RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 3 Februarie 2021 03.02.2021

Dr. Andy Hentzen van Onderstepoort praat oor die waarde van kunsmatige intelligensie in die veebedryf. Ons gesels met Lizel Pretorius van die SA Makadamiakwekersvereniging oor 2020 se produksiesyfers. Besighede moet hierde tyd van die jaar aandag aan belastingsake gee. Frans van Eden van Prioritise gee raad in dié verband.

RSG Landbou 2 Februarie 2021 02.02.2021

Dit is nog nie te laat om vee teen slenkdalkoors in te ent nie. Só sê dr. Didi Claassen van Afrivet. Heinrich Victor is op sy pos met wolveilingsnuus. Ons praat met Ettienne Tiebaut van RCL Foods oor hulle planne met afval wat by hoenderverwerkingsaanlegte gegenereer word.

RSG Landbou 1 Februarie 2021 01.02.2021

Ons vind meer uit van die Wet op Beroepsbeserings en Siektes. Veilings is weer in volle swang. Ons kyk na die groei in produksie en uitvoere in die appel- en peerbedryf.

RSG Landbou 30 Januarie 2021 30.01.2021

Dit is ‘n voorreg om ‘n man met landboumurg in sy pype aan jou voor te stel. Iemand wat sagmoedig en sorgsaam baie diep spore in ons land getrap het, en wat onwrikbaar glo aan ‘n beter toekoms vir boere. Die verhaal van sy bydrae en ondersteuning aan veral opkomende boere, is een wat gehoor moet word. Jerry Arries is die waarnemende Hoofdirekteur: Ondersteuning en Ontwikkeling van landbouers by di...

RSG Landbou 29 Januarie 2021 29.01.2021

Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad praat oor die toenemende vraag na Rooibos-skoonheidsprodukte in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Joel Serman van Faircape Diaries gesels oor die 21-miljoen bye wat by die plaas ingespan word om te help met die bestuiwing van canola.

RSG Landbou 28 Januarie 2021 28.01.2021

Wêreld Vleilanddag word op 2 Februarie gevier. Dr. Althea Grundling van die Landbounavorsingsraad vertel van hulle betrokkenheid by dié geleentheid. Tydens die Simmentaler-en Simbra telersgenootskap se algemene jaarvergadering is daar gestem vir noemenswaardige wysigings aan hulle grondwet.

RSG Landbou 27 Januarie 2021 27.01.2021

Dr. Johan Malherbe van die Landbounavorsingraad praat oor siklone en die impak wat dit op landbou kan hê. Dit sluit in die verspreiding van kommandowurms, waarsku prof. Johnnie van den Berg van die Noordwes-Universiteit. Ontmoet vir Willie Jacobs wat vandeesmaand die leisels by Aartappels SA oorgeneem.

RSG Landbou 26 Januarie 2021 26.01.2021

Die appelkoosbedryf het ‘n seisoen wat almal se verwagtinge oortref. Maryna Calow het goeie nuus oor wynuitvoere. Heinrich Victor gee terugvoer oor wolpryse. Francois Wilken van Vrystaat Landbou praat oor die impak van die onlangse vloede in dié provinsie.

RSG Landbou 23 Januarie 2021 23.01.2021

Die 27-jarige Juanita Belingham ‘n alleenboer en bestuur ‘n 20,000 hektaar skaap-, bok-, bees- en wildplaas by Nelspoort in die Karoo. Sy was in 2018 ‘n deelnemer aan die Wes-Kaap Jongboer van die Jaar-kompet-sie. Sy praat oor haar drome vir die toekoms en waarom sy uitsien na ‘n suksesvolle 2021. Sy verduidelik ook hoe sy kwessies wat verband hou met arbeid en die uitdagings wat die droogte gebri...

RSG Landbou 22 Januarie 2021 22.01.2021

Bonnievale Wyne se wynmaker, Jean Slabber, vertel van die toekennings wat hulle wyn ontvang het. Landboukundige dr. Francois Lategan praat verder oor die C4L-tegnologie wat verband hou met oespraktyke.

RSG Landbou 21 Januarie 2021 21.01.2021

Die Mukota-vark is ‘n inheemse Zimbawiese varkras. Chris Grant van Zimbabwe vetel waarom die voortbestaan van dié ras hom so na aan die hart lê. Marli van Eeden van Nutri Feeds gee ‘n oorsig van naspeurbaarheid in veeproduksie. Ons hoor by Chris Derksen wat met vleispryse gebeur, en Johan van den Berg gesels weersake.

RSG Landbou 25 Januarie 2021 21.01.2021

Ons praat met die LNR-Kleingraan se dr. Ian Heyns oor koringproduksie en kultivar-teling in die Wes-Kaap. Dr. Astrid Jankielsohn gee terugvoer oor die Russiese koringluis. Volgens Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap is daar steeds ‘n rampdroogtekol in die provinsie, hoewel dele al goeie reën ontvang het.

RSG Landbou 20 Januarie 2021 20.01.2021

Die afgelope kanola-oes is die beste nóg in Suid-Afrika. Zander Spammer van Southern Oil gesels oor dié goeie nuus. Die verbod op alkoholverkope is nie goeie nuus vir moutgarsprodusente nie. Hennie Maas hoor by Kobus Venter van Vertical Farming hoe vertikale boerdery werk.

RSG Landbou 19 Januarie 2021 19.01.2021

Die plaaslike Suikerriet-kwekersvereniging het in Desember met sy Home Sweet Home-veldtog begin. Ons hoor by dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA waarom dit krioel van duisendpote in dele van die land. Dr. Paul Reynolds, ‘n veearts van Warden, praat oor die beheer van wurms by skape. Heinrich Victor het nuus oor die eerste wolveiling van die jaar, en ons hoor van Christiaan van Niekerk van die Sui...

RSG Landbou 18 Januarie 2021 18.01.2021

Talle gerugte doen tans die rondte oor Ivermektien as ‘n teenvoeter vir Covid-19. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor ivermektien-navorsing, veral vir dieregebruik. Die Landbank se finansiële verliese het onlangs hoofopskrifte gehaal. Christo van der Rheede van Agri SA verduidelik wat die rede hiervoor is, en hoe dit die landbou affekteer. Suid-Afrika se bobaas hawerkuilvoermaker, Bul...

RSG Landbou 16 Januarie 2021 16.01.2021

Prof. Eugene Cloete is viserektor by die Universiteit Stellenbosch. In 2018 is hy deur die Wes-Kaapse Landbouskrywersvereniging aangewys as landbouer van die jaar. Hy deel sy gedagtes oor die potensiaal van die sektor. Hy is van mening dat daar selfs in die donkerste van tye van 2020 waardevolle lesse was, en dat ons nou onverskrokke daarop moet voortbou.

RSG Landbou 15 Januarie 2021 15.01.2021

Omgewingsvriendelike boerderypraktyke met behulp van natuurlike bestuursprosesse word ondersoek. Ons hoor onder meer wat C4L-tegnologie vir jou boerdery kan beteken. In 2018 het bykans 100,000 hektaar van die Outeniqwaberge afgebrand nadat weerlig ‘n wegholveldbrand ontketen het wat vir etlike weke geduur het. Volgens Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum is die bergopvangsgebiede in die...

RSG Landbou 14 Januarie 2021 14.01.2021

Volgens Rouan Nel, ‘n wildboer naby Melkrivier en ‘n Leeus-rugbyspeler, word die wild- en jagwaardeketting grootliks onderbenut. Gert Jordaan van BKB praat oor digitale veilings en die belangrikheid van naspeurbaarheid in die wolbedryf. Ons hoor by Johan van den Berg wat die weervooruitsigte is. Chris Derksen gee terugvoer oor vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

RSG Landbou 13 Januarie 2021 13.01.2021

Die 2021-wolseisoen open vandeesweek. Isak Staats van BKB praat oor hulle verwagtinge en waarop wolprodusente nou moet fokus. Inskrywings vir die 2021 Suiwelkampioenskappe het op 11 Januarie geopen. Ons praat met Emje Ferreira oor kuilvoer en kuilvoertoerusting. Plaasveiligheid is ook onder die loep.

RSG Landbou 12 Januarie 2021 12.01.2021

Hylton Arendse van HLA Boerdery naby Stellenbosch boer sedert Maart verlede jaar op huurgrond met kruie en groente, en het in ‘n kort tydjie groot sukses bereik. Hennie Maas praa met André van der Merwe van Reitz oor sy Wouman Brangusstoet. Hy is sedert 2014 tot 2018 as SA Brangus se teler van die jaar aangewys. Ons praat ook met dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat se Departement...

RSG Landbou 11 Januarie 2021 11.01.2021

Daar is talle arbeidsregmites in die landboubedryf. Ons praat met Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie hieroor. Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie verduidelik wat bedoel word met die kompartementaliseringstelsel in die varkbedryf. Chrissie Miles van LNR Kleingraan op Bethlehem praat oor die koringkwaliteitslaboratorium en die dienste wat hulle aan produsent...

RSG Landbou 9 Januarie 2021 09.01.2021

Truffels is peperduur en moeilik om te kweek. Hierdie misterieuse bestanddeel laat smulpape en sjefs kwyl, maar Europese truffelboere huil in hulle hande oor dié fungi wat so vol fiemies is. Twee Pretorianers is egter besig om die grense te verskuif. Ons gaan saam met Helga Dagutat en Nita Breytenbach op ‘n truffelsnuffel in hulle onlangs voltooide moskamer.

RSG Landbou 8 Januarie 2021 08.01.2021

Liezl McKenzie werk by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy is die eerste gekwalifiseerde vroulike hommeltuigoperateur by die departement. Sy praat oor haar betrokkendheid by landbou en watter bydrae hommeltuie in die bedryf maak. Dr. Jakkie du Toit, navorsing-spanbestuurder van die Nasionale Melk- en Tekeningskema, het meer besonderhede oor die onlangse ARC Master Dairyman-toekennings.

RSG Landbou 7 Januarie 2021 07.01.2021

Die plaaslike aartappelbedryf het ‘n ryk geskiedenis. Flip Steyn van die Landbounavorsingsraad deel ‘n paar interessante feite hieroor. Ons gesels met Inge Lotter van The Beeger Picture oor haar passie vir bye en hoe ons bye se voortbestaan kan verseker. Johan van den Berg is op sy pos met weersake, en Chris Derksen is terug met die eerste vleisprysverslag vir 2021.

RSG Landbou 6 Januarie 2021 06.01.2021

Die aanbied van veilings het in 2020 met vele uitdagings gepaardgegaan. Douw van Wyk van BKB Louwid praat oor die toekoms van veilings, en die waarde wat dit vir produsente het. Prof. Erik Holm gesels oor die belangrikheid van ‘n gesonde ekostelsel as deel van ‘n volhoubare boerdery. Nico Groenewald van Standard Bank gee raad oor nuwe boerderye. Hy vertel onder meer waarna ‘n finansier kyk wanneer...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.