RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 7 Desember 2020 07.12.2020

Richardt Venter van Agsci Unlimited verduidelik die invloed wat fermentasie het op die suurheidsgraad of pH van kuilvoer. Ontmoet die nuwe president van Kwanalu, PJ Hassard. Pieter Olivier, ‘n Merino-boer van Victoria-Wes, vertel hoe hy na byna 20 jaar kaasagtige limfklierontsteking by sy skape uitgewis het. Sowat 150 werknemers van die Boskop-saagmeule in Tsitsikamma kan eersdaags hulle werk verl...

RSG Landbou 5 Desember 2020 05.12.2020

Die enorme Avozilla is ’n soort avokado wat eksklusief in Modjadjiskloof in Limpopo gekweek word. Dit was was vanjaar selfs groter as gewoonlik. Een Avozilla is normaalweg tot tien keer groter as ’n gewone avokado en weeg enigiets tussen 1.2 kg en 1.7 kg teenoor ’n gewone avokado wat net sowat 200 g weeg. Vanjaar se opbrengs weeg elkeen in die omgewing van 1.5 kg.

RSG Landbou 4 Desember 2020 04.12.2020

Dr. Johann Strauss, ‘n senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels, praat oor die voordele van virtuele inligtingsdae wat gehou moes word in 2020. Ons praat ook met plantpatologie-navorser, dr. Gert van Coller, oor die voorkoms van aarskroei op koring.

RSG Landbou 3 desember 2020 03.12.2020

Navorsing en ontwikkeling in die landbousektor verseker dat produsente meer produktief, doeltreffend en winsgewend kan boer. Tegnologies gevorderde masjinerie is een hulpmiddel in hierdie strewe. Dr. Dominik Reus van AGCO Corporation verduidelik wat hiermee bedoel word. Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor landelike misdaadtendense in Suid-Afrika. En daar is nuus oor die...

RSG Landbou 2 Desember 2020 02.12.2020

Geoff Kingwill, ‘n Merino-boer van die Murraysburg-omgewing in die Karoo, is onlangs as voorsitter van die BKB-groep aangewys. Hy vertel waarom leierskap in hierdie hoedanigheid vir hom belangrik is. Johnathan Toxopeus gee raad oor die oprigting van kampe, krale en heinings. Ons hoor wat met die sojaboonprys gebeur. ‘n Bonsmara-boer van die Vryburg-omgewing is as die Landbounavorsingsraad se nasio...

RSG Landbou 1 Desember 2020 01.12.2020

Die voorgestelde minimumloon is verlede week bekendgemaak. Volgens Christo van der Rheede van Agri SA is dit uit pas met stygende werkloosheid. Hy praat oor die impak wat dit op landbou kan hê. Dis planttyd, en Willie Human van Rovic Leers vertel hoe ‘n tipies Suid-Afrikaans vervaardigde planter lyk en werk. Dis ook daardie tyd van die jaar wanneer vee aan hittestres kan ly. Ons het by dr. Dave Mi...

RSG Landbou 30 November 2020 30.11.2020

AGCO Corporation is bekend vir die Challenger, Fendt, Massey Ferguson en Valtra-landbouhandelsmerke. Dié maatskappy het ‘n twee-vlak verspreidingsmodel ontwikkel om die roete na hul kliënte te verkort. Dr. Dominik Reus vertel wat dit behels. Darryl Jacobs van die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesels oor die landelike ontwikkelingsprogram in dié provinsie. Ontmoet die 2020 TLU SA-jongboer van...

RSG Landbou 28 November 2020 28.11.2020

Vir die kritiek bedreigde oewerkonyn-bevolking tussen Barrydale en Montagu in die Wes-Kaap kan daar binnekort effense verligting kom. Die plaas Silflay in die Renosterveld sal hopelik binnekort amptelike status as natuurreservaat bekom. Die Silflay Renosterveld-natuurreservaat, soos dit dan bekend sal staan, is op die oomblik ’n veilige tuiste vir talle bedreigde spesies. Die Trust vir Bedreigde S...

RSG Landbou 27 November 2020 27.11.2020

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf, spesifiek die wyntoerismesektor, is ongetwyfeld die landbousegmente wat die ergste deur Covid-19-beperkings geraak is. As deel van die bedryf se rampherstelplan, is Vinpro aktief in gesprek met die onderskeie regeringsdepartemente om ondersteuningsprogramme voor te stel wat werksverliese in die sektor kan verhoed of verminder. Vinpro is verheug dat die Wes-Kaapse Dep...

RSG Landbou 26 November 2020 26.11.2020

Suid-Afrika het nie tans wetgewing wat die uitvoer van lewende hawe per skip reguleer nie. Volgens prof. Gareth Bath van die Lewendehawe-welsynskomitee moet dit dringend verander. Khakhu Mutheiwana vertel van haar aartappel- en patatboerdery by Soekmekaar in Limpopo. Sy praat oor die belangrikheid van vennootskappe en mentors. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer, en Chris Derksen...

RSG Landbou 25 November 2020 25.11.2020

Rooivleis bly ‘n gesogte produk onder Suid-Afrikaners, maar kan hulle dit met vertroue gebruik? Koos van der Ryst van die Rooivleisprodusente-organisasie praat hieroor en oor die plaaslike abbatoirbedryf. Hy gee ook verbruikerswenke vir die feesseisoen. Louis Steyl van Bonsmara SA het vanjaar se Syngenta Leierskapakademie bygewoon, en hy deel sy ervaring met ons. Dr Gerhard Verdoorn vertel van ‘n...

RSG Landbou 24 November 2020 24.11.2020

Die Kangnas-windkragaanleg in die Noord-Kaap het onlangs met kommersiële bedrywighede begin. Manie Kotzé vertel waarom die projek so noemenswaardig is. Koos du Pisanie gesels met Sakkie Haasbroek wat in die jare tagtig by vetvee-skoue betrokke geraak het. Zahn Hulme van die Atterbury Trust praat oor die Terugploeg-inisiatief, wat nood en hongersnood onder Afrikaanse gemeenskappe in en om Tshwane,...

RSG Landbou 23 November 2020 23.11.2020

Volgens Jandré Human van Suid-Kaap Wingerde is daar ‘n droë Klein Karoo en ‘n nat Klein Karoo. Jandré is onlangs tot die Vinpro-direksie verkies. Hy praat oor sy loopbaan en wyndruifprodusente in dié streek. Die Beefy Bunch is een van die wenspanne in vanjaar se Onderstepoort Voerkraaluitdaging. Chanté Kritzinger vertel wat die kompetisie vir ‘n vyfde-jaar veeartsenykunde-student beteken. Ons gese...

RSG Landbou 21 November 2020 21.11.2020

Die hoofdirekteur Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, was onlangs aan die virtuele ontvangkant van ‘n klimaatsveranderingstoekenning. Sy verduidelik sy waarom landbou en radio ‘n uitstekende kombinasie is om lewens te verbeter, veral in Suid-Afrika.

RSG Landbou 20 November 2020 20.11.2020

Prof. Eugene Cloete, vise-rektor van die Universiteit Stellenbosch, is in 2018 deur die Wes-Kaapse Landbouskrywers-vereniging aangewys as landbouer van die jaar. Hy is ook voorsitter van die Raad by die Sentrum vir Hernubare Energiestudies. Hy verduidelik wat die Solar Turtle, ‘n unieke konsep gebasser op sonkragenergi, is. Die assistant-direkteur van Innovering, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by d...

RSG Landbou 19 November 2020 19.11.2020

Die paarseisoen en dragtigheid is groot gebeurtenisse in die produksiejaar van ‘n skaapooi. Dr. Francois van de Vyfer van Nutri Feeds verduidelik hoe ooivoeding tydens dié tydperke bestuur moet word. Astral Foods het op 16 November sy finansiële resultate bekendgemaak. Andy Crocker vertel watter impak Covid-19, die sluit van kitskosrestaurante en veranderinge in verbruikersbesteding op die resulta...

RSG Landbou 18 November 2020 18.11.2020

Hoe lyk die toekoms van proefplase in Suid-Afrika? Dr. Cletos Mapiye, ‘n vleiswetenskaplike van Stellenbosch Universiteit, het onlangs ‘n Afrika-toekenning vir sy navorsing ontvang. Willem Botha van Netafim praat oor die beplanningsproses vir presisie-besproeiïngstelsels.

RSG Landbou 17 November 2020 17.11.2020

RSG Landbou kuier in die omgewing van Lüneburg in die noorde van KwaZulu-Natal. Dis ‘n Duitse gemeenskap, en Johann Schütte praat oor die Drakensberger-beeste waarmee hulle hier boer. Heinrich Victor gee terugvoer oor wolpryse wat by die onlangse veiling op Port Elizabeth behaal is. En ons praat met Wessel Lemmer van Agbiz Grain oor die ekonomie, en watter impak die huidige klimaat op silo-infrast...

RSG Landbou 16 November 2020 16.11.2020

Landbou kan voortaan direk by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) aansoek doen vir ‘n selfopwekkingsfasiliteitslisensie van meer as een megawatt. Nicol Jansen van Agri SA verduidelik wat dié proses behels. Hennie Maas gesels met ‘n Brahmanboer van Limpopo, Robert Maapola. Theo Boshoff van Agbiz werp lig op die doel van die Onteieningswetsontwerp. Heinrich Victor gesels oor die...

RSG Landbou 14 November 2020 14.11.2020

Die pad van die plaaslike vrugteboord na die oorsese bord is ‘n opwindende een, waar soveel uiteenlopende rolspelers bewys dat dit werklik ‘n spansport is. Anton Kruger is udie bestuurshoof van die varsprodukte-uitvoerdersforum, en is vanjaar aangestel as president van die vrugte-uitvoerdersvereniging in die Suidelike halfrond. Hy neem ons op ‘n reis deur vrugte-uitvoere, en wat dit alles insluit.

RSG Landbou 13 November 2020 13.11.2020

Cobus Meiring van die Inisiatief vir Grondeienaars in die Suid-Kaap verduidelik wat die mensdom sal moet doen om die aarde gesond te hou tot ná 2050. Ons vind uit waar produsente ‘n nuwe tafeldruifbemestingshandleiding, wat gratis beskikbaar is, in die hande kan kry.

RSG Landbou 12 November 2020 12.11.2020

Die verkoop van ‘n dier op ‘n veiling is makliker gesê as gedaan. Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Lewendehawe-afslaers sien toe dat die afslaer, koper en verkoper aan sekere wetgewing voldoen. Johan Vosser verduidelik wat dit behels. Ons praat met Christo Pienaar van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging oor aanlyn-wynverkope. Weersake is tans ‘n gewilde besprekingspunt want somergraan...

RSG Landbou 11 November 2020 11.11.2020

Angora-boerdery in Noordwes mag ongewoon klink, maar nie vir Petrus Marx van die plaas Uitval op Wolmaransstad nie. Hennie Maas gesels met Mornay Verster, ‘n Brangusboer van Tweespruit in die Vrystaat, oor die sukses wat hy met dié ras behaal het. Dr. Gerrit Scheepers van Phalaborwa sê ons moet leer om saam met bosluise te boer.

RSG Landbou 10 November 2020 10.11.2020

Die gebruik van voerbestuurstegnologie in ‘n melkstal kan ‘n groot invloed op ‘n melkprodusent se winsgrens hê. Heinrich Victor van OVK vertel wat by die onlangse wolveiling op Port Elizabeth gebeur het. Die plantseisoen vir 2020/21 se somergraanproduksiegebiede het reeds begin.

RSG Landbou 9 November 2020 09.11.2020

Landbougesprekvoering, hetsy in die media of tydens konferensies, fokus meestal op dieselfde temas. Dit beïnvloed dikwels landboustrategieë en beleidmaking. Nico Groenewald van Standard Bank vertel hoe dit die Suid-Afrikaanse produsent beïnvloed. Ons praat met dr. Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad oor vanjaar se LNR Nasionale Vleisbeestoekennings. Joan Isham van die Wêreld Wildlewefonds v...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.