RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 9 Oktober 2020 09.10.2020 12:20
Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, het in Augustus geregistreerde bulle van sy departement se bulverspreidingsprojek aan sewe opkomende beesboere oorhandig. Die doel van die projek, wat in 2016 op die been gebring is, is om bulle met goeie genetiese eienskappe na toekomstige kommersiële boere te versprei. Prof. Ters Brand, die projekleier en 'n spesialis in dierevoeding, verduide...
RSG Landbou 8 Oktober 2020 08.10.2020 25:56
Wêreld Ramp-risikobestuursdag is op 13 Oktober, en die Landbounavorsingsraad se departement grond, klimaat en water bied 'n webinaar hieroor aan. Prof. Sue Walker verduidelik wat plaaslike ramprisikobestuur behels. Een van die webinaarsprekers, prof. Andries Jordaan van die Universiteit van die Vrystaat, praat oor waterbestuur. Johan van den Berg bring ons op hoogte van weersake, en Chris Derksen...
RSG Landbou 7 Oktober 2020 07.10.2020 26:25
Prof. Paul Lubout van Noordwes-Universiteit praat oor landbou-opleiding en die belangrikheid van praktiese kennis. Stephen Heath van RCL Foods vertel hoe hulle die probleem van voedselvermorsing en -verliese aanpak. Kerneels Jansen van Rensburg van Nooitverwag Beefmasters praat oor sy prestasie by vanjaar se SA Stamboek Elite-toekennings.
RSG Landbou 6 Oktober 2020 06.10.2020 26:31
Vis word op talle maniere verwerk, en net sekere soorte kan geblik word. Advokaat Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie verduidelike wie vir die Werkloosheidsversekeringsfonds kwalifiseer. Frans van Zyl van die Wolmaransstad-distrik vertel waarom sy besonderse Bonsmara-bul as 'n platinum-bul in vanjaar se SA Stamboek Elite-toekennings aangewys is.
RSG Landbou 5 Oktober 2020 05.10.2020 25:54
Nagmuise, of springhaasrotte, is 'n plaag wat nou kop uitsteek. Gerhard Heyns van Avima het raad hieroor. Een van die kategorieë in SA Stamboek se Elite-toekennings is die Plaas Media Platinum Bul-toekennings. Een van die wenners, Cornay Botma, vertel van sy besonderse Bonsmara-bul. Heinrich Victor van OVK gesels met Carin Venter oor die wol- en bokaarbedryf, en vertel ook wat by die laaste bokhaa...
RSG Landbou 3 Oktober 2020 03.10.2020 15:22
Dr. Morne de la Rey doen baanbrekerswerk met embrio-oorplasings, en spesialiseer in geassisteerde reproduksietegnieke om wild te red. Hy is een van die wêreld se voorste spesialisveeartse op die gebied van geassisteerde reproduksietegnieke, en het ook talle ander deurbrake in moderne teeltegnieke gemaak. Hy werk hard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk en boere baat sal vind, en de...
RSG Landbou 2 Oktober 2020 02.10.2020 14:02
Dr. Mike Ferreira van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou deel onlangse navorsingsresultate wat verband hou met dekgewasse. Cobus Meyer is 'n boer van Leeudoringstad in Noordwes. Volgens hom was sy destydse besluit om 'n Kalahari Red Goat-stoet aan te skaf een van die beste sakebesluite wat hy nog geneem het. Hy verduidelik waaraan hy sy suksesse toeskryf.
RSG Landbou 1 Oktober 2020 01.10.2020 30:12
Dr. Louis du Pisani sit sy gesprek oor die bestuur van kleinveekuddes voort. Dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek praat oor vanjaar se Standard Bank/SA Stamboek Elite-toekennings, en hoe hulle vanjaar se kompetisie benader het. En in ons laaste bydrae oor varkproduksie en -voeding, verduidelik Mart-Marie van Zyl van Trouw Nutrition hoe mikotoksienvlakke in varkvoer bestuur kan word.
RSG Landbou 30 September 2020 30.09.2020 28:41
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se meesterplan om die plaaslike bedryf te ondersteun en bevorder, het tot dusver goeie resultate gelewer. Richardt Venter van Agsci Unlimited gee raad oor kuilvoer wat te nat is. En Agri-Expo bied in Oktober drie Siyabonga-dae aan vir boere in Beaufort-Wes, Grassy Park en Clanwilliam.
RSG Landbou 29 September 2020 29.09.2020 27:10
Daar is geen duidelike riglyne oor rywydte en plantpopulasies by sojaboonaanplantings nie. Dr. Jan Dreyer van die Proteïennavorsingstigting gesels hieroor. Nico Groenewald van Standard Bank het raad aan diegene wat nuwe boerderybesighede oorweeg. Hy verduidelik onder andere die verskil tussen kontantvloei en wins. En ons hoor meer van Abalimi Bezekhaya wat onlangs die Eco-Logic gemeenskaptoekennin...
RSG Landbou 28 September 2020 28.09.2020 27:04
Wat is Suid-Afrika se grootste agri-toerismeprodukte? Christelle van Zyl wat haar doktergraad in toerismebestuur doen, praat oor hierdie vorm van toerisme wat al hoe gewilder word. Wêreldhondsdolheiddag is op 28 September, en dr. Mpho Maja van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Veiligheid vertel waarom dit nodig is om hierop te fokus. En ons gesels met prof. Erik Holm oor ekoboe...
RSG Landbou 26 September 2020 26.09.2020 14:47
Ontmoet 'n boer wat vrou-alleen die lewe dapper aanpak. Op Lorraine de Bruin se plaas Leeupan naby Van Zylsrus word daar met skape en beeste geboer. Sy vertel hoe sy in tye van droogte planne gemaak het om ekstra inkomste te verdien, en hoe sy moedig die pad bly stap het op haar plaas nadat sy haar man skielik aan die dood moes afstaan. Sy beskryf haar toekoms as blink en vol belofte, en deel van...
RSG Landbou 25 September 2020 25.09.2020 14:30
Patensie-boer Jackye Riddle verduidelik die vele gebruike van die draakvrug, asook ander interessante feite oor die kaktus-rankplant met Meksikaanse oorsprong, wat hom nou tuis kom vind in Suid-Afrika. Agri SA het met 'n voedselinisiatief van R1-miljard begin om behoeftige Suid-Afrikaners te voed. Die grootste landbou-organisasie in die land het die regering, boere, die private sektor en individue...
RSG Landbou 24 September 2020 24.09.2020 28:37
Die sagtevrugtebedryf het onlangs sy 45ste jaarlikse toekenningsgeleentheid gehou. Phyllis Burger en Andries Daniels van die LNR Infruitec-Nietvoorbij het die toekenning vir navorsing en tegnologie ontvang. Hulle vertel waaroor die toekenning gaan. In ons reeks oor varkproduksie en voeding, verduidelik Sune Pretorius van DSM hoe mikotoksienvlakke in varkvoeding bestuur kan word. Johan van den Berg...
RSG Landbou 23 September 2020 23.09.2020 26:22
Om as afslaer vir 'n gesogte geleentheid soos die Merino SA nasionale veiling op te tree, is noemenswaardig. Danie Strauss van BKB vertel van hierdie ervaring, en ook die pryse en gehalte van die diere wat te koop was. Agri SA het 'n nuwe kommersiële maatskappy bekendgestel. En daar is drie nuwelinge onder vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc top tien wyne. Die hoofbeoordelaar, James Pietersen, g...
RSG Landbou 22 September 2020 22.09.2020 25:34
Mieke Botha van die Weltevreden River Ranch in die Alldays-omgewing vertel van hulle suksesvolle Brahman-boerdery. Ons hoor hoe die GIS, of geografiese inligtingstelsel, vir landbou gebruik word. En Leon du Plessis van L&L Landboudienste verduidelik hoe die nuwe vrywillige wintergraanheffing werk.
RSG Landbou 21 September 2020 21.09.2020 26:00
Dis bedrywig op die veilingsfront met 'n Boran-, veldram- en Bonsmara-veiling wat eersdaags plaasvind. Anri Strauss van Chemunique het raad vir vrotpootjie. Ons gesels met Lourens Leewner van die Bedreigde Wildlewetrust oor hulp wat hulle ontvang om kraglyne meer voël-vriendelik te maak.
RSG Landbou 19 September 2020 19.09.2020 14:47
Televisie-weervoorspeller en meteoroloog, Annette Botha, het handige wenke. Wat weertoepassings betref, deel sy haar beste-van lysie en sê ook wat sy al persoonlik by Suid-Afrikaanse boere oor die wisselende weerpatrone geleer het. Die saamstel van betroubare reënvoorspellings het 'n interessante verloop. Annette verduidelik hoe die gebruik van tegnologie ingespan word om ons land se weer in 'n ve...
RSG Landbou 18 September 2020 18.09.2020 15:47
Dr. Francois Lategan praat oor omgewingsvriendelike boerderypraktyke met behulp van natuurlike bestuursprosesse. Ons hoor wat C4L-tegnologie is, en watter bydrae die Suid-Afrikaanse Bosboubedryf gemaak het in die tyd van Covid-19.
RSG Landbou 17 September 2020 17.09.2020 25:34
Mashilo Phosa van Chemunique praat oor die rol wat minerale speel by die voeding van 'n varksog. Die Agribesigheidsvertrouensindeks het tot 51 punte herstel, en Wandile Sihlobo van Agbiz verduidelik wat hiertoe bygedra het. Dries Visser van Pure-Bred Game vertel van hulle swartwitpense wat van Zambië af ingevoer is.
RSG Landbou 16 September 2020 16.09.2020 26:08
Die Forum vir Aartappel- en Groenteverwerkers het die regering gevra om die invoer van bevrore aartappelskyfies tydelik te verbied. Dr. Andre Jooste van Aartappels SA verduidelik die redes hiervoor. Bona Bona Game Breeders het tydens die inperking sy fasiliteite verbeter. Daar word vanjaar 'n kleiner makadamianeut-oes verwag. Lizel Pretorius van Makadamias Suid-Afrika verduidelik waarom dit so is.
RSG Landbou 15 September 2020 15.09.2020 29:44
Inge Lotter, 'n byeboer van Nelspruit, praat oor byemisdaad en hoe boere hulleself hierteen kan beskerm. Willem Barnard van Wilbar Brahmane gesels oor sy liefde vir die beesras. BFAP het drywers geïdentifiseer om die gehalte van sonneblomsaad te verbeter. Hennie Maas gesels met Marion Delport hieroor. En Fred Camphor van SA Jagters verduidelik wat jou te doen staan as jy nog die ou groen vuurwapen...
RSG Landbou 14 September 2020 14.09.2020 26:05
Mynboubedrywighede op landbougrond het al vir menige plaaseienaar 'n kopseer veroorsaak. RSG Landbou-medewerker, Koos du Pisanie, praat hieroor met 'n omgewingskonsultant. MJ Ernst van Bona Bona Game Breeders praat oor hulle Angus-stoet en veiling wat in Oktober plaasvind. En dr. Felix Reynders van die Landbounavorsingsraad vertel van sy onlangse verkiesing as voorsitter van die Global Framework o...
RSG Landbou 12 September 2020 12.09.2020 14:53
Wêreldbekende Suid-Afrikaanse wetenskaplike prof. Karin Jacobs werk by die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Wanneer jy haar ontmoet, besef jy sy wikkel met baie betekenisvolle eksperimente in die laboratorium van die lewe. Die pad vorentoe vir opvoeders lyk aansienlik anders weens die voorkoms van Covid-19. Sy gee raad en lewer insiggewende kommentaar op hierdie realite...
RSG Landbou 11 September 2020 11.09.2020 16:08
Die Trust vir Bedreidge Natuurlewe se droëland-bewaringsprogram het 'n projek begin in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en die Department van Omgewingsake om volhoubare grondbestuur te bevorder. Die projek is befonds deur the Global Environment Facility en word die Karoo Vir Ewig-projek genoem. Bonnie Schumann, veldbeampte by die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se droëla...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.