RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 15.05.2020

Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria deel sy spesialis seisoenale weervoorspelling. Hierdie bekende voorspellingswetenskaplike verduidelik hoe boere by sy bevindings baat.

RSG Landbou 15.05.2020

Die president van AgriSA, Pierre Vercueil, verduidelik waarom Suid-Afrikaanse boere sulke unieke mense is. Anton Rabe is die sagtevrugtebedryfsliggaam, Hortgro, se uitvoerende direkteur. Volgens hom moet mense ook midde uitdagings soos die coronavirus positief bly en vorentoe beweeg met behulp van nuwe oplossings. Steenvrug-evaluering was onlangs in die nuus asook beheerde atmosfees, 'n tegniek wa...

RSG Landbou 14.05.2020

Die verbod op tabakverkope het 'n ernstige impak op die lewe van plaaswerkers en hulle produktiwiteit. Koos du Pisanie praat met 'n paar boere van die Noord-Kaap hieroor. Die uitbreek van Afrika-varkgriep in die Oos-Kaap het die aandag opnuut op voedselsekerheid geplaas. Ons hoor van Johann Kotze van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie hiervan. Chris Derksen is op sy pos met vleispryse,...

RSG Landbou 13.05.2020

Die landboumaatskappy, Kaap Agri, het onlangs sy tussentydse finansiële resultate bekendgemaak. 'n Boer van die Soutpansberg-omgewing in Limpopo, Louis van der Walt, praat oor sy aartappelboerdery en ander vertakkings op die plaas. En Mike Killassy, 'n bekende in veilingskringe, praat oor die toekoms van veilings.

RSG Landbou 12.05.2020

Verbruikers kan uitsien na uitsonderlike wyne uit Suid-Afrika se 2020-wyndruifoes. Daar is talle veesiektes wat deur veeartse in al nege provinsies gerapporteer is. Herman Labuschagne van SA Stamboek vertel van 'n rekenaarprogram vir skouperde. Stan Jerling is weer aan die woord oor die geskiedenis van trekkers.

RSG Landbou 11.05.2020

Dr. Adri Drotskie van Henley Sakeskool praat oor hulle verbintenis met landbou, en die landbounavorsing wat hulle doen. Frikkie van Zyl van Hoërskool Kroonstad praat oor hulle Santa Gertrudis- en Suffolk-kuddeprojek. Este Fick van die Clocolan-distrik boer in vennootskap met haar man, en sy vertel van die diversifikasie in hulle boerdery.

RSG Landbou 08.05.2020

Tien jaar nadat sy haar man die dood afgestaan het, is Carol van Heerden steeds 'n bedrewe alleen-vrou boer. Sy deel haar passies, en gee raad oor hoe om die lewe moedig te bly aandurf, selfs wanneer die moeilikste van dae onverwags opdaag.

RSG Landbou 08.05.2020

Dr. Gert van Coller van die Wes-Kaapse Departement Landbou praat oor die Verenigde Nasies se Jaar van Internasionale Plantgesonheid. Ons hoor by AartappelsSA se dr. Fienie Niederwieser hoeveel aartappelboere daar op die oomblik in die land is. En Vinpro landbou-ekonoom, Pierre-Andre Rabie, kyk na die winsgewendheid van wyndruifproduksie.

RSG Landbou 07.05.2020

Die vraag na pynappels het die afgelope tyd die hoogte ingeskiet. Casper Badenhorst, 'n pynappelprodusent van Hluhluwe in KwaZulu-Natal, praat hieroor. Die Witzenberg-streek in die Kaapse Wynlande is 'n belangrike produksiegebied, en toon tans 'n sterk toename in Covid-19-gevalle. Die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer, gesels oor sy besoek aan die streek. Johan van den Berg op sy pos...

RSG Landbou 06.05.2020

Stephanie van der Walt van Agbiz kyk na die stand van wêreldhandel. Menige besigheid kon nie hulle kontraktuele verpligtinge gedurende die inperkingstydperk nakom nie. Allison Wright van VDT Prokureurs praat hieroor en oor die sogenaamde force majeure-klousule in 'n kontrak. Die 87-jarige Ria Steyn van Leniesdeel naby Vryburg, is as die land se 2019 karkaskampioen gekroon. Sy gesels oor haar Beefm...

RSG Landbou 05.05.2020

'n Wildkliniek is die jongste toevoeging tot die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal se dienste. Dr. Paul van Dam vertel meer hiervan. Hennie Maas en Stan Jerling gesels verder oor die Bulldog Lanz-trekker. Frans de Klerk bespreek bewegings in die witmielieprys. Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat praat oor veediefstaltendense, die misdadigers en die slagoffers.

RSG Landbou 04.05.2020

Die Suid-Afrikaanse wolbedryf gaan swaar gebuk onder die corona-krisis. Isak Staats van BKB praat oor wolbemarking en wat BKB doen om produsente by te staan. Koos du Pisanie praat met twee boere van die Prieska-omgewing oor die inperking, en daar word raad gegee oor die instandhouding van plaaswerktuie. En hoor meer van die Universiteit Stellenbosch se eerste doktorsgraad in kaasmaak.

RSG Landbou 01.05.2020

Die formidabele Carol van Heerden boer die afgelope tien jaar met wild... alleen. Ons hoor haar storie van dapperheid, en oor die pad wat gelei het tot by 'n Vrystaatse wildsplaas.

RSG Landbou 01.05.2020

2020 is die Verenigde Nasies se jaar van Internasionale Plantgesondheid. Ons vind by dr. Diane Mostert van die Universiteit Stellenbosch uit waarom dit in ons alledaagse lewe van belang is. Ná die suskes van 2019 se Hopefield Boeredag, kan jy gerus 'n aantekening oor vanjaar s'n maak. Dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou gee meer besonderhede oor die dag.

RSG Landbou 30.04.2020

Die ontleding van kuilvoermonsters is die hoofonderwerp van bespreking. Dr. Elrise Taljaard van Labworld verduidelik wat gemeet word, asook die tegniek en tegnologie wat gebruik word. Johan van den Berg is aan die woord oor weersake, en Chris Derksen gesels oor die jongste vleispryse.

RSG Landbou 29.04.2020

Volgens Lane Reynolds van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, is bestellings vir stroop- en planttoerusting afgehandel, maar sal dit betyds afgelewer word te midde van die inperking? Ons praat met Dirk van Papendorp oor 'n mentorskapprojek in die Suurbraak-omgewing. Virtuele wolveilings het hervat, en ons hoor watter pryse behaal is. Advokado's tans in seisoen, en dieetkundige Chanel...

RSG Landbou 28.04.2020

Die Inheemse Veldbokgenootskap het onlangs 'n nuwe president verkies. Lionel Whittle praat oor die bedryf en watter tipe bokspesies geteel word. Dinsdae is Stan Jerling oudergewoonte aan die woord oor die geskiedenis van die trekker, en die keer praat hy oor die Bulldog Lanz. En 'n veekundige, dr, Pieter Henning, fokus op die beginsels van wintervoerbeplanning.

RSG Landbou 27.04.2020

Plaaswerkers in landboubedrywe soos sagte vrugte, sitrus en wyn neem jaarliks aan 'n talentkompetisie deel. Thea van Zyl van Hortgro vertel hoe belangstellendes vir vanjaar se Agri's Got Talent-kompetisie kan inskryf. Die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die impak van Covid-19 op die landbou- en voedselbedryf in die provinsie. Hennie Maas gesels met die voorsitter va...

RSG Landbou 25.04.2020

Jacky Goliath woeker as tuinier by De Fynne-kwekery net buite die Paarl. Haar innoverende en volhoubare landboumetodes het al talle nasionale toekennings ingepalm. Sy is een van die bekendste vroue in plaaslike landbou. Sy deel die storie van haar pad na sukses.

RSG Landbou 24.04.2020

Die Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, deel inligting oor handige bronne en portale met betrekking tot landboudata. Omri van Zyl van AgriSA verduidelik waaroor hy op die oomblik positief is, en deel handige tegniese wenke met boere.

RSG Landbou 23.04.2020

Dr. Hester Vermeulen vertel van 'n rooivleis-etiketteringstudie in die Wes-Kaap. Pieter Ernst van Bona Bona Game Breeders deel sy siening oor die wildbedryf in Suid-Afrika. Chris Derksen het die jongste vleispryse. Johan van den Berg gesels soos altyd oor die weer. Ons kuier op Somerset-Wes by die Vergelegen-landgoed waar Eben Olderwagen praat oor die plaas se Nguni-tweeling, die groei in hulle bo...

RSG Landbou 22.04.2020

Buiten die ergste droogte nóg waaronder boere in die Noord-Kaap gebuk gaan, ruk veediefstal nou ook hand uit. RSG Landbou se medewerker in die streek, Koos du Pisanie, praat met die voorsitter van die Prieska-boerevereniging, Albertus Vermeulen, oor die probleem. Gert Nel gee raad oor ysterbakterieë in boorgate, en MJ Ernst vertel van die wild en vee op Bona Bona Game Breeders se plaas. Theo Bosho...

RSG Landbou 21.04.2020

Wêreldmelkdag word op 1 Junie gevier, en Michelle de Lange van die Melkprodusente-organisasie vertel hoe dit in Suid-Afrika gevier sal word. Stan Jerling is weer aan die woord oor trekkers, en Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie bespreek die regte van vakbonde. 'n Groep vlieëniers bekend as The Covid Flight, het hulp aan landelike gebiede verleen met die vervoer van voedsel en mediese...

RSG Landbou 20.04.2020

Die groei in die plaaslike bloubessiebedryf is noemenswaardig. Die voorsitter van die Bessieprodusente-organisasie, Justin Mudge, vertel meer van die bedryf. Dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA werp lig op aartappelprodusente se gebruik van ongeregistreerde chemiese middels. Frans van Eden gee raad aan kleinsake-eienaars oor die gevolge van die inperking. En Hanlie Kroese praat oor landbouverseke...

RSG Landbou 18.04.2020

Die ekologiese wysheid van destydse Peruviaanse gemeenskappe het gesorg vir die ontstaan van die aartappel. Dr. Fienie Niederwieser bestuur die navorsingsprogram by AartappelSA. Sy vertel die merkwaardige storie van een van die grootste voedselgewasse op aarde.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.