RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 19 Maart 2022 19.03.2022 13:23
Dis heerlik om ‘n glasie te klink in die geselskap van ‘n bekende wingerdkundige. Mens weet goed hoe trots ons kan wees op plaaslike wyn, wat telkens kenners dwarsoor die wêreld bekoor. Om ou wingerde te koester is kosbaar. Nie net is dit ‘n eerbetoon aan die natuur nie, maar ook ‘n teenvoeter vir klimaatsverandering. Maar van watter ouderdom af word wingerde as oud beskou? Rosa Kruger is by uitst...
RSG Landbou 18 Maart 2022 18.03.2022 17:30
Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik hoe hommeltuigonderrig by landboufokusskole ‘n legio nuwe werksgeleenthede skep. Francois Viljoen, wat die afgelope 36 jaar as wingerdboukundige praktiseer, het die prys ontvang vir wingerdbou en wynskepping by die jaarlikse Wynoesherdenking op die Kaapse wynlandgoed, Groot...
RSG Landbou 17 Maart 2022 17.03.2022 26:27
Die bloubessiebedryf groei wêreldwyd baie vining, maar waar pas Suid-Afrika in? Elzette Schutte van Berries ZA gesels oor die waarde van dié bedryf, en vertel hoe die uitvoermark in die toekoms kan lyk. Izak Hofmeyr kuier by ‘n groente- en eierprodusent van Phillipi, Agmat Brinkhuis. Ons hoor wat het hierdie week met vleispryse gebeur, en hoe die weervooruitsigte lyk.
RSG Landbou 16 Maart 2022 16.03.2022 25:11
Dit gebeur toenemend by gewasse dat weerstand teen sekere plaagdoderbestandele ontwikkel. Simon Lowe van AECI Plant Health gee raad in dié verband. Ons gesels met die JSE oor die voordele van hulle beeskontrak. Ons vind uit wat aartappelkultivar-ontwikkeling en vestiging in die plaaslike mark behels. Koos du Pisanie gesels met John Durr, ‘n bekende in die rooivleisbedryf, oor veranderinge in dié b...
RSG Landbou 15 Maart 2022 15.03.2022 25:00
Skaapvleis is vir sommige verbruikers onbekostigbaar. Hoe kan ‘n produsent te werk gaan om self vleis te bemark? Dries Wiese van Loxton vertel wat hy gedoen het om dít reg te kry. Lourens van Rensburg van Lindsay Africa gee raad oor hoe produsente slim met water kan werk om steeds aan voedselsekerheidsbehoeftes te voldoen. Ons hoor ook by Heinrich Victor wat by die jongste wolveiling gebeur het.
RSG Landbou 14 Maart 2022 14.03.2022 26:20
Dit was ‘n buitengewone seisoen vir die wyndruifbedryf, met vele uitdagings vir produsente. Volgens Patrique le Vieux van AECI Plant Health is die fokus op plantgesondheid voor die volgende seisoen baie belangrik, maar wat behels dit? Christal-Lize Muller het by die onlangse Graan SA-kongres by Derek Mathews gaan uitvind hoe hoë insetkoste die graanprodusent kniehalter.
RSG Landbou 12 Maart 2022 12.03.2022 14:47
Wingerdkundige Rosa Kruger van die Ou Wingerd-projek gesels oor plaaslike wynoeste van die afgelope jaar. Sy verduidelik hoe daar tydens die grendeltyd innoverend te werk gegaan moes word om uitdagings die hoof te bied. Sy vertel ook hoe ‘n Franse wynafvaardiging onlangs verrassende navorsingsresultate in Suid-Afrikaanse wingerde bespeur het.
RSG Landbou 11 Maart 2022 11.03.2022 15:30
Frits van Oudtshoorn is ‘n Limpopo-boer en onafhanklike weidingskonsultant. Die verbetering van weidingstelsels en metodes om drakrag te verhoog, interesseer hom veral. Hy deel die navorsingsresultate wat verband hou met ultrahoëdrukbeweiding en weidingsbestuur. Hy verduidelik ook hoe boere slangbos se getalle met sukses kan beheer. Prof. Stephanie Midgeley praat oor die waarde en betekenis van di...
RSG Landbou 10 Maart 2022 10.03.2022 26:51
Hannes Swart van die Potchefstroom-omgewing is passievol oor sy lusernboedery. Hy vertel watter benadering wat hy volg. Ons kyk saam met Jano Bezuidenhout van Aartappels SA na die stand van die aartappelmark. En ons gesels oor die weer en vleispryse.
RSG Landbou 9 Maart 2022 09.03.2022 26:00
Wanneer die Suid-Afrikaanse verbruiker voedselkeuses maak, word volhoubaarheid in ag geneem. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid het hieroor navorsing gedoen. Dr. Hester Vermeulen gee terugvoer. BKB het vanjaar groot sukses met hulle ramveilings behaal. Johann Botes van GWK praat oor aartappelkultivars en hoe hulle gehalte verseker.
RSG Landbou 8 Maart 2022 08.03.2022 25:57
Die veerkragtigheid van die gemeenskap van Williston is noemenswaardig. In weerwil van droogtes en uitdagings met bek-en-klouseer die afgelope paar jaar, is ‘n landbouskou aangebied. Ons vind uit watter rol Bacillus-organismes, wat in probiotika voorkom, by diere speel. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van wolpryse.
RSG Landbou 7 Maart 2022 07.03.2022 26:23
Georganiseerde landbou het onlangs ‘n hofuitspraak oor billike en regverdige vergoeding van grond verwelkom. Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf lewer kommentaar op dié saak. ‘n Tekort aan die nodige spoorelemente by dierevoeding kan ‘n produsent duur te staan kom. Dr. Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingsraad verduidelik watter funksie dié elemente in ‘n dier se liggaam speel. Da...
RSG Landbou 5 Maart 2022 05.03.2022 13:55
Landboufokusskole wat landboutegnologie aanbied kom onder die soeklig. Die direkteur van besigheidsontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik hoe ‘n vennootskap tussen twee staatdepartemente daartoe gelei het dat hommeltuigonderrig in al sy fasette vir graad 8 tot 12 leerders by skole in die Wes-Kaap aangebied word. Die nuwe loopbaangeleenthed...
RSG Landbou 4 Maart 2022 04.03.2022 12:25
Prof. Johnnie van den Berg van Noordwes-Universiteit is ‘n bekende entomoloog. Hy is een van die sprekers by die Landbouweekblad Herlewingslandbou-konferensie wat op 10 Maart op Ottosdal plaasvind. Hy gee ons ‘n voorsmakie. Pieter de Klerk van Bloemfontein beskryf homself as ‘n groente-entrepreneur. Hy is afgetree, maar sy landboupad is nog lank nie klaar nie. Hy gee raad aan ander wat poog om die...
RSG Landbou 3 Maart 2022 03.03.2022 25:43
Die waarde van die vroeë opvoeding en ontwikkeling van kinders mag nie onderskat word nie. Daarom het GWK en Wildeklawer naby Douglas hande gevat en ‘n skool vir plaaskinders op dié plaas geopen. Neil de Klerk van GWK vertel waarom hulle dit gedoen het. Ons gesels met Wandile Sihlobo oor die impak wat die probleme in Oos-Europa op die plaaslike landbousektor het.
RSG Landbou 2 Maart 2022 02.03.2022 26:35
Veesiektes versprei makliker met die aankoop van nuwe diere. Daarom is die toepassing van biosekuriteitsmaatreëls baie belangrik. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid het raad hieroor. Volgens Pieter Craven van Syngenta Seeds het koringprodusente veral gesukkel met uitloopskade tydens die abnormale nat toestande. Hy het ‘n paar aanbevelings vir die volgende seisoen. Prof. Charlie Reinhardt ge...
RSG Landbou 1 Maart 2022 01.03.2022 27:33
Hael is ‘n vloekwoord in die Langkloof, sê WS Meyer, ‘n kern-en steenvrugprodusent naby Uniondale. RSG Landbou se medewerker, Carin Venter, gesels met hom oor hulle boerdery en die vele uitdagings. Die Melkprodusente-organisasie het strategies en struktureel heelwat veranderinge aangebring. Wolveilings het wel verlede week plaasgevind, in weerwil van uitdagings met uitvoere. Heinrich Victor bring...
RSG Landbou 28 Februarie 2022 28.02.2022 27:35
Vrotpootjie is een van die siektes wat met reën en klam weerstoestande geassosieer word. Hoe weet jy egter wanneer ‘n mank dier wel vrotpootjie het? Annelie van Deventer beantwoord hierdie vraag. Die BKB Groep noteer in Maart op die Kaapstadse aandelebeurs. Johan Stumpf verduidelik hoe dié proses sal werk, en hoe die waarde van die aandele bepaal word. Ons vond meer uit oor die Ghaapseberg Boerbok...
RSG Landbou 26 Februarie 2022 26.02.2022 13:06
Hoewel die Suid-Afrikaanse wynbedryf geruime tyd sal neem om ten volle van die Covid-19-handelsbeperkings te herstel, beur wyndruifprodusente voort deur hulle met die jongste inligting en kundigheid toe te rus en voortdurend hulle benadering in die wingerd aan te pas. Yvette van der Merwe van die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels deel opwindende nuus in dié verband.
RSG Landbou 25 Februarie 2022 25.02.2022 13:57
Ons praat oor slange en ander Suid-Afrikaanse somer-realiteite. Hoe gemaak as 'n bakkop in jou voortuin verskyn? Ons gesels met dr. Elizna Boag van AfriVet hieroor , en omseil dalk in die proses ‘n probleem of twee.
RSG Landbou 24 Februarie 2022 24.02.2022 26:55
Abnormale reënval het dié seisoen voorgekom, en die voorspelling is dat ons weer ‘n ontploffing in sprinkaangetalle sal sien. Volgens dr. Chris van Dijk moet veeprodusente vanjaar ekstra versigtig wees want ander insekte kom ook meer voor. Ons hoor watter raad hy in dié verband het. Frans de Klerk gesels oor die olieprys wat ‘n direkte impak op insetkosteverhogings kan hê. Chris Derksen terug met...
RSG Landbou 23 Februarie 2022 23.02.2022 28:44
Veeprodusente kan nie bekostig om "passasiers" op die plaas te huisves nie. Dit verwys na diere wat nie waarde toevoeg nie, en dus uitgeskot moet word. John Rafferty gee raad in dié verband. Louis Steyl gesels oor vanjaar se Bonsmara SA Vroulikedierveiling wat op 16 Maart in Parys plaasvind. Die voorkoms van die Russiese koringluis verskil van jaar tot jaar in die verskillende koringgebiede. Dr. A...
RSG Landbou 22 Februarie 2022 22.02.2022 26:12
Beverley Joseph, ‘n hops- en proteaboer van George, het in 2021 die Toyota SA Nuwe-oes-toekenning ingepalm. Sy vertel hoe sy by hierdie bedrywe betrokke geraak het. Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA waarsku landbouers teen peste en plae wat tans groot skade aanrig. Verlede jaar se Agri Noordwes Jongboer van die Jaar, Wernich Lemmer, praat oor die sukses met sy Bonsmara-kudde.
RSG Landou 21 Februarie 2022 21.02.2022 27:07
Ons praat met Louis Steyl van Bonsmara SA oor die vooruitsigte vir dié genootskap. Hy vertel waarop telers tans fokus om aan die mark te bly voorsien. Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat praat oor uitskotbeginsels. Daar is dikwels meer as net vee wat uitgeskot moet word om ekonomies volhoubaar te kan boer. Dr. Paul Reynolds van die Warden Dierehospitaal gee raad oor lewerslakb...
RSG Landbou 19 Februarie 2022 19.02.2022 15:14
Prof. Johnnie van den Berg van Noordwes-Universiteit is bestuurder van die geïntegreerde plaasbestuurprogram in die Eenheid vir Omgewingswetenskap by die universiteit. Hierdie bekende entomoloog gesels oor maniere wat boere op grondvlak kan help om insetkoste in toom te help hou.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.