RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 24 September 2021 24.09.2021

Ons hoor van ‘n gratis landboupublikasie, met onder andere ‘n artikel oor ‘n voedseltuinprojek wat vanjaar begin is. In verlede week se program het ons kennis gemaak met van die wynmakers wat onlangs ‘n plek behaal het in die jaarlikse Shiraz Challenge. David Nieuwoudt van Cederberg Kelders is een van hulle.

RSG Landbou 23 September 2021 23.09.2021

‘n Bekende in die vleisbedryf, Rudi van der Westhuizen van SAMIC, tree uit na bykans 50 jaar in die bedryf. Hy het as 15-jarige in die bedryf begin, en ons gesels met hom oor sy loopbaan. Daar is nuus oor die weer met Johan van den Berg, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur.

RSG Landbou 22 September 2021 22.09.2021

Ons praat met die woordvoerder van Al Mawashi SA, JP Roodt, oor hulle voorneme om lewendehawe direk vanaf die produsent te koop vir uitvoere. Ons hoor by prof. Johan Willemse of die Suid-Afrikaanse verbruiker armer of ryker word, en watter impak dit op landbou het. Ons het een van SAMIC se karkas-prysuitdelingsfunksies bygewoon. Ons gesels met Rudi van der Westhuizen en een van die wenners.

RSG Landbou 21 September 2021 21.09.2021

‘n Dormer-ram het onlangs geskiedenis gemaak toe dit vir R350 000 by 'n veiling in Bloemfontein verkoop is! Die eienaar, Tjaart Steenekamp, gesels oor dié uitsonderlike dier. Vooruitsigte vir die kanolabedryf lyk belowend, en ‘n bogemiddelde oes word verwag. Zander Spammer van Southern Oil vertel waaraan dit toegeskryf kan word. Dr. Gary Paterson van die Landbounavorsingsraad praat oor gronddata....

RSG Landbou 20 September 2021 20.09.2021

Veldbrande het verwoesting gesaai in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes. Ons praat met Agri SA se Andrea Campher oor die impak daarvan. Dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou gesels oor die dringende behoefte aan voer en vervoer weens die brande. Daar is soos altyd op ‘n Maandag nuus oor veilings. Carin Venter praat met dr. Paul Reynolds van die Warden Dierekliniek oor vuilbek, ‘n virale siekte by...

RSG Landbou 18 September 2021 18.09.2021

By W & R Schmidt Boerdery naby Hazyview boer die Schmidt-familie al van pa Willem se tyd af met gemmer. Ernst Schmidt vertel waarom dit ’n geskikte gewas vir hulle omgewing is, en hoekom die prys onlangs die hoogte ingeskiet het.

RSG Landbou 17 September 2021 17.09.2021

Die uitblinkers van die jaarlikse Shiraz Challenge is onlangs in die Paarl bekend gemaak. Die geleentheid, aangebied deur kultivarassosiasie Shiraz SA, moes a.g.v. die pandemie vanjaar weer die aanlynroete volg. Ons gesels met van die wenners, wat inlsuit RJ Botha van Kleine Zalze, Dewaldt Heyns van Saronsberg Wyne en André Scriven van Rooiberg Winery.

RSG Landbou 16 September 2021 16.09.2021

Wat laat ‘n bosluis breed glimlag? Hoe kies ‘n bosluis sy gasheer? Ellie van Dalen van die Universiteit van die Vrystaat het die antwoorde. Leon Lötter is onlangs as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys. Is ons weer in vir ‘n nat jaar? Weerkenner Johan van den Berg beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die La Niña-fase. Chris Derksen is ook op sy pos met die jongste vleispryse.

RSG Landbou 15 September 2021 15.09.2021

Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid verduidelik waarom die ontrekkingsperiodes van dipmiddels so belangrik is. Daar is groot bewustheid oor die bewaring van aasvoëls.  Boetie Kirchner van SA Jagters gesels oor hulle bewaringsinisiatiewe. Die Terugploeg-projek gaan van krag tot krag. Zahn Hulme van die Atterbury Trust vertel hoe hulle mense in nood bystaan.

RSG Landbou 14 September 2021 14.09.2021

Wouter de Wet is onlangs herverkies as voorsitter van AFMA, wat die veevoerbedryf in Suid-Afrika verteenwoordig. Hy gesels oor verskeie sake in dié bedryf. Wessel Lemmer van Agbiz Grain vertel van hulle simposium wat van 20 tot 23 September gehou word. Volgens Feedtek se Pieter Brönn presteer verse beter wanneer die rumen optimaal ontwikkel word. Hy gee raad hieroor.

RSG Landbou 13 September 2021 13.09.2021

Wat produksie en verbruik betref is, varkvleis die gewildste vleissoort ter wêreld. In Suid-Afrika is dit egter nie die geval nie. Brocor Veilings en Meerkat Online vertel van ‘n plaasveiling naby Jan Kempdorp. Hanteringstoerusting wat op plase gebruik word, het talle voordele. Johan van der Westhuizen van Manitou Suid-Afrika brei hieroor uit.

RSG Landbou 11 September 2021 11.09.2021

Emmie Heathman het in die 1990’s met kapitaal van R5 000 begin om ou stowe te herstel. Die onderneming het stadig gegroei. Die boere het hierdie vrou met ’n bakkie sien aankom om hulle stoof reg te maak en het kop geskud. Haar vakmanskap het hulle gou oortuig. “My werk spreek vanself, en my pryse is redelik. Ek het aan die begin geadverteer, maar nou is dit nie meer nodig nie.”

RSG Landbou 10 September 2021 10.09.2021

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, sê rooibos is een van die Wes-Kaap se mees ikoniese produkte, en die insluiting daarvan op die Europese Kommissie se register vir beskermde aanduiding van oorsprong is ’n aanduiding van sy unieke eienskappe. Dit laat die bedryf ook toe om die EU-handelsmerk op sy verpakking aan te dui, wat sal aandui dat dit ’n unieke, eksklusiewe produk is. Hy sê d...

RSG Landbou 9 September 2021 09.09.2021

‘n Wit versnitwyn is vir die eerste keer in die geskiedenis as die SA Kampioen Jongwyn aangewys. Bennie Howard van die SA Nasionale Wynskouvereniging vertel waarom dié wyn so spesiaal is. Werkgewers moet kennis neem van die verskillende soorte arbeidsinspeksies wat deur die Departement van Indiensneming en Arbeid op plase gedoen word.

RSG Landbou 8 September 2021 08.09.2021

RSG Landbou die amptelike opening van die nuwe Hoëveld Veilingsentrum buite Standerton bygewoon. Ons het daar met van die rolspelers gepraat. Niels Harmuth van AGT Foods verduidelik die ware definisie van gesonde grond. Ons hoor wat dr. Thomas Funke van die Suikerkwekersvereniging te sê het oor ‘n versoek dat die belasting op suiker verdubbel word.

RSG Landbou 7 September 2021 07.09.2021

Die Agri Relief Foundation is verlede week in Johannesburg bekendgestel. Hierdie niewinsgewende organisasie beoog om landbouers in nood by te staan. Daar is nuus oor die onlangse wolveiling. Fouché Blignaut. van Shongololo-boerbokstoetery naby Loskopdam vertel van hulle interessante weistelsel.

RSG Landbou 6 September 2021 06.09.2021

Koos du Pisanie praat op Askham in die Kalahari met Nico de Wet oor sy passie vir bewaringslandbou in dié streek. Ro’an van Tonder praat oor die tiende Kroon Stud-wildsveiling. Arthur de Villiers vertel van hulle aanbod tydens die AG Gene Bonsmara-veiling. Frans de Klerk kyk na die beweging van die Rand.

RSG Landbou 4 September 2021 04.09.2021

Emmie Heathman van Camperdown tussen Durban en Pietermaritzburg skrik vir niks. As dit by die restourasie van ou Aga-stowe kom, moet sy nog een teëkom wat sy nie aan die brand kon kry nie. Toe ’n boer van Sasolburg destyds vir Emmie kontak oor ’n Aga wat hy in stukke in sy skuur gekry het, het sy hom hom gevra om dit na haar te stuur. ‘n Herstelmaatskappy om die taak te verrig, was nerens te vind...

RSG Landbou 3 September 2021 03.09.2021

Rooibos het onlangs geskiedenis gemaak deur die eerste kossoort uit Afrika te word wat op die Europese Kommissie se register vir beskermde aanduiding van oorsprong en beskermde geografiese aanduiders aangeteken is. Dit beskerm die sterk verbintenis tussen dié produk en sy oorsprong.

RSG Landbou 2 September 2021 02.09.2021

RSG Landbou kuier in die Kalahari by Hans Knoesen, ‘n kameelmelkprodusent. Sietze Smit vertel van die nasionale Brahmanveiling wat op 11 September gehou word. Duncan Currie is die vyfde geslag op ‘n plaas in die Cathcart-omgewing. Hy is onlangs aangewys as Agri Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar. En, daar is nuus oor die weer en vleispryse.

RSG Landbou 1 September 2021 01.09.2021

Sojabone bring heelwat na die tafel as deel van ‘n somergraanpakket. Só sê Andries Wessels van Syngenta. Tuks Landbou het op 25 Augustus ‘n nuwe baadjie aangetrek. Nico Groenewald van Standard Bank gee raad oor beplanning vir die seisoen wat voorlê. Richardt Venter van Agsci Unlimited praat weer kuilvoersake.

RSG Landbou 31 Augustus 2021 31.08.2021

Waarom is dit belangrik om sonneblom deel van jou somergraanpakket te maak? Andries Wessels van Syngenta beantwoord hierdie vraag. Volgens Rachelle Cloete van GMP Basic bestaan die identifikasie van vee uit meer as net brand- en tatoeëermerke. Johan van den Berg het onlangs op Askham met boere oor langtermynweervooruitsigte gesels. Deon Saayman van Cape Wools gee meer inligting oor die AWEX/Cape W...

RSG Landbou 30 Augustus 2021 30.08.2021

Die werkloosheidsyfer staan tans op 34,4% wat hoër is vergeleke met die eerste kwartaal van 2021. Werksgeleenthede in die landbousektor toon egter ‘n toename. Goeie biosekuriteit op ‘n veeplaas begin met die V-plan. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik waaruit dié plan bestaan. Daar is ook heelwat nuus oor veilings.

RSG Landbou 28 Augustus 2021 28.08.2021

Oudonderwyseres en boorling van Bonnievale, Ingrid Jones, sluit by ons aan. Hierdie bekende in mediakringe deel met ons haar passie vir die oprigting van skole in landelike gemeenskappe en die tegniese vaardighede wat aan veral plaaskinders geleer word, soos by die Jakes Gerwel Tegniese Skool in Bonnievale. Sy vertel ook van ‘n besonderse geleentheid waar sy met Jacky Goliath van De Fynne-kwekery...

RSG Landbou 27 Augustus 2021 27.08.2021

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR van Landbou, het verlede jaar ’n interdepartementele komitee vir landelike veiligheid op die been gebring om te fokus op die veiligheid van die boeregemeenskappe in die provinsie. Meyer dien ook as voorsitter van die komitee waarby sy departement asook die departement van landbou betrokke is. Douglas Chitepo is waarnemende hoofdirekteur van landelike ontwikkeling...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.