RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 19.02.2020

Volgens Willem Botha van Netafim is daar is heelwat veranderlikes wat 'n rol speel in besproeiing, en hy verduidelik wat die voor- en nadele van die verskillende stelsels is. Die Williston-skou skop Woensdagmiddag af in weerwil van die droogte en bek-en-klouseer. Die president van die skouvereniging, Keith Coetzee, gesels oor die moed, deursettingsvermoë en ondersteuning van die gemeenskap wat die...

RSG Landbou 18.02.2020

Produsente word aangemoedig om in te skryf vir vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Ons praat met Richardt Venter, 'n kuilvoerkenner en koördineerder van die kompetisie. Die Melkprodusente-organisasie bied kursusse aan oor die sensoriese evaluering van suiwel. Daar is nuus oor die komende Nu-Alcade Bonsmara-veiling, en Hennie Maas en Stan Jerling gesels verder oor trekkers.

RSG Landbou 17.02.2020

Die veelbesproke beplande wysiging van artikel 25 van die Grondwet is een van die besprekingspunte. Theo Boshoff, hoof van regsdienste by Agbiz, verduidelik wat die impak sal wees indien die wysiging sou deurgaan. Ruan Schutte, 'n juniorekonoom en bemarker by Graan SA, praat oor die koringbedryf. Ons vind meer uit van behandelde lusernsaad. En Hennie Maas praat met Dewald Olivier, bestuurshoof van...

RSG Landbou 14.02.2020

Bertus van Oord van Hermanus, een van die grootste perlemoenboere in Suid-Afrika, deel die storie van sy 23 jaar in die bedryf, en verduidelik waaraan hy sy sukses toeskryf.

RSG Landbou 14.02.2020

Dr. Odette Curtis-Scott van die Overberg Renosterveld Bewaringstrust verduidelik die organisasie se prioriteitr vir 2020. Die adjunkdirekteur van makrohulpbron-ekonomie by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Louw Pienaar, praat oor 'n nuwe Afrika-handelooreenkoms, en die geleenthede wat dit aan plaaslike produsente bied.

RSG Landbou 13.02.2020

Bek-en-klouseer, die droogte en beleidsonsekerheid – dit is 'n paar van die vele uitdagings waarmee die rooivleisbedryf te kampe het. Koos van der Ryst, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, gesels hieroor. Bonne de Bod bring ons op hoogte van sake van renosterstropery. Ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het 'n lusern-inligtingsdag op Prieska bygewoon. Hy hoor by Wick...

RSG Landbou 12.02.2020

'n Statutêre heffing op die verkoop van sojabone is in 2019 goedgekeur. Die heffing is geoormerk vir die ontwikkeling van nuwe sojaboonkultivars, en om te verseker dat produsente toegang tot nuwe biotegnologie verkry. Gert Heyns, die bestuurshoof van SACTA, praat oor die afgelope seisoen en wat die heffing vir die volgende seisoen inhou. Albert Bossert van die Voetslaan-organisasie van Suidelike A...

RSG Landbou 11.02.2020

Sybokhaar SA se eerste veiling van die nuwe seisoen vind op 11 Februarie plaas. Karien Erasmus van Promethium Carbon praat oor klimaatsverandering se impak op landbou. En Hennie Maas hoor by Rykie Visser van Agrinet watter nuwe hulpmiddels daar vir melkboere is.

RSG Landbou 10.02.2020

Daar is goeie nuus vir die plaaslike avokadobedryf. Lise Roberts praat hieroor met Lindie Stroebel van Mission Produce, die mees gevorderde avokado-netwerk en grootste voorsiener van avokado's in die wêreld. Ons medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, het by die Nasionale Wolkwekersvereniging gaan inloer en met die bestuurshoof, Leon de Beer, gesels. Johan Taljaardt van VDT Prokureurs praat oor...

RSG Landbou 07.02.2020

Dr. Johann Strauss en Lizette Nowers van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vertel van die navorsing wat hulle onlangs gedoen het tydens 'n besoek aan Australië. Hulle verduidelik ook die vennootskappe wat tussen die twee lande bestaan, wat landbou in die toekoms sal bevoordeel.

RSG Landbou 07.02.2020

Eloise Pretorius gesels met Landbouskrywer SA se Landboukundige van 2019, Buks Nel. Hy is ook 'n nuwekultivarspesialis by Tru-Cape in die Wes-Kaap. Grant Jephtas is Distriksbestuurder van Landcare in Bredasdorp. Hy verduidelik die funksie van die Flood Protection Works.

RSG Landbou 06.02.2020

Waarom is aktiviste gekant teen die gebruik van glifosaat, en wat is die grootste mites wat daaroor bestaan? Prof. Charlie Reinhardt van die Department Landbou-ekonomie en Agronomie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het die antwoorde. Johan van den Berg van Santam Landbou praat weersake, en Theresa Franken van Rosemary Hill vertel waar die naam kakiebos vandaan kom, en hoe die p...

RSG Landbou 05.02.2020

'n Naspeurbaarheidstelsel vir die rooivleisbedryf is onlangs in Pretoria bekendgestel. Dr. Michael Bradfield verduidelik aan Lise Roberts hoe die stelsel sal werk. Roelof le Roux, 'n agronoom by Pioneer Saad, gee raad aan gewasprodusente oor hoe om hulle opbrengs te verhoog. Dr. Jan Dreyer, 'n sojaboonkonsultant, gesels oor die bedryf. En Kolver Mulke, voorsitter van die Uieprodusente-organisasie...

RSG Landbou 04.02.2020

Biosekuriteit, identifikasie en naspeurbaarheid is sake wat hand aan hand loop in die lewendehawebedryf. Rachelle Cloete van GMP Basic verduidelik waarom dit so belangrik is. Hennie Maas en Stan Jerling sit hulle gesprek voort oor trekkers. Hulle praat onder andere oor International Harvesters se trekkers van toenterjare. En dr. Andre Jooste, bestuurshoof van Aartappels SA, bring ons op hoogte van...

RSG Landbou 03.02.2020

Kan toekomstige droogtetoestande voorspel word? Dr. Johan Malherbe van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Grond, Klimaat en Water beantwoord hierdie en ander vrae oor klimaatsverandering. 'n Veearts van Pretoria, dr. Dave Midgley, verduidelik wat intensiewe skaapboerdery is, en Albert Loubser gesels oor die doel en werksaamhede van die PLAAS Landboujeugstigting.

RSG Landbou 31.01.2020

Juanita Loubser van die VLV op Wellington gesels oor die Boks vir 'n Boervrou-projek, wat die land onlangs aan die gons gehad het. Ons hoor ook watter inisiatiewe dit in 2020 tot gevolg gaan hê.

RSG Landbou 31.01.2020

Slanghanteerder Marcel Witberg vertel wat om te doen wanneer die ongenooide reptiele hulle verskyning maak op jou plaas of in jou voortuin. Dr. Elleunorah Allsopp van die LNR verduidelik hoe om die verskyning van blaaspootjies in wingerde en op steenvrugte te bekamp.

RSG Landbou 30.01.2020

In weerwil van die moeilike omstandighede waaronder die gemeenskap van Williston in die Noord-Kaap leef, sien hulle steeds kans om vanjaar die Williston Landbouskou aan te bied. Wilhelm Steenkamp, een van die lede van die skoukomitee, vertel wat besoekers van 20 tot 22 Februarie kan verwag. En raai wie drink ons wyn? Dis een van die vrae wat gevra is tydens die Nedbank Vinpro-inligtingsdag wat ver...

RSG Landbou 29.01.2020

Die aanbieders en organiseerders van ses van Suid-Afrika se grootste lewendehawe-geleenthede, het hulle verbind tot 'n wetenskaplikgebaseerde biosekuriteitsprotokol vir die aanbied van geleenthede in 2020 en daarna. Dr. Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, sal die protokol opstel. Jan Myburg, 'n grondwaterbestuurskonsultant, praat oor goeie grondwaterbestuur. En Nicol Jansen, voorsitter...

RSG Landbou 28.01.2020

Veediefstalsyfers het die afgelope feesseisoen gedaal. Willie Clack, voorsitter van die Veediefstalvoorkomingsforum, verduidelik waaraan die daling toegeskryf kan word. Ons vind meer uit oor The Water Show Africa. Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie praat oor die doel van die skolemelkprojek. Hennie Maas en Stan Jerling sit hulle gesprek oor trekkers voort, en dan gee 'n veearts by C...

RSG Landbou 27.01.2020

Boere in die Suid-Kaap is verheug oor die reën wat hulle onlangs ontvang het. Hennie Maas gesels met 'n melkboer, Nelius van Greunen, oor die toestande in sy omgewing. Joseph Plaatjies is in 2008 aangewys as die plaaswerker van die jaar, en hy vertel sy storie. Dan deel Johan Heine van Working on Fire sy siening oor die brande in Australië en die VSA. En die Prieska Veldramklub bied binnekort twee...

RSG Landbou 24.01.2020

Dr. Albert Strever van die Universiteit Stellenbosch, wynboukundige Rosa Kruger, en wyninnoveerder Jan Thomas praat oor gehalte wyne en eg Suid-Afrikaanse innoverings.

RSG Landbou 24.01.2020

Omgewingskonsultant Anel Blignaut verduidelik die waarde van 'n koolstofvoetspoor-rekenaar en vertel meer van die Confronting Climate Change-projek. Die hoofdirekteur: navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, praat oor die Smart Agri Plan.

RSG Landbou 23.01.2020

Volgens Adri Kitshoff-Botha, die bestuurshoof van Wildbedryf Suid-Afrika, was besoekers aan 'n internasionale jagskou wat sy in Dallas, Texas, in die VSA bygewoon het, beïndruk met die model wat Suid-Afrika volg. Die skou het vroeg in Januarie plaasgevind, en WRSA het die wildsplaaseienaar daar verteenwoordig. Die 2019 Noord-Kaap jongboer van die jaar, Philip Botha, vertel watter slim planne hy op...

RSG Landbou 22.01.2020

'n Ekonomiese faktor wat betreklik min aandag kry in die Suid-Afrikaanse melkbedryf, is die aantal koeie in 'n melkkudde. Dr, Carel Muller, 'n navorsingsgenoot in veekundige wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor kuddegroei en versoorlewing. Agritech Africa, 'n internasionale landboutegnologiekonferensie, vind in Junie in Kaapstad plaas. Een van die sprekers, dr. George van Zijl,...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.