RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 14 Julie 2020 14.07.2020

Dr. Morne de la Rey, 'n veearts, vertel waar sy belangstelling in embrio-oorplasing begin het. Dr. Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad praat oor voedselprysinflasie. Hennie Maas vra raad by 'n veearts, dr. Hendrik Naude, oor die behandeling van die wonde by plaasdiere.

RSG Landbou 13 Julie 2020 12.07.2020

Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat weer oor biosekuriteit op 'n veeplaas en waarom sekere siektes uitgeroei moet word. Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaap se Minister van Landbou, gesels oor die provinsie se bydrae tot die land se landbou-groeisyfers, asook werkloosheid en uitvoere. Koos du Pisanie het vir Juan Venter van die Nasionale Wolkwekersvereniging uitgevra oor beste praktyke met skeerh...

RSG Landbou 11 Julie 2020 10.07.2020

Werkskeppers sal Suid-Afrika se nuwe helde wees. Die landbousektor help veral om hierdie potensiaal te ontsluit. Die nuwe era wat ons binnegaan, vereis 'n nuwe soort leierskap. Die bestuurshoof van die landbousakekamer, Agbiz, dr. John Purchase, gee raad oor hoe hedendaagse landboukwessies aangepak behoort te word. Produsente en landbousake-ondernemings het midde grendeltyd begin saamwerk om voeds...

RSG Landbou 10 Julie 2020 09.07.2020

Adele du Toit is die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad in Pretoria. Gegewe die uitdagings van 2020, bly rooibosboerdery winsgewend en volhoubaar. Afgesien van goeie nuus vir boere, bespreek sy ook die talle gesondheidsvoordele van rooibos. Nog 'n landboupresteerder in die tyd van Corona, is slakboerdery. Mpumalanga-slakboer Wihan Coetser verduidelik waarom die afgelope paar maande s...

RSG Landbou 9 Julie 2020 09.07.2020

Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor landelike veiligheid, en van sy onlangse ontmoeting met die Sitrusraad. Dr. Jan du Preez gesels oor hondsdolheid. Chris Derksen is op sy pos met vleispryse, en Johan van den Berg het nuus oor die weer.

RSG Landbou 8 Julie 2020 08.07.2020

Somergraanprodusente nader tans die einde van die seisoen. Die stroopproses is amper klaar, en volgens Nico Groenewald van Standard Bank is dit nou die tyd om 'n begroting vir die nuwe seisoen op te stel. Michelle Marais van die Universiteit van die Vrystaat verduidelik wat stedelike landbou behels, en Yolande Roodt is op haar pos met die jongste wolpryse.

RSG Landbou 7 Julie 2020 07.07.2020

Denton Osler van Denmar Estates gesels oor hulle diverse boerdery – van melk tot aspersies. Andre Bezuidenhout van Feedtek gee raad oor oesreste as veevoeding. En Stan Jerling is weer aan die woord oor die geskiedenis van die trekker.

RSG Landbou 6 Julie 2020 05.07.2020

Voorkoming is beter as genesing, en die ontwikkeling van 'n goeie inentingsplan vorm die basis van siektevoorkoming onder vee. So sê dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk. 'n PhD-student van die Universiteit van Stellenbosch, dr. Meagen van Dyk, vertel van haar navorsing oor olyfboomstamsiekte. En dr. Astrid Jankielsohn van die Landbounavorsingsraad Kleingraan praat oor die AfriCap agro-ekologiep...

RSG Landbou 4 Julie 2020 04.07.2020

In RSG Landbou vra ons vrae oor wat is dit om 'n mens te wees. Die studie van toekomsleer bring ons vele stappe nader aan moderne landbou-oplossings. Om met toewyding die vooruitgang van die mens te bevorder, is deuglik en opwindend. Dr. Morne Mostert is direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch. Skakel in vir 'n gesprek wat jou sal bybly en inspireer.

RSG Landbou 3 Julie 2020 03.07.2020

Daar is verskeie menings oor bosbou en die uitwerking wat dit op die omgewing en volhoubaarheid van hulpbronne het. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, verduidelik watter geleenthede daar is vir nuwe toetreders. En toekomskenner dr. Morne Mostert verduidelik hoe landbou-opleiding in die toekoms daar kan uitsien weens Covid-19.

RSG Landbou 2 Julie 2020 02.07.2020

Statistiese data dui daarop dat tien tot vyftien present of meer van die wêreldbevolking, een of ander tyd 'n soönotiese besmetting opdoen. Dr. Jan du Preez verduidelik wat met soönose bedoel word. Dr. Pieter de Kock van die Afrikanerbeestelersgenootskap gesels oor hulle betrokkenheid by Hoërskool Bekker. Dewald Olivier praat oor die stand van die voerkraalbedryf. Johan van den Berg is aan die woo...

RSG Landbou 1 Julie 2020 01.07.2020

Deur die chemiese interaksie tussen plante reg in te span, kan groter winste behaal word. So sê dr. Charlie Reinhardt van die Noordwes-Universiteit. Hoor wat by die jongste wolveilings gebeur het. En Karen de Bruyn van G7 Hernubare Energie gesels oor die ontwikkeling van windplase, en die voordele hiervan vir grondeienaars.

RSG Landbou 30.06.2020

Die kies van die verkeerde bul vir 'n melkkudde, kan in die langtermyn 'n duur fout wees. Suretha Francis van SA Stamboek gee raad hieroor. Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer, praat oor sy besoek aan 'n paar boere in die Swartland ná die welkome reën wat hulle ontvang het. Christo van der Rheede van Agri SA verduidelik waarom boere so sukkel om diesel in die hande te kry, en wat d...

RSG Landbou 28.06.2020

Watter uitwerking het temperatuurverandering en hittestres op die prestasie van beeste? Dr. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad vertel van 'n stelsel wat antwoorde bied. Corne Louw van Graan SA praat met graan- en oliesade-produsente oor die verwagte saad-, chemiese- en kunsmispryse. En dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk beklemtoon die belangrikheid van 'n goeie biosekuriteitsplan op...

RSG Landbou 26.06.2020

Wat is die groot faktore wat sal bepaal hoe die toekoms dalk kan lyk? Hoe boer mens steeds vooruit post-corona? Hierdie is van die vrae wat gerig word aan toekomsdeskundige dr. Morne Mostert, direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook lid van die Klub van Rome.

RSG Landbou 26.06.2020

Hoor hoe werk Suid-Afrika se heel eerste sonkrag-aangedrewe bakkerye. Ons hoor ook hoe 'n nuwe sosiale media-stelsel landbounavorsers bystaan, en hoe digitalisering boere nader aan potensiële markte kan bring. Dr. Cilliers Louw is 'n veearts wat 'n gemengde praktyk het. Hy werk met skape, beeste, produksiediere en varke. Hy vertel watter ondersteuningsdienste aan boere beskikbaar is.

RSG Landbou 24.06.2020

Een van die ergste vorms van verwoestyning in Suid-Afrika kom in Mpumalanga se Hoëveld voor. Dr. Piet Nel van die Landbounavorsingsraad verduidelik die redes hiervoor. Vanjaar se inskrywings vir die wyn-en voedseltoerismetoekennings is oop, en wynplaaseienaars kan meer uitvind van 'n nuwe kategorie, bewaringsleierskap. Chris Derksen is op sy pos met die jongste vleispryse, en Johan van den Berg he...

RSG Landbou 24.06.2020

Corne Louw van Graan SA praat oor die teling- en tegnologieheffing op sojabone. Hy verduidelik die doel hiervan en hoe die uitbetaling werk. En 'n prokureur van George, Pieter van der Merwe, praat oor die wetlike aspekte mense se verantwoordelikhede met veldbrande.

RSG Landbou 23.06.2020

Volgens 'n studie wat in 2019 gedoen is, bied sowat 24% van boere in Suid-Afrika een of ander vorm van agritoerisme op hulle plase aan. Koos du Pisanie praat hieroor met Jacqui Taylor van Agri Tourism South Africa. Stan Jerling is weer aan die woord oor trekkers, en Frans de Klerk praat oor die mielieprys. 'n Boerbokteler van Vryburg, Desre Ferreira, praat oor di֖e bedryf en haar passie om beginne...

RSG Landbou 21.06.2020

Dr. Danie Odendaal praat oor stres by vee wat deur koue veroorsaak word. Ons kuier in die Stormberge in die Noordoos-Kaap saam met Carin Venter. Sy het onlangs daar by Paul de Wet gaan aanklop om meer uit te vind oor hulle intensiewe lamstelsel. En dr. Charlie Reinhardt praat oor die demoina-bossie, 'n indringerplant wat groei waar niks anders wil wortel skiet nie.

RSG Landbou 19.06.2020

Oud-Elsenburger, die 23-jarige AJ van Wyk van Suid-Kaap, gesels oor die doel van mentorskap in landbou. Met die oog op 'n toekomstige leiersrol, deel hy van die waardevolste lesse wat hy geleer het, en hoe 'n familieboerdery midde uitdagings, steeds van krag tot krag bly gaan.

RSG Landbou 19.06.2020

Dr. Louis du Pisani van die Die Nasionale Wolkwekersvereniging het praktiese en tegniese raad vir veeboere, met klimaatsverandering in gedagte. Nico Uys is betrokke by die bedryf van biologiese en organiese produkte wat te make het met die goeie beheer in vrugte en wingerdbestuur. Die verbetering van waterkwaliteit en wat dit vir jou boerdery kan beteken, word bespreek. Ecosolve is een so 'n innov...

RSG Landbou 18.06.2020

Tendense in die rooivleisbedryf die afgelope tien jaar, wys dat beeskarkaspryse tussen 2009 en 2019 heelwat gestyg het. Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat gesels hieroor. Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is in volle swang, en kuilvoermonsters word van 22 Junie af geneem. Erna Mostert verduidelik wat die proses behels. Chris Derksen gesels oor die jongste...

RSG Landbou 17.06.2020

Danie Nel van Afriplex verduidelik wat tans wettig is en wat die uitbreiding van cannabis-produksie vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kan beteken. Riaan Marais van Sybokhaar Suid-Afrika gesels oor verantwoordelike standaarde in die bedryf. Philip Strydom van die Landbounavorsingsraad is aan die woord oor marmering in vleis, en waarom verbruikers al hoe meer daarop let.

RSG Landbou 16.06.2020

Dr. Didi Claassen van Afrivet gee raad oor hoe skaapbrandsiekte bestry kan word. Dr. Andy Hentzen van Onderstepoort is aan die woord oor siektes wat algemeen by voerkraalbeeste voorkom. Stan Jerling gesels soos gewoonlik op 'n Dinsdag oor trekkers. En Lindie Stroebel vertel hoe landboutendense die afgelope tyd verander het, en hoe die bedryf sal moet aanpas.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.