RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 10 September 2020 10.09.2020

Boitumelo Lebeko van VDT Prokureurs verduidelik wat gebeur wanneer die Departement van Indiensneming en Arbeid 'n plaasinspeksie doen. Sy vertel ook watter wetgewing hier van toepassing is. Ons gesels met P3NC, 'n maatskappy wat spesialiseer in die voeding van klein varkies. En dr. Tertia Grove van die Landbounavorsingsraad gee besonderhede oor 'n vrugtevlieg-navorsingprojek wat op 1 September afg...

RSG Landbou 9 September 2020 09.09.2020

Die eerste Massey Ferguson-produk is in 1946 in Suid-Afrika verkoop. Hierdie bekende handelsnaam is deel van die AGCO Corporation-stal. Die hoofbestuurder, dr. Dominik Reus, praat oor hulle voetspoor. Evan Macdonald van Nutri Feeds verduidelik watter uitdagings somerweidings inhou. En Frikkie Strauss van BKB praat oor die voordele van 'n hamelboerdery.

RSG Landbou 8 September 2020 08.09.2020

Is Oumansoutbos 'n indringer, of het dit nut vir die veeboer? Dr. Aart-Jan Verschoor van die Landbounavorsingsraad beantwoord hierdie vraag. Ons gesels met Wessel Lemmer, wat op 1 Julie as hoofbestuurder by Agbiz Grain begin het. En advokaat Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie verduidelik wat die begrip, korttyd, behels. Hy verduidelik wat die regte van die werkgewer en werknemer in...

RSG Landbou 7 September 2020 07.09.2020

Die meeste boere se naaste sakevennoot is Moeder Natuur, en dit plaas landbouversekering in 'n klas van sy eie. Andries Wiese van Hollard Insure verduidelik waarom die soort versekering so anders is. Ons kuier saam met Koos du Pisanie tussen Worcester en Robertson by kruieboer Lizette Klopper. En Hennie Maas praat met Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum oor die stand van die...

RSG Landbou 5 September 2020 05.09.2020

Volgens prof. Karin Jacobs is sy in 'n landbou-omgewing op haar gelukkigste. Sy's veral passievol oor grondgesondheid. Die afgelope 17 jaar is sy verbonde aan die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hoe om produsente se grond gesond te kry, interesseer haar veral. Sy verduidelik hoe haar werk en navorsing deur Covid-19 geraak is, en deel praktiese raad aan ander wat hulle...

RSG Landbou 4 September 2020 04.09.2020

Die Melkprodusente-organisasie (MPO), het melkboere bedank vir ruim kosskenkings vir behoeftige mense wat die hardste deur die Covid-19-inperking getref is. Projek Een, soos dit bekend staan, is die inisiatief van die melkboere en die melkbedryf. Philip Swart, woordvoerder van die Oos-Kaap se Melkprodusenteorganisasie, verduidelik watter verligting hierdie inisiatief al gebring het aan gemeenskapp...

RSG Landbou 3 September 2020 03.09.2020

Hoe beplan 'n graanboer vir die komende seisoen as die grootte van die belangrikste hulpbron, reënval, onbekend is? 'n Akkerboukundige, dr. Andre Malan, praat hieroor. Ons hoor by WJ Steyn van Swine Nutrition Management wat belangrik is by die voeding van 'n vervangingsog. Johan van den Berg gesels oor die weer, en ons vind uit van 'n monument wat onlangs by Kenhardt vir Suid-Afrikaanse boere opge...

RSG Landbou 2 September 2020 02.09.2020

Landbou in Limpopo het die afgelope paar jaar onder talle uitdagings gebuk gegaan, soos bek-en klouseer en droogte. Deidre Carter van Agri Limpopo gesels oor hulle afgelope kongres en fokuspunte. Volgens dr. Louis du Pisani is daar talle doodsondes as dit by die bestuur van kleinveekuddes kom. Hy bespreek sewe van hierdie sondes. En Douw van Wyk van BKB Louwid gesels oor die toekoms van veilings e...

RSG Landbou 1 September 2020 01.09.2020

Ons nader die groenseisoen, en dit is wanneer natuurlike weiding vir vee smaaklik, voedsaam en hoogs verteerbaar is. Dié seisoen is egter kort, en byvoeding is nodig, veral vir produksiediere. Ewie Coetzee van Feedtek gee raad hieroor. Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie praat oor die plaaslike suiwelbedryf. Rina Belcher, ‘n melkbokboer en kaasmaker van Bapsfontein, vertel watter...

RSG Landbou 31 Augustus 2020 31.08.2020

Laatlente en vroegsomer is wanneer koeie kalf en ooie lam. Daarom is dit belangrik om nou aandag te skenk aan die kondisie van vroulike diere. Dr. Pieter Henning gee waardevolle raad oor lentevoerbeplanning. 2020 is die jaar van verandering, en klemverskuiwings moet plaasvind. Landbouversekering is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Andries Wiese van Hollard verduidelik hoe versekeringsbehoeftes die afge...

RSG Landbou 29 Augustus 2020 29.08.2020

Op RSG Landbou word daar teruggekeer na Piket Bo-berg. Dié bekende maandelikse mark wat op die plaas Kruisementsvlei gehou word, het ‘n inspirerende storie. Wat destyds as ‘n werfkuier begin het, het nie net ‘n gemeenskap nader aanmekaar gebring nie, maar ook bewys dat waar daar ‘n wil is om jou buurmense te omarm, dit kosbare bande kan smee tussen die wat nie veel gemeen het nie.

RSG Landbou 28 Augustus 2020 28.08.2020

Wouter de Wet is voorsitter van die raad van Animal Feed Manufacturers Association of South Africa, 'n liggaam wat voerprodusente verteenwoordig. Hy bespreek die organisasie se rol in landbou, en hoe die pad vorentoe kan lyk in die post-Covid-19-omgewing. PhD-student en dekgewasnavorser Charne Viljoen deel handige wenke oor onkruidbeheer, en vertel van waardevolle proewe wat deur die Wes-Kaapse De...

RSG Landbou 27 Augustus 2020 27.08.2020

Zinascke Steyn, 'n assistent-rooiwynmaker by Nederburg, gesels oor haar passie vir die beroep. Frans de Klerk praat oor bewegings in die witmielieprys. SA Stamboek het onlangs hulle nuwe genomiese dienste bekendgestel, en Thalia Brameld vertel watter terugvoer hulle tot dusver ontvang het. Daar is ons gereelde Donderdaggesprek oor die weer met Johan van den Berg, en Chris Derksen is op sy pos met...

RSG Landbou 26 Augustus 2020 26.08.2020

Nico Groenewald van Standard Bank vertel waarna 'n finansierder kyk wanneer daar aansoek gedoen word vir 'n lening vir 'n nuwe boerdery. Chrissie Miles van LNR-Kleingraan praat oor die gehalte van Suid-Afrikaanse koring, en wat vir rolspelers in die waardeketting belangrik is. Yolande Roodt is ook op haar pos met die jongste wolpryse.

RSG Landbou 25 Augustus 2020 25.08.2020

Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-kwekersvereniging sal oor die volgende vyf jaar bykans R640-miljoen rand spandeer om kleinboere in die bedryf te ondersteun. Rex Talmage vertel wat die hulp behels. Fanus le Roux van Jooste Suier- en Pompmaatskappy praat oor windpompstelsels. En ons hoor vir die laaste keer wat Stan Jerling oor ou trekkers te sê het.

RSG Landbou 24 Augustus 2020 24.08.2020

Dr. Santjie Ferreira, 'n veearts in die Bultfontein-omgewing, vertel waarom sy die beroep gekies het. Ben Viljoen van Lindsay Africa praat oor die aankoop en bekostigbaarheid van 'n spilpunt. Carin Venter kuier op die plaas, Pinegrove naby Dordrecht, by een van die oudste Merino-stoete in die land. En dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, vertel van bulle wat hulle aan kleinboere oo...

RSG Landbou 22 Augustus 2020 22.08.2020

Die stigter van die Piket Bo-berg mark, Riëtte Bryant, het hierdie maandelikse kleinboermark aan die bokant van die Versfeld-pas sewe jaar gelede as 'n gemeenskapsbou-inisiatief begin. Vandag is dit 'n bekende bymekaarkomplek vir plaaslike produsente, asook die wat van ver af kom. Sy is 'n dinamiese vrou, wat grense bly verskuif en met dapperheid alleen boer.

RSG Landbou 21 Augustus 2020 21.08.2020

Die adjunkdirekteur van makrohulpbronekonomie by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Louw Pienaar bespreek resultate uit die jongste landbousensus, wat deur Statistieke Suid-Afrika bekendgestel is. Annalene Swanepoel is hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Van die jongste projekte wat van stapel laat loop is, word bekyk, wat onder andere 'n patat...

RSG Landbou 20 Augustus 2020 20.08.2020

Is daar hoop vir die wynbedryf? Sal die mense wat vir die landboubedryf werk, hulle werk behou? Dis van die kwelvrae wat dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, beantwoord. Hennie Maas gesels ook met dr. Heinz Meissner oor navorsing in die suiwelbedryf, en Johan van den Berg is weer op sy pos met weersake.

RSG Landbou 19 Augustus 2020 19.08.2020

Die 2020/21 wolseisoen het verlede week op 'n lae noot weggespring. Hoor watter pryse by die wolveilings behaal is. In ander veilingsnuus gesels Martin Campher oor 'n Rooi Brangus-veiling, en Thomas Stewart verskaf inligting oor die Senepol Beestelersgenootskap se veiling. Reinhardt Sieberhagen van die Nasionale Metrologie-instituut van Suid-Afrika praat oor die multi-spektrale kamera en hoe dit i...

RSG Landbou 18 Augustus 2020 18.08.2020

James Prinsloo, Willie Anderson en Ro'an van Tonder vertel van die veilings wat hulle hierdie week aanbied. Stan Jerling terug met sy gesprek oor ou trekkers, en dr. Brian Kernick van Feedtek verduidelik waarom aanvullings tydens die kalfseisoen 'n groot rol in koeigesondheid speel.

RSG Landbou 17 Augustus 2020 17.08.2020

Dis Vrouemaand, en ons gesels met Cheri-Lynn Steyn, wat met 'n wye draai besluit het dat haar toekoms in landbou-ekonomie lê. Die program fokus ook op kuilvoer, en Richardt Venter van Agsci Unlimited praat oor doeltreffende kuilvoergesigbestuur. Ons hoor ook van Danie Slabbert van Reitz. Hy is 'n Drakensbergerboer, en gesels oor die eienskappe van die inheemse beesras.

RSG Landbou 15 Augustus 2020 15.08.2020

Meteoroloog en televisie-weervoorspeller, Annette Botha, verduidelik waarom boere haar inspireer, en hoe om te maak wanneer onvoorsiense donderwolke in jou eie lewe skielik opdaag.

RSG Landbou 14 Augustus 2020 14.08.2020

Dr. Johann Strauss is senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en 'n kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels. Met praktiese wenke verduidelik hy tot watter mate boere en navorsers hierdie soort stelsels behoort te vertrou. Hy werp ook lig op die toekoms van beplande boeredae, te midde van Covid-19. Dr. Pieter Swanepoel is senior dosent by die Departement Agronomie aa...

RSG Landbou 13 Augustus 2020 13.08.2020

Koring- en hawerprodusente ondervind probleme met nuwe plantjies wat binne die eerste paar weke na opkoms verdwyn. Dr. Goddy Prinsloo van die LNR Kleingraan op Bethlehem verduidelik wat die rede hiervoor is. Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika praat oor die impak wat die jagregulasies op wildboere het. En dr. Francois van de Vyver van Nutri Feeds fokus op die waarde van prikkelvoeding i...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.