RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 22 November 2021 22.11.2021

Wat is die redes vir die stygende prys van landbouchemikalieë, en wat word vir 2022 verwag? Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie het weer bewys dat die Suid-Afrikaanse produsent rekordopbrengste kan lewer. Neels Fourie van Schweizer-Reneke en Neels Eksteen van Hoopstad praat oor hulle prestasies. Die wenners van die 2021 LNR Nasionale Vleisbeestoekennings word op 25 November aangewys.

RSG Landbou 20 November 2021 20.11.2021

Ons het verlede week kennis gemaak met ‘n Vrystaatse boer wat destyds bekendheid verwerf het met veral haar ongewone benadering tot skaapboerdery. Dis egter haar diep domeinkennis van dieregedrag wat ons weer laat aanklop het, met die hoop om nog van haar stories te hoor. Vandag boer Elmarie van Aswegen nie meer naby Smithfield in die Vrystaat nie, en is besig om ‘n nuwe landboupad uit te kerf. On...

RSG Landbou 19 November 2021 19.11.2021

Marius Ras is die afgelope vier dekades betrokke in die navorsing en ontwikkeling van tegnologie vir bespuiting. Hy het as jong meganiese ingenieur sy loopbaan by die Departement Landbou in Stellenbosch begin. Sy werk het bygedra tot die ontwikkeling van die boom-ry-volume-model. Hy konsulteer nou privaat, en bly betrokke by navorsing. Hy deel sy insigte oor veranderinge in bespuitingstegnologie,...

RSG Landbou 18 Oktober 2021 18.11.2021

Wonde op diere het nie net ‘n effek op die welstand van die dier nie, maar ook op ‘n boer se sak. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid praat hieroor. Dairy Management Consulting het onlangs hulle jaarkongres aangebied. Hulle verteenwoordig 20% van Suid-Afrika se daaglikse melkproduksie. Chris Fourie vertel wat tydens dié kongres bespreek is. Chris Derksen praat oor vleispryse, en Johan van de...

RSG Landbou 17 November 2021 17.11.2021

Die verbruik van Wagyu-vleis het die afgelope jaar viervoudig onder Suid-Afrikaners toegeneem. Johan de Vos en dr. Michael Bradfield van die Wagyu-vereniging van Suid-Afrika praat hieroor. Ons vind uit hoe diere-eienaars kan vasstel of veeartse by die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad geregistreer is. Ons kuier by prof. Anita Michel by Onderstepoort se Serologie-laboratorium waar daar onder meer vir...

RSG Landbou 16 November 2021 16.11.2021

Duif Joubert van Agri Skills Transfer gee meer besonderhede oor ‘n twee jaar landbou-diploma wat vroeg in 2022 begin. Heinrich Victor is op sy pos met wolpryse. Spesialisveearts dr. Chris van Dijk raad oor waterbestuur op ‘n plaas.

RSG Landbou 15 November 2021 15.11.2021

Die plaaslike wynbedryf kon sedert die begin van die Covid-19-pandemie, vir 23 maande geen wyn verkoop nie. Rico Basson van Vinpro vertel van hulle planne vir die herstel van die bedryf. Werner Faber van Botswana gesels oor Tholo Holdings se Simmentaler-produksieveiling, en vertel hoe sake in dié buurland se lewendehawebedryf staan. Ons ontmoet vir Chris Goosen. Hy het die derde plek verower in va...

RSG Landbou 13 November 2021 13.11.2021

Elmarie van Aswegen het in 1997 teruggekeer na haar familieplaas naby Smithfield in die Vrystaat. Daar het sy bekendheid verwerf vir haar pionierswerk in die vervaardiging van skaapmelkkaas. Haar ongewone en byna bonatuurlike begrip van dieregedrag sorg vir onvergeetlike landboustories. Een daarvan was haar manier om lammertjies teen jakkalse en ander roofdiere te beskerm.

RSG Landbou 12 November 2021 12.11.2021

Sentraal-Suid Koöperasie Beperk se Graandag is in September vanjaar aangebied. SSK vier ook vanjaar sy 90e bestaansjaar. Hulle het onder andere ‘n aanbieding gedoen oor waar die koöperasie begin het, wat deur die jare gedoen is, en waar hulle vandag is. SSK se voorsitter, Dirk van Papendorp, sluit by ons aan. Nile.ag is ‘n digitale platform wat dit vir produsente moontlik maak om vars produkte aan...

RSG Landbou 11 November 2021 11.11.2021

Groot dele van Suid-Afrika is vanjaar deur brande geteister, en dit gebeur dikwels dat vee nie betyds verplaas kan word nie. Prof. Gareth Bath van die Komitee vir die Welsyn van Lewendehawe verduidelik hoe om vee wat deur veldbrande beseer is, te behandel. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer, Chris Derksen gesels oor vleispryse, en Frans de Klerk op Bitcoin.

RSG Landbou 10 November 2021 10.11.2021

Julian Theron boer met Merino-skape en trofee-springbokke in die Richmond-distrik. Hy vertel van sy familie wat sedert die laat 1940’s daar boer. ‘n Erelid van Merino SA, Garth Coetzee, gesels oor sy liefde vir dié skaapras, en verduidelik wat hy as gehalte wol beskou.

RSG Landbou 9 November 2021 09.11.2021

BKB het aangekondig dat hulle hulle voetspoor in die lewendehawe- en veilingsbedryf vergroot, met die verkryging van GWK se landboubesigheid in die Vrystaat en Humansdorp-area. Ons hoor by Heinrich Victor wat met die wolpryse gebeur. Malcolm Moodie van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging vertel hoe ‘n kandidaat  as beoordelaar kwalifiseer.

RSG Landbou 8 November 2021 08.11.2021

Verskeie landbouwerkers van die Vergelegen wynlandgoed, het onlangs erkenning gekry in die Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings vir die Stellenboschstreek. Carl Langenhoven van Vergelegen gesels oor dié prestasie. Produsente van die Cradock-omgewing, wat skaapwêreld is, het ‘n inligtingsdag op Zuurfontein bygewoon. Daar was groot belangstelling, en ons hoor wat daar gebeur het.

RSG Landbou 6 November 2021 06.11.2021

Ons kuier by Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom. Ons kyk terug op 2021 en beskou veral die hoogtepunte. Volgens Strydom is daar baie om voor danbaar te wees, selfs te midde van uitdagings, wat die pandemie insluit. Hy deel belangrike datums op Agri Wes-Kaap se kalender, en gee besonderhede oor landbou-aktiwiteite wat vir 2022 beplan word.

RSG Landbou 5 November 2021 05.11.2021

Boere het daagliks te doen met siektes en plae wat die gewasse waaraan hulle soveel tyd en geld bestee, skade kan aandoen. Daar is egter hulp beskikbaar by die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Plantgesondheid en -beskerming by Roodeplaat buite Pretoria. Dr. Chantelle Girgan sluit by ons aan om produkte wat verband hou met die bevordering van plantegroei, en maniere om insetkostes te verlaag,...

RSG Landbou 4 November 2021 04.11.2021

Jannie Willemse van AECI Plant Health praat oor aanlyn digitale platforms, wat al hoe meer deur produsente gebruik word. Ons hoor by dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat watter skaapproduksiestelsels in Suid-Afrika werk. Johan van den Berg het nuus oor die weer, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het.

RSG Landbou 3 November 2021 03.11.2021

Die Xhariep-streek van die SA Landbouskrywers het onlangs hulle jaarlikse toekenningsgeleentheid aangebied. Hugo Lochner vertel wat daar gebeur het. Ons gesels met dr. Andries Daniels wat as die Noord-Kaap se Landboukundige van die Jaar aangewys is. Ons hoor by Jannie Willemse van AECI Plant Health hoe hommeltuigtegnologie in landbou gebruik word om peste en plae te identifiseer.

RSG Landbou 2 November 2021 02.11.2021

Waarom is die spoed van inkuiling so belangrik by kuilvoer? Richardt Venter van Agsci Unlimited verduidelik. Heinrich Victor vertel wat onlangs met wolpryse gebeur het. Carin Venter het meer oor dikkopsiekte gaan uitvind. Dit kom veral onder skaap- en bokramme voorkom.

RSG Landbou 1 November 2021 01.11.2021

Die Wes-Kaap het in 2020 R78-miljard se landbouprodukte uitgevoer. Dit is 24% meer as in 2019. Wat is die redes vir hierdie groei? Ons praat hieroor met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer. Daar is nuus oor veilings wat eersdaags plaasvind. Bulskopboerdery van die Ventersdorp-omgewing het vanjaar drie eerste plekke in die beeskategorie van Samic se Nasionale Karkaskompetisie g...

RSG Landbou 30 Oktober 2021 30.10.2021

Boere lys hulle produkte op die Nile.ag-platform volgens die gradering en groottes wat deur regulasies voorgeskryf word, en verskaf ook foto’s. ’n Onafhanklike inspekteur tree as arbiter op wanneer produkte wat gelewer word, nie met regulasies ooreenstem nie. Sedert dit in November 2020 bekend gestel is, is meer as ’n miljoen kilogram vars produkte op die platform verkoop, en die huidige vraag oor...

RSG Landbou 29 Oktober 2021 29.10.2021

Dr. Charlie Reinhardt, onkruidkenner en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch, het bevestig dat die Palmer-misbredie (Amaranthus palmeri) wat in 2018 die eerste keer op ’n katoenplaas in die distrik Douglas in die Noord-Kaap gewaar is, nou ook in die distrik Howick in KwaZulu-Natal en langs die Limpoporivier in die noorde van die Krugerwildtu...

RSG Landbou 28 Oktober 2021 28.10.2021

Landbou juig oor die welkome reën wat in die Noord-Kaap geval het. Carin Venter kuier by Henco du Plessis, ‘n skaapboer van die bergagtige suurveld tussen Kareedouw en Humansdorp. Dié familie boer sedert die 1800’s in hierdie gebied, en die bydrae is opgeneem tydens ‘n 4x4-uitstappie op die plaas. Daar is nuus oor vleispryse, en ons hoor hoe lyk die weervooruitsigte.

RSG Landbou 27 Oktober 2021 27.10.2021

Om bosluisweerstandigheid te vermoed, is een ding, maar om dit te bevestig, behels meer as net ‘n eenvoudige toets. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid verduidelik wat dit behels. Varkgenetika is in Julie vanjaar na Nigerië uitgevoer. Dr. Danie Visser van Alliance Genetics SA vertel meer hiervan. Koos du Pisanie gesels met Thinus van Schalkwyk van BKB oor skaaphondopleiding. Ingrid Boshoff v...

RSG Landbou 26 Oktober 2021 26.10.2021

‘n Verhoging in die brandstof- en dieselprys is nie goeie nuus vir die landbou nie, en die pryse van kunsmis en chemikalieë het reeds die hoogte in geskiet. Wandile Sihlobo verduidelik wat die impak daarvan op boere sal wees. Koos du Pisanie is by Hoërskool Prieska om meer uit te vind van die opleiding wat BKB onlangs by dié skool vir leerlinge en plaaswerkers aangebied het. Heinrich Victor is ter...

RSG Landbou 25 Oktober 2021 25.10.2021

Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie het ‘n hele paar rekords opgelewer. Daar is soos altyd op ‘n Maandag veilingsnuus. Koos du Pisanie het by Dewald van den Berg van Petrusburg meer gaan uitvind oor turksvye as deel van ‘n veevoedingsprogram.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.