RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 28 Julie 2021 28.07.2021 28:47
Ons kyk na die bydrae van die landbousektor tot kweekhuisgasvrystelling, spesifiek die veebedryf en gewasverbouing. Sprekers wat deel vorm van dié paneelbespreking is prof Heinz Meissner, dr. Linde du Toit en dr. Hendrik Smith.
RSG Landbou 27 Julie 2021 27.07.2021 28:39
Talle landboubedrywe is deur die onluste in KwaZulu-Natal geraak. Sal die gebeure ‘n invloed op beleggings en vertroue in die landbousektor hê? Ons praat hieroor met dr. John Purchase van Agbiz. Ons hoor wat het verlede week by die 60ste produksieveiling van Geelbek Merino’s op Middelburg in die Oos-Kaap gebeur. Boere en sake-eienaars in die landbousektor het toegang tot die JSE se reeks valuta-af...
RSG Landbou 26 Julie 2021 26.07.2021 26:07
Koringprodusente hou soms saad terug, maar is die besparing wat aanvanklik aangegaan word, die moeite werd? Pieter Craven van Syngenta beantwoord hierdie en ander vrae. Justin Chadwick praat oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf ná die onluste in KwaZulu-Natal. Ons kuier saam met Carin Venter in die Bosveld by Llewellyn en Corrie Labuschagne van R10 Brahmane.
RSG Landbou 24 Julie 2021 24.07.2021 15:13
In die Breedekloof kan jy plaasverblyf geniet. In die Slanghoekberge kan jy bergklim, of wyn en bier saam met kolwyntjies en wafels proe. Daar is ook trekkerritte en pieknieks, wat veral by gesinne gewild is. Dis van die lekkertes wat jy kan verwag as jy saam met Lizelle Wentzel en Wilanie de Villiers van Western Cape Microadventures aansluit vir ‘n naweek van plaaspret en kopskoonmaak. Hulle neem...
RSG Landbou 23 Julie 2021 23.07.2021 16:03
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het vroeër vanjaar hommeltuiglisensies aan 18 beamptes toegeken. Die vlieëniers is almal landboukundiges. Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik waarom dit vir die departement so belangrik was om aan hierdie projek vlerke te gee. Geoutomatiseerde oproepe na jou foon behoort...
RSG Landbou 22 Julie 2021 22.07.2021 26:06
Beta-agoniste word die afgelope 25 jaar in Suid-Afrika gebruik om vleisproduksie te verhoog. Die vraag is egter of die middel veilig is vir mens en dier. Sumé Loubser van Feedtek gee raad oor lamkruipvoeding. Christo van der Rheede van Agri SA praat oor die humanitêre hulp wat hulle aan gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng verleen.
RSG Landbou 21 Julie 2021 21.07.2021 25:54
Die hantering en verpakking van vars produkte is belangrik vir die produsent én die verbruiker. Ons praat met Deon Joubert van Sakpro oor die standaard van die gebreide sakkies waarin dié produkte verkoop word. Die Amerikaanse voedsel- en medisyne-administrasie het die gebruik van DHQ (Dihydroquercitin) veilig verklaar, wat goeie nuus vir die appelbedryf is.
RSG Landbou 20 Julie 2021 20.07.2021 29:45
Die tamatieblaarmyner is nie net ’n bedreiging vir die produksie van tamaties nie, maar ook vir groente soos aartappels en rissies. Dr. Hannalene du Plessis van die Noordwes-Universiteit praat oor dié pes. Mieke Botha van Weltevreden River Ranch vertel van haar passie vir die Brahman-beesras. Diemersdal het onlangs by die Decanter Wine Awards in London goud vir hulle Journal-reeks gekry. Juandré B...
RSG Landbou 19 Julie 2021 19.07.2021 27:30
Groente- en vrugteprodusente is al hoe meer bewus van die waarde van produksie onder skadunet. Deon Joubert van Multiknit gesels hieroor. Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras vertel van sy produksieveiling in die Dewetsdorp-omgewing. Daar twee wette wat op Covid-19 in die werksplek van toepassing is. Stephan Pietsersen van Work Accident Support praats oor die besigheidseienaar se verantwoordelikhed...
RSG Landbou 17 Julie 2021 17.07.2021 13:28
Lizelle Wentzel en Wilanie de Villiers van Western Cape Microadventures is twee avontuurlustige vriendinne wat graag hulle liefde vir die natuur en platteland met mense deel. Hiervoor het hul mikro-avonture ontwikkel wat kort wegbreke met baie oemf aan gaste bied. Hulle vertel dat dit op plase in die omgewing is waar gaste hulle tuis vind.
RSG Landbou 16 Julie 2021 16.07.2021 16:51
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het hommeltuiglisensies aan 18 beamptes toegeken. Die vlieëniers is almal landboudeskundiges. Hulle sal nou boere in dié provinsie bemagtig om die tegnologie tot hulle voordeel te benut. ‘n Virtuele platform waar sake oor klimaatsverandering en rampbestuur bespreek word, is ‘n saak wat Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum na aan die hart lê. Willem...
RSG Landbou 15 Juie 2021 15.07.2021 29:11
Johann Stassen vertel van die baanbrekerwerk wat die BKB Skaap- en Wolakademie vir Suidelike Afrika doen om vaardighede in dié bedryf te ontwikkel. Volgens Johan van den Berg ervaar Suid-Afrika tans die koudste week van die jaar, en ons hoor wat ons vir die res van die maand kan verwag. Christopher Sparks van Mount Olive Genetics en André van der Merwe van Wouman Brangus oor die Brangus-produksie...
RSG Landbou 14 Julie 2021 14.07.2021 29:46
Vroeë roes en poeieragtige meeldou is gevaarlike swamsiektes op aartappels, tamaties en soetrissies. Kan dit voorkom word? Francois van Deventer van Syngenta beantwoord hierdie vraag. Ons gesels met ‘n bekende in die aartappelbedryf, Ernst Yzel. Hy is ‘n aartappelprodusent en voormalige voorsitter van Aartappels SA en die Aartappel Bedryfsontwikkelingstrust. Dr. Carel Muller van Stellenbosch Unive...
RSG Landbou 13 Julie 2021 13.07.2021 27:29
BKB se Afdeling vir Lewendehawe-bemarking het aangekondig dat die Oos-Kaapse veebemarkingsgroep, Robcaw, onder die BKB Riverview-sambreel opgeneem is. Dr. Cobus Oberholster verduidelik wat die rede vir dié besluit is. Koos van der Ryst van die Rooivleisprodusente-organisasie praat oor rooivleisuitvoere en die statutêre bedryfsheffing. Ons gesels met Christopher Havenga oor die Nasionale Boranveili...
RSG Landbou 12 Julie 2021 12.07.2021 29:00
Voedselsekerheid bly ‘n uitdaging in Suid-Afrika. Nico Groenewald van Standard Bank vertel van ‘n projek wat dié probleem aanpak. ‘n Duisend ton voedsel is die afgelope jaar versprei. Hy verduidelik hoe hulle dit reggekry het. Koos du Pisanie vind by dr. Andries Lategan van die Bultstraat Dierekliniek uit hoe om brandsiekte onder kleinvee te bestuur. En, daar is nuus oor veilings wat eersdaags pla...
RSG Landbou 10 Julie 2021 10.07.2021 11:53
Hy’t geweet sy pampoen sal die wenner én ’n Suid-Afrikaanse rekordhouer wees. Volgens Willem le Grange, ’n plaasbestuurder van Ruiterbos buite Mosselbaai, het hy vertroue gehad in sy reusepampoen van 867,5 kg wat vanjaar as die wenner op die Giant Pumpkin-fees in Heidelberg (Wes-Kaap) aangewys is. Hy deel sy ander passies met ons.
RSG Landbou 9 Julie 2021 09.07.2021 16:28
Dr. Chris van Dijk, bestuurshoof van die Melkprodusente-organisasie en voorsitter van die Dieregesondheidsforum, praat oor plaaslike melkkuddes wat minder gemelk word, maar dat baie meer diere per kudde gemelk word. Volgens Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum is die bergopvangebiede in die Wes-Kaap oortrek met indringerplantegroei. Dit het ‘n dramatiese invloed op die hoeveelheid reënwa...
RSG Landbou 8 Julie 2021 08.07.2021 28:45
Veldbrande kan tot die voordeel van die landbou en omgewing wees. Só sê Pieter van der Merwe van Working on Fire en Naranda Leeuwner van Kishugu Training. Ons hoor by Johan van den Berg waar ons staan wat weersake betref. En, Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmaras gesels oor hulle veiling wat op 14 Julie gehou word.
RSG Landbou 7 Julie 2021 07.07.2021 29:48
Meer as een miljoen huishoudings in Suid-Afrika besit lewewende hawe. Koos van der Ryst van die Rooivleisprodusente-organisasie gesels hieroor, en hoe vleispryse die afgelope tyd verander het. Sojaboonkultivars en saadtegnologie word onder die vergrootglas geplaas met Corné Louw van Graan SA. Dan vertel Don McHardy van Dargle in KwaZulu-Natal ons meer van Reeba Rooi Brahmane se derde produksieveil...
RSG Landbou 6 Julie 2021 06.07.2021 29:55
Verbruikers raak al hoe meer bewus van die belangrikheid van ‘n gesonde leefstyl, wat meer en meer na ‘n plantgebaseerde dieet neig. Hoe benader ‘n instansie soos Skaapvleis SA hierdie beweging? Dr. Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch verduidelik waarom die grootmaak van verskalwers soveel aandag geniet. Ons gesels met Ampie Rossouw van CRE Brahmane in die Modimolle-omgewing.
RSG Landbou 5 Julie 2021 05.07.2021 28:18
Dr. WA Lombard skop die program af met ‘n gesprek oor die status van Suid-Afrika se landbou-uitvoere. Daar is soms verwarring tussen veeboere en owerhede oor watter identifikasie of merke op vee geldig is. Herman Labuschagne van SA Stamboek gee meer duidelikheid.
RSG Landbou 3 Julie 2021 03.07.2021 15:19
Suid-Afrikaanse tafeldruiwe sal toenemend na China uitgevoer word. Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf het in April vanjaar die bekendstelling van sy ontwikkelingsveldtog om tafeldruiwe na China uit te voer afgeskop by die Jiangnonghui-vrugtemark in Guangzhou. Die geleentheid het ook die amptelike begin van die 2021-Suid-Afrikaanse tafeldruifseisoen in China ingewy met gewilde variëteite druiwe u...
RSG Landbou 2 Julie 2021 02.07.2021 16:22
Steven Versfeld, 'n vrugteboer van Achtertuin Farm buite Ceres, het die eerste Suid-Afrikaanse produsent geword wat platinumstatus gekry het by SIZA (Sustainability Initiative of South Africa). En Lourensford se wynmaker, Hannes Nel, bespreek sy jongste kleipot-wynreeks.
RSG Landbou 1 Julie 2021 01.07.2021 26:33
Ons plaas die katoenbedryf in die kollig. Leonard Venter, Louis Olivier en Tanya Aucamp praat oor die terugslae, groei en volhoubaarheid van dié bedryf. Johan van den Berg is op sy pos met weernuus, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou 30 Junie 2021 30.06.2021 27:23
Danksy ‘n ooreenkoms tussen Du Roi Laboratorium in Letsitele en die Taiwanese piesangnavorsingsinstituut, is ‘n piesangkultivar, wat matige weerstand teen Panama-siekte toon, nou in Suid-Afrika beskikbaar. Dr. Louis Boag van Elanco fokus op skaapbrandsiekte, en Melville Price van Nutri Feeds gee raad oor voeding tydens die droë seisoen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.