Nicolene Neveling van Nevaque Fire and Rescue bring ons op hoogte. Johan v...
RSG Landbou 08.01.2020 26:12
Dr. Michael Woods het onlangs sy doktorsgraad verwerf in massaboerdery met insekte. Lise Roberts vind uit waar sy belangstelling in die veld vandaan kom, en wat hierdie soort boerdery behels. Frans van Eden van Prioritise praat oor diversifikasie in die landbou, en Ettienne van Wyk, 'n Dorper-boer, vertel van sy klein begin in 2008 en waar hy vandag staan.
RSG Landbou 07.01.2020 26:19
Hoe vergelyk werkskepping in die Suid-Afrikaanse landbou met ander lande in Afrika, en lande soos Australië en die VSA? En hoe vergelyk produktiwiteit? Zelda Schwalbach van Sappi vertel watter geleenthede daar vir vroue in die bosbousektor is. Een van ons plaaslike landboujoernaliste, Lindie Botha, het in 2019 'n internasionale toekenning ontvang. Hennie Maas het meer hieroor gaan uitvind.
RSG Landbou 06.01.2020 26:03
Die bekende Bonsmara-boer Nick Serfontein is in November verlede jaar aangewys as die 2019 Landbouskrywers SA se boer van die jaar. Hoor wat hy gesê het nadat hy die toekenning ontvang het. Ons kuier in die pragtige Van Reenen-omgewing, en gesels met Ellen Janse van Rensburg. Sy boer met die Border Leicester-skaapras en is ook by weefwerk waar hierdie skape se wol gebruik word.
RSG Landbou 03.01.2020 15:04
Ferdie Endemann van die Wes-Kaapse departement van Landbou is 'n spesialisvoorligter in akwakultuur. Hy verduidelik waarom mens liefs nie met witdoodhaaie behoort te boer nie, en verduidelik ook watter wesens in die dieptes van ons oseane voorkom.
RSG Landbou 03.01.2020 14:38
Theresa Volschenk van die LNR Infruitech Nietvoorbij net buite Stellenbosch se grond en water-navorsingsafdeling het raad oor droogtebestande gewasse soos granate. Bly op hoogte van die jongste nuus oor bewaringsboerderystelsels wanneer dr. Pieter Swanepoel, seniordosent by die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenboch, en Stephano Haarhoff van dieselfde departement by ons aansluit. H...
RSG Landbou 02.01.2020 25:56
Lloyd James boer in die Somerset-Oos-omgewing, en Hennie Maas het vroeër met hom oor sy skaap- en Angora-boerdery gesels. Dan vertel Eugenie Louw van haar Phd wat handel oor die verbetering van die pragtige speldekussing-blom vir die uitvoermark. Met bek-en-klouseer wat steeds 'n probleem in Suid-Afrika is, wonder ons natuurlik hoe sulke plae oor grense heen versprei, en watter maatreëls in plek i...
RSG Landbou 31.12.2019 27:34
Theresa Franken van Rosemary Hill praat oor die malva-plant. Landbouvoorligter Louis de Jager gee wenke oor weidingsbestuur. Lise Roberts vra die bekende landbouer en veebeoordelaar, Llewellyn Angus, uit oor die kwalifikasie en waarna hy kyk wanneer hy vee beoordeel. En een van Plaas Media se joernaliste, Ursula Human, gesels oor 'n interessante artikel wat sy vir Farmbiz-tydskrif geskryf het oor...
RSG Landbou 31.12.2019 25:44
Wat staan jou te doen wanneer die droogte jou tref en al jou planne op is. Dr. Louis du Pisani is 'n produksie-adviseur by die Nasionale Wolkwekersvereniging, en hy gesels oor veeversorging tydens die droogte. Ons luister weer na een van Louis de Jager se gesprekke met ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie. Die slag verduidelik hy wat dit verg om 'n goeie bestuurder van jou plaas te we...
RSG Landbou 30.12.2019 26:06
Wat is die verskil tussen 'n konyn en 'n haas? Hennie Maas praat hieroor met Johan Potgieter van Nutri Feeds. Johan verduidelik ook watter konynboerderypraktyke in Suid-Afrika toegepas word. Ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het vroeër vanjaar met Louis de Jager 'n reeks onderhoude oor plaasbestuur opgeneem. Louis is 'n afgetrede landbou-ekonoom wat steeds landbouvoorligting doen,...
RSG Landbou 27.12.2019 16:09
Eloise Pretorius sit haar gesprek voort met Rosa Kruger. Sy is iemand wat haar talente inspan om die lewe van soveel Suid-Afrikaners mooier te maak, nie net met haar bydrae in die landbousektor nie, maar ook met haar menswees, haar voorbeeld en die hart wat sy vir ander het. Hoor hoe passievol die groot gees agter die Ou Wingerd Projek hieroor is.
RSG Landbou 27.12.2019 16:34
Eloise Pretorius kyk terug op 'n jaar van suksesse saam met GraanSA se Toit Wessels. Sy vier ook die twintigste bestaansjaar van die wyninnovasie-organisasie, Winetech, en hoor by bestuurshoof Gerard Martin hoe produsente die afgelope jaar bygestaan is.
RSG Landbou 25.12.2019 29:05
Ons fokus op 'n paar hoogtepunte van die afgelope jaar. Ons vind uit wat die Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam bied. Dr. Hendrik du Toit van Geneco vertel van hulle werksaamhede onder skaapboere in Engeland. En ons luister wat die Toyota Agri SA jongboer van die jaar, Johann van der Schyff, te sê gehad het nadat hy vroeg in November sy toekenning ontvang het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.