RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 4 Maart 2021 04.03.2021

Indiensneming in die landbousektor het in die vierde kwartaal van 2020 met 8% afgeneem. Wat is die redes hiervoor? Anton Vos praat oor die uitdagings in die varsprodukte- en lewendehawebedryf.

RSG Landbou 3 Maart 2021 03.03.2021

Henning Pretorius van die plaas, Summerhill, het ‘n Brangus-boeredag aangebied. Ons hoor hoe landbou deel is van die Terugploeg-inisiatief wat armoede en hongersnood in en om Pretoria aanspak. Anton Vos van Subtropico praat oor die bemarking van varsprodukte en veilings in Suid-Afrika.

RSG Landbou 2 Maart 2021 02.03.2021

Die Suid-Afrikaanse kersiebedryf het die afgelope seisoen geblom. Calla du Toit van Tru-Cape Fruit Marketing vertel waaraan dit toegeskryf kan word. Heinrich Victor is op sy pos met nuus oor die onlangse wolveiling. Ons praat met Danie Botes van Leaf Services oor hulle inspeksiediens wat op 1 April in die graanbedryf afskop.

RSG Landbou 1 Maart 2021 01.03.2021

Koos du Pisanie is op Prieska om meer uit te vind van die Meatmaster-skaapras. TLU SA het verlede week ‘n veldtog bekendgestel om die belastingwet ten opsigte van veiligheidsuitgawes te verander – ons hoor wat dit behels. Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap brei uit oor hulle hulp aan kerkleiers in die Laingsburg-omgewing.

RSG Landbou 27 Februarie 2021 27.02.2021

Adri Kitshoff-Botha het in 2020 as bestuurshoof van Wildbedryf SA uitgetree. Sy veruidelik dat die jag- en wildbedryf meer as net ‘n ekonomiese bydrae lewer. Dit het te doen met die rol wat die besdryf in enkelouergesinne speel.

RSG Landbou 26 Februarie 2021 26.02.2021

‘n Nuwe soort vertroue in die Suid-Afrikaanse wynbedryf sorg vir ‘n goeie nuus. Die Wyntoerismebestuurder by Vinpro, Marisah Nieuwoudt, bespreek digitale verkope en innoverende oplossings. Prof. Marthie van der Walt van die tuberkuloseplatform van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sluit ook by ons aan.

RSG Landbou 25 Februarie 2021 25.02.2021

Jannie de Villiers vertel waarop daar vanjaar gefokus word by Graan SA se jaarlikse kongres. Richardt Venter van Agsci Unlimited praat oor die invloed van goeie kuilvoer op ‘n produsent se produksie en winsgewendheid. Daar is nuus oor vleispryse en die weervooruitsigte.

RSG Landbou 24 Februarie 2021 24.02.2021

Veeprodusente is bekommerd oor veesiektes wat kan uitbreek as gevolg van die reën. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk het raad hieroor. Daar is nuus oor ‘n Bonsmara-uitverkoping in die Davel-omgewing. Ons praat met Ben Schoonwinkel van Syngenta oor volhoubaarheid en voedselsekerheid.

RSG Landbou 23 Februarie 2021 23.02.2021

Die landbousektor het ‘n uitsonderlike jaar agter die rug, maar die afgelope tyd hoor ons van verskeie faktore wat dié sektor negatief kan beïnvloed. Dawie Maree van FNB praat hieroor. Ons ontmoet vir Cobus van Coller. Hy sluit op 1 Mei as skoolhoof by Augsburg Landbougimnasium aan. Heinrich Victor is ook op sy pos met die nuutste wolpryse.

RSG Landbou 22 Februarie 2021 22.02.2021

Hoe kies ‘n produsent die regte mieliekultivar vir goeie kuilvoer? Richardt Venter van Agsci Unlimited het die antwoord. Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie verduidelik waarom die produsenteprys so omstrede is. Dr. Gerhard Verdoorn van die Predasiebestuursforum gesels oor brandsiekte wat onder rooijakkalse voorkom.

RSG Landbou 20 Februarie 2021 20.02.2021

Adri Kitshoff-Botha is een van die mees formidabele vroue in die wildbedryf. Haar betrokkenheid in die jag-en-wildbedryf was ’n leerkurwe soos min. Sy het in 2020, ná 19 jaar, uitgetree met ’n string eerbewyse en internasionale erkenning. Sy het begin as ’n halfdagboekhouer wat die KwaZulu-Natalse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se geldsake moes behartig en help met bemarking. Van wild en jag...

RSG Landbou 19 Februarie 2021 19.02.2021

Elton Jephtas is die waarnemede hoof van AFASA in die Wes-Kaap. Hy verduidelik watter tegnologiese innovasies hom interesseer, en watter voordele dit vir landbouers inhou. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, deel sy gedagtes oor die ontwikkeling van tegnologie in landbou. Wetenskaplikes Nita Breytenbach en Helga Dagutat werp meer lig op die formulering van eetbare sampioene i...

RSG Landbou 18 Februarie 2021 18.02.2021

Christo van der Rheede van Agri SA, Theo Boshoff van Agbiz en Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie gee perspektief die minimumloon. Chris Derksen praat oor vleispryse en Johan van den Berg vertel wat met die weer gaan gebeur. Wessel Lemmer van Agbiz Grain is aan die woord oor ‘n nuwe inspeksiediens wat op 1 April by silo’s begin.

RSG Landbou 17 Februarie 2021 17.02.2021

Simpson & Son Farming is die wenners van die 2020 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Ons gesels met Shane Simpson oor dié prestasie. Dr. Ronel Roberts van die Landbounavorsingsraad waarsku sitrusprodusente om op die uitkyk te wees vir ‘n siekte wat verwoesting kan saai. Dewald Barnard van Rovic Leers gee raad oor hooimaaltoerusting. Sprinkane teister boere in die Noord-Kaap – ons hoor wa...

RSG Landbou 16 Februarie 2021 16.02.2021

Leon de Beer van die NWKV praat oor hulle skeeropleidingsprogram. Marius Kleyn van die Gamtoosvallei vertel hoe die beheer van fynbos kan bydra tot beter waterbestuur. Joe Scholtz gee terugvoer oor landelike misdaad en veediefstal in die Noord-Kaap. Heinrich Victor is op sy pos met die wolmarkverslag.

RSG Landbou 15 Februarie 2021 15.02.2021

Luan van Walt van Graan SA gee perspektief oor die rekord sojaboonaanplantings. Leon de Beer van die NWKV verduidelik watter impak slenkdalkoors op die wolbedryf kan hê. Ons kuier by twee boere van die Gamtoosvallei en hoor van hulle stryd met krag en water. Lukas Eksteen sluit die program af met ‘n gesprek oor die waarde ‘n bultoetssentrum in Limpopo.

RSG Landbou 13 Februarie 2021 13.02.2021

Die Wes-Kaap se veelsydige wyngebiede en goeie terroir is tydens die 15de jaarlikse Novare SA Terroir-wynpryse gevier met ’n vier jaar oue Chenin Blanc van Stanford wat as die beste wyn aangewys is. Ander uitblinkers was Lourensford in Somerset-Wes wat as die top wynlandgoed aangewys is. Hulle het ook die trofee vir die top enkelwingerdwyn verwerf, en was die nasionale wenner van die top natuurlik...

RSG Landbou 12 Februarie 2021 12.02.2021

Die bestuurshoof van Agri-Weskaap, Jannie Strydom, deel sy gedagtes oor die gebruik van tegnologie in landbou en waarna hy uitsien in 2021. ‘n Vrugteboer van Ceres, Arno Marais, werp lig op die proses van verbouing en die komplekse pad na die verbruiker, waar gehalte ononderhandelbaar is.

RSG Landbou 11 Februarie 2021 11.02.2021

Tagtig persent meer proteïen sal oor die volgende drie dekades geproduseer moet word om aan die stygende vraag te voldoen. Ons gesels met Jaco Maass van SHIFT DX hieroor. Ons hoor by dr. Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch hoeveel koeie en verse in ‘n melkkudde behoort te wees. En daar is oudergewoonte nuus oor die weer én vleispryse.

RSG Landbou 10 Februarie 2021 10.02.2021

Die prys van knoffel, gemmer en suurlemoene het aansienlik gestyg. Die vraag is, kry die produsent ook meer vir sy produk? Danny Pienaar van Schoonbee Landgoed in Limpopo en Corrie Bezuidenhout van die Suid-Afrikaanse Knoffelkwekersvereniging het die antwoord. Ons hoor by prof. Chris Dannhauser wat goeie hooimaak behels.

RSG Landbou 9 Februarie 2021 09.02.2021

Richard York is in Oktober 2020 as bestuurshoof van Wildbedryf Suid-Afrika aangestel. Ons praat met hom op RSG Landbou. Isak Staats van BKB gesels oor die waarde van ramveilings vir die wolbedryf. Daar is wolmarknuus,  en Melville Price van Nutri Feeds verduidelik wat die doel van fasevoeding by voerkrale is.

RSG Landbou 8 Februarie 2021 08.02.2021

Oubaas van Rensburg boer in die Britstown-omgewing. Hy het groot sukses behaal met die kruisteling van Merino’s en Wit Dorpers. Hy vertel ook van die uitdaging met sprinkane in daardie omgewing. Daar is nuus oor veilings, en Donald Fischer van VDT Prokureurs werp lig op insolvensiereg.

RSG Landbou 6 Februarie 2021 06.02.2021

Dr. Gideon Bruckner is die 2020 Goue Medalje-wenner van die World Organisation for Animal Health. Hierdie toekening word jaarliks aan persone gegee in erkenning vir hulle uitstaande tegniese, wetenskaplike en administratiewe bydraes op internasionale vlak in die veld van veeartsenykunde en dieresiektebeheer.

RSG Landbou 5 Februarie 2021 05.02.2021

Dr. Charlie Reinhardt, ‘n onkruidkenner en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch, het bevestig dat die Palmer-misbredie (Amaranthus palmeri) wat in 2018 die eerste keer op ’n katoenplaas in die distrik Douglas in die Noord-Kaap gewaar is, nou ook in Howick in KwaZulu-Natal en langs die Limpoporivier in die noorde van die Krugerwildtuin gekry...

RSG Landbou 4 Februarie 2021 04.02.2021

Ivor Reid boer met Jerseys in die Delmas-omgewing. Die welstand en gemak van sy diere is baie belangrik vir hom. Die Wynoesherdenkingsgeleentheid is vanjaar virtueel aangebied. Ons gesels met een van die wenners. Daar is weernuus, en ons hoor wat het hierdie week met vleispryse gebeur.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.