RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 12 Augustus 2020 12.08.2020 27:04
Volgens navorsing het die voedingswaarde van die voedsel wat ons eet, die afgelope 60 jaar drasties afgeneem. Dawie van Rensburg van SWP Agri verduidelik die redes hiervoor. Hans-Jurie Moolman, 'n prokureur van Potchefstroom, praat oor die regte van 'n slagoffer tydens 'n plaasaanval of landelike geweld. En wyndruifprodusente moet ander kultivarkeuses oorweeg weens klimaatsverandering.
RSG Landbou 11 Augustus 2020 11.08.2020 27:37
Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap praat oor dierewelsyn. Vir 'n veeprodusent om sy inkomstepotensiaal te verhoog, is dit nodig om te fokus op die reproduksietempo van vee, en dr. Francois van de Vyver van Nutri Feeds gee raad hieroor. Daleen Potgieter verskaf inligting oor die Sussex nasionale veiling wat op 13 Augustus plaasvind.
RSG Landbou 10 Augustus 2020 09.08.2020 28:22
Hoe voedselseker is Suid-Afrika, en tot watter mate is ons selfvoorsienend? Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat praat hieroor. Daar is nuus oor veilings wat hierdie week plaasvind, en dr. Andre Beytell van Mbombela vertel hoe bosluise beheer kan word.
RSG Landbou 8 Augustus 2020 08.08.2020 13:33
Kosskrywer Mariëtte Crafford neem ons op 'n biografiese reis. Sy vertel van die tyd toe sy as volwassene teruggekeer het na haar grootwordplaas op Kakamas. As ambassadeur vir Gesertifiseerde Karoo Lam, verduidelik sy die waarde en betekenis van die geografiesgebonde intergriteit van kos.
RSG Landbou 7 Augustus 2020 07.08.2020 12:51
Die onlangse Nedbank Landbou-webinaar het broodnodige lig gewerp op die impak van Covid-19 op landbou. Prof. Ferdi Meyer, besturende direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, verwag dat die landbou se BBP volgende jaar sal groei, al is dit teen 'n stadiger pas. Hy voorspel groei van 1,2% soos die pandemie se langtermynimpak inskop. Rens Smit, 'n wetenskaplike tegnikus by die Wes-Kaapse...
RSG Landbou 6 Augustus 2020 06.08.2020 24:19
Opleiding en werksgeleenthede in die landbousektor is uiteenlopend. Dr. Frikkie Mare van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor tendense en werksgeleenthede in die landbou. Dr. Solomon Newete van die Landbounavorsingsraad vertel van vernietigende uitwerking van die Tamariskplant op landbouhulpbronne. Ons hoor by Johan van den Berg of die winterreënseisoen verby is, en Chris Derksen gesels oo...
RSG Landbou 5 Augustus 2020 05.08.2020 27:01
Is daar vroeë tekens van ekonomiese herstel, en watter rol speel die landbou hierin? Ekonoom dr. Roelof Botha beantwoord hierdie en ander vrae. Ben Viljoen van Lindsay Afrika praat oor die aankoop van 'n nuwe spilpunt, en Fred Camphor van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging brei uit oor die impak van die jongste Covid-regulasies op jagbedrywighede.
RSG Landbou 4 Augustus 2020 04.08.2020 28:04
Wol- en sybokhaarprodusente het die afgelope twee jaar swaar getrek, maar volgens Isak Staats van BKB bly hierdie Suid-Afrikaanse produkte gesog. Dr. Morne de la Rey praat oor embrio-oorplasings wat op ander diere buiten renosters en verskeie beesrasse, gedoen word. En Stan Jerling is terug met sy bydrae oor ou trekkers.
RSG Landbou 3 Augustus 2020 03.08.2020 25:45
Volgens dr. Danie Visser speel die syfer drie 'n interessante rol by varkproduksie. Hy vertel wat die verband is. Daar 'n hele paar veilings wat die komende week plaasvind, en Hennie Maas vertel meer daarvan. En Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie gesels oor melkvloeisyfers, en watter uitwerking vanjaar se koue op die getalle gehad het.
RSG Landbou 1 Augustus 2020 01.08.2020 15:21
Bekende kosskrywer Mariëtte Crafford deel haar wedervaringe as kind op 'n plaas in Kakamas. Sy neem ons op 'n biografiese reis deur haar lewe, en vertel hoe dit juis landbouers is wat haar passie vir kos bly aanvuur. Skakel in vir hierdie inspirerende program oor iemand wat 'n deurgronde begrip het van Suid-Afrikaanse boere en die allerbelangrike bydraes wat hulle maak tot ons kosmandjie.
RSG Landbou 31 Julie 2020 31.07.2020 14:42
Dr. Stephano Haarhoff het pas sy doktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang in agronomie. Mielieboere wat geenbewerking of bewaringslandbou op hulle plase wil toepas, sal kan baat uit heelwat beter opbrengste tydens droër seisoene, omdat hierdie boerderymetodes hulle toelaat om aanplantings heelwat digter te doen, volgens Haarhoff. Hy het in sy navorsing gekyk na die invloed wat plantd...
RSG Landbou 30 Julie 2020 29.07.2020 14:42
In die huidige ekonomiese klimaat moet produsente twee keer dink voor hulle 'n nuwe spilpunt aankoop. Ben Viljoen van LindsayAfrica het raad hieroor. Ons gesels met Allan Sinclair, wat al 25 jaar deel is van die afslaersbedryf, oor die kenmerke van 'n goeie afslaer. En die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die aangepaste landboubegroting wat Donderdag ter tafel gelê w...
RSG Landbou 29 Julie 2020 29.07.2020 29:37
Volgens dr. Danie Visser speel die syfer drie 'n interessante rol by varkboerdery. Ro'an van Tonder, 'n voormalige jongboerwenner van Noordwes, vertel van sy lesse en suksesse. Inge Lotter het 'n passie vir die byebedryf, en gesels oor die rol van boere in die voortbestaan van ons byespesies.
RSG Landbou 28 Julie 2020 28.07.2020 27:47
Dr. Munro Marx van Unistel praat oor die rol wat genomika speel in veeprodusente se seleksiebesluite. Hy vertel ook van die jongste tegnologie wat honde- en perdetelers ook kan gebruik. Dr. Suzette Bezuidenhout van Cedara gee raad oor dekgewaskeuses, en Stan Jerling se gewilde gesprek oor ou trekkers kom ook weer aan die beurt.
RSG Landbou 27 Julie 2020 27.07.2020 29:22
Limpopo is een van die provinsies met die meeste uitbrekings van bek-en-klouseer. Willem van Jaarsveld vertel van 'n biosekuriteitsprotokol wat opgestel is om die probleem aan te pak. Pieter Malan van Senwes Grainlink vertel van hulle bydrae om hongersnood onder landelike gemeenskappe te verlig. En Hennie Maas is soos gewoonlik op sy pos met nuus oor veilings wat eersdaags plaasvind.
RSG Landbou 25 Julie 2020 25.07.2020 15:27
Hoor hoekom Suid-Afrikaanse bloubessies al hoe meer bekendheid verwerf as veerkragtige vruggies. Elzette Schutte is die bestuurder van die Suid-Afrikaanse Bloubessieprodusentevereniging. Sy verduidelik die gesondheidsvoordele van die bloubessie, en waarom sy optimisties oor is die plaaslike bloubessiebedryf.
RSG Landbou 24 Julie 2020 24.07.2020 16:47
Dr. Hanle Theron, wat pas haar doktorsgraad in wingerdkunde gekry het, sê met die keuse van die regte kultivars en aanpassings van besproeiingsregimes in jong wingerde, kan wingerdboere die verwagte effek van klimaatsverandering in komende jare teenstaan. Volgens haar kan wingerdboere met slim keuses oor ie bo- en onderstokke moontlik die effek van klimaatsverandering op hulle boerderybedrywighede...
RSG Landbou 23 Julie 2020 23.07.2020 30:04
Is skuld goed of sleg? Is landboufinansiering 'n gevaar of 'n geleentheid? Nico Groenewald van Standard Bank beantwoord hierdie vrae. Danie Minnaar van Senwes vertel van 'n spesiale projek waar hulle saam met ander verskaffers en graanprodusente, onder een sambreel, na landelike gemeenskappe uitreik om hongersnood te verlig. Dr. Jan du Preez gesels oor sandwurm, en hoe die soönose verhoed en behan...
RSG Landbou 22 Julie 2020 22.07.2020 29:29
Die Nasionale Landboubemarkingsraad vra vir kommentaar op verdere heffings op sojaboongraan. Gert Heyns van die Suid-Afrikaanse kultivar- en tegnologie-agentskap, SACTA, gesels hieroor. Dr. Frikkie Mare van die Universiteit van die Vrystaat en dr John Purchase van Agbiz praat oor die rol van landbou in ons ekonomie. En ons maak 'n draai in die Prieska-omgewing waar die gemeenskap steeds gebuk gaan...
RSG Landbou 21 Julie 2020 21.07.2020 30:00
Matthew Samson van Wuppertal praat oor 'n projek wat meer as 50 klein rooibosboere ondersteun. Dr. Morne de la Rey vertel hoe embrio-oorplasings op renosters gedoen word. Alwyn Kraamwinkel van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie, praat oor die sekondêre suiwelbedryf.
RSG Landbou 20 Julie 2020 20.07.2020 29:02
Waarna kyk 'n beoordelaar wanneer voornemende afslaers aan 'n afslaerskompetisie deelneem. Barco van Niekerk, wat in 2018 die wenner van so 'n kompetisie was, gesels oor sy ervaring. Dr. Theo de Jager van die familieboerdery-organisasie, Saai, praat oor die toekoms van familieboerdery. Dr. Dave Midgley praat oor die effek van die koue op skape, en Koos du Pisanie het by prof. Klaus Kellner van die...
RSG Landbou 18 Julie 2020 17.07.2020 15:24
Oud-Elsenburger Rean Clasen praat oor sy toekomsplanne.2018 se Raisins SA Jongboer van die jaar verduidelik hoe Covid-19 innovasie aangespoor het. In 'n era waar mense meer bewus is van gesonde eetgewoontes, wend veral ouers hulle tot die aankoop van rosyne - 'n gesonde peuselkos ryk aan yster en ander nutriënte. Rean glo in die bedryfsvoorspelling dat Suid-Afrika 80 000 ton rosyne teen 2022 sal u...
RSG Landbou 17 Julie 2020 17.07.2020 14:28
Tydens vanjaar se inperkingsperiode is Suid-Afrikaanse tuisbrouers se entoesiasme aangewakker. Die verbod op alkoholverkope was vir baie 'n aanmoediging om self fluks te brou aan onder andere pynappelbier. Sulke eksperimente hou egter bepaalde gevare in. Prof. Wessel du Toit van die Departement Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch praat oor tuiskonkoksies. Hy vertel ook van 'n naw...
RSG Landbou 16 Julie 2020 16.07.2020 28:50
Dr. Theo de Jager van die landbou-organisasie, Saai, praat oor landelike veiligheid. Hy gee raad aan boere oor hoe om paraat op te tree, en gesels ook oor hulle voorgestelde plan wat aan die regering voorgelê is. In sy reeks oor soönotiese siektes, praat dr. Jan du Preez oor papegaaisiekte. Johan van den Berg het nuus oor die weer, en Chris Derksen is op sy pos met vleispryse.
RSG Landbou 15 Julie 2020 15.07.2020 30:11
Watter vars krui is Suid-Afrikaners se gunsteling? Dr. Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad is ook aan die woord, en hy help ons om voedselpryse beter te verstaan. Hennie Maas gesels met dr. Moritz van Vuuren oor antibiotikaweerstand. Deidre Louw van Plaas Media vertel van 'n projek om die vee-afslaersberoep te bevorder.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.