RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 14.06.2020 26:22
Die 2020 Onderstepoort Voerkraaluitdaging gaan voort in weerwil van die inperking. Dr. Andy Hentzen vertel hoe die resultate sover vergelyk met die van vorige jare. Albert van Rensburg van Biomin gesels oor die verreikende impak van mikotoksiene op veral die veebedryf. En dr. Dirk Verwoerd, 'n voltydse veearts by Karan Beef, gesels oor sy belangstelling in roofvoëls.
RSG Landbou 12.06.2020 15:26
Tydens die coronavirus-pandemie het 'n jong Stellenbosser onverwags sy werk verloor. Dit het Pieter Loubser egter aangespoor om innoverend op te tree. In die proses het hy 'n landbourekenaarspeletjie ontwerp, wat besig is om internasionaal opslae te maak. Deur sy liefde vir landbou en tegnologie te kombineer, het hy vir homself 'n blink nuwe toekoms uitgekerf, en is besig om mense waardevolle less...
RSG Landbou 12.06.2020 15:50
Dr. Louis du Pisani is die bestuurder van voorligtingsdienste by Die Nasionale Wolkwekersvereniging. Hy het praktiese raad wat verband hou met die heropbou van 'n veeboerdery tydens, en ná 'n van droogte. Landbouskrywer Nichelle Steyn verduidelik waaraan 'n bekende boer sy sukses toeskryf. LandbouskrywersSA se 2019 Boer van die Jaar, Nick Serfontein, is betrokke by die volle waardeketting op sy pl...
RSG Landbou 11.06.2020 26:38
Al hoe meer garsprodusente ondervind weerstand teen middels wat vir onkruid gespuit word. Die LNR Kleingraan op Bethlehem doen navorsing hieroor. Die 2018 wildboer van die jaar, George Potgieter, vertel vir Hennie Maas van die huidige uitdagings in die wildbedryf. Johan van den Berg gee terugvoer oor die weer, en Chris Derksen is op sy pos met vleispryse.
RSG Landbou 10.06.2020 27:57
Geneties-gemodifiseerde organismes bly 'n warm gesprekspunt onder veral gesondheidsbewustes. Dr. Hennie Groenewald van Biosafety SA praat oor hierdie omstrede onderwerp. Jacques Beukes van Modderdrift in die Hexvallei praat oor hulle tafeldruif-onderneming. Ons weer van dr. Adri Drotskie van die Henley Sakeskool se landbou-opleiding. Die plaaslike graan- en oliesadebedryf gons oor die liggingsdiff...
RSG Landbou 09.06.2020 29:57
Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf het 'n ryk geskiedenis. Flip Steyn van die Landbounavorsingsraad het interessante feite oor die bedryf. Stan Jerling praat verder oor die geskiedenis van die trekker. En Rudi van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy, Samic, vertel van 'n nuwe graderingstelsel vir beesvleis wat verbruikersbehoeftes in ag neem.
RSG Landbou 08.06.2020 25:46
Lise Roberts praat met Doors le Roux van die Louis Trichardt-omgewing oor koejawelboerdery. Graan SA se Luan van der Walt gee 'n kort oorsig van die Nasionale Oesskattingskomitee se vierde produksieskatting van somergrane. En dr Gerhard Verdoorn van Croplife praat oor 'n gewasbeskermingskursus wat eersdaags aangebied word.
RSG Landbou 05.06.2020 15:24
Dr. Diane Mostert doen baanbrekerswerk as plantpatoloog, en het reeds vyf variante fungus, wat voorheen onbekend was, ontdek. Sy help om die ingewikkelde genetiese samestelling van 'n fungus, wat piesangplantasies wêreldwyd vernietig, te ontrafel.
RSG Landbou 05.06.2020 14:17
Prof. Micheal Herbst is 'n gesondheidspesialis by die Kankervereniging van Suid-Afrika. Hy deel handige wenke met landbougemeenskappe oor hoe om hulle teen die son te beskerm. 'n Boer van Wesselsbron, Lourens van der Linde, praat oor vanjaar se mielie-oes, en Thea van Zyl van Hortgro het besonderhede oor vanjaar se Agri's Got Talent-sangkompetisie.
RSG Landbou 04.06.2020 30:35
Reën in die Wes-Kaap het op 'n kritiese tyd vir wintergraanprodusente gekom. Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap praat oor landboutoestande in die provinsie. Ede Farming hou op 9 Junie hulle eerste aanlynveiling en boeredag. Wêreldomgewingsdag word op 5 Junie gevier. Bonne de Bod praat oor vanjaar se tema en renosterstroping tydens die inperking.
RSG Landbou 03.06.2020 25:38
Jaco Maas van BKB gesels oor digitale platforms, en hoe die Suid-Afrikaanse boer by tegnologie aanpas. Op 1 Junie vanjaar het Henry Kotze as hoofwynmaker by Mulderbosch begin werk. Ons gesels met hom oor sy loopbaan. En Yolande Roodt is op haar pos met nuus oor die jongste wolpryse wat by die onlangse wolveiling op Port Elizabeth behaal is.
RSG Landbou 02.06.2020 26:17
Dr. Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad praat oor stygende voedselpryse. Annelie van Deventer van Feedtek het raad oor die veldafronding van kalwers. En Hennie Maas gesels met Stan Jerling oor die geskiedenis van die trekker.
RSG Landbou 01.06.2020 29:32
'n Vrug wat tans volop op winkelrakke beskikbaar is, is pere. Conrad Fick van Tru-Cape gesels oor peerkultivars, en die navorsing en bemarking van die vrug. Een van die kostebesparingsmeganismes van besighede tydens Covid-19, is personeelvermindering. Advokaat Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie vertel wat die wet hieroor stipuleer. Omri van Zyl van Agri SA gesels oor die stand van l...
RSG Landbou 29.05.2020 14:10
Die georganiseerde landbou (Agri SA, Agbiz, Graan SA en TLU SA) dien tans in die Departement van Landbou se Covid-19-taakspan. Die bestuurshoof van Agbiz, John Purchase, vertel wat hulle werksaamhede behels. Hy verduidelik watter suksesse reeds behaal is, en hoe Suid-Afrikaners opnuut bewus geraak het van die lewensnoodsaaklikheid van landboubedrywe.
RSG Landbou 29.05.2020 13:59
Andries Daniels is 'n juniornavorser in die gewasontwikkelingsafdeling van die Landbounavorsingsraad op Stellenbosch. Hy is ook verantwoordelik vir die evaluering van droogdruifkulitivars. Die bekendstelling van 'n nuwe kultivar met die naam Sundowner, was onlangs in die nuus. Daniels praat hieroor. Dr. Laura Roberts is 'n veearts en is werksaam by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy bespre...
RSG Landbou 28.05.2020 28:14
Boere van die Gamtoosvallei is afhanklik van water uit die Kougadam. Rienette Coleske van die Gamtoos-besproeiingsraad praat oor die stand van sake. Koue het groot dele van die land hierdie week getref, en Johan van den Berg praat hieroor asook oor verdere weervooruitsigte. Ons gesels ook met Praveen Dwarika van Lemang Landboudienste oor die opleiding en ontwikkeling van nuwe-era tabakprodusente.
RSG Landbou 27.05.2020 25:44
Gerdie Landman is in landboukringe bekend vir sy koeihotel. Hy het van kleintyd af ook 'n groot belangstelling in wedvlugduiwe. Hennie Maas gesels met hom hieroor. Ons kyk na die wolpryse wat by die onlangse veiling in Port Elizabeth behaal is. En Frans Jacobs van die Suid-Afrikaanse Model-trekkervereniging praat oor die stokperdjie en oor lidmaatskap van die organisasie.
RSG Landbou 26.05.2020 26:00
Stefan van der Merwe, 'n forelboer van die Lydenburg-omgewing, prat oor die uitdagings van hierdie soort boerdery. Stan Jerling is weer aan die woord oor die geskiedenis van die trekker. Ons vind meer uit van die Landbounavorsingsraad se Departement Grond, Klimaat en Water. Dr. Gary Paterson van die Landbounavorsingsraad vertel watter dienste hulle lewer, en watter navorsing op hulle agenda is.
RSG Landbou 25.05.2020 28:56
Dr. Andre Jooste van Aartappels Suid-Afrika praat oor die stand van die bedryf. Nick Serfontein van die Sernick-groep vertel hoe hy by landbou betrokke geraak het. Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer, praat oor hulle onlangse hulp aan boere in nood weens die droogte. En dr. Elsje Pieterse van die Universiteit Stellenbosch vertel van insekboerdery en die navorsing waarmee hulle besi...
RSG Landbou 23.05.2020 14:52
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land. Sy storie van saamwerking tussen boere en weervoorspellers is inspirerend. Hoor hoe hulle mekaar ondersteun met inligting en beskikbare data.
RSG Landbou 22.05.2020 15:44
Jacques Jordaan, die bestuurshoof van die Inmaakvrugte Produsente Vereniging, bring ons op hoogte met die jongste nuus oor die bedryf. Anelia Marais is 'n navorsingstegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy ondersoek onder andere die invloed van bestuurspraktyke op verskillende gewasse se grond. 'n Bruikbare Rooibos-vraelys is iets waarop sy veral fokus. Sy verduidelik hoe boere hiera...
RSG Landbou 21.05.2020 26:28
Die verbod op alkoholverkope weens die Covid-19-inperking het 'n enorme impak op die wynbedryf in Suid-Afrika. Rico Basson van Vinpro praat hieroor. Ons vind meer uit van die oudste besproeiingstonnel in Suid-Afrika. Johan van den Berg gesels weersake, en Chris Derksen is op sy pos met nuus oor vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
RSG Landbou 20.05.2020 29:09
In die huidige ekonomiese klimaat het talle werkgewers geen keuse as om werknemers te ontslaan nie. Johan Taljaard van VDT-prokureurs praat hieroor. 20 Mei is Wêreld Metrologiedag, en dr. Wynand Louw verduidelik wat metrologie vir die landbou beteken. Te midde van die fokus op Covid-19, is daar steeds boere en landbougemeenskappe wat onder erge droogte gebuk gaan. Ons gesels met Derick Hanekom van...
RSG Landbou 19.05.2020 26:57
Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie praat oor vraag en aanbod en die wêreldsuiweltoestand. Stan Jerling is weer aan die woord oor die geskiedenis van die trekker, en Henk Griessel van Tru-Cape praat oor appels. Hy vertel van navorsing wat gedoen is oor die voedingswaarde van die appelskil.
RSG Landbou 18.05.2020 29:31
Die Hoogland-studiegroep, 'n groep Simbra- en Simmentaler-beestelers, het onlangs 'n suksesvolle digitale skou aangebied. Breyton Milford praat oor vanjaar se Nasionale Jeugskou, en Justin Chadwick vertel van die stand van sitruskwekery in Suid-Afrika. En veekundige Alheit du Toit vertel watter rol mineraal- en vitamienaanvullings speel by produserende diere in die droë seisoen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.