RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 20 Januarie 2022 20.01.2022 25:56
Ons hoor wat met kommoditeitspryse gebeur, aangesien kenners groot druk op pryse voorspel as gevolg van die nat toestande. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer. Chris Derksen gee terugvoer oor die jongste vleispryse.
RSG Landbou 19 Januarie 2022 19.01.2022 26:31
Die gesondheid van bome is net so belangrik by voedselproduksie as die gesondheid van plante. Boomsiektes neem toe, en volgens prof. Mike Wingfield van die Universiteit van Pretoria is dit ‘n saak van kommer. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid vertel watter uitwerking reën op opgietmiddels het. Somergraanprodusente staar ‘n paar uitdagings in die gesig met nat toestande. Luan van der Walt p...
RSG Landbou 18 Januarie 2022 18.01.2022 25:34
Wolveilings het verlede week hervat. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van die jongste pryse. Waarom moet versekering oorweeg word by die maak van kuilvoer? Richardt Venter van Agsci Unlimited verduidelik waarom dit so belangrik is. Ons gesels met James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie oor dié bedryf, en hoe die nat toestande die rooivleisprodusent raak.
RSG Landbou 17 Januarie 2022 17.01.2022 26:11
Inspeksiedienste van graan en oliesade wat deur die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling voorgestel is, is vir eers gestaak. Wessel Lemmer van Agbiz Grain vertel wat die rede hiervoor is. Nuy Wynkelder het by die 2021 Veritas-toekennings ‘n gouemedalje vir hulle Sauvignon Blanc gekry, maar dié wyn was eintlik deel van ‘n eksperiment.
RSG Landbou 15 Januarie 2022 15.01.2022 14:45
‘n Digitale tweeling is iets waaraan ‘n groep slimkoppe in Pretoria op die oomblik mee woeker. Wat is dit, en hoe sal dit vir boere van waarde in die toekoms? In ‘n vorige episode het ons kennis gemaak met Suid-Afrika se heel eerste robothond, Smoof. Om Smoof se maag vol te hou, is in hierdie stadium ‘n uitdaging.
RSG Landbou 14 Januarie 2022 14.01.2022 11:50
Bertus Myburgh is ‘n navorsingstegnikus by die Outiniqua Navorsingsplaas naby George. Hy vertel van hulle Anguskudde en die navorsing wat hulle doen. Shane Rudolph is ‘n landbou-ekonoom by Agri Enterprises. Sy is ook hoof van navorsing en ontwikkeling. Sy verduidelik die huidige tekort aan glyfosaat, wat dit is, en hoe dit boere raak.
RSG Landbou 13 Januarie 2022 13.01.2022 27:21
Hoe lyk die vooruitsigte vir die wolbedryf in 2022 wat markte en produksie betref? Leon du Plessis van BKB beantwoord hierdie vraag. Johan van den Berg gesels weersake. Chris Derksen is terug met nuus oor vleispryse. Veeplaas is op soek na ‘n klimaatslim veeprodusent.
RSG Landbou 12 Januarie 2022 12.01.2022 26:06
‘n Erfenisterrein vir Suid-Afrikaanse appels en pere open in Februarie by Elgin in die Wes-Kaap. Ons gesels hieroor ons met Buks Nel. Hy is veral bekend vir sy kennis van appels en die geskiedenis van die verskillende variëteite. Rina Jelliman van Harrismith in die Vrystaat is ‘n Bovelder-beesboer. Sy vertel watter rol probiotika by die gesondheid van haar diere speel.
RSG Landbou 11 Januarie 2022 11.01.2022 28:01
Mastitis is een van die algemeenste en duurste siektes onder plaaslike melkkuddes. Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap gee perspektief op die ekonomiese impak wat dié siekte op produsente het. Kim Delport van die LNR Kleingraan praat oor die belangrikheid van koringteling.
RSG Landbou 10 Januarie 2022 10.01.2022 25:47
Watter rol speel voedseletikette in Suid-Afrika, en het dit enigsins ‘n invloed op die verbruiker se voedselkeuse? Melvi Todd van die Universiteit Stellenbosch het navorsing hieroor gedoen, en sy deel ’n paar bevindinge. Dis brandseisoen in die winterreënvalstreke, en ons gesels met Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf oor die grondeienaar se regsaanspreeklikheid. Henk van de Graaf van...
RSG Landbou 8 Januarie 2022 08.01.2022 13:17
Wynand Steyn is professor in siviele ingenieurswese en departementshoof by die Universiteit van Pretoria. Hy was in 2021 deel van ‘n span wat 3D avokadopere en tamaties ontwerp het om sodoende nuttige inligting oor uitvoerprosesse te bekom. Ons hoor wat die volgende fase van ontwikkeling behels. Ons maak ook kennis met ‘n robothond wat besig is om handige take op Suid-Afrikaanse plase te verrig.
RSG Landbou 7 Januarie 2022 07.01.2022 12:18
Ons praat met spesialis-wetenskaplike prof. Robin Meeske oor melkbeeste en weiding, en bespreek van die navorsingsprojekte wat by die Outeniqua Navorsingsplaas naby George gedoen word. Ons vind ook uit hoe melkboere hierdeur bevoordeel word.
RSG Landbou 6 Januarie 2022 06.01.2022 25:42
Johan van den Berg praat oor die weervooruitsigte. Hannes Botha van Carolina in Mpumalanga vertel van sy sukses met herlewingslandboupraktyke. Wat staan jou te doen wanneer jou buurman se siek diere op jou plaas kom? Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf gee raad.
RSG Landbou 5 Januarie 2022 05.01.2022 28:32
Gewasse in groot dele van die somergewasgebiede ly onder versuipskade, en dit bring nuwe uitdagings vir produsente. Deon van Zyl van AECI Plant Health gee raad in dié verband. Ons gesels oor navorsing op inheemse vrugte. Rosemary du Preez van die Landbounavorsingsraad se tropiese- en subtropiesegewasse vertel van die werk wat hulle doen.
RSG Landbou 4 Januarie 2022 04.01.2022 26:54
Ons fokus op die heuningbosbedryf. Dr. Cecilia Bester van die Landbounavorsingsraad vertel van hulle navorsing, en dr. Brigitte du Preez van Stellenbosch Universiteit gesels oor ‘n heuningbos-graderingstelsel. Ons praat met Reinhardt Kuschke van Agriseker oor klimaatsverandering en hoe die landbou daarby sal moet aanpas.
RSG Landbou 3 Januarie 2022 03.01.2022 28:31
Wat is die rede vir die stygende prys van landbouchemikalieë, en wat word in 2022 verwag? Ons hoor by Schalk Geldenhuys van AECI Plant Health wat die antwoord is. Inskrywings vir die 2022 SA Suiwelkampioenskappe open op 10 Januarie. Isabeau Botha van Agri-Expo gee meer besonderhede. Ons hoor by Hannes de Waal van die plaaslike sitruskwekersvereniging of die swaar reën in die noordelike dele van d...
RSG Landbou 1 Januarie 2022 01.01.2022 16:30
Wynand Steyn is professor in siviele ingenieurswese en departementshoof by die Universiteit van Pretoria. Hy is ook voorsitter van die skool vir ingenieurswese by Tukkies in die fakulteit bou-omgewing- en inligtingstegnologie. RSG Landbou hoor by hom hoe 3D avokadopeerboere van nuttige inligting voorsien.
RSG Landbou 31 Desember 2021 31.12.2021 13:00
Audrey September van die Paarl is onlangs aangewys as die Agriwerker van die Jaar by die Jaarlikse Wes-Kaap Prestige-Agri-kompeitisie. Die adjunk-direkteurgeneraal van Landbou Ondersteuning en Ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement Landbou, Darryl Jacobs, sluit by ons aan om oor die geskiedenis van die kompetisie te gesels. Hy verduidelik hoe die Departement steeds die kompetisie kon aanbied t...
RSG Landbou 30 Desember 2021 30.12.2021 28:49
RSG Landbou kuier in die Kalahari by Hans Knoesen, ‘n kameelmelkprodusent. Dr. Maartin Jordaan van die Bult Diereklinkiek op Potchefstroom verduidelik watter geslagsiektes by beeskuddes onder die vergrootglas geplaas moet word. Ons hoor by Willem de Klerk van die Potgietersrus-omgewing waarom hulle met Moringa boer, en wat dié plant so voordelig vir mens en dier maak. Daar is soms verwarring tusse...
RSG Landbou 29 Desember 2021 29.12.2021 26:42
Ons het by prof. Charlie Reinhardt van die Noordwes-Universiteit gaan raad soek oor die Spaanse riet wat plaasdamme oorneem. Die rol wat water by hoenderboerdery speel, word dikwels onderskat. Jan Grobbelaar gee opleiding in die bestuur van hoenderboerderye, en hy gesels daaroor. Die Universiteit van die Vrystaat se Ingenieurswetenskappe-departement sal teen 2023 ‘n landbou-ingenieursgraad aanbied...
RSG Landbou 28 Desember 2021 28.12.2021 26:34
Carin Venter kuier by Lood Lötter. Hy boer met Angora’s en tabak in die Pearston-omgewing in die Karoo. Ons gesels met Matt Pretorius van die Bedreigde Wildlewetrust oor ‘n oplossing vir voëls wat deur kraglyne bedreig word. Dr. Carel Muller van Stellenbosch Universiteit verduidelik waarom die aanplant van die karobboom vir veeprodusente aanbeveel word.
RSG Landbou 27 Desember 2021 27.12.2021 25:51
RSG Landbou het ‘n luisteraarsvraag ontvang oor waterblommetjies. Wat behels dié boerdery en waar in Suid-Afrika kan daar met hierdie eg Suid-Afrikaanse plant geboer word? Dirkie Gildenhuys van Rhenostervlei Waterblommetjies beantwoord hierdie vrae. Carel van der Merwe van die Vanwyksvlei-omgewing boer met Boesmanlanderskape. Koos du Pisani het hom oor dié unieke skaapras uitgevra.
RSG Landbou 24 Desember 2021 24.12.2021 16:38
Graanboere in die Wes-Kaap het onlangs afskeid geneem van Jannie de Villiers, die voormalige bestuurshoof van Graan SA, en die nuwe hoof, dr. Pieter Taljaard, verwelkom. Die eerste van drie byeenkomste is op Moorreesburg gehou. De Villiers verduidelik sy planne vir die toekoms. Klaas Stoffberg is wynmaker by Babylonstoren buite Franschhoek. Hy is ook verantwoordelik vir hulle olyfolie en balsamies...
RSG Landbou 23 Desember 2021 23.12.2021 24:02
Jannie de Villiers, die voormalige hoofbestuurder van Graan SA, het ‘n Kersboodskap vir boere. Koos du Pisanie kuier by Dewald van den Berg van Petrusburg om meer uit te vind oor turksvye as deel van ‘n veevoedingsprogram. Die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie het vroeër vanjaar die gebruik van DHQ veilig verklaar. Henk Griessel van Tru-Cape werp het meer inligting hieroor.
RSG Landbou 22 Desember 2021 22.12.2021 28:16
Die bestuurshoof van Agbiz, dr. John Purchase, tree eersdaags af. Ons praat met hom oor sy loopbaan, uitdagings in die landboubedryf en wat hom positief en opgewonde maak oor dié sektor. Frans de Klerk kyk na die prestasie van verskeie landboukommoditeite die afgelope jaar, en watter beleggings landbouers aantreklik vind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.