RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 7 November 2020 07.11.2020

Anton Kruger, die bestuurshoof van die varsprodukte-uitvoerdersforum, is vroeër vanjaar aangestel as president van die vrugte-uitvoerdersvereniging in die Suidelike halfrond. Hy deel die onvergeetlike storie wat verband hou met die uitvoer van Suid-Afrikaanse vrugte. Hy verduidelik die proses, en watter belangrik rol elkeen in die waardeketting het.

RSG Landbou 6 November 2020 06.11.2020

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het innovasie in wynbeoordeling vanjaar ʼn stappie verder geneem deur pasgemaakte tegnologie in te span. Beoordelaars kon deur die gebruik van tablette die beoordelingsproses van die 2020 Sauvignon Blanc-kampioene Covid-19-vriendelik en vinniger en meer akkuraat afhandel. Boonop kon meer bruikbare kultivarinligting terselfdertyd vir toekomstige navorsing ingesamel word....

RSG Landbou 5 November 2020 05.11.2020

Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf het onlangs hulle eerste oesskatting vir die 2020/2021-produksieseisoen bekendgemaak. Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum praat oor veediefstal. Johan van den Berg gesels weersake, en Chris Derksen is op sy pos met nuus oor vleispryse.

RSG Landbou 4 November 2020 04.11.2020

Wat is die beste – natuurlike seleksie of ‘n spesifieke teelbeleid? Dis ‘n gereelde debat onder telers. Schalk Greyling van SA Stamboek het die antwoord. Hy praat nie net met veetelers nie, maar ook met perde-, wild- en hondetelers. Dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie was een van die sprekers by ‘n virtuele ekspo vir veeartse. Hy het oor volhoubare waterrentmeesterskap in die sui...

RSG Landbou 3 November 2020 03.11.2020

Dis kersietyd, en volgens Tru-Cape is vanjaar se oes beter as in 2019. Hierdie hoëwaarde gewas vereis heelwat sorg. Nico Verhoef van Witzenberg Properties verduidelik. Richardt Venter van Agsci Unlimited gesels weer oor kuilvoer, en fokus dié keer op die verwydering van suurstof uit kuilvoer. Daar kom tans heelwat sprinkane voor in die Karoo. Hennie Maas vra vir Hantie Marx van Aberdeen hieroor ui...

RSG Landbou 2 November 2020 02.11.2020

Koos du Pisanie gesels met Johan Stassen oor die Internasionale Landbou-akademie vir Afrika. Wolboere is gekonfronteer deur ‘n paar uitdagings die afgelope paar maande. Dr. Pieter de Kock van die Afrikanerbeestelersgenootskap praat oor hulle nasionale veiling wat op 11 November plaasvind.

RSG Landbou 31 Oktober 2020 31.10.2020

Henniel Smit van Limbik Marketing Advisors praat oor die markontwikkeling-inisiatief vir Suid-Afrikaanse droëvrugte wat hy onlangs onderneem het. Veral jong verbruikers se liefde vir hierdie peuselhappie word van nader bekyk, en hy deel van die interessante bevindings wat sy navorsing opgelewer het, asook sy kommentaar oor die toekoms van die droëvrugtebedryf en die voorkoms van veral jong plaasli...

RSG Landbou 30 Oktober 2020 30.10.2020

Hoor hoe ‘n innoverende Gautengse byeboer, Louis van Zyl, uitdagings die hoof bied. Met sy betonkorf-innovasie het hy nie net sy heuningproduksie verhoog nie, maar is ook besig om ander boere te inspireer met sy planne. Die rdakteur van die webblad Food For Mzanzi, Dawn Noemdoe, verduidelik waarom Suid-Afrikaners gretig is om deel te neem aan die landbou-narratief, en wat hulle webblad se doelstel...

RSG Landbou 29 Oktober 2020 29.10.2020

Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika het onlangs die tuig neergelê as bestuurshoof. Sy gesels oor haar loopbaan in die wildbedryf. Boere in Suid-Afrika speel ‘n waardevolle rol by die beskerming van bedreigde spesies. Constand Hoogstad van die Bedreigde Natuurlewefonds praat hieroor. Frans de Klerk vertel wat met die sojaboonprys gebeur, en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

RSG Landbou 28 Oktober 2020 28.10.2020

Wat is herlewingslandbou? DF Fyfer boer in die Louwna-omgewing naby Vryburg, en pas hierdie praktyk suksesvol toe met sy bees-, hoender- en byeboerdery. Etienne Biddulph vertel van die Envarto-varkkarkaskompetisie en webinaar oor varkproduksie tydens Nampo ALFA. En ons gesels met ‘n landbou-ingenieur van Cherry Irrigation, Isobel van der Stoep, oor watermeting tydens besproeiïng.

RSG Landbou 27 Oktober 2020 27.10.2020

Volgens prof. Robin Meeske van die Outeniqua-navorsingsplaas is die standaard van vanjaar se inskrywings in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie baie hoog. Die wenners is verlede week op Plaas TV bekendgemaak. Carin Venter kuier by Arno Moore van BISA om uit te vind watter waardevolle rol, glo dit of nie, vlieë op ‘n plaas speel. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met nuus oor wolprys...

RSG Landbou 26 Oktober 2020 26.10.2020

Kenners meen dat ‘n tweede vlaag Covid-uitbrekings op Suid-Afrika wag. Watter lesse het ons reeds geleer en hoe kan besighede nou al voorberei? Frans van Eden van Prioritise bespreek 'n paar sleutelprestasie-aanwysers in hierdie verband. Daar is nuus oor veilings, en Isak Staats van BKB gesels oor die plaaslike en internasionale wolmark. Dr. Vicki Tolmay van die LNR Kleingraan gee raad oor die Rus...

RSG Landbou 24 Oktober 2020 24.10.2020

Kom saam op ‘n reis deur ‘n meesterlike wynmaakproses deur een van die bekendstes wat die plaaslike bedryf nog opgelewer het. Internasionaal bekroonde wynmaker van die Swartland, Eben Sadie, is ‘n man wie se lewensbeker oorloop. Saam met legendariese wynboukundige Rosa Kruger teug mense in elke uithoek van die aarde in ekstase saam aan die wyne van die Ou Wingerd Projek.

RSG Landbou 23 Oktober 2020 23.10.2020

Bekroonde wynmaker van Malmesbury, Eben Sadie  verduidelik hoe die realiteite van 2020 sy onderneming geraak het, watter nuwe planne beraam moes word, en hy deel sy gedagtes OOR die toekoms van aanlyn-wynproeë. Die heel eerste Field Guide to Renosterveld of the Overberg het onlangs die lig gesien. Wat dit vir boere in die omgewing kan beteken met maklik bekombare wyshede oor die omgewing, is iets...

RSG Landbou 22 Oktober 2020 22.10.2020

Hennie Goosen, ‘n veekundestudent aan die Universiteit van die Vrystaat, is onlangs as die Toyota SA Nasionale Jong Afslaer van die Jaar aangewys. Hy vertel waar hy dié vaardigheid aangeleer het. Jannie Willemse van AECI Plant Health gee raad oor watergehalte. Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum praat oor ‘n paar van die bevindings in ‘n studie oor veediefstalmisdadigers. En...

RSG Landbou 21 Oktober 2020 21.10.2020

Die wenners van Graan SA se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie is op 15 Oktober aangewys. Dr. Dirk Strydom gesels oor die doel van dié kompetisie. Pieter Brönn van Feedtek verduidelik waarom aanvulling by aangeplante somerweidings nodig is. De Wet Boshoff van die Veevoervervaardigersvereniging van Suid-Afrika praat oor studente se betrokkenheid in die bedryf.

RSG Landbou 20 Oktober 2020 20.10.2020

Die Veevoervervaardigersvereniging van Suid-Afrika vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. De Wet Boshoff vertel hoekom die behoefte vir so ‘n liggaam in 1935 ontstaan het. Hennie Maas gesels met dr. Eddie Snyman van Middelburg in die Oos-Kaap oor Clostridium-bakterieë.  Carin Venter praat met Deon Saayman van Cape Wools en Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersverening oor die Volhoubare Cape Wool...

RSG Landbou 19 Oktober 2020 19.10.2020

Sharon Gouws en haar man het ‘n gemengde boerdery op ‘n plaas net buite Port Elizabeth. Carin Venter het gaan uitvind hoe hulle onder andere met hoenders boer. Nampo ALFA word vanjaar virtueel aangebied. Johan Kotzé vertel van dié wildprogram in November. Ons gesels met Petrus van der Walt van VDT Prokureurs oor die Nasionale Wet op Bosse.

RSG Landbou 17 Oktober 2020 17.10.2020

Bekroonde wynmaker Eben Sadie van The Sadie Family in die Swartland praat oor sy passies. Hy verduidelik sy filosofie, wat behels dat elke snit saakmaak. Die ontwikkeling van mense wat by hom werk, lê hom na aan die hart, en hy verduidelik waarom hy positief is oor landbou in Suid-Afrika. Die maker van van die mees fynbesnaarde wyne ter wêreld  maak sy hart oop en onthul waarom hy soveel omgee vir...

RSG Landbou 16 Oktober 2020 16.10.2020

Suid-Afrikaners het nou toegang tot van die beste bloubessiekultivars ter wêreld, nadat Fall Creek sy deure vir sake plaaslik oopgemaak het. Dié internasionale bloubessiekwekery, wat meer as 40 jaar gelede in Oregon in Amerika sy ontstaan gehad het, sal teen Desember vanjaar die eerste plante uit sy Suid-Afrikaanse kwekery in die Paarl aan produsente lewer. Fall Creek SA se kwekery is onder leidin...

RSG Landbou 15 Oktober 2020 15.10.2020

Die wenners van Plaas Media se Santam Landbou se Nasionale Kuilvoerkompetisie word op 21 Oktober op Plaas TV aangewys. Boere Droogtehulp SA beoog om op 5 November die gemeenskap van Beaufort-Wes by te staan. Diemersdal is vanjaar vir die negende keer agtereenvolgend ‘n uitblinker in die Absa Top 10 Pinotage-toekennings. Ons gesels met die eienaar en wynmaker, Thys Louw.

RSG Landbou 14 Oktober 2020 14.10.2020

Met die opbloei van wildboerdery waar diere onder meer intensiewe toestande aangehou word, het nuwe kwale onder wild begin kop uitsteek. Hennie Maas gesels met dr. Johan Steyl van die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, oor vermaeringsindroom en aangebore gebrekke. En Heinrich Victor van OVK is aan die woord met die wolmarkverslag.

RSG Landbou 13 Oktober 2020 13.10.2020

Hans le Roux, die eienaar van Amanteco Almonds tussen Barrydale en Montagu, praat oor die produksie van die neut en die mark wat hulle bedien. Sydney Hunt van die Brahman-beestelersgenootskap vertel hoe die gewildheid van die beesras toegeneem het. En Wessel Lemmer van Agbiz Grain fokus op mikotoksiene en die rol wat hulle lede in die beheer van hierdie fungus speel.

RSG Landbou 12 Oktober 2020 12.10.2020

Hennie Maas praat met Henk van Rensburg oor sy Hugenote-stoet. SAMIC se nasionale karkaskampioenskap-toekennings vind eersdaags plaas. Dr. Michael Bradfield gesels oor eerskomende week se Veeskool, en Richardt Venter van Agsci Unlimited gee raad oor kuilvoer wat te droog is.

RSG Landbou 10 Oktober 2020 10.10.2020

Wêreldbekende veearts dr. Morne de la Rey is een van Suid-Afrika se voorste embriospesialiste. Geassisteerde reproduksietegnieke, wat veral verband hou met die beskerming van bedreigde wildspesies, is een van die gebiede waarop hy 'n kenner is. Sy loopbaan het al gesorg vir belangrike deurbrake soos toe hy in 2018 aangewys is om teëlmateriaal van die laaste noordelike witrenosterbul ter wêreld te...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.