RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 18 Februarie 2022 18.02.2022

Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van onlangse navorsing wat hy behartig het, en van sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2022. Hy verduidelik ook hoekom ons meer gereeld na Suid-Amerikaanse weerpatrone moet kyk om meer lig op ons...

RSG Landbou 17 Februarie 2022 17.02.2022

Die koning van onkruid, Palmer amaranth, is in Januarie vir die eerste keer op ‘n mielieplaas in die Potchefstroom-omgewing opgemerk. Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA verduidelik wat boere te doen staan om verdere verspreiding te voorkom. Ons het inligting oor Lucasdam Dorpers en CJ Coetzee Witdorpers se veiling wat op 24 Februarie in Postmasburg plaasvind. Johan van den Berg bring ons op hoog...

RSG Landbou 16 Februarie 2022 16.02.2022

‘n Verhoging in die nasionale minimumloon tree op 1 Maart in werking. Alwyn Annandale van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik hoe dit bepaal word. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid praat oor die rol van insekbeheer in ‘n biosekuriteitsprogram. Carin Venter kuier by Bull van Rensburg, wat die afgelope twee jaar uitsonderlik gevaar het in die hawerkuilvoerkompetisie. David Cochrane van...

RSG Landbou 15 Februarie 2022 15.02.2022

Izak Hofmeyr het by Lodie van Rooyen se Nova Barletta Dormer boeredag in die Clocolan-omgewing gaan inloer, en onder andere met Alheit du Toit van Feedtek oor die waarde van goeie mikromineraalbestuur gesels. Carina le Roux van die Universiteit van die Vrystaat gee terugvoer oor haar lusernnavorsing. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van die jongste wolpryse. Dr. Roelof Botha van die Opt...

RSG Landbou 14 Februarie 2022 14.02.2022

Dit is tien jaar sedert SA Stamboek die groot stap gedoen het om ‘n alomvattende diens aan produsente te lewer. Dr. Japie van der Westhuizen kyk terug na wat hulle bereik het. Dr. Louis du Pisani sê kleinvee kry tans swaar as gevolg van die reën en omdat hulle nie die nodige voedingstowwe inneem nie. Ons het nuus oor veilings en gesels ook met Frans Seevinck oor Buckridge Bonsmara se tweede produk...

RSG Landbou 12 Februarie 2022 12.02.2022

Malan Heyns boer onder andere met hoenders op sy plaas Kleinbegin in die Vrystaat. Hy is passievol oor landboutegnologie, en volgens hom het outomatisering sy besigheid ‘n hupstoot gegee. Hy vertel hoe ‘n tornado destyds verwoesting  op sy plaas gesaai het, en wat dit geverg het om van dié terugslag te herstel. Hy brei gesels ook oor roofdiere wat hy op sy plaas versorg.

RSG Landbou 11 Februarie 2022 11.02.2022

Dr. Gert van Coller, 'n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe toedienings van swamdoders in die departement se deposisieproewe toegepas word, en watter navorsing onlangs in dié verband gedoen is. Suid-Afrika het in onlangse jare omgedraai van 'n netto-invoerder na 'n netto-uitvoerder in die rooivleisbedryf. Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, bring...

RSG Landbou 10 Februarie 2022 10.02.2022

Volgens dr. Herman Fouché van die Department Landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat word die waarde van turksvye onderskat. Koos du Pisanie het tydens ‘n turksvy-inligtingsdag op Hopetown met hom gesels. Dr. Stoffel du Toit, ‘n mediese dokter en deeltydse boer, bewerk en bewaar al jare turksvye vir sy skape. Ons hoor wat hy hieroor te sê het. Soos altyd is Chris Dersken op sy pos...

RSG Landbou 9 Februarie 2022 09.02.2022

Black Tie Blue Blood is ‘n eerste van sy soort boerbokveiling wat in Maart gehou word. Die room van die wêreld se boerbokke sal daar onder die hamer kom. Danie Strauss van BKB vertel van hierdie unieke geleentheid. Koos du Pisanie vind meer uit oor vanjaar se Williston Skou. Ons het by Pieter Taljaard van Graan SA gaan kers opsteek oor die stand van sake in die graanbedryf.

RSG Landbou 8 Februarie 2022 08.02.2022

Ons kuier by Misgund Boerdery in die Langkloof. Robin Baldie gesels oor hulle appel- en peerboedery. Die risiko’s wat met die maak van kuilvoermaak gepaard gaan, word dikwels onderskat. Richardt Venter van AgSci Unlimited gee raad oor die bestuur hiervan. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met wolpryse.

RSG Landbou 7 Februarie 2022 07.02.2022

BKB sal van Maart af hulle besigheid op die nuwe Kaapstadse aandelebeurs lys. Johan Stumpf verduidelik wat die rede hiervoor is. Ons praat met dr. Hester Vermeulen van BFAP oor navorsing wat die verbruiker en lede van die landbouwaardeketting se persepsie van handreinigers ondersoek het. Daar is ook nuus oor veilings.

RSG Landbou 5 Februarie 2022 05.02.2022

Chris Burgess is ‘n man vir wie sy werk as joernalis vir hom ‘n lewenstaak is. Ná meer as ‘n dekade se verbintenis met die ikoniese Afrikaanse handelsmerk, Landbouweekblad, kyk hy terug. Chris is onverskrokke in sy visie om ‘n betekenisvolle en positiewe bydrae tot die landbougesprek in Suid-Afrika te maak. Met meer as ‘n honderd jaar se argiewe is dit ‘n voorreg om aan te sit by ‘n tafel waar boe...

RSG Landbou 4 Februarie 2022 04.02.2022

Volgens Marthane Swart van die SA Rooibosraad lê daar besige en opwindende maande voor vir rooibosboere. Ons het by haar gaan aanklop om te hoor wat aan die broei is. Hannes Meyer is wynmaker by Lomond in die Kaap Aghulas-wynstreek. Die plaas het nie minder nie 18 verskillende grondsoorte! Ons hoor by hom hoe hierdie ongewone verskynsel die wynmaakproses beïnvloed.

RSG Landbou 3 Februarie 2022 03.02.2022

Clanwilliam en omgewing is dié tyd van die jaar ‘n miernes van bedrywighede – dis rooibos-oestyd. Marthane Swart van die SA Rooibos-raad vertel wat alles aan die gang is. TLU SA bied hulp aan produsente met betrekking tot B-BBEE sertifikate en uitvoere. Bennie van Zyl verduidelik die proses. Daar is ook nuus oor die weer en vleispryse.

RSG Landbou 2 Februarie 2022 02.02.2022

Die Raad van Landbouprodukte-agente (APAC) het hulle strategie vir die volgende drie jaar aangepas. Francois Knowles vertel wat dit behels. Wêreld Vleilanddag op 2 Februarie gevier. Dr. Althea Grundling van die Landbounavorsingraad verduidelik watter betekenis dit vir landbou in Suid-Afrika het. Hugo Maree van HHM Richugo Brahmane gesels oor sy veiling.

RSG Landbou 31 Januarie 2022 31.01.2022

Agri SA het onlangs met die minister van landbou, Thoko Didiza, vergader om ‘n paar kwelpunte in die landbou te bespreek. Christo van der Rheede gee terugvoer oor die vergadering. Koos du Pisanie praat met Junior Ludwick oor vanjaar se Griekwastad Skou. Ons het nuus oor veilings, en Christal-Lize Muller kuier by die Lewendehawe Registrerende Federasie se 2021 Suider-Afrikaanse Stoetteler van die J...

RSG Landbou 29 Januarie 2022 29.01.2022

Prof. Eugene Cloete, viserektor by die Universiteit Stellenbosch, kyk terug op 2021, en deel ‘n interessante teorie oor ‘n ekostelsel onder druk, hoe dit landbou raak, en waarom hy goeie dinge vir Suid-Afrikaanse boere voorspel in die jaar wat voorlê.

RSG Landbou 28 Januarie 2022 28.01.2022

Cobus Meyer is ‘n boer van Leeudoringstad in Noordwes. Volgens hom was sy destydse besluit om ‘n Kalahari Red Goat-stoet aan te skaf een van die beste sakesbesluite wat hy nog geneem het. Hy verduidelik waaraan hy sy suksesse toeskryf. Este Mathew van die Trust vir Bedreigde Spesies was onlangs ‘n gas by ‘n hommeltuigkonferensie buite Stellenbosch. Volgens haar is die gebruik van hommeltuie aan di...

RSG Landbou 1 Februarie 2022 28.01.2022

Wat maak die Bosvelder-skaapras so uniek? Theo Hoffman van die Bosvelder-studiegroep praat oor dié ras, en hulle jaarlikse veiling wat op 5 Februarie gehou word. Vinpro het onlangs die tweede skatting van die verwagte 2022-wyndruifoes bekendgemaak. Heinrich Victor is terug met nuus oor wolpryse.

RSG Landbou 27 Januarie 2022 27.01.2022

Januarie is gewoonlik die maand wanneer talle Suid-Afrikaners redelik platsak is. Heelwat ly ook honger, en daarom het Aartappels SA die #PassThe Potato-veldtog bekendgestel. Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes het onbehandelde bloekompale in twee van sy wingerdblokke geplant in ‘n poging om groener te boer. Johan van den Berg is op sy pos met weernuus, en so ook Chris Derksen met vleispryse.

RSG Landbou 26 Januarie 2022 26.01.2022

Plant-parasitiese aalwurms is dikwels, veral tydens nat toestande, die oorsaak van swak groei by graangewasse. Rupert Vermaas van AECI Plant Health verduidelik wat produsente kan doen om hierdie skade te beperk. Ons vind uit wat die stand en toekoms van wildboerdery en jag in die Noord-Kaap is. Charles Hall van die Noord-Kaap Jagtersvereniging gesels hieroor.

RSG Landbou 25 Januarie 2022 25.01.2022

Agbiz, CropLife SA en die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie het appèl aangeteken teen ‘n besluit deur die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling oor die klassifisering van nuwe teeltegnologie. Ons hoor by Theo Boshoff van Agbiz en dr. Magdeleen Cilliers van SANSOR waarom hulle appelleer. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met nuus oor die wolpryse.

RSG Landbou 24 Januarie 2022 24.01.2022

Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO verduidelik waarom die aantal produsente van onverwerkte melk in die wêreld daal. Keneilwe Raphese van die Vanderbijlpark-omgewing is in 2021 tydens die Lewendehawe-registrerende Federasie se Veeskool by Aldam, as die Opkomende Rooivleisprodusent van die Jaar aangewys.

RSG Landbou 22 Januarie 2022 22.01.2022

Lehman Lindeque is bestuurder by die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprojek, en is verantwoordelik vir volhoubare grondbestuur. Hy bespreek die toekoms van hommeltuie in landbou. Tamiko Sher van die African Institute for Entrepreneurship was een van die sprekers by ‘n hommeltuigkonferensie. Volgens haar is daar oneindig baie geleenthede vir toekomsoperateurs, met die potensiaal om werksgeleenthed...

RSG Landbou 21 Januarie 2022 21.01.2022

Dr. Chris de Brouwer is die wetenskaplike bestuurder van die veekundedirektoraat by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Dié departement het onlangs ‘n veer in die hoed verdien vir iets wat met wolgradering tew make het.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.