RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 23 Oktober 2021 23.10.2021

Die Covid-19-pandemie het daartoe bygedra dat aanlynhandel baie toegeneem het. Nile.ag Marketplace is ’n nuwe aanlynplatform wat die handel in vars produkte oor grense heen vergemaklik. Dit bied aan handelaars die geleentheid om hulle vars produkte aan kommersiële kopers dwarsoor Suid-Afrika en die res van Afrika te verkoop. Louis de Kock het die platform saam met Eugene Roodt en Rick Kleinhans op...

RSG Landbou 22 Oktober 2021 22.10.2021

Kleinveeboere moet seker maak hulle ent hulle diere korrek in teen slenkdalkoors om die doeltreffendheid van die entstof te verseker, sê dr. Didi Claassen van AfriVet. Sy sê dit is onnodig om voor ’n uitbreking slegs een naald per inenting per skaap te gebruik, maar dat dit beslis geld as daar ’n uitbreking in die omgewing is. Plaaslike Wagyu-boere het die afgelope jaar baie sukses behaal. Johan d...

RSG Landbou 21 Oktober 2021 21.10.2021

Die wêreld se top 100 wingerde is onlangs aangewys, en die bekende Steenberg wynlandgoed en twee ander Constantia wynplase het dié lys gehaal. ‘n Bekende in die wynbedryf, dr. Winnie Bowman, gesels oor dié kompetisie. Elunda Basson van Steenberg praat oor hulle prestasie. Frans de Klerk praat oor die verwikkelinge met die sojaboonprys. Johan van den Berg het nuus oor die weer. Chris Derksen het nu...

RSG Landbou 20 Oktober 2021 20.10.2021

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het onlangs hulle top 10 wyne vir 2021 aangewys. RSG Landbou was daar. Brad O’Neill, ‘n suikerboer van Richmond in KwaZulu-Natal, is as Kwanalu se Jongboer van die Jaar gekroon. Ons vind meer uit oor sy boerdery.

RSG Landbou 19 Oktober 2021 19.10.2021

Prof. Hettie Schönfeldt van die Universiteit van Pretoria en dr. Erhard Briedenhann van die Proteïennavorsingstigting praat oor sojabone vir menslike gebruik. Heinrich Victor het nuus oor wolpryse. In ons maandelikse kuilvoergesprek, fokus Richardt Venter van Agsci Unlimited op gebaalde kuilvoer. Prof. Jacquie van der Waals van die Universiteit van Pretoria gesels oor haar meer as 20 jaar se navor...

RSG Landbou 18 Oktober 2021 18.10.2021

Wat is die voor- en nadele van hidroponiese groenvoer? Daar is nuus oor veilings wat hierdie week plaasvind. Ons hoor by Willem de Klerk van die Potgietersrus-omgewing waarom hulle met Moringa boer, en wat dié plant so voordelig vir mens en dier maak.

RSG Landbou 16 Oktober 2021 16.10.2021

Westley Ferguson is ‘n landbou-ekonoom by AgriSA Enterprises, ‘n filiaal van AgriSA. Laasgenoemde fokus op beleid. AgriSA Enterprises se taak is om die kommersiële landbougeleenthede as konsultasiemaatskappy te ondersteun. Ferguson verduidelik waarom dit juis landbou is wat sentraal staan tot die sukselsvolle aanbieding van groot sportbyeenkomste, soos die Olimpiese Spele.

RSG Landbou 15 Oktober 2021 15.10.2021

Die gebruik van digitale landbou, robotte, nuwe onkruiddoders, biologiese bekamping en klimaatrisikobestuur sal saam ’n belangrike rol in toekomstige onkruidbestryding speel. Die beperkinge wat onkruid op die produksie van voedsel plaas, is een van die grootste risiko’s in die afsienbare toekoms. Dr. Albert Strever werk vir die Fakulteit Landbouwetenskappe by die US Landbou-informatika, en innovas...

RSG Landbou 14 Oktober 2021 14.10.2021

Wildbedryf Suid-Afrika het die afgelope naweek ‘n minikonferensie en nasionale veiling aangebied. Ons gesels met Gerhard Reyneke, president van dié organisasie. Dr. Herman Els verduidelik waarvoor die Sustainable Use Coalition of Southern Africa hulle beywer. Andrew Masterson vertel van die Milagro-veiling by Oesterbaai. Daar is oudergwoonte nuus oor die weer en vleispryse.

RSG Landbou 13 Oktober 2021 13.10.2021

Die Hoëveld Veilingsentrum net buite Standerton bied waardevolle dienste aan telersgenootskappe en nasionale produksieveilings. Frik Verster, ‘n bekende in dié bedryf, gesels hieroor. Theo Boshoff van Agbiz verduidelik ons waarop die nasionale infrastruktuurplan vir 2050 fokus. Dr. Louis du Pisani gee raad oor bosverdigting en -indringing.

RSG Landbou 12 Oktober 2021 12.10.2021

Daar is tans 600 weerstasies in Suid-Afrika. Chris Kaempffer van die Landbounavorsingsraad praat oor die waarde van die data wat hierdie stasies aan die landbousektor bied. Heinrich Victor sluit weer by ons aan met nuus oor wolpryse. Dr. Willem Jansen van Rensburg van die Landbounavorsingsraad gesels oor inheemse, of tradisionele, groente wat in Suid-Afrika verbou word.

RSG Landbou 11 Oktober 2021 11.10.2021

Barnie de Klerk van TWK en Agbiz Grain praat oor die vooruitsigte vir die graan- en oliesademark. Daar is heelwat nuus oor veilings. Plaas Media se Koos du Pisanie het ‘n boerbokkursus bygewoon. Kursusgangers het van heinde en verre bymekaar gekom, en ons hoor hoe hulle dit ervaar het.

RSG Landbou 9 Oktober 2021 09.10.2021

Laerskool Jongensklip in die Overberg het afgesien van vele uitdagings, sy deure jare gelede geopen, en oop gehou. Vandag gee dit honderde kinders in die omgewing kans om onderrig te ontvang op ‘n plek waar passievolle onderwysers leef om die gemeenskap te dien. Elbie Fourie boer saam met haar man in die omgewing, en vertel waarom sy betrokke bly by hierdie skool waar haar man en kinders ook desty...

RSG Landbou 8 Oktober 2021 08.10.2021

Wêreld Voedseldag word binnekort gevier, en te midde van die koronaviruspandemie val die fokus vanjaar opnuut op voedselsekerheid en die belangrike rol wat kosproduseerders, soos die landbou, speel. Met meer as 150 lande wat op 16 Oktober 2021 aan die viering gaan deelneem, verteenwoordig dié gebeurlikheid een van die bes ondersteunde inisiatiewe op die Verenigde Nasies se jaarkalender. Jerry Arri...

RSG Landbou 7 Oktober 2021 07.10.2021

Alhoewel die mark vir makadamianeute relatief klein is in vergelyking met ander neute, word Suid-Afrika tans gesien as die wêreldleier wat produksie betref. RSG Landbou kuier by Marquis Macadamias in Mpumalanga. Ons gesels oor die produksie en verwerking van dié gesogte neut. Johan van den Berg gesels weersake, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur.

RSG Landbou 6 Oktober 2021 06.10.2021

Aartappels SA het die afgelope paar weke ‘n reeks inligtingsdae vir produsente aangebied. Ons medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, het op Patensie met twee produsente, Pieter Ferreira en DC Schellingerhout, oor dié bedryf gesels. Ons hoor ook van Ben Raath van Donkerhoek Tuli’s by Britstown. Hy het vanjaar die Tuli-kudde van die jaar-toekenning ontvang.

RSG Landbou 5 Oktober 2021 05.10.2021

Spesialisveearts dr. Chris van Dijk praat oor die waarde van ‘n goeie kuddegesondheidsplan. Heinrich Victor vertel wat met wolpryse gebeur het by die jongste veiling. Ons kuier in die Douglas-omgewing by Gerhard Bruwer. Hy is onlangs aangewys as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar.

RSG Landbou 4 Oktober 2021 04.10.2021

Bosluisweerstandigheid is onder bespreking, met die reën en gepaardgaande hitte wat die probleem kan vererger. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid herinner veeprodusente waarop daar gelet moet word. AFMA bied eersdaags hulle simposium aan, en De Wet Boshoff verskaf meer inligting. Ons vind meer uit van ‘n groentetuinprojek in die Paarl waarby 30 gesinne sal baat.

RSG Landbou 2 Oktober 2021 02.10.2021

Navorsing wat Afrika se stapelvoedselsoorte voedsamer en verdraagsamer teen klimaatsverandering maak, het die afgelope dekades gevorder danksy samewerking tussen die Universiteit van die Vrystaat en navorsers oor die vasteland heen. Dit het nie net gelei tot nuwe kultivars nie, maar lewer ook ‘n betekenisvolle bydrae om toestande soos blindheid weens ’n tekort aan vitamien A te help voorkom. Prof....

RSG Landbou 1 Oktober 2021 01.10.2021

Dr. Vivian Malan is ‘n staatsveearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy sluit by ons aan om meer lig te werp op virus-siektes. Ons bekyk ook geleenthede vir veeartse in die landbousektor asook die take en verantwoordelikhede van staatsveeartse, en hoe hierdie dienste vir boere van waarde kan wees.

RSG Landbou 30 September 2021 30.09.2021

Hoe lyk Suid-Afrikaanse landbou se produktiwiteit? Nico Groenewald van Standard Bank beantwoord hierdie vraag. Die BKB Groep het onlangs uitstekende finansiële resultate bekendgemaak, en ons gesels met Johan Stumpf daaroor. Ons hoor by Johan van den Berg hoe staan sake wat die weer betref, en Chris Derksen is soos altyd op sy pos met nuus oor vleispryse.

RSG Landbou 29 September 2021 29.09.2021

Volgens Corneels Schabort van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, is daar hoofsaaklik drie soorte hernubare energie wat op landbou van toepassing is. Die 24-jarige José Goncalves is aangewys as Agri Gauteng se jongboer van die jaar. Hierdie groenteboer deel sy suksesresep met ons.

RSG Landbou 28 September 2021 28.09.2021

Waarom is dit belangrik om vlieë op ‘n plaas te beheer? Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid beantwoord hierdie vraag. OVK het ‘n paar weke gelede ‘n boeredag vir vroueskaapboere aangebied, en ons hoor by Christel Basson hoe hierdie behoefte ontstaan het. Dr. Astrid Jankielsohn van LNR-Kleingraan verduidelik hoe sekere plaaginsekte meer suksesvol as ander is.

RSG Landbou 27 September 2021 27.09.2021

Op 28 September word die wêreld weer bewus gemaak van die gevaar van hondsdolheid. ‘n Staatsveearts, dr. Alicia Cloete, praat hieroor. Agbiz Grain het verlede week ‘n simposium aangebied, en Tom Meintjes gee terugvoer oor die uitdagings met die koste van graanberging. Daar is veilingnuus, en dr. Fienie Niederwieser van Aartapplels SA praat oor hulle inligtingsdae se fokuspunte.

RSG Landbou 25 September 2021 25.09.2021

Daar het ’n groot vraag na gemmer ontstaan weens die Covid-19-pandemie. Gemmer het groot medisinale waarde, en mense wat nie voorheen gemmer geëet het nie, het dit ook begin gebruik. En as daar ’n goeie vraag is, klim die prys. Om met gemmer te boer, moet jy diep, goed gedreineerde grond hê, asook genoeg water. Die gewas hou ook van baie lugvog. Gemmer kom uit Suidoos-Asië en dit is ’n skaduplant,...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.