RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 5 Januarie 2021 05.01.2021

Glo dit of nie, maar vlieë speel ‘n waardevolle rol op die plaas, al is hulle ‘n irritasie! Dr. Arno Moore van Bio Insectaries SA  gesels hieroor. Ons praat met Hans le Roux van Amanteco oor amandelproduksie in Suid-Afrika. Dr. Dirk Verwoerd, ‘n veearts by Karan Beef, vertel van sy belangstelling in roofvoëls.

RSG Landbou 4 Januarie 2021 04.01.2021

Daar is baie faktore om in ag te neem wanneer ‘n besproeiingsmaatskappy en -ontwerper oorweeg word.  Isobel van der Stoep van Cherry Irrigation praat hieroor. Anri Strauss van Chemunique gee raad oor vrotpootjie. Toyota SA jong afslaer van die jaar, Hennie Goosen, deel sy toekomsplanne. Boere in Suid-Afrika speel ‘n waardevolle rol in die beskerming van bedreigde spesies sê Constand Hoogstad van d...

RSG Landbou 2 Januarie 2021 02.01.2021

Arno Marais boer noord van Ceres in die Wes-Kaap op ‘n plek wat 1,200 meter bo seespieël is, en bekend is vir sneeu en matige somers. Hy bespreek die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse kersiebedryf.

RSG Landbou 1 Januarie 2021 01.01.2021

Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy praat oor navorsing wat hy onlangs gedoen het en oor sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2021.

RSG Landbou 31 Desember 2020 31.12.2020

RSG Landbou herhaal ‘n paar interessante onderhoude wat die afgelope jaar uitgesaai is: Dr. Theo de Jager van die familieboerdery-organisasie, Saai, praat oor die toekoms van familieboerdery. Oumansoutbos – is dit ‘n indringer, of het dit nut vir die veeboer? Ons vind meer uit van die oudste besproeiingstonnel in Suid-Afrika.

RSG Landbou 30 Desember 2020 30.12.2020

Die prys van rooivleis in Suid-Afrika word deur verskeie faktore beïnvloed. Ons praat hieroor met James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie. Doors le Roux van die Louis Trichardt-omgewing praat oor die interessante wêreld van koejawelboerdery. Die Onderstepoort Dierehospitaal het vanjaar ‘n wildkliniek geopen.

RSG Landbou 29 Desember 2020 29.12.2020

Die 87-jarige Ria Steyn van Leniesdeel naby Vryburg is verlede jaar as die land se karkaskampioen gekroon. Ons gesels met haar hieroor en oor haar boerdery. Henk Griessel van Tru-Cape praat oor appels. Gerdie Landman is bekend vir sy koeihotel, maar hierdie keer gesels hy oor sy belangstelling in wedvlugduiwe.

RSG Landbou 28 Desember 2020 28.12.2020

Veearts dr. Hendrik Naudé gee raad oor die behandeling van wonde by plaasdiere. Ons vind meer uit van die Afrika-aartappel en kankerbossie. Tattie Scholtz van Douglas in die Griekwastad-omgewing gesels oor sy Savannabokboerdery. Dr. Santjie Ferreira is ‘n veearts in die Bultfontein-omgewing. Sy vertel waarom sy dié beroep gekies het.

RSG Landbou 26 Desember 2020 26.12.2020

Ons kuier verder by die nuwe produkte bekendstellingsdag by die Universiteit Stellenbosch. Dr. Maricel Krugel van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch sluit by ons aan.

RSG Landbou 25 Desember 2020 25.12.2020

Babylonstoren se Extra Virgin Olive Oil het onlangs goud gewen by vanjaar se 2020 SA Olive Awards. Klaas Stoffberg is die olyfoliemeester en wynmaker by Babylonstoren. Hy verduidelik waaraan hy sy sukses toeskryf. Mikro-kruieboer en entrepeneur SW Meintjies vertel wat jou te doen staan as jy belangstel in hierdie soort verbouiing.

RSG Landbou 24 Desember 2020 24.12.2020

Jannie de Villiers van Graan SA deel ‘n spesiale Kersboodskap met luisteraars. Karenza Liebenberg van die EC Maskell Boerdery naby Cradock, vertel hoe hulle op ‘n natuurlike manier intensief met Merino’s boer. Sarah Green, ‘n arbeidsterapeut, gesels oor haar besluit om terug te keer plaas toe. Sy boer met Brangus-beeste in die Ladysmith-omgewing in KwaZulu-Natal. En Johan van den Berg praat ouderg...

RSG Landbou 23 Desember 2020 23.12.2020

Dr. Roelof Botha, 'n ekonoom, praat oor die sake wat tans bo-aan die ekonomiese agenda is. Ons gesels met Francois Baird van FairPlay oor die koop-plaaslike-hoender-veldtog wat hulle begin het. Tiaan Koen van VDT Prokureurs praat oor serwitute en maniere, anders as eienaarskap, om plaasgrond te bekom met die oog op boerdery.

RSG Landbou 22 Desember 2020 22.12.2020

Die JSE het onlangs ‘n marknota aan die graan- en oliesadebedryf gepubliseer. Dr. Raphael Karuaihe van die JSE verduidelik wat dit behels. Wessel Lemmer van Agbiz Grain deel ook sy siening hieroor. Ons gesels met Dappie Smit, wat bekend is vir sy bydrae tot die droëvrugtebedryf. Hy het tydens die onlangse Agri Wes-Kaap galadinee ‘n eretoekenning ontvang.

RSG Landbou 21 Desember 2020 21.12.2020

Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum praat oor hoe mense wat die langpad aandurf,  kan help om veediewe te identifiseer. Luan Retief van Cherry Irrigation gee raad oor die instandhouding van ‘n besproeiingstelsel. Wiehahn Victor, voormalige hoof van die Inmaakprodusentevereniging, vertel van ‘n toekenning wat hy by Agri Wes-Kaap ontvang het.

RSG Landbou 19 Desember 2020 19.12.2020

RSG Landbou besoek die Alternatiewe Voedselproduk-bekendstellingsdag by die Universiteit Stellenbosch wat vanjaar aanlyn gebeur het. Ons luister na stories oor hoe nuwe produkte met name soos New Yolk die lig gesien het, en watter ander innovasies vanjaar se studente voor gesorg het.

RSG Landbou 18 Desember 2020 18.12.2020

Westfalia Fruit is die maatskappy wat die Avozilla-handelsnaam besit. Indien jy self ‘n avokadoboer is of beoog om een te word, het Theo Bekker van Westfalia Fruit ‘n hele paar nuttige wenke. Ons vind ook uit of daar nog subspesies van die Avozilla op pad is. Thea van Zyl van Hortgro gesels oor vanjaar se Agri’s Got Talent sangkompetisie.

RSG Landbou 17 Desember 2020 17.12.2020

Melville Price van Nutri Feeds verduidelik waarom wildvoeding van spesie tot spesie verskil. Johan van den Berg gesels soos altyd oor die weer. Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het. SA Stamboek se dr. Helena Theron kuier verduidelik hoe teelwaardes geïnterpreteer kan word.

RSG Landbou 15 Desember 2020 16.12.2020

‘n Alternatiewe trust vir die vordering van vrywillige wintergraanheffings, is vroeër vanjaar deur die bedryf in plek gestel. Jannie de Villiers van Graan SA gesels hieroor. Swartstam, ‘n swamsiekte wat op kanola voorkom, is een van die ernstigste probleme wat kanolaprodusente in die gesig staar. Piet Lombard van Elsenburg gee raad hieroor. Solomon Molefe vertel sy merkwaardige verhaal. Hy was vir...

RSG Landbou 15 Desember 2020 15.12.2020

Wakkerstroom in die Witzenbergvallei is bekend vir hulle appels en pere, en het verskeie toekennings by vanjaar se Ceres Fruit Growers-toekenningsgeleentheid ontvang. Dr. Leon Prozesky praat oor die voorkoms van beesleukose in melkkuddes. ‘n Boer van Prieska, Johan van Wyk, vertel van die sonoonde wat hy maak. Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie praat oor varkpes wat on...

RSG Landbou 14 Desember 2020 14.12.2020

Volgens Nico Groenewald van Standard Bank het goeie pryse en opbrengste bygedra tot landbou se suksesse in 2020. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou spog met hulle eerste groep hommeltuigvlieëniers. Dr. Dirk Troskie praat oor hulle belegging in dié tipe tegnologie, en Liezl MacKenzie deel haar ervaring met ons. Aurora in die Ceres-omgewing het groot welslae behaal by vanjaar se Ceres Fruit Grow...

RSG Landbou 12 Desember 2020 12.12.2020

Alanda van Zyl van Britstown was nog nooit een vir handjiesvou nie. Daarvan getuig al haar entrepreneursprojekte. Tans dra haar gewoel haar gesin deur die agt jaar lange droogtebeproewing. Toe Alanda 23 jaar gelede met Pieter van Zyl getroud is, het sy uit eie keuse haar kantoorrokkies en -skoene vir werkdrag verruil. Dalk was die vleissaag wat hulle as trougeskenk gekry het, ’n toekomsvoorspellin...

RSG Landbou 11 Desember 2020 11.12.2020

Dr. Stephano Haarhoff praat oor die voedingstofbestuur van mielies. En ons vind uit watter geleenthede wat die jaar opgelewer het in terme van virtuele inligtingsoordrag.

RSG Landbou 10 Desember 2020 10.12.2020

Volgens die Rooivleisprodusente-organisasie se Kode vir Beste Praktyk is die welsyn van plaaswerkers net so belangrik soos die welsyn van vee. Louis Wessels, voorsitter van die RPO in die Wes-Kaap, veruidelik die kode. Die afgelope tyd was daar ‘n sterk fokus op beesbrusellose, en dr. Danie Odendaal vertel waarom hierdie so ‘n ingewikkelde infeksie is. Ons praat met dr. Mias van der Westhuizen oor...

RSG Landbou 9 Desember 2020 09.12.2020

Volgens die Rooivleisprodusente-organisasie se Kode vir Beste Praktyk is die welsyn van plaaswerkers net so belangrik soos die welsyn van vee. Louis Wessels, voorsitter van die RPO in die Wes-Kaap, veruidelik die kode. Die afgelope tyd was daar ‘n sterk fokus op beesbrusellose, en dr. Danie Odendaal vertel waarom hierdie so ‘n ingewikkelde infeksie is. Ons praat met dr. Mias van der Westhuizen oor...

RSG Landbou 8 Desember 2020 08.12.2020

Gewasskade kan verskeie oorsake hê, en min produsente besef dat onkruiddoderoorskot in die grond die rede kan wees. Prof. Charlie Reinhardt verduidelik hoe en wanneer dit gebeur. Patrick Sekwatlakwatla is verantwoordelik vir transformasie by die Sernick Groep. Hy gesels met Hennie Maas hieroor. Frans van Eden van Prioritise beklemtoon die belangrikheid van diversifikasie in ‘n besigheid. Die wolse...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.