RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 31 Mei 2021 31.05.2021 26:16
Ons gesels met Alexander Gibson, Agri Wes-Kaap se jongboer van die jaar vir 2021. Johan Dannhauser van die Parys-omgewing gesels oor sy sukses met die Droughtmaster-beesras. Daar is nuus oor veilings wat eersdaags plaasvind. Johan Potgieter van Nutri Feeds verduidelik waarom mineraalaanvullings by skape so noodsaaklik is.
RSG Landbou 29 Mei 2021 29.05.2021 14:52
Die Fair Cape-groep se melkery is nou amptelik die eerste melkery in Afrika wat volkome op sonkrag steun danksy sy nuwe sonplaas, een van wyle Eduard Loubser se laaste baanbrekersprojekte by dié groep. Die sonplaas bestaan uit 64 tafels op die grond met 1 536 sonpanele, 16 omsetters en 776 kragoptimaliseerders. Die plaas het ook sowat 12 km kabel. Dit verskaf 560 kWp krag gedurende die dag. Na ber...
RSG Landbou 28 Mei 2021 28.05.2021 13:34
Wagyu is bekend vir sy smaaklike vleis wat deur baie tussenspierse vet (marmering) gekenmerk word. Hierdie bedryf groei wêreldwyd met rasse skrede, ook in Suid-Afrika, en baie mense is bereid om duur vir hierdie vleis te betaal. In 2017 is die Certified Wagyu Beef-program begin om die integriteit, betroubaarheid en gehalte van Suid-Afrikaanse Wagyu-vleis te verseker. Dit hou ’n wakende oog oor die...
RSG Landbou 27 Mei 2021 27.05.2021 29:50
Wat kan ‘n boer doen om te verseker dat die biosekuriteitsmaatreëls vir sy plaas in plek is, sonder dat dit ‘n arm en ‘n been kos? Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad hieroor. Wêreld Byedag is op 20 Mei gevier, en ons gesels met Elize Lundall-Magnuson van die Landbounavorsingsraad hieroor. Derick Hanekom en Sybel Visagie van Save the Sheep in die Sutherland-omgewing vertel hoe boere...
RSG Landbou 26 Mei 2021 26.05.2021 26:58
Andrew Roberts van Hertzogville in die Vrystaat is in 2020 aangewys as Brangus SA se Teler van die Jaar. Hy gesels met Lise Roberts oor hierdie prestasie. Chantel Arendse van CropLife SA praat oor die rol van biotegnologie-gewasse by voedselsekerheid. Ons praat met Petrus Viljoen van die Agriland Groep oor waterregte.
RSG Landbou 25 Mei 2021 25.05.2021 25:43
Kluitjieskraal Jerseys op Swellendam is vir die tweede jaar deur SA Stamboek as die Melkkudde van die Jaar aangewys. Arno Schoonwinkel gesels oor die gebruik van ‘n internasionale teelprogram in dié kudde. Richardt Venter van Agsci Unlimited gee raad oor die bestuur van kuilvoer om verliese so laag as moontlik te hou. Rooibostee pas deesdae aan by die voorkeure van die jonger geslag. Nicie Vorster...
RSG Landbou 24 Mei 2021 24.05.2021 28:47
Volgens Nederburg was die afgelope wyndruifoes laat en lank, wat ideaal is vir geurontwikkeling. James Miller van die Winston South Devon-stoet in die Cathcart-omgewing vertel van hulle prestastie by vanjaar se 2021 SA Stamboek Elite-toekennings. Ons vind meer uit oor ‘n mielie-opbrengsuitdaging tussen twee boere van Prieska. Stephan Pietersen van Work Accident Support gee raad oor die registrasie...
RSG Landbou 22 Mei 2021 22.05.2021 14:43
Ons sit ons Karoo-kuier voort op die plaas Rooiberg naby Loeriesfontein - ‘n plek waar die landskap jou muse word en waar ‘n liefde vir lamsvleis van die omgewing die inspirasie geword het vir die Van Heerdens om boere te help gedy. Annie en Hardus het onder ‘n sterrekombers gedroom daarvan om die Hantam se vleis gouer op kostafels te kry, en so het die webblad Herdsmen sy ontstaan gehad. Dit het...
RSG Landbou 21 Mei 2021 21.05.2021 16:11
Piet Lombard is ‘n landbounavorsingstegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se afdeling Plantwetenskappe. Hy is sedert die jare 90 betrokke by canola-navorsing. Hy het onlangs ‘n toekenning vir hierdie navorsing gekry. Hy deel handige tegniese inligting oor canola-verbouing, en brei ook uit oor die onlangse eer wat hom te beurt geval het. Dr. Chris de Brouwer is die wetenskaplike bestuu...
RSG Landbou 20 Mei 2021 20.05.2021 28:50
Clanwilliam Landbougenootskap is vanjaar 90 jaar oud. Die oudvoorsitter, Joubert van der Merwe, vertel hoe die skou destyds tot stand gekom het. Veekundestudente van verskeie universiteite neem jaarliks aan ‘n vasvrakompetisie deel, en Jason Reding vertel ons meer. Daar is weernuus, en ons hoor wat het hierdie week met vleispryse gebeur.
RSG Landbou 19 Mei 2021 19.05.2021 25:56
Southern Oil (SOILL) het ‘n aanlynportaal vir hulle meer as 500 kanolaprodusente ontwikkel. Zander Spammer verduidelik hoe dié portaal die lewe van produsente makliker maak. Ons kuier by Augsburg Landbougimnasium, en hoor by Joubert Swanepoel jnr. hoe hulle uitdagings met praktiese opleiding tydens die Covid-19-inperking oorbrug het. Prof. Charlie Reinhardt van die Noordwes-Universiteit praat oor...
RSG Landbou 18 Mei 2021 18.05.2021 26:07
Die rol wat water by hoenderboerdery speel, word dikwels onderskat. Jan Grobbelaar gee opleiding in die bestuur van hoenderboerderye, en hy gee raad hieroor. Gert Nel van Germar Bonsmaras praat oor hulle prestasie by vanjaar se SA Stamboek Elite-toekennings. En as jy al skaapskeer as beroep oorweeg het, moet jy nie Izak Klopper van die Nasionale Wolkwekersverening se bydrae misloop nie.
RSG Landbou 17 Mei 2021 17.05.2021 25:51
Suid-Afrika het die afgelope vyf jaar sowat 125,000 ton avokado’s geoes, en daar is steeds plek vir groei. Lindie Stroebel van Mission Produce praat oor dié bedryf en nuwe markte. Die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die droogte in dié provinsie. Koos du Pisanie het onlangs by Johan Mouton van Molatek gaan raad vra oor gewasse wat as oesreste vir vee gebruik word.
RSG Landbou 15 Mei 2021 15.05.2021 14:47
Wanneer jy ’n wynmaker en wingerdkundige van Riebeek-Wes en ’n kaasmaker se talente saamsnoer, is ’n aanlynplatform waar lamsvleis direk by die boer gekoop kan word, nie noodwendig die eerste ding wat in jou gedagtes opkom nie. Dit is egter wat Annie en Hardus van Heerden gedoen het. Herdsmen is sowat ’n jaar gelede op die been gebring. Die doel van die webwerf is om dit vir mense makliker te maak...
RSG Landbou 14 Mei 2021 14.05.2021 13:46
Dr. Brigitte du Preez is ‘n voedselwetenskaplike wat spesialiseer in sensoriese wetenskap. Sy doen navorsing by die Universiteit Stellenbosch. Terwyl die heuningbosteebedryf in Suid-Afrika gebuk gaan onder verskeie uitdagings, stel navorsers dit ten doel om met unieke oplossings vorendag te kom. Dr. WA Lombard is ‘n seniorlektor by die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrys...
RSG Landbou 13 Mei 2021 13.05.2021 26:06
‘n Luisteraar soek raad oor die Spaanse riet wat plaasdamme oorneem. Ons het by prof. Charlie Reinhardt van die Noordwes Universiteit gaan kers opsteek. Die jongboere van Agri Wes-Kaap hou eersdaags ‘n virtuele kongres. Breyton Milford van die Nasionale Jeugskou praat oor die toekoms van jeugskoue in Suid-Afrika.
RSG Landbou 12 Mei 2021 12.05.2021 25:48
Casper Schmidt van BKB Graanberging praat oor die uitdagings in die bedryf, en hoe hulle dit aanpak. André Mentz, ‘n leeuboer, maak sy hart oop oor die verslag wat op 2 Mei deur Minister Barbara Creecy openbaar gemaak is. Carin Venter kuier by Johan du Plessis, ‘n merino-boer van Kareedouw. Aartappels SA het nuwe planne bekendgemaak.
RSG Landbou 11 Mei 2021 11.05.2021 25:59
Die Suid-Afrikaanse sybokhaarbedryf is sonder twyfel ‘n suksesverhaal. Pierre van der Vyver van House of Fibre praat hieroor. Feedtek beskryf mineraalaanvulling vir herkouers as ‘n komplekse, dog noodsaaklike onderwerp. Sjoerd ten Cate verduidelik waarom. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met nuus oor wolpryse.
RSG Landbou 10 Mei 2021 10.05.2021 26:32
Die behoefte aan ‘n naspeurbaarheidstelsel vir lewendehawe is lank reeds op die tafel, maar waar trek ons met die implementering daarvan? Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat deel sy gedagtes hieroor. Frikkie Kruger van Kruger Bonsmaras is een van die wenners in vanjaar se Plaas Media SA Stamboek Elite Platinum Bul-toekennings. Ons vind meer uit oor hierdie prestasie. Poena van Nie...
RSG Landbou 8 Mei 2021 08.05.2021 12:41
Dr. Anri Manderson van Hoedspruit se passie vir volhoubaarheid spruit uit navorsing, en haar projek met vlugtige olies is besig om vroue én die omgewing te bevoordeel. Haar lewenspad het al vele verrykende kronkels geneem, en voor sy haar op landbou toegespits het, was daar ook ‘n onderskeidingstydperk in Indiê. Sy praat oor die gesondheidsvoordele van vlugtige olies, en hoe veral vroue-boere voor...
RSG Landbou 7 Mei 2021 07.05.2021 13:37
Dr. Brigitte du Preez is ‘n voedselwetenskaplike wat spesialiseer in sensoriese wetenskap. Sy praat oor nuwe produk-ontwikkeling by die Universiteit Stellenbosch se Departement Voedselwetenskap. Sy het onlangs haar PhD verwerf, en deel handige tegniese inligting oor die ontwikkeling van ‘n heuningbostee-geurwiel, en die voordele wat dit vir die Suid-Afrikaanse verbruiker inhou. Die ontwikkeling va...
RSG Landbou 6 Mei 2021 06.05.2021 25:03
Die saaiprojek van Porterville se gemeenskapsvereniging het ‘n netto inkomste van R200 000 vir die 2020/21-produksieseisoen opgelewer. Kaap Agri is die stigterslid van hierdie vereniging, en Johan de Lange gesels oor dié inisiatief. Daar is nuus oor die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Ons gesels met Anri Strauss van Chemunique oor ‘n identifikasiestelsel vir man...
RSG Landbou 5 Mei 2021 05.05.2021 27:29
Johan Scholtz van OVK Lewendehawe praat oor die belangrikheid van goeie klantediens. Koos du Pisanie het tydens ‘n boeredag op Prieska met Hannes Gerber oor reënvalpatrone in die provinsie gepraat. Dr. Fanie Steyn van Ramsem praat oor geslagsbepaling by vee met behulp van gesekste semen.
RSG Landbou 4 Mei 2021 04.05.2021 25:48
Wêreld Veeartsdag is onlangs gevier. Dr. Chris van Dijk van die Nasionale Dieregesondheidsforum verduidelik waarom hierdie dag so belangrik is. Willem Botha van Netafim deel ‘n paar gedagtes oor innovasie in die besproeiingsbedryf. Daar is nuus oor wolpryse. Koos du Pisanie het by Agri Prieska se boeredag gaan inloer, en het daar met Willem Symington gesels.
RSG Landbou 3 Mei 2021 03.05.2021 26:07
Wat is die waarde van ‘n telersgenootskap? Dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek gee perspektief hieroor. Hoendervoeding vorm ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se meesterplan, en dr. Francois Crots verduidelik wat die belangrikheid hiervan is. En daar is nuus oor veilings.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.