RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 17.04.2020

Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar vir 2019, Nick Serfontein, bespreek in en uitvoere, en deel praktiese raad oor hoe om uitdagings in landbou die hoof te bied. Ons vind uit hoe biologiese tegnologie sorg vir deurbrake in landbou-onwikkeling. Die dekaan van die Fakulteit Agri-wetenskappe aan die Univeriteit Stellenbosch, prof. Danie Brink, verduidelik hoe plaaslike universiteite op die voorpu...

RSG Landbou 16.04.2020

Asof ons nie genoeg uitdagings het nie, word boere in die Oos-Kaap nou deur die gevreesde Afrika-kommandowurm geteister. Dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA maan veral ons weidingsboere hieroor. Dr. Louis du Pisani gee raad oor voeding tydens oorwintering, Johan van den Berg gesels weersake, en Marthinus Stander gesels oor die sosiale verantwoordelikheidsprogram by Country Bird Holdings. Dan verd...

RSG Landbou 15.04.2020

Wat is die verskil tussen kuilvoer en hooi? Richardt Venter van Agsci Unlimited het die antwoord op hierdie vraag. Dr. Carel Muller van Stellenbosch Universiteit praat oor die impak van persepsies op melkdata-ontleding, en Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging vertel watter hulp hulle tans aan klein hoenderboere verleen.

RSG Landbou 14.04.2020

Dr. Willem Jansen van Rensburg van die Landbounavorsingsraad praat oor inheemse blaargroentes en tonnelbesproeiing. Hy vertel watter van hierdie blaargroentes die gewildste is, en dan verduidelik dr. Felix Reynders waarom tonnelbesproeiing al hoe meer gebruik word. Hennie Maas en Stan Jerling is ook aan die beurt met hulle interessante weeklikse gesprek oor trekkers.

RSG Landbou 12.04.2020

Die bloubosluis is 'n uniek volgens dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk. Hy verduidelik waarom. Richardt Venter van Agsci Unlimited gesels oor kuilvoer nadat hy onlangs deur die land gereis het om te sien watter vordering gemaak word. En dr. John Purchase van Agbiz gee terugvoer oor die voedselwaardeketting en voedselsekerheid, veral in landelike gebiede wat swaar trek.

RSG Landbou 11.04.2020

Skoolhoof Albert Mocke en trustees Augusta Brandt en Wilhelm de Wet van Jakes Gerwel Tegnies deel 'n storie van hoop. Tydens die bou van hierdie skool op Bonnievale het die gemeenskap saamgestaan met 'n bepaalde doelwit. In die proses het mense wat mekaar aanvanklik nie vertrou het nie, vriende geword. Die toekoms van duisende kinders slaan nou 'n positiewe nuwe rigting in, te danke aan 'n klein g...

RSG Landbou 10.04.2020

Die uitvoerende direkteur van Sonfin, Chris Schutte, praat oor die gebruik van sonkragstelsels op Suid-Afrikaanse plase. Landbouskrywer Nichelle Steyn gesels oor onlange innovasies in die rooivleisbedryf en by melkprodusente. Die bestuurshoof van die Landbousakekamer, dr. John Purchase, het 'n bemoedigende boodskap vir landbouers.

RSG Landbou 09.04.2020

Herman Labuschagne van SA Stamboek praat oor brandmerke en die wetgewing wat dit beheer. Janine Greyling, die bemarkingsbestuurder van kaas by Lactalis SA, vertel van hulle kaas wat as suiwelproduk van die jaar aangewys is. Johan van den Berg gesels weersake, en prof. Ferdi Meyer van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid praat oor die wisselkoers, die onlangse Moody's afgradering en voedselpryse.

RSG Landbou 08.04.2020

Watter landboubedrywe gebruik die meeste voer in Suid-Afrika? Dr. WA Lombard van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat het navorsing hieroor gedoen. Gert Jordaan, nasionale bestuurder van digitale veilings en naspeurbaarheid by BKB, verduidelik watter rol biosekuriteit, naspeurbaarheid en dierewelsyn tydens digitale veilings speel. En prof. Ferdi Meyer van die Buro...

RSG Landbou 07.04.2020

Rolspelers in die suiwelbedryf is onlangs genooi om melkboere te nomineer vir die jaarlikse Melkprodusente-organisasie en Nedbank Rentmeesterskaptoekennings. Barbara Bieldt van die MPO veruidelike wat met rentmeesterskap bedoel word, en wat die doel van die toekennings is. Ons vind meer uit oor die Afrika-aartappel en kankerbossie, en dan vertel Tattie Scholtz van Douglas in die Griekwastad-omgewi...

RSG Landbou 06.04.2020

Wêreld Waterdag is op 22 Maart gevier. Suid-Afrikaners word daagliks daaraan herinner dat ons slimmer moet werk met die kosbare hulpbron. Ettienne Thiebaut, die uitvoerende hoof van volhoubaarheid by RCL Foods, vertel van die planne waarmee hulle vorendag moes kom by hulle verskeie aanlegte. Wintergraanprodusente sal eersdaags begin plant, en dis waaroor Corne Louw, seniorekonoom by Graan SA, gese...

RSG Landbou 03.04.2020

Die Jakes Gerwel Tegniese Skool in Bonnievale het in weerwil van vele uitdagings sy deure drie jaar gelede geopen. Vandag gee dit honderde kinders in die omgewing kans om praktiese onderrig te ontvang op 'n plek waar passievolle onderwysers leef om die gemeenskap te dien.

RSG Landbou 03.04.2020

Die Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, deel belangrike datums op die landboukalender. Dr. Mogale Sebopetsa, hoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor 'n nasionale inisiatief vir boere. Michelle de Lange van die Melkprodusentevereniging sê sy is aangenaam verras deur onlangse innovasies in die sektor w...

RSG Landbou 02.04.2020

Die tweede oesskatting vir somergraangewasse is op 25 Maart vrygestel. Corne Louw, seniorekonoom by Graan Suid-Afrika, praat hieroor en oor die impak wat die Covid-19 maatreëls op die stroopproses mag hê. Chanelle Retief van NutriFundi gee raad oor die aankoop, stoor en verbruik van voedsel tydens die 21 dae van inperking. En Johan van den Berg van Santam Landbou is soos altyd op sy pos met nuus o...

RSG Landbou 01.04.2020

'n Totaal van 975 plaaslike suiwelprodukte is vanjaar beoordeel om te bepaal wie die 2020 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar kroon moet dra. Die wenner is op 26 Maart tydens 'n virtuele Qualite-toekenningsgeleentheid aangewys. Watter impak het Covid-19 op die suiwelbedryf? Dr. Chris van Dijk, bestuurshoof van die Melkprodusente-organisasie, gee meer duidelikheid oor die virus en of diere da...

RSG Landbou 31.03.2020

Wat word in 2020 van 'n melkprodusent verwag om volhoubaar te produseer? En hoe lyk plaaslike melkprysvooruitsigte? Bertus van Heerden, 'n ekonoom by die Melkprodusente-organisasie, beantwoord hierdie en ander vrae oor die plaaslike suiwelbedryf. Hennie Maas en Stan Jerling gesels verder oor die Ferguson-trekker. Talle Suid-Afrikaners is bekommerd oor die by-populasie. Dr. Gerhard Verdoorn van Cro...

RSG Landbou 30.03.2020

Verbruikers het die afgelope week winkels toe gestroom om te verseker dan hulle vir die volgende 21 dae genoeg kos op die tafel het. RSG Landbou gesels met Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor die impak wat die pandemie op die plaaslike landbouwaardeketting het. Gawie Naude van Rhodes in die Oos-Kaap vertel van sy Braunvieh-beesboerdery, en dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA verd...

RSG Landbou 28.03.2020

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van AgriSA, is hy aangewys as deel van 'n spesiale taakspan wat deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangestel is om kwessies wat met Covid-19 verband hou, aan te pak. Hy gesels oor die uitdaging en die oplossings wat hiermee te doen het in landbou.

RSG Landbou 27.03.2020

Ons gesels oor die toekoms van hommeltuie in die landbou met Arie van Raavenswaay, die Assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie Ontwerp en Oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Volgens hom kan gewone tegnolgie, soos bestaande kameras, ook suksesvol ingespan word om vele landbou-funksies te verrig. Spesialis-voorligter in akwakultuur by dieselfde departement, Ferdie Endemann, verduidel...

RSG Landbou 26.03.2020

Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die verwagte weerpatrone in die winterreënvalgebiede. Veekundige Andre Fourie van Anker Agri gee raad oor die voorbereiding van ooie vir die paarseisoen. Die voor- en nadele van intensiewe landbouproduksie is ook onder bespreking. Ursula Human, 'n joernalis by Plaas Media, het in die Maart-uitgawe van die Farmbiz-tydskrif 'n artikel hieroor geskryf....

RSG Landbou 25.03.2020

Daar word gesê dat droogtes in die toekoms as normaal beskou sal word. Dit beteken dat produsente nodig het om die verskeie opsies wat vir watervoorsiening beskikbaar is, noukeurig te ondersoek en dit deel van hulle normale boerderybeplanning te maak. Dr. Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek verduidelik watter rol teelwaardes speel wanneer ingeligte besluite oor seleksie en teling by vleisbee...

RSG Landbou 24.03.2020

Carin Venter gesels met Archie Sonwabo van die plaas Suntsani naby Queenstown. Hy was 23 jaar laas by 'n dokter, en volgens hom is dit te danke aan wat die natuur ons bied. Sy praat ook met Simon Sutton van die plaas Avondale oor hulle Beefmasterstoet, en sy betrokkenheid by georganiseerde landbou as voorsitter van die Queenstown Landbouvereniging. Stan Jerling gesels verder oor die Ford- en Fergu...

RSG Landbou 23.03.2020

Ons praat gereeld op RSG Landbou oor biosekuriteit op die plaas, maar hoe verskil die soort biosekuriteit met dit wat belangrik is by die mens. Is daar enige vergelyking? Hennie Maas praat hieroor met dr. Danie Odendaal van die Veearts Netwerk. Daar is nuus oor veilings wat wel nog plaasvind, en dan gesels Frans de Klerk, 'n tegniese ontleder, oor die rand. Dr. Barend Wentzel, 'n navorser by die L...

RSG Landbou 20.03.2020

De Fynne-kwekery net buite die Paarl is waar landbouer Jacky Goliath met lewenslustigheid haar take aanpak. By haar besigheid pluk sy self vandag die vrugte van vele seisoene se vasbyt, en is sy 'n voorbeeld vir vele ander.

RSG Landbou 20.03.2020

Eloise Pretorius kyk na die beveiliging van landbougemeenskappe teen die Coranavirus. Dr. Beth Engelbrecht is die hoof van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, en gesels saam op die program. Belangrike inligting en nuttige nommers word gedeel, terwyl van jou vrae oor die virus beantwoord word.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.