RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 21 Desember 2021 21.12.2021 25:01
Hoe minder diere stres, hoe beter produseer hulle. Hanteringstoerusting dra by tot stres, maar die gebruik van die regte toerusting kan stres verminder. Natis van Niekerk, ‘n gewasadviseur vir AECI Plant Health, verduidelik wat vir hom belangrik is wanneer hy sy werk doen. Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf praat oor die regsaspekte van oorbeweiding op plase.
RSG Landbou 20 Desember 2021 20.12.2021 25:01
Wat is die waarde van Groot Data vir ‘n produsent? Andries van Tonder van AECI Plant Health verduidelik. In weerwil van vele uitdagings wat die wildboer die afgelope jaar in die gesig gestaar het, het die bedryf ‘n goeie jaar gehad. Richard York van Wildbedryf SA praat hieroor en vertel waarop hulle in 2022 sal fokus. Die reën het ‘n oorvloed vlieë op plase veroorsaak. Dr. Louis Boag van Elanco Di...
RSG Landbou 18 Desember 2021 18.12.2021 15:08
Suid-Afrika het in die afgelope jaar met sy eerste volwaardige aanplanting van saffraan begin. Die die eerste seisoen het alle verwagtinge oortref het. Bennie Engelbrecht is stigterslid van Saffricon. Sy pad na hierdie magiese plant, is ‘n storie vir die eeue.
RSG Landbou 17 Desember 2021 17.12.2021 18:10
Omri van Zyl is die bestuurshoof van Agri SA Enterprises en voormalige hoof van Agri SA. Hy is tans besig om die korporatiewe kant van Agri SA op te bou. Hy verduidelik sy landboutake. Dr. Albert Strever van die Fakulteit Landbouwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch praat oor sirkulêre agronomie in kombinasie met hedendaagse tegnologie.
RSG Landbou 16 Desember 2021 16.12.2021 22:42
Daar is verskeie maatreëls in plek wat goeie gehalte gewasbeskermingsprodukte verseker. Elriza Theron van CropLife SA praat hieroor. Salmon van Huyssteen vertel van die Bosveld Boerbokklub. Chris Derksen is terug met sy laaste verslag vir die jaar oor vleispryse. Johan van den Berg het weernuus.
RSG Landbou 15 Desember 2021 15.12.2021 26:31
Chamomile Farming Enterprises van Philippi naby Kaapstad is aangewys as SA Landbouskrywers se Nuwe Toetreder vir 2021. Agmat Brinkhuis vertel van hulle beginjare en hoe hulle as familie die besigheid bestuur. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, sluit die program af met ‘n boodskap aan die landbousektor in dié provinsie.
RSG Landbou 14 Desember 2021 14.12.2021 24:52
Henri Beyleveldt is onlangs as die Toyota SA Nasionale Jong Afslaer van die Jaar aangewys. Ons gesels met hom oor dié prestasie. Huurarbeiders is vir talle boere ‘n kopseer. Ons hoor by Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf wat die wet hieroor te sê het. Jaco Theart van AECI Plant Health gesels oor die belangrikheid van die gewasbeskermingsadviseur vir die boer.
RSG Landbou 13 Desember 2021 13.12.2021 25:31
Is jy ‘n klimaatslim veeprodusent? Plaas Media is op soek na veeprodusente wat oor die jare geleer het om by klimaatsverandering aan te pas. Dr. Louis du Pisani is aan die stuur van dié projek, en hy vertel hoe produsente hierby betrokke kan raak. Tru-Cape het onlangs hulle eie lied bekendgestel, en Roelf Pienaar verduidelik wat hulle met dié inisiatief wil bereik. Hy gesels ook oor die appel-, pe...
RSG Landbou 11 Desember 2021 11.12.2021 14:50
In verlede week se program het ons kennis gemaak met die pryswenende sidermeester, Larry Whitfield. Dié boer van die Ceresvallei is ook die gees agter Loxtonia Cider. Hy word glo op sy tone gehou deur sy familie, en dis juis hulle waardevolle bydraes tot die besigheid wat sorg vir brousels uit die boonste rakke. Een so ‘n innovasie is die boord-na-bottel-konsep.
RSG Landbou 10 Desember 2021 10.12.2021 13:45
Die adjunk-direkteurgeneraal van Landbou Navorsing en Regulatoriese Dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie wat jy in jou vakansietas behoort te pak. Ons praat ook met landboukundige dr. Stephano Haarhoff oor kunsmispraktyke in mielieverbouing in Noordwes.
RSG Landbou 9 Desember 2021 09.12.2021 25:33
Landbouskrywers SA het vanjaar vir Chris du Toit as die Landboupersoonlikheid van die Jaar vereer. Hy is sedert 1970 by georganiseerde landbou betrokke. Ons gesels met hom oor dié prestasie. Alheit du Toit van Feedtek fokus op fasevoeding en waarom die benadering van verskillende voere tydens verskillende fases gevolg word. Ons praat ook weersake en vleispryse met Johan van den Berg en Chris Derks...
RSG Landbou 8 Desember 2021 08.12.2021 28:32
Die BKB-groep het in weerwil van heelwat uitdagings, ‘n belowende jaar agter die rug. Die groep se besturende direkteur, Johan Stumpf, gee terugvoer en praat oor hulle fokus vir 2022. Ons vind meer uit van die Sandveld Aartappelkwekers-organisasie, en die uitdagings wat hulle tans in die gesig staar om te oorleef.
RSG Landbou 7 Desember 2021 07.12.2021 26:34
Die wenners van die 2021 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie wat deur Plaas Media aangebied word, is onlangs aangewys. Ons hoor wie vanjaar se wenners is, en kry terugvoer oor die gehalte van kuilvoer wat mielie-, hawer-, sorghum- en toetsbaalkuilvoer ingesluit het. Heinrich Victor van OVK het die laaste wolmarkverslag vir die jaar.
RSG Landbou 6 Desember 2021 06.12.2021 25:38
Beskikbare en betroubare energie is een van landbou se vele uitdagings. Ons praat met Berrie de Jager van Standard Bank oor die finansiering van alternatiewe energie, en hoe ‘n produsent hierdie besluit moet benader. Dr. Piet Nell van die Landbounavorsingsraad praat oor die voor- en nadele van soutgrond. Hy was een van die sprekers by ‘n webinaar wat deur die LNR vir Wêreld Gronddag aangebied is.
RSG Landbou 4 Desember 2021 04.12.2021 14:52
Die sagtevrugteboerdery en siderprodusent, Loxtonia in die Ceresvallei, het in Junie vanjaar met die louere weggestap as die algehele kampioen by die Internasionale sider-uitdaging vir hulle Methode Traditionelle-sider. Aan die hoof van die onderneming staan die vrugteboer Larry Whitfield. Hy’s ook stigter en sidermeester. Sy dogter, Ali, is bemarkingsbestuurder. Hoor die storie van hegte familieb...
RSG Landbou 3 Desember 2021 03.12.2021 13:24
Dr. Johann Strauss is ‘n senior navorser by die Wes-Kaapse Departement Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou. Hy vertel van opwindende navorsingsprojekte waarmee die departement onlangs begin het, en wat vir 2022 beplan word. Ons bekyk ook die rol van erdwurms in wisselbouproewe. Volgens Cobus Meiring van die Tuinroete-Omgewingsforum is waterverdampin...
RSG Landbou 2 Desember 2021 02.12.2021 26:07
Rooiwater is ‘n veesiekte wat deur bosluise oorgedra word. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor die behandeling hiervan. Koos du Pisanie het by Ruden Rens van GWK gaan uitvind hoe aartappelproduksie in die Noord-Kaap lyk. Chris Derksen is op sy pos met nuus oor die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels soos altyd weersake.
RSG Landbou 1 Desember 2021 01.12.2021 25:28
Daar is slegs ‘n handjievol aartappelboere wat hulle daarop toespits om aartappelmoere te kweek. Koos du Pisanie het by ‘n inligtinsgdag op Douglas met Willie Jacobs van Aartappels SA hieroor gesels. Ons kuier by die Onderstepoort Veterinêre hospitaal se onkologie-afdeling. Jannie de Villiers van Graan SA vertel van sy grootworddae en landbouloopbaan, tot en met sy uittrede in Augustus vanjaar.
RSG Landbou 30 November 2021 30.11.2021 29:55
Ons vind uit wie het geseëvier in vanjaar se LNR-Vleisbeespresteerderstoekennings. Ons praat oor nuwe reëls in die veilingsbedryf, wat vroeër vanjaar aangekondig is. Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor dissiplinêre-verhore in die werksplek.
RSG Landbou 29 November 2021 29.11.2021 28:00
Steenvrugte is tans op die winkelrakke, en die bedryf se vooruitsigte lyk belowend. Jacques du Preez van Hortgro gesels hieroor. Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar, Gerhard Bruwer, is onlangs aangewys as die Toyota SA/Agri SA Nasionale Jongboer vir 2021. Ons luister weer na die onderhoud wat ons vroeër met hom gehad het. Ons vind meer uit van die One Health-konsep by spesialisveearts dr. Chr...
RSG Landbou 27 November 2021 27.11.2021 13:55
Dr. Morné de la Rey doen baanbrekerswerk met embrio-oorplasings, en spesialiseer in geassisteerde reproduksietegnieke om wild te red. Hy is een van die wêreld se voorste spesialisveeartse op die gebied van geassisteerde reproduksietegnieke, en het ook talle ander deurbrake in moderne teeltegnieke gemaak. Hy werk hard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk en boere baat sal vind. Hy de...
RSG Landbou 26 November 2021 26.11.2021 16:24
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in Suid-Afrika, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van sy onlangse navorsing, en van sy seisoenale voorspellings vir die eerste kwartaal van 2022. Selfoondeposisie-analise is tans op die voorgrond in bespuitingsnavorsing, volgens Marius Ras. Daneel Rossouw is die...
RSG Landbou 25 November 2021 25.11.2021 25:11
Wêreld-gronddag word op 5 Desember gevier. Die Landbounavorsingsraad bied op Vrydag 3 Desember ‘n webinaar aan wat op die soutinhoud van grond fokus. Dr. Garry Paterson verduidelik hoe hulle hierdie kwessie gaan toelig. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, gesels oor hulle landelike veiligheidsberaad wat vandeesweek gehou is. Daar is oudergewoonte nuus oor die weer en vleispry...
RSG Landbou 24 November 2021 24.11.2021 27:50
Daar is heelwat faktore wat die struktuur van grond kan benadeel, daarom is dit krities vir landbou om grond te bewaar. Jacques Swanepoel van AECI Plant Health praat hieroor. Kwanalu het onlangs ‘n entrepreneurskapsprogram vir vroue en die jeug bekendgestel. ‘n Matriekleerder van Kroonstad, Ruané Cilliers, het drie jaar gelede Bokse-van-Genade begin. Die projek fokus op hulp aan boere en die gemee...
RSG Landbou 23 November 2021 23.11.2021 24:13
Die Nasionale Oesskattingskomitee het einde Oktober die voorneme om te plant vir die 2021/22-produksieseisoen bekendgemaak. Audrey September van die Bergrivierstreek naby die Paarl is aangewys as die Wes-Kaapse Landbouwerker van die Jaar. Sy vertel haar storie. Moet ‘n ram gekoop of self geteel word om genetiese mikpunte vir ramteling te bereik? Leon du Plessis van BKB het die antwoord.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.