RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 1 Mei 2021 01.05.2021 13:28
Dr. Anri Manderson is ‘n passievolle landbouer. Like Mountain is ’n onderneming wat vlugtige olies uit inheemse gewasse onttrek, en in die proses is hulle besig om onder haar leiding berge te versit. Anri het aanvanklik tuinbou-opleiding gedoen om mense te help met huishoudelike voedselsekerheid. Nou is sy besig met ’n grootskaalse projek om organiese vlugtige olies te onttrek aan plante wat op ma...
RSG Landbou 30 April 2021 30.04.2021 15:00
Rachel Kriel van PlantSA praat oor die belangrikheid en rol van sertifisering in die sagtevrugtebedryf. Rens Smit, ‘n tegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor wisselbou-proefresultate van die Swartland, wat in afgelope paar maande gedoen is, en hoe daar voortgebou kan word op van die bevindings.
RSG Landbou 29 April 2021 29.04.2021 26:04
Groot dele van die boeregemeenskappe gaan steeds gebuk onder erge droogte. Talle projekte is begin om hulp te verleen, en een daarvan is Boks-voer-vir-‘n-boer. Elria Steinberg vertel wat dit behels. Ons vind by Chantel Arendse van Croplife Suid-Afrika uit wat plantbiotegnologiese rentmeesterskap is en waarom dit saak maak. Johan van den Berg is terug met nuus oor die weer en hoe dit die landbou ra...
RSG Landbou 28 April 2021 28.04.2021 27:22
Die landbousensus se syfers is verlede jaar bekendgemaak, maar die insameling van data bly ‘n uitdaging. Joe de Beer van Statistieke Suid-Afrika praat oor hierdie uitdaging. ORO Agri het bekendheid verwerf vir hulle gebruik van lemoenolie in biostimulante. Johan Janse van Rensburg vertel ons hiervan. Landbou word nou al teen die moontlikheid van ernstige brande gewaarsku. Hennie Maas praat hieroor...
RSG Landbou 27 April 2021 27.04.2021 26:04
Dohne Merino-skape is vir die eerste keer in Afrika laparoskopies met gesekste semen geïnsemineer. Johann Coetzee van Vleesbaai vertel wat dit behels. Ons gesels met JF van der Merwe van Aartappels SA oor die gaping tussen die produsenteprys en dit wat die verbruiker betaal. Richardt Venter van AgSci Unlimited kyk na die faktore wat kuilvoer-verteerbaarheid beïnvloed. Ons vind meer uit van Oro Agr...
RSG Landbou 26 April 2021 26.04.2021 28:16
Ons gesels oor duifskiet, ‘n Ankole-veiling en sprinkane. Ons hoor by CP Kriek van Taaibosch varkboerdery naby Fochville hoe biosekuriteit op die plaas toegepas word. Die Universiteit Stellenbosch en Vinpro het ‘n wêreldgehalte platform vir wingerdopleiding en -navorsing bekendgestel.
RSG Landbou 24 April 2021 24.04.2021 14:39
Ons leer meer van die wonder van rooibos. Buiten die feit dat ‘n weermag anti-oksidante wag in elke slukkie van jou rooibostee, is plaaslike wyn, jenever en brandewynmakers besig om opnuut met die eg Suid-Afrikaanse produk te eksperimenteer. En wat ‘n vreugde is dit nie om nou vir die eerste keer in ‘n wyle besoekers van ander lande te bederf met lekkertes wat jou op geen ander plek in die wêreld...
RSG Landbou 23 April 2021 23.04.2021 15:58
Hommeltuig-tegnologie het die vermoë om jou boerdery na nuwe hoogtes te neem. Die assistentdirekteur van innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Arie van Ravenswaay, vertel van die jongste tegnologie. Ons vind ook uit watter bruikbare dienste deur PlantverbeteringSA gelewer word.
RSG Landbou 22 April 2021 22.04.2021 29:03
Carin Venter gesels met Robbie Streton en Paul Mortlock van die Stormberg-streek van die Oos-Kaap oor die unieke Stormberger-beesras. Richardt Venter van AgSci Unlimited bespreek kuilvoersake. Hy fokus op die belangrikheid van bolaagkompaksie.
RSG Landbou 21 April 2021 21.04.2021 29:24
Mikotoksiene kom tot in 30% van die wêreld se voergewasse voor. Albert van Rensburg van Biomin Suid-Afrika praat hieroor. Leon Kruger van die Universiteit van die Vrystaat is aan die woord oor die rol wat miseiertellings by wurmparasietbeheer speel. Ons kry duidelikheid oor die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne by Petrus van der Walt van VDT Prokureurs.
RSG Landbou 20 April 2021 20.04.2021 29:40
Elanco Dieregesondheid het ‘n opname oor beta-mannanvlakke in veevoer gedoen. Ons praat met met Corné Louw van Graan SA oor stygings in die dieselprys, en vind meer uit oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes. Wolveilings het hervat en Heinrich Victor is terug met die wolmarkverslag.
RSG Landbou 19 April 2021 19.04.2021 27:15
‘n Appelboer van die Fouriesburg-omgewing is onlangs as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar gekroon. Doug Osler gesels oor hierdie prestasie en sy boerdery. Dr. Mackie Hobson, ‘n veearts van Graaff-Reinet, bespreek die basiese riglyne vir gesondheidsbestuur by Angorabokke. Ons het meer gaan uitvind oor die onwikkeling van slotte wat vir landbou gebruik word. Colin Harding van Master Lock SA...
RSG Landbou 17 April 2021 17.04.2021 14:31
Rooibostee is een van die natuur se wonderwerke, danksy ’n hele weermag antioksidante wat jou gesondheid kan beskerm en langlewendheid kan aanhelp. Boonop is dit goed vir jou vel. Dis ook trots Suid-Afrikaans. Hoewel rooibos reeds eeue lank gebruik word, is die voordele nie meer net anekdoties nie. Wetenskaplikes oor die wêreld heen ondersoek dit vir ’n beter begrip van hoekom dit so goed is vir o...
RSG Landbou 16 April 2021 16.04.2021 16:03
Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor navorsingsresultate wat onlangs op graangewasse gedoen is. Dr. Johann Strauss, ‘n seniornavorser by dieselfde departement en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, gesels oor opwindende navorsingsprojekte wat die departement onlangs begin het.
RSG Landbou 15 April 2021 15.04.2021 29:32
Die stedelike verbruiker van skaapvleis raak al hoe meer kieskeurig. Wanneer word ‘n skaap as vryweidend of free range, geklassifiseer? Jaco van Rensburg van Cavalier gee duidelikheid hieroor. Fanie Vorster van die LNR het raad oor water en hoe om slim te werk te gaan met dié kosbare hulpbron. Ons gesels met Matt Pretorius van die Bedreigde Wildlewetrust oor ‘n oplossing vir voëls wat deur kraglyn...
RSG Landbou 14 April 2021 14.04.2021 26:35
Wat behels die verantwoordelike gebruik van antibiotika by diere? Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid het die antwoord. Paul Maré van Viljoenskroon vertel van hulle 21ste produksieveiling. Coenraad en Candice de Jongh van die plaas Blomfontein was een van die wenners van die 2020 MPO Rentmeesterskapstoekennings. Ons hoor watter verskil dié toekenning op die plaas gemaak het.
RSG Landbou 13 April 2021 13.04.2021 27:50
Die voer van kruipvoer aan klein varkies is ‘n gespesialiseerde besigheid. Francois Coetzee van De Heus gee raad hieroor. Die jaarlikse Toyota/Agri SA jongboer van die jaar en New Harvest kompetisies vind wel vanjaar plaas. Die sameroeper, prof. Carlu van der Westhuizen, gesels oor die kriteria van dié kompetisie. Heinrich Victor van OVK is aan die woord oor klasstandaarde vir merinowol.
RSG Landbou 12 April 2021 12.04.2021 29:43
Die biosekuriteitsreëls vir lewendehawe-agente is in November 2020 gepubliseer, en Francois Knowles van die Raad vir Landbouprodukte-agente verduidelik wat dit behels. Judy Richardson vertel hoe ‘n veeprodusent ‘n dier se spanning kan verlig tydens speentyd.
RSG Landbou 10 April 2021 10.04.2021 13:17
Isa Basson moes in 2010 desnoods ‘n vriendin help wat gesukkel het om kop bo water te hou met haar ingelegde vrugte-besigheid. Min het sy geweet dat dit haar lewe op ‘n heel nuwe, onverwagse roete sou plaas. Sy vertel hoekom sy positief is oor landbou in Suid-Afrika, en hoe sy en haar gesin heelparty uitdagings die hoof gebied het. Sy vertel ook wat haar toekomsdrome is, en hoe mens nooit moet oph...
RSG Landbou 9 April 2021 09.04.2021 13:07
Dr. Ilse Trautmann, die hoofdirekteur van navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, deel goeie nuus wat verband hou met klimaatslim-ontwikkelings. Marika van der Merwe, senior navorsingstegnikus by die LNR se virologie-afdeling, vertel van navorsing wat gedoen is oor aartappels.
RSG Landbou 8 April 2021 08.04.2021 25:55
Die Suid-Afrikaanse veebedryf besef al hoe meer die waarde van naspeurbaarheidstelsels. Daar is ook nuus oor die weer en vleispryse, en ons hoor by Theo Boshoff wat Agbiz se siening oor die onteieningswetsontwerp is.
RSG Landbou 7 April 2021 07.04.2021 25:33
Hennie Maas praat met dr. Fanie Steyn van Ramsem oor die samewerking tussen Suid-Afrika en Australië om merino-genetika te verbeter. Koos du Pisanie vertel van Agri Noord-Kaap se fokuspunte vir 2021. Lukas Eksteen van Bufland-voerkraal gee raad oor die voorbereiding van speenkalwers vir die voerkraal.
RSG Landbou 6 April 2021 06.04.2021 25:42
Is daar alternatiewe vir onteiening om grondhervorming in die land te bewerkstellig? Dr. Roelof Botha van die Optimum Beleggingsgroep beantwoord hierdie en ander vrae. Deon van Wyk gesels oor sy sukses met SA Vleismerino-ooie wat drielinge tydens hulle produksiesiklus produseer. Jacques van Niekerk van BKB vertel van hulle aanlynwinkel wat onlangs geopen het.
RSG Landbou 5 April 2021 05.04.2021 28:12
Frans Seevinck is ‘n Bonsmaraboer naby Vryburg. Sy benadering tot boerdery is uiters besigheidsgerig. Hy gesels met Lise Roberts oor hierdie beginsel. Ons vind meer uit van die eerste uitbetaling aan die Wynkeldershoek Werkerstrust. Wessel Lemmer van Agbiz Grain gee perspektief oor die uitdagings rakende die uitvoer van twee miljoen ton mielies deur die Durbanse hawe.
RSG Landbou 3 April 2021 03.04.2021 13:57
Isa Basson van Laingsburg sou nooit kon dink dat haar konfyt en bottels ingelegde vrugte haar brood en botter sou word nie. By Isabel’s in Laingsburg maak hulle konfyt en ingelegte produkte soos jou ouma dit gemaak het. ‘n Toevallige geleentheid om ‘n vriendin destyds uit te help, het later nuwe geleenthede vir Isa beteken. Luister na haar storie van hoop en inspirasie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.