RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 29 Junie 2021 29.06.2021

Volgens landboukonsultant dr. Louis du Pisani is een van die kernaspekte by oorwintering om die area wat gebrand gaan word, vir ‘n hele groeiseisoen eers te laat rus. Dit verseker goeie gehalte veldweiding vir vee. Ons gesels met Derek Ralfe oor die 23ste produksieveiling van UP George Bonsmaras, en die rasdirekteur van die Boran-beestelersgenootskap, Christopher Havenga, vertel ons meer van dié b...

RSG Landbou 28 Junie 2021 28.06.2021

Suurlemoenprodusente het goeie nuus gekry oor uitvoere na China. Ons praat met Justin Chadwick van die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging hieroor. Die 86-jarige Abraham Kruger praat oor sy sukses met die Simmentaler-ras. Daar is nuus oor die 18de Damview Brahman-veiling van Ting Braithwaite. Willem Botha van Netafim vertel watter eienskappe ‘n presisiebesproeiingsvennoot moet hê.

RSG Landbou 26 Junie 2021 26.06.2021

Eloise Pretorius praat met ‘n jong man wie se naam jy sekerlik al gehoor het. Dalk nie in landbou-geledere nie, maar dis verrassend dat dit juis by die boere van ons land is waar hy sy inspirasie vind. Bekroonde kletsrymer Early B is besig om die land aan die brand te sing en om die een eerbetoon op die volgende te verdien. Dié begeesterde kunstenaar praat vanuit ‘n dankbare plek in sy hart, en vi...

RSG Landbou 25 Junie 2021 25.06.2021

Ons vind meer uit oor ‘n inisiatief wat daarop gemik is om voornemende landboustudente touwys te maak oor geleenthede in die sektor.

RSG Landbou 24 Junie 2021 24.06.2021

Volgens Martiens de Jager van Gulland Simmentalers is dié beesras die braaikuiken van die rooivleisbedryf. Hy verduidelik waarom hy so sê. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor dagga in die werkplek. Carin Venter het by Lood Lötter op die plaas gaan kuier. Hy boer met Angoras en tabak in die Pearston-omgewing in die Karoo.

RSG Landbou 23 Junie 2021 23.06.2021

Plattelandse landbouskoue sukkel om te oorleef, maar met innoverende planne en hulp van die gemeenskap en besighede af is daar hoop. Ons hoor hoe die Swellendam-landbougenootskap en Heidelberg-skou oorleef. Carel van der Merwe van die Vanwyksvlei-omgewing boer met Boesmanlander-skape. Koos du Pisanie het hom oor dié unieke skaapras uitgevra.

RSG Landbou 22 Junie 2021 22.06.2021

George Spies van die Harrismith-omgewing deel sy ervaring van brandbestryding. Freddie van Tonder wat onlangs as hoof van Kwanalu se veiligheidslessenaar aangestel is, gesels oor sy nuwe rol. Ons hoor wat by EDE Farming se veiling en boeredag gebeur het. Koos du Pisanie vra raad by Hendrik Cloete van Loxton oor strategiese voeding by skape.

RSG Landbou 21 Junie 2021 21.06.2021

Vooruitsigte vir die kanolabedryf lyk rooskleurig na die vroeë reën in die Wes-Kaap. Is daar ‘n plek en ‘n mark vir groter kanolaproduksie? Die Agbiz/IDC Landboubesigheidsvertroue-indeks het goeie nuus vir die landbousektor. Ons ontmoet ook vir Kirch Müller, Mpumalanga Landbou se Jongboer van die Jaar.

RSG Landbou 19 Junie 2021 19.06.2021

By die onlangse Giant Pumpkin-kompetisie op Heidelberg in die Wes-Kaap is ‘n nuwe rekord opgestel. ‘n Bielie van ‘n pampoen wat die skaal laat kreun het met 867.5 kg het met die louere weggestap. Na maande se vertroeteling en harde werk was dit die beloning vir ‘n jong plaasbestuurder van Ruiterbos in die Wes-Kaap. Sy liefde vir landbou en sy toegewydheid is opvallend. Sy naam is Willem le Grange,...

RSG Landbou 18 Junie 2021 18.06.2021

Ons bespreek die toekoms van landbou-onderrig met die dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, prof. Danie Brink. Die verspreiding van data sedert die inperking lyk ook nou anders, en is voordelig vir voornemende studente. Ons vind ook uit hoe om ‘n dreigende sprinkaanplaag te keer by die hoof van bedryfsake en rentmeesterskap by Croplife SA, dr. Gerhard Verdoorn.

RSG Landbou 17 Junie 2021 17.06.2021

Chenin Blanc is een van Suid-Afrika se gesogte uitvoerprodukte. Die bekende Ken Forrester, wat as mnr. Chenin bekendstaan, gesels oor die jaarlikse Standard Bank Chenin Blanc Top 10-uitdaging. Johan van den Berg is op sy pos met weersake. Ons hoor by VDT Prokureurs se Johan Taljaard waarom die bewaring van kultuurerfenis so belangrik vir ‘n boerderygemeenskap is.

RSG Landbou 16 Junie 2021 16.06.2021

Die VSA en Australië ervaar ‘n beduidende afname in stoettelers. Plaaslik is dit egter nié die geval nie. Ons praat hieroor met dr. Michael Bradfield. Hestia Nienaber van die LNR Kleingraan gesels oor onkruiddoderweerstand by gars. Willem Botha vertel van Tendele Simmentalers. Die belangrikheid van goeie waterbestuur in Suid-Afrika is onder die vergrootglas met Nic Knoetze van die Vereniging van W...

RSG Landbou 15 Junie 2021 15.06.2021

Om die oorsake van kalfdiarree vas te stel, is makliker gesê as gedaan, daarom vertel dr. Chriché du Plessis van MSD Animal Health ons hoe om hierdie siekte aan te pak. Ons vind meer uit oor kameras wat gebruik word as vroeë waarskuwing vir veldbrande. Jaco Pieters van Rumax praat oor nuwe ontwikkelings by voermengers. Daar is nuus oor die laaste wolveiling van die seisoen.

RSG Landbou 14 Junie 2021 14.06.2021

Suid-Afrika gaan vir ‘n wyle nie meer mielies na Zimbabwe uitvoer nie. Watter invloed sal dit op ons plaaslike mark én die mielieprys hê? Wernich Lemmer is onlangs aangewys as Agri Noordwes se Jongboer vir 2021. Hy vertel waar sy passie vir landbou vandaan kom. Daar is nuus oor die 7de Nasionale SA Braford-veiling en die Bristow Bonsmara-produksieveiling.

RSG Landbou 12 Junie 2021 12.06.2021

Louw de Wet is die sesde geslag van die familie wat op hulle plaas boer. As die jongste toevoeging tot sy vrugtemandjie het hy in 2016 met draakvrugte, of vuurvrugte soos hy dit noem, begin eksperimenteer. In die vuurherd van sy hart is die behoud van die nageslag en gemeenskap die dryf vir sy menswees en boerwees. Om te hoor hoe hierdie 32-jarige pa van ‘n dogter en seun ander begeester, is onver...

RSG Landbou 11 Junie 2021 11.06.2021

Dr. Ilse Trautmann, hoofdirekteur van navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gee besonderhede oor iets wat vir toekomstige landbouers van groot waarde sal wees. Die MPO Rentmeesterskaptoekennings vir melkboere wat uitstaande rentmeesters is van hulle besigheid, produk, diere en mense op die plaas, die omliggende gemeenskap en die omgewing word vanjaar vir d...

RSG Landbou 10 Junie 2021 10.06.2021

Die Wet op Veld- en Bosbrande verskaf duidelike riglyne oor die verantwoordelikhede van die grondeienaar. Ons gesels met Working on Fire en Kishugu Training oor die opleiding van brandbestryders. Ons het onlangs by die SA Suiwelstandaarde-agentskap gaan inloer om meer uit te vind oor hulle onafhanklike laboratorium.

RSG Landbou 9 Junie 2021 09.06.2021

Wat sê die NEMA-wet oor omgewingsimpakstudies? ‘n Omgewingskonsultant, Euonell Visagie, gee vir grondeienaars raad hieroor. Hannelet Jordaan van BKB gesels oor RFID-tegnologie en hoe dit kan bydra tot beter winsgewendheid op die plaas. Pieter Möller is onlangs met ‘n gesogte toekenning vereer, en Lise Roberts gesels met hom hieroor.

RSG Landbou 8 Junie 2021 08.06.2021

Geelbek Elite Merino’s maak op 21 Julie vanjaar geskiedenis wanneer hulle sestigste ramveiling aangebied word. Stefan Naudé gesels oor dié stoet. Dr. Elke Crouch van die Universiteit van Stellenbosch vertel van ‘n unieke navorsingsleerstoel, en hoe die binneverbruining van appels nou deur middel van navorsing beheer kan word. Richardt Venter van AgSci gee raad oor hoe om kuilvoerverliese te beperk...

RSG Landbou 7 Junie 2021 07.06.2021

Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum praat oor die daling in veediefstalsyfers. Koos du Pisanie praat met Johan van der Colff van die Rooivleisprodusente-organisasie oor die bemarking van rooivleis. Ons hoor wat Joe Scholtz van Agri Noord-Kaap sê oor die Vuurwapenwet en landbouers se betrokkenheid by die reserviste-stelsel.

RSG Landbou 5 Junie 2021 05.06.2021

Louw de Wet is die sesde geslag van die familie De Wet wat op die plaas Retreat in die Robertson-omgewing boer. As die jongste toevoeging tot sy boerdery se vrugtemandjie het hy in 2016 met draakvrugte, of vuurvrugte soos hy dit noem, begin eksperimenteer. Ons kuier by hierdie jong pa van twee.

RSG Landbou 4 Junie 2021 04.06.2021

Ferdi van Zyl is die bestuurshoof van Pro Agri Services wat omgewingswetenskaplike dienste, mikrobiologie, plantpatologie, grondontleding op ‘n groot verskeidenheid gewasse insluit. Hy sluit by ons aan om die waterblom van nader te bekyk, en gee raad aan voornemende waterblomboere. Herlewingslandbou is ‘n onderwerp waaroor ons landboukundige, dr. Stephano Haarhoff, uitvra. Waar pad dit inin gewasp...

RSG Landbou 3 Junie 2021 03.06.2021

Die brandseisoen in die somerreënvalgebiede is met ons, en volgens Casper Pieterse van Anco Manufacturing moet voorbrande betyds en korrek gedoen word. Hy gee raad hieroor. Koos du Pisanie praat met Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap oor die regering se droogtehulpfondse, en hoe dit aangewend is. Wihan van Staden van die Oranjerivier Landbou-unie gesels oor die invloed wat reën op landboubedrywe in...

RSG Landbou 2 Junie 2021 02.06.2021

Agri SA en die Vereniging vir Watergebruikersverenigings is by drie hofsake betrokke oor die oordraagbaarheid van watergebruiksregte. Dr. Clint Austin van MSD Animal Health praat oor sponssiekte. Wilco Fourie deel sy visie as die nuutverkose president van die Oranje Rivier Landbou-unie. Conrad Schutte van Vinpro praat oor die jongste wynoesskatting.

RSG Landbou 1 Junie 2021 01.06.2021

Clostridium-bakterieë versoorsaak talle siektes onder lewende hawe, dikwels sonder sigbare tekens. Dr. Clint Austin van MSD Animal Health verduidelik hoe dié siektes bestuur kan word. Ons vind meer uit oor Murraysburg Garlic, ‘n Karoo-gebaseerde besigheid wat deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou ondersteun word. Ons praat met Johan Hoffman van Majobe Merino’s, wat as vanjaar se Vleissentraa...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.