RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 19.03.2020

Lise Roberts praat met Corne Louw, senior ekonoom by Graan Suid-Afrika, oor hulle kongres wat onlangs op Nampopark naby Bothaville plaasgevind het. Carin Venter het die derde RPO/NWKV Oos-Kaap-kongres net buite Queenstown bygewoon. Daar het sy onder andere met HB van der Walt, die voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging in die Oos-Kaap, asook Rolf Pretorius, die voorsitter van die Oos-Ka...

RSG Landbou 18.03.2020

Die rasdirekteur van die Brahman-beestelersgenootskap, Sietze Smit, praat oor hulle deelname aan Breedplan, en wat die waarde daarvan vir die beesras is. Die bestuurshoof van Makadamia Suid-Afrika, Lizel Pretorius, bring ons op hoogte van die suksesvolle groei van die bedryf. Volgens dr. Louis du Pisani is dit nou tyd om goeie veldvoorbereiding te doen in die gebiede wat goeie reën ontvang het. On...

RSG Landbou 17.03.2020

Die Sussex-beestelersgenootskap vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar in Suid-Afrika. Ons gesels hieroor met die president van die genootskap, Daleen Potgieter. Ná Maandagoggend se gesprek met Pieter Buys van die Mangokwekersvereniging, hoor ons watter voedingswaarde mangos bevat. Chanelle Retief, 'n dieetkundige van NutriFundi, praat hieroor. Hennie Maas en Stan Jerling gesels weer oor trekkers...

RSG Landbou 16.03.2020

Die rasdirekteur van die plaaslike Brahman-beestelersgenootskap, Sietze Smit, gesels oor naspeurbaarheid, en watter stappe hulle gedoen het om die voortbestaan van die beesras te verseker. Ons kuier in die Kookuis-omgewing in die Oos-Kaap waar die Wienand-familie van die plaas Olivewoods, 20 ramme aan 'n bemagtigingstrust geskenk het. Die voorsitter van die Mangokwekersvereniging, Pieter Buys, pra...

RSG Landbou 14.03.2020

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch. Eloise Pretorius vind meer uit oor toekomskos en voedsel wat deur middel van 3D-drukkers vervaardig word. Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels oor interessante verskynsels in voedseltegnologie.

RSG Landbou 13.03.2020

Die plaaslike slakbedryf is stadig maar seker besig om momentum op te bou, volgens deeltydse slakboer, Wihan Coetser. Daar is ook groot belangstelling in die bevordering van die slakbedryf. Eloise Pretorius vind meer uit van die geleenthede vir ontluikende slakboere. Phyllis Pienaar is distriksbestuurder van Landcare in die Sentraal-Karoo. Haar werk as biotegnikus sluit onder andere 'n projek in w...

RSG Landbou 12.03.2020

Tydens president Cyril Ramaphosa se staatsrede het hy onderneem om binne twee weke ná die rede, 'n tarief teen hoenderinvoere te publiseer. Dit het egter nog nie gebeur nie. Lise Roberts praat met die stigter van die Fairplay-beweging, Francois Baird, oor die erns van die saak. Een van die hoogtepunte op die jaarlikse Bonsmara SA-kalender is die Rooi Ras-geleentheid. Louis Steyl vertel waar en wan...

RSG Landbou 11.03.2020

Die Bloemskou vind van 24 April tot 2 Mei by die Bloemfontein skouterrein plaas. Daar is 23 kampioenskappe wat in die perde-, kleinvee- en beeste-afdelings aangebied word. Die bestuurshoof van die skou, Elmarie Prinsloo, praat hieroor. Ons hoor wat die jongste wolpryse by veilings in Port Elizabeth is, en dan praat ons met Enslin Nel van VDT Prokureurs oor skuld en skuldeisers en die regsposisie v...

RSG Landbou 10.03.2020

Bestaan die row-crop trekker nog? Dis waaroor Hennie Maas en Stan Jerling gesels in ons reeks oor die geskiedenis van die trekker in Suid-Afrika. 'n Landboukundige by Pioneer Saad, De Bruyn Myburgh, praat oor kuilvoer en hoe sekere variëteite gesny moet word. Hy brei ook uit oor Pioneer se kuilvoerproewe. En wat sê die wet oor die uitstel van 'n dissiplinêre verhoor? Advokaat Christoff Dames, 'n r...

RSG Landbou 09.03.2020

Landbou is ook by vanjaar se US Woordfees betrokke met die Veldvleisvereniging van Suid-Afrika wat deelneem. Dr. Pieter Prinsloo, die stigter van die vereniging, vertel waarom hulle deelneem en waarna besoekers kan uitsien. Daar is 'n persepsie onder verbruikers oor bevrore vleis. Hennie Maas praat hieroor met dr. Phillip Strydom van die Landbounavorsingsraad. Ons kuier ook in die Oos-Kaap net bui...

RSG Landbou 06.03.2020

Die eerste reënbuie in meer as nege jaar het onlangs plek-plek in die Noord-Kaap uitgesak. Eloise Pretorius het plase in die provinsie besoek om te hoor hoe boere in die droogte oorleef. Op haar reis het sy ook kennis met mense gemaak wat kreatiewe skenkingsaksies begin het om boere en diere in die dorre provinsie by te staan.

RSG Landbou 06.03.2020

Volgens Vinpro se Conrad Schutte is 2020 se wyndruiwe-oesskatting groter as die van verlede jaar. Ons vind ook uit hoe lank laatkultivars aan die wingerd hang voor dit gepars word. 'n Bekroonde Namibiese kleinveeboer, Pieter van Schalkwyk, deel sy wenresep nadat hy as Kleinveeprodusent van die Jaar in sy tuisland aangewys is. Ondanks die droogte, kon van Schalkwyk sy produksiewins die afgelope dri...

RSG Landbou 05.03.2020

Hennie Maas met Dewald Olivier, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, oor LITS SA, 'n naspeurbaarheidstelsel vir die plaaslike rooivleisbedryf. Luan van der Walt, 'n ekonoom by Graan Suid-Afrika, praat oor die internasionale verwagtinge vir die somergraanseisoen. Met die opheffing van die verbod op veeveilings, het minister Thoko Didiza dit duidelik gemaak dat lewendehawe-agent...

RSG Landbou 04.03.2020

Chanelle Retief, 'n dieetkundige van NutriFundi, gesels oor die voedingswaarde van pekanneute. Dr. Faffa Malan van RuVASA vertel watter siektes tans onder vee voorkom. En dr. Christo Joubert van die Landboubemarkingsraad se navorsingsentrum praat oor die inisiatiewe van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om voedselsekerheid te monitor en rapporteer.

RSG Landbou 03.03.2020

BKB het op 15 Februarie hulle eerste digitale veiling aangebied. Dr. Cobus Oberholster, die hoofbestuurder van lewendehawe- en eiendomme-bemarking by BKB, gee terugvoer. Die Leadership Academy for Agriculture is 'n nuwe leierskapsprogram wat verlede week bekendgestel is. Die program het voorheen as die Grain Academy bekendgestaan, en bied nou geleenthede aan die hele landbouwaardeketting. Dr. Rene...

RSG Landbou 02.03.2020

Koos du Pisanie gesels met 'n skaapboer, Francois Jooste, wat ook met hoenders boer by die Willistonskou. As gevolg van die verbod op die vervoer van lewende hawe is slegs perde by die Willistonskou toegelaat. Ernest Langer gesels oor die verskillende perde-aktiwiteite wat daar aangebied is. Adri Kitshoff-Botha, bestuurshoof van Wildbedryf Suid-Afrika, praat oor trofee-uitvoere.

RSG Landbou 28.02.2020

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, verduidelik die omvang van die ergste droogte die afgelope 50 jaar in die provinsie. Hoewel van die boere al 30% van hulle kudde verloor het, bly hulle positief en hoopvol.

RSG Landbou 28.02.2020

Eloise Pretorius gesels met Wes-Kus Landcare se distriksbestuurder Jan Smit oor hoe boere gehelp word met die sink van boorgate, en ons vind uit of die beskikbaarheid van lusernsaad deur die droogte geaffekteer is.

RSG Landbou 27.02.2020

Rudi van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfmaatskappy praat oor 'n nuwe karkasgraderingstelsel wat eersdaags geïmplementeer word. Reën het in die Williston-omgewing geval. Coetzee Reitz van die Williston Vleiskoöperasie vertel van donasies wat nou dalk kan opdroog en skuldeisers wat sal intree. Frikkie Fouche van AgriSETA praat verder oor die voordele van vaardigheidsopleiding, spe...

RSG Landbou 26.02.2020

Suid-Afrika se eerste rosyntjiekultivar, wat as Sundowner bekendstaan, is onlangs geregistreer. Andries Daniels, 'n evalueerder by die Landbounavorsingsraad, vertel hoe uniek hierdie kultivar is. Wat en wie is AgriSETA? Die uitvoerende bestuurder van vaardigheidsbeplanning by AgriSETA, Frikkie Fouche, verduidelik. En Andre van Niekerk van Sandvet Pecans praat oor die potensiaal van die plaaslike p...

RSG Landbou 25.02.2020

Voldoening aan arbeidswetgewing is ononderhandelbaar vir elke werkgewer. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor dissiplinêre verhore, en wat die wet stipuleer. Die bestuurshoof van die Veevoervervaardigersvereniging, De Wet Boshoff, het in Januarie in Atlanta in die VSA 'n byeenkoms vir internasionale rolspelers bygewoon. Ons vind uit wat die doel van die byeenkoms was. SACTA h...

RSG Landbou 24.02.2020

Dit word algemeen aanvaar dat landbou die grootste verbruiker van water is. Gregory Smith is Agri SA se natuurlike hulpbronbeampte vir water. Hy vertel van projekte oor watervoorsiening en -gehalte waarmee hulle besig is. Die hoofbestuurder van Cape Wools, Deon Saayman, praat oor hulle fokusareas, en Hennie Maas kuier by Jan Randall, 'n boer van Lothair in Mpumalanga. Hulle gesels oor sy boerdery...

RSG Landbou 21.02.2020

Drie landboukundiges bespreek die toekoms van hommeltuie in die landbou.

RSG Landbou 21.02.2020

'n Grondbewarings-tegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Stefan Theron, verduidelik hoe boere in Beaufort-Wes innoverend boer in die droogte. En Marisah Niewoudt van Vinpro gesels oor die organisasie se onlangse wyntoerisme-werkswinkels.

RSG Landbou 20.02.2020

Die bestuurshoof van die Melkprodusente-organisasie, dr. Chris van Dijk, praat oor die profiel van die melkboer in Suid-Afrika, hoe die boer volhoubaarheid kan verseker, en wat die MPO doen om klein boere te ondersteun. Die Veevoervervaardigersvereniging bied vroeg in Maart 'n belangrike forum aan. Die organisasie se bestuurshoof, De Wet Boshoff, vertel waarop daar gefokus sal word. Daar is weernu...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.