RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 2 April 2021 02.04.2021 15:37
Die Heuningbosbedryf gaan gebuk onder geweldige moeilike omstandighede. Navorsers ontdek wel gedurig nuwe eienskappe van inheemse heuningbostee, wat goeie geleenthede vir die komplekse bedryf kan beteken. Eugene Smith, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Heuningbostee-vereniging, sluit by ons aan op RSG Landbou.
RSG Landbou 1 April 2021 01.04.2021 28:36
Die 2021 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar is onlangs gekroon, en Maryke Pienaar van Lactalis SA gesels oor dié prestasie. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die provinsie se landboubegroting. Die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap is uiteindelik wetlik geregistreer. Koos van der Westhuizen gee perspektief oor dié hofuitspraak.
RSG Landbou 31 Maart 2021 31.03.2021 26:15
Dr. Chris van Dijk is onlangs verkies as voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum. Hy praat oor die rol van dié organisasie. Hestia Nienaber en dr. Astrid Jankielsohn by die LNR-Kleingraan praat oor die 2021-produksiehandleidings en die Russiese koringluis.
RSG Landbou 30 Maart 2021 30.03.2021 25:35
Die 2020 kanola-produksieseisoen is een van vele landbou-suksesverhale. Zander Spammer van Southern Oil gesels hieroor. Liamé van der Westhuizen van die Landbounavorsingsraad brei uit oor hulle navorsing op die pompom-plant en die nadelige effek wat dit op die omgewing het. Ons vind meer uit oor die onlangse Segard Masurel en Vleissentraal-ooreenkoms.
RSG Landbou 29 Maart 2021 29.03.2021 27:12
Ons kuier by Deon Saayman van Cape Wools, en gesels met dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou oor die organisasie se voorlegging aan die parlement rakende die onteieningswetsontwerp. Nico Maree van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afslaers waarsku ons teen kansvatters in die veilingsbedryf.
RSG Landbou 27 Maart 2021 27.03.2021 15:49
Riaan Manser het twaalf jaar gelede ‘n fietstoer langs die kuslyn van Afrika aangepak. Vandag is Riaan een van Suid-Afrika se mees waaghalsige avonturiers. Buiten sy fietstoer, het hy ook in 2009 manalleen in ’n kajak om Madagaskar geroei, en later om Ysland. Hy ook saam met sy vrou die eerste mense geword om van Afrika na New York te roei. Manser deel van die boerderypraktyke wat hy tydens sy rei...
RSG Landbou 26 Maart 2021 26.03.2021 14:31
Die Ernst-familie van Allesbeste-boerdery op Tzaneen het onlangs ‘n insiggewende navorsingsprojek op avokadopere gedoen. Zander Ernst is die produksiebestuurder by die plaas. Hy verduidelik waaroor dit gaan. Dr. Johann Strauss is seniornavorser by die Departement Landbou in die Wes-Kaap en ‘n kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou. Hy werp meer lig op die onlangs...
RSG Landbou 25 Maart 2021 25.03.2021 29:35
Die Vereniging van Veevoervervaardigers bied eersdaags ‘n tegniese skrywerswerkwinkel aan onder leiding van dr. Pieter Henning. Breyton Milford van Agri-Expo is aan die woord oor hulle volgende Siyabonga-dag op Wellington. Ons praat met Michael Esmeraldo van Netafim oor gesentraliseerde laevloei-drupbesproeiingsmeting.
RSG Landbou 24 Maart 2021 24.03.2021 27:08
Ons kuier by die familieboerdery-besigheid, Groote Post, net buite Darling. Prof. Driekie Fourie van die Noordwes-Universiteit praat oor die impak van aalwurms op grondgesondheid. Melville Price van Nutri Feeds verduidelik hoe om winterveld ekonomies in somerreënvalgebiede te benut.
RSG Landbou 23 Maart 2021 23.03.2021 26:05
Dr. Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch praat oor die verhouding tussen koeie se laktasietydperke en winsgewendheid vir die melkprodusent. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid het raad vir mastitis by koeie. Daar is wolveilingsnuus, en Frans de Klerk gesels oor die effek van die VSA se langtermynlenings op plaaslike skuldvlakke.
RSG Landbou 22 Maart 2021 22.03.2021 26:52
Anneke Wiese van Agri Sonar praat oor dragtigheidskandering. Die wenner van die 2020 LNR Vleisbeesverbeteringstoet van die Jaar-toekenning, Zippo Lamprecht, is aan die woord oor sy boerdery. Berdine Vos vertel wat die boks-vir-‘n-boervrou-projek vir haar beteken het. Louis Martin van Nuy Wynkelder gesels oor die studiebeurs wat hy in 2019 ontvang het.
RSG Landbou 20 Maart 2021 20.03.2021 13:51
Felix Reinders, ‘n ingenieur, wat in Desember 2020 afgetree het ná ‘n loopbaan van 41 jaar in besproeiingsingenieurswese, is onlangs verkies as die nuwe voorsitter van die Globale Raamwerk van Waterskaarste in Landbouwater. Hy praat oor die belangrike take wat verrig word deur die Internasionale Kommissie op Besproeiing en Dreinering.
RSG Landbou 19 Maart 2021 19.03.2021 14:30
Ferdi van Zyl is die bestuurshoof van Pro Agri Services, wat omgewingswetenskaplike dienste en mikrobiologie bied. Plantpatologie is hulle hooffokus met verwante vakgebiede wat besproeiing, grondontleding en klimaatsbeheer in tonnels op ‘n groot verkeidenheid gewasse insluit. Hulle werk regoor die land. Agrobacterium vitis kroongalinfeksies en besmetting en aksies rondom die biologiese beheer van...
RSG Landbou 18 Maart 2021 18.03.2021 28:40
Welkome reën het onlangs in droogtegeteisterde gebiede geval. Guillau du Toit van Fraserburg vertel wat dit vir boere beteken. DNA Plant Science gesels oor die uitdagings van koringverbouing. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se aansoek om verlof tot appèl rakende die verskeping van lewende skape, is onlangs van die hand gewys. Gerhard Schutte van die Rooivleisprodusente-organisasie reageer...
RSG Landbou 17 Maart 2021 17.03.2021 27:50
Veediefstalsake is ‘n wêreldwye probleem. Willie Clack van die Veediefstalvoorkomingsforum praat oor statistiek wat onlangs hieroor bekendgemaak is. Ewie Coetzee kyk terug op Feedtek se 20 jaar in die bedryf. Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie gee perspektief oor watermeting.
RSG Landbou 16 Maart 2021 16.03.2021 25:24
Sytze Smit van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika praat oor teelwaardes en genomiese ontwikkeling. Daar is nuus oor wolveilings. Koos du Pisanie gesels met Gordon Brown van die Vryburgomgewing oor hulle voerkraal en ook hoe hulle bespaar met die maak van hulle eie kuilvoer.
RSG Landbou 15 Maart 2021 15.03.2021 28:36
Ken jou plaas en ken jou gewasse. Só sê weidingkundige Dirk Coetzee aan produsente wat hulle groenvoerbeplanning vir die winter wil aanpak. Evan Macdonald van Nutri Feeds gee raad oor voerkripbestuur. Ons gesels met Silvio Ferraris van Remacon oor veilige en beweegbare opbergingsfasiliteite. En ons hoor van Brocor Auctions en Meerkat Online Auctions oor ‘n wildsplaasveiling by Nylstroom.
RSG Landbou 13 Maart 2021 13.03.2021 14:49
Felix Reinders, ‘n ingenieur wat in Desember 2020 afgetree het ná ‘n loopbaan van 41 jaar in besproeiingsingenieurswese, is verkies as die nuwe voorsitter van die Globale Raamwerk van Waterskaarste in Landbouwater. Ht het ook onlangs uitgetree as president van die Internasionale Kommissie op Besproeiing en Dreinering. Eloise Pretorius het met hom gepraat.
RSG Landbou 12 Maart 2021 12.03.2021 16:26
Alles dui daarop dat die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf na normale bedryfsvolumes sal terugkeer in die komende produksiejaar. Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (SATI) het sy eerste oesskatting vir die 2020/21 seisoen bekendgemaak. SATI meen dat dié vroeë oesskatting nie net op ’n terugkeer na normale bedryfsvolumes dui nie, maar ook marginale groei reflekteer wat die aantal hektaar tafeldruiw...
RSG Landbou 11 Maart 2021 11.03.2021 28:06
Goeie bestuur van weiveld begin by kennis van die veld. Só sê Ken Coetzee van Conservation Management Services. Francois Swanepoel van die Landbounavorsingraad praat oor die basiese vereistes vir ‘n doeltreffende plaasvoerkraal.
RSG Landbou 10 Maart 2021 10.03.2021 26:07
Graan SA se jaarlikse kongres is onlangs aangebied. Ons gesels met die voorsitter, Derek Mathews. Een van die hoofsprekers, prof. Johan Willems, praat oor die geloowaardigheid van instellings in die graanmarkte. Ons luister ook na antwoorde op vrae wat deur produsente gestel is.
RSG Landbou 9 Maart 2021 09.03.2021 25:43
Nitrietvergiftinging by vee is een van die onderwerpe van bespreking. Daar is wolnuus met Heinrich Victor, en Willem Kilian van LNR Kleingraan gesels verder oor die nasionale kultivar-evaluasieprogram. Hy fokus op die Vrystaat en besproeiingsgebiede.
RSG Landbou 8 Maart 2021 08.03.2021 28:02
Vyf koringkultivars is sedert 2011 verantwoordelik vir 97% van die opbrengs wat gelewer is. Willem Kilian van LNR Kleingraan gesels hieroor. Ons praat met dr. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat oor prysmakers en prysnemers in die rooivleiswaardeketting. Die 95-jarige Piet Lubbe van die Burgersdorp-omgewing gesels oor sy merinoboerdery.
RSG Landbou 6 Maart 2021 06.03.2021 16:39
Die droogte is soos ’n langtermyntrauma wat nie verbygaan nie, sê Helene Smit, ‘n traumaberader van Prins Albert, wat die afgelope paar jaar oor die uitwerking van die droogte op boere se gemoedere op die dorp se landbouskou gepraat het. Sy deel van die stories van die afgelope paar jaar se werk, en op watter emosionele manier boere bygestaan kan word.
RSG Landbou 5 Maart 2021 05.03.2021 16:10
Rooibostee mag vir ons alledaags voel, maar dié seisoen word dit as ‘n gunstelingmengeldrankie beskou. Adele du Toit, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, vertel dat rooibostee ‘n maklike manier is om enige skemerkelkie op te kikker. Sy sê dat dit veral goed saam met vodka en gin is omdat dit van dieselfde karaktertrekke as rooibostee het. Omdat die meeste skemerkelkies hoog in kalori...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.