RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 26 Augustus 2021 26.08.2021 27:39
Meer as 20 kandidate het vanjaar se leierskapakademie vir landbou voltooi. Hoor hoe hulle dit ervaar het. Koos du Pisanie praat met dr. Dries Lategan oor die waarde van laparoskopie vir boere in die Kalahari. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer. Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou 25 Augustus 2021 25.08.2021 26:32
Die lente is amper met ons, en in sekere dele van Suid-Afrika kan daar nou al op bosluisbeheer by vee gefokus word. Só sê dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid. Konsortium Merino bied twee veilings in September aan, en Gawie van Heerden verskaf meer besonderhede. Aartappels SA doen ‘n beroep op die verbruiker om plaaslike aartappelprodukte te koop.
RSG Landbou 24 Augustus 2021 24.08.2021 26:02
Werksgeleenthede in landbouwetenskappe kom onder die vergrootglas. Heinrich Victor is op sy pos met nuus oor die jongste wolveiling. Landskroon was een van 12 wenners by die 2021 Shiraz-uitdaging. Michiel du Toit gesels oor hulle prestasie.
RSG Landbou 23 Augustus 2021 23.08.2021 25:18
Subtropico is genoodsaak om ‘n rypmaakfasiliteit vir piesangs by die Pretoria Varsproduktemark te installeer. Anton Vos verduidelik wat dit behels. Makadamia Suid-Afrika hou ‘n makadamia-dag wat fokus op biologiese beheer en die toekoms van die bedryf. En, veilingsnuus is soos altyd ook op die spyskaart.
RSG Landbou 21 Augustus 2021 21.08.2021 15:39
In nog ‘n spesiale Vrouemaand-program is dit baie spesiaal om met ‘n legende in die uitsaaibedryf te gesels. Dalk het jy ook grootgeword met hierdie bekende gesig op televisie en stem op radio. En wanneer sy van haar lekkerste kinderjare plaas-onthoue deel, is dit betowerend. Wat landbou-sake betref, het Suzaan Steyn al oor jare verslag gedoen en kennis gemaak met van die mees ongewone boere in on...
RSG Landbou 20 Augustus 2021 20.08.2021 13:50
Ons vind meer uit van ‘n velsorgreeks wat onlangs deur ‘n slakboer van Witrivier in Mpumalanga ontwikkel is. Bekende televisiejoernalis Liezl Olivier sluit ook by ons aan met ‘n spesiale Vrouemaand-landboustorie.
RSG Landbou 19 Augustus 2021 19.08.2021 27:42
Swak finansieringsbesluite is 'n risiko vir ‘n boerdery se vermoë om te oorleef, sê dr. Louis du Pisani. Hy verduidelik wat hy hiermee bedoel. Ons vind meer uit van NamAgri se belange in Suid-Afrika, en die Droughtmaster-beestelersgenootskap se veiling wat op 21 Augustus in Parys aangebied word. En, daar is nuus oor die weer en vleispryse.
RSG Landbou 18 Augustus 2021 18.08.2021 30:05
Doeltreffende kuddegesondheid begin met die ontwikkeling van ‘n inentingsprogram vir kalwers. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk gee raad hieroor. Izak Hofmeyr hoor by Willem Barnard van Wilbar Brahmane waarom hy met dié ras boer. Dr. Caryn Shacklock van Afrivet veruidelik hoe ‘n wurm by varke, epilepsie by mense kan veroorsaak.
RSG Landbou 17 Augustus 2021 17.08.2021 25:37
Ons gesels met dr. Sunette Laurie, ‘n plantteler by die Landbounavorsingsraad, oor haar interessante wêreld. Die 2020/2021-wolseisoen het verlede week afgeskop. Heinrich Victor bring ons op hoogte van wat by die jongste veilings gebeur het. Die Senepol-beestelersgenootskap hou eerskomende Saterdag hulle jaarlikse stoet- en aanteelveiling. Thomas Stewart gesels oor die veilingsaanbod en waarom hy m...
RSG Landbou 16 Augustus 2021 16.08.2021 25:56
Die gebruik van soetvoersorghum in kuilvoerproduksie het die afgelope paar jaar baie toegeneem. Daar is verskeie redes daarvoor soos Richardt Venter van Agsci Unlimited veruidelik. Augustus is ‘n besige maand op die veilingsfront, en ons gee inligting oor ‘n paar veilings wat hierdie week plaasvind. Die wynmaker van Flagstone praat oor hulle prestasie by vanjaar se Shiraz-uitdaging.
RSG Landbou 14 Augustus 2021 14.08.2021 14:24
Pleks van haarself aan bome vasketting, konsentreer dr. Anri Manderson van Like Mountains, ’n onderneming wat vlugtige olies uit inheemse gewasse onttrek, op praktiese oplossings. Anri is nie net besig om die waarde en betekenis van vlugtige olies te verkondig nie, maar is ook besig om vroueboere in die omgewing te leer en ‘n kans te gun om hulle eie boerdery op die been te bring.
RSG Landbou 13 Augustus 2021 13.08.2021 14:07
Annalene Swanepoel is die hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe aan die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Van die jongste projekte wat van stapel gestuur is, word bekyk tesame met ‘n groot konferensie-aankondiging deur die departement. Prof. Stephanie Midgeley van die Departement Hortologie by die Universiteit Stellenbosch dien tans ook as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en...
RSG Landbou 12 Augustus 2021 12.08.2021 29:21
‘n Appel- en peerverpakking- en verwerkingsbesigheid in die Grabouw-vallei, Two-a Day, het vanjaar op Mandeladag ‘n verskil in die lewe van meer as 1 000 mense gemaak. Carmenita Julies en Raymond Kamineth gesels hieroor. Bek-en-klouseer en Covid-19 het die afslaersbedryf noemenswaardig geraak. Danie Strauss van BKB praat hieroor. En, daar is nuus oor die weer en vleispryse.
RSG Landbou 11 Augustus 2021 11.08.2021 29:41
Die onlangse onluste in KwaZulu-Natal het talle landboubedrywe swaar getref. Die varkbedryf het die spit afgebyt met onder andere ‘n abattoir wat vernietig is. Johann Kotzé van die SA Varkprodusente-organisasie gesels hieroor. Carin Venter praat met Sreandi Koen van die Addo-omgewing oor haar Bonsmara-stoet. Justin de Bruyn van Whitewater Brahmane naby Polokwane vertel hoe hy met dié beesras begin...
RSG Landbou 10 Augustus 2021 10.08.2021 26:28
Die Universiteit van die Vrystaat se wêreldklas sensoriese laboratorium het onlangs eye trackers verkry. Prof. Pieter Blignaut verduidelik hoe die voedselbedryf hierby kan baat. Die jaarlikse LRF-veeskool vind in Oktober plaas. Dr. Michael Bradfield vertel wat op hulle agenda is. Niel Jordaan van BKB praat oor die goeie pryse wat vanjaar by stoet- en slagveeveilings behaal is.
RSG Landbou 9 Augustus 2021 09.08.2021 25:30
Wat behels die boerdery van waterblommetjies en waar in Suid-Afrika kan daar met hierdie eg Suid-Afrikaanse plant geboer word? Dirkie Gildenhuys van Rhenostervlei Waterblommetjies beantwoord hierdie vrae. Augustus is veilingsmaand op die landboukalender, en daar vind hierdie week heelwat veilings plaas.
RSG Landbou 7 Augustus 2021 07.08.2021 14:18
Adri Kitshoff-Botha het in 2020 as bestuurshoof van Wildbedryf SA uitgetree. Sy deel vir oulaas van haar grootste avonture. Sy het vele internasionale toekennings gekry, en word steeds vereer as baanbreker in die wild- en jag-bedryf.
RSG Landbou 6 Augustus 2021 06.08.2021 15:27
Dr. Ilse Trautmann, Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaap Departement van Landbou, gee besonderhede oor nuwe programme vir toekomstige landbouers. Lisa Smorenburg, navorsingstegnikus by die Wes-Kaap Departement van Landbou by die Tygerhoek-navorsingplaas naby Riviersonderend, is ‘n kenner op die gebied van dekgewasse en doen al ‘n geruime tyd proewe hieroor. Sy vertel...
RSG Landbou 5 Augustus 2021 05.08.2021 27:04
Villion Family Wines se Rosa Rabbedoe Rosé 2021 het by die 9de Shiraz Challenge met die louere weggestap. Kobie Viljoen gesels oor dié unieke wyn. Die 36ste nasionale Brangus-veiling vind op 10 Augustus plaas. Pieter Swart vertel wat die aanbod behels. Ons kry terugvoer van Agri Wes-Kaap se kongres. En daar is nuus oor vleispryse en die weer.
RSG Landbou 4 Augustus 2021 04.08.2021 26:13
Die kanolabedryf lewer ‘n belangrike bydrae tot dierevoeding. Wilhelm Wolmarans van Southern Oil gesels hieroor. Ons fokus op sclerotinia met dr. Miekie Human van Graan SA. Dit is ‘n siekte wat groot skade by sojabone en sonneblomme veroorsaak. Die Universiteit van die Vrystaat se Ingenieurswetenskappe-departement sal teen 2023 ‘n landbou-ingenieursgraad aanbied. Louis Lagrange vertel wat dit behe...
RSG Landbou 3 Augustus 2021 03.08.2021 27:52
Die sukses van ‘n kleinskaalse aartappelprodusent hang hoofsaaklik af van die kultivar wat aangeplant word. Louis Pretorius van Aartappels SA praat oor dié navorsing. In die winterreënvalstreke word hawer meestal as kuilvoergewas aangeplant. Richardt Venter van Agsci Unlimited gee raad hieroor. Luan van der Walt van Graan SA praat oor die stand van sake vir wintergraan.
RSG Landbou 2 Augustus 2021 02.08.2021 25:38
Augustus is Vrouemaand, en in die landbou is daar heelwat vroue wat hulle plek volstaan. Die nuwe rooiwynmaker by Nederburg, Zinaschke Steyn, praat oor haar loopbaan. Agri Noordwes se Boeta du Toit praat oor georganiseerde landbou se voorsorgmaatreëls, sou openbare geweld en plundering sy kop in dié provinsie uitsteek. En, daar is nuus oor veilings.
RSG Landbou 31 Julie 2021 31.07.2021 15:24
Jo-Andra Cloete-Greegory se landboupad was aanvanklik onbeplan, maar die hartsreis wat sy onderneem het om haar plaas te vestig, het een geword waarop daar nie terugedraai kon word nie. Cloete-Greegory was ‘n finalis in vanjaar se Agri-Weskaap Jongboer van die Jaar-kompetisie. Our Poultry Place is die naam van haar plaas, en dis hier waar duisende kuikens hulle eerste lig onder haar wakende oog aa...
RSG Landbou 30 Julie 2021 30.07.2021 16:01
Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe hommeltuigtoedienings in die departement se swamdoder-deposisieproewe toegepas word. Variante van swartstam word ook bekyk, en ons vind uit watter nuwe navorsingsprojekte deur die departement begin is. Hoenderboer Jo-Andra Greegory-Cloete gee praktiese wenke oor hoe om jou hoenderboerdery met suks...
RSG Landbou 29 Julie 2021 29.07.2021 28:04
Pieter Craven van Syngenta praat oor koring se plek in ‘n wisselboustelsel. Die 52ste SASAS-kongres word eersdaags aangebied. Dr. Maartin Jordaan van die Bult Dierekliniek op Potchefstroom verduidelik watter geslagsiektes by beeskuddes onder die vergrootglas geplaas moet word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.