RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 18 April 2022 18.04.2022 26:42
Bonsmara SA het weer vanjaar hulle Rooi Ras-geleentheid in Parys aangebied. Wandile Sihlobo van Agbiz en Theo Vorster van Galileo Capital was van die sprekers, en het gefokus op ekonomiese en politieke kwessies wat landbou raak. RSG Landbou-medewerker, Christal-Lize Muller, het met hulle gesels. Swellendam het in Maart hulle 190ste skou aangebied. Die voorsitter, Suzanne Smit, gee terugvoer.
RSG Landbou 16 April 2022 16.04.2022 14:38
Dr. Adriaan Smit van die South African Gourmet Mushroom Academy verduidelik hoe tuisverbouing van sampioene ‘n baie winsgewende landboubedryf kan wees vir agri-entrepreneurs. Volgens hom kan mens dit met sukses by jou huis aanpak, mits jy die regte kennis het. Hy vertel ook dat mense met uiteenlopende agtergronde graag aantree vir opleiding in dié verband.
RSG Landbou 15 April 2022 15.04.2022 14:28
April staan bekend as Kaasmaand op die kalender van Agri-Expo. ‘n Ekstra dag van vanjaar se SA Kaasfees is ook by Sandringham buite Stellenbosch gevoeg. Breyton Milford, Operasionele Bestuurder by Agri-Expo, verduidelik waarna ons vir die res van die maand kan uitsien, kort op die hakke van vanjaar se gesogte Suiwelkampioenskap-kompetisie.
RSG Landbou 14 April 2022 14.04.2022 29:36
Veeplaas wys vanjaar hulle eerste Klimaatslim Ambassadeur aan. Daar is vyf finaliste wat om dié titel meeding. Die beoordelaar, dr. Louis du Pisani, gesels oor die kriteria, en wat hierdie veeprodusente klimaatslim maak. Ons hoor by Aartappels SA wat die afgelope maand op die aartappelmarkte gebeur het. Johan van den Berg gesels soos gewoonlik oor die weer, en bespreek spesifiek droë winters en di...
RSG Landbou 13 April 2022 13.04.2022 30:07
Wat is die impak van klimaatsverandering op toekomstige aartappelverbouing? Prof. Martin Steyn van die Universiteit van Pretoria praat oor hulle navorsing hieroor. Die invloed van die oorlog in Oekraïne op die wêreld se suiwelbedryf is reeds sigbaar. Alwyn Kraamwinkel van die Suid-Afrikaanse Melkprosesserings-organisasie praat oor die impak wat dié oorlog op die plaaslike primêre en sekondêre suiw...
RSG Landbou 12 April 2022 12.04.2022 26:56
Ons kuier op die plaas, Aloedale, tussen Cradock en Graaff-Reinet. Fourie de Jager voer sy Angorabokke intensief, en Carin Venter het gaan uitvind waarom hy dié besluit geneem het. Die Prosopis-boom veroorsaak groot kopsere vir boere van die Noord-Kaap. Koos du Pisanie gesels met Eben Anthonissen van die Kathu-boerevereniging oor die planne wat hulle gemaak het om dié probleem aan te spreek. Ons g...
RSG Landbou 11 April 2022 11.04.2022 25:38
Die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika het onlangs sy 37ste simposium aangebied. Hein Rehr gesels oor die rol van dié organisasie in die graanwaardeketting, en wat tydens die simposium bespreek is. Ons vind meer uit oor die doel van die Natuurwetenskap-versamelingsfasiliteite en Biodiversiteit-biobanke in Suid-Afrika. Prof. Michelle Hamer is aangestel as leier van dié fasiliteite. Ons pr...
RSG Landbou 9 April 2022 09.04.2022 15:14
Renosterveld is Suid-Afrika se mees bedreigde habitat, en die 5% wat oorbly kom meestal op plase in die Overberg voor. Die Overberg Renosterveld Bewaringstrust werk met boere om hierdie oorblywende gedeelte te beskerm. Hulle het pas 10 jaar oud geword. Die span het al baie bereik, byvoorbeeld 6 000 hektaar word nou vir altyd bewaar deur serwituutsooreenkomste tussen die trust en boere. Tog is dit...
RSG Landbou 8 April 2022 08.04.2022 16:38
Daar is steeds ‘n ernstige toename in die sprinkaanplaag. Veral dele van die Oos-, Wes- en Noord-Kaap loop deur. Agri Wes-Kaap se bestuurshoof, Jannie Strydom, werp lig op die situasie. Thea van Zyl van Hortgro sluit by die program aan om te gesels oor vanjaar se Agri’s Got Talent-sangkompetisie.
RSG Landbou 7 April 2022 07.04.2022 28:27
‘n 18-maande beleë Cheddar is vanjaar as die 2022 SA Suiwelproduk van die Jaar aangewys. Maryke Pienaar van Lactalis SA gesels oor die uniekheid van dié kaas. André Kirsten is ‘n koring- en kanolaprodusent van die Darling-omgewing. Ons hoor watter uitdagings insetkoste vir dié bedryf inhou. Johan van den Berg is terug met nuus oor die weer, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse ge...
RSG Landbou 6 April 2022 06.04.2022 26:26
Wat verwag ‘n produsent (groot en klein) van ‘n gewasadviseur of verspreider van gewasbeskermingsprodukte? Dit was een van die besprekingsessies tydens vanjaar se CropLife SA-konferensie. Ons kry terugvoer by ‘n kommersiële graanprodusent, Derek Mathews, ‘n opkomende groenteprodusent, Vuthlari Chauke, en Gideon Hefer van Inteligro. Daar is krititiese aspekte waarvan produsente moet kennis neem by...
RSG Landbou 5 April 2022 05.04.2022 26:54
Wat is in die water wat die waterhiasint so welig laat groei? Dis nóg ‘n indringerplant wat ernstige probleme veroorsaak. Net soos by die mens, ontwikkel diere ook antimikrobiese weerstand, maar hoe kan dit voorkom word? Dr. Chris van Dijk gee raad. Heinrich Victor van OVK vertel wat met die wolpryse gebeur het.
RSG Landbou 4 April 2022 04.04.2022 30:02
Namakwaland se vetplante word bedreig. Die smokkel van dié juwele word ‘n al groter probleem. Koos du Pisanie kom agter die kap van die byl, en gesels met Berto Archer van Agri Namakwaland. Pinotage het ‘n ryk geskiedenis, en is ‘n eg Suid-Afrikaanse produk. Ons gesels met Beyers Truter van die Pinotage-vereniging. Ons vind ook uit waarom plase eerder opgeveil word as om deur agente verkoop te wor...
RSG Landbou 2 April 2022 02.04.2022 14:40
Die bekroonde SA Kaasfees keer ná twee jaar terug. Kaas- en wynliefhebbers kan uitsien na 'n splinternuwe ervaring – ‘n maandlange ontdekkingsreis van kaas en meer! ‘n Reeks van vier SA Kaasfees Opwip-pieknieks vind oor vier naweke in April 2022 by vier gewilde bestemmings plaas – van die Wynland en Walkerbaai tot aan die Weskus en weer terug na die Wynland. Die Operasionele Bestuurder by AgriExpo...
RSG Landbou 1 April 2022 01.04.2022 14:05
Op 24 Februarie 2022 het president Wladimir Poetin oorlog teen Oekraïne verklaar, ‘n beduidende geopolitieke risiko wat skokgolwe oor die hele wêreld gestuur het. Wêreldwyd is Rusland en Oekraïne landbou-wêreldmoondhede. Shane Rudolph, 'n landbou-ekonoom by Agri Enterprises, verduidelik wat die uitwerking hiervan op Suid-Afrikaanse boere kan wees. Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en...
RSG Landbou 31 Maart 2022 31.03.2022 27:41
Die styging in insetkoste bly ‘n uitdaging vir produsente. ‘n Voorbeeld hiervan is kunsmis, aangesien die beskikbaarheid van rouprodukte onder druk is. Christal-Lize Muller het by die onlangse Graan SA-kongres by Louis Strydom van Omnia Kunsmis gaan uitvind hoe hulle dié uitdagings aanpak. Volhoubaarheid in die suiwelbedryf verwys na vele aspekte, en Jompie Burger van die SA Suiwelstandaardagentsk...
RSG Landbou 30 Maart 2022 30.03.2022 27:33
Suid-Afrika se beste slaghuise is tydens die Cleaver-toekennings aangewys. Ons gesels onder andere met Dewald Olivier van die Rooivleisbedryfsforum. Navorsing en innovasie is van die sleutelfaktore wat bydra tot die sukses van ‘n landboumaatskappy. Ons hoor by Kim Delport van die LNR Kleingraan watter koringkultivars vir produsente in besproeiingsgebiede beskikbaar is.
RSG Landbou 29 Maart 2022 29.03.2022 26:18
Die Suid-Afrikaanse Kaasfees wat jaarliks deur Agri Ekspo aangebied word, is vanjaar weer op die landboukalender. Breyton Milford vertel wat hulle beplan. Lukas Eksteen van Bufland Bonsmaras gesels oor hulle produksieveiling. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die jongste wolpryse.
RSG Landbou 28 Maart 2022 28.03.2022 28:26
Die toekoms van plantgesondheid sluit ‘n hele paar uitdagings in. Die opleiding van plantpatoloë, ondere andere, sal móét verander, om nie eers van die impak van klimaatsverandering te praat nie. Prof. Wijnant Swart van die Universiteit van die Vrystaat brei hieroor uit. Ons vertel jou van ‘n landboumaatskappy wat reeds in 1926 in Portugal begin is. Johan Janse van Rensburg van Oro Agri SA gesels...
RSG Landbou 26 Maart 2022 26.03.2022 14:59
Ons kuier by ‘n man wat mense op elke vasteland inspireer. Sy liefde vir die boere van Afrika en sy eerstehandse kennis daarvan, is opvallend. Dis ook deels rede waarom avonturier Riaan Manser elke jaar vyf matrikulante op ‘n ovengeetlike reis neem.
RSG Landbou 25 Maart 2022 25.03.2022 12:17
'n Plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller, vertel van die navorsing wat beplan word vir 2022. Huibre Schreuder is ‘n tweede jaar PhD-plantpatologiestudent by die US. Haar navorsing fokus op swartstam by canola.
RSG Landbou 24 Maart 2022 24.03.2022 29:35
Wanneer ‘n persoon ‘n nuwe boerdery of besigheid wil begin, is die keuse van ‘n saketruktuur baie belangrik. Marese Lombard van die Universiteit van die Vrystaat se Skool vir Rekeningkunde praat hieroor. Volgens Agri Wes-Kaap is die kwessie van buitelandse werknemers wat op plase in diens geneem word, nie landbou se verantwoordelikheid nie, maar wel dié van die staat en werkgewers.
RSG Landbou 23 Maart 2022 23.03.2022 27:50
Die Hugenoot-beesras is in 1961 ontwikkel, en volgens Louis Nel van dié genootskap, kan hierdie beesras berge klim. Johann Krige van Kanonkop-wynlandgoed is onlangs as die president van die International Wine and Spirits Competition verkies. Hy vertel wat dit vir die plaaslike wynbedryf beteken. Die identifisering en behandeling van galsiekte onder vee word bespreek met dr. Louis Boag van Elanco D...
RSG Landbou 22 Maart 2022 22.03.2022 27:22
Produsente se jaarlikse lone-opgawe moet van 1 April af ingedien word. Ons hoor by Stephen Pietersen van Work Accident Support wat dit behels. In die rooivleisbedryf moet groothandelaars dikwels bontstaan om produsente gelukkig te hou - dis waaroor Koos du Pisanie met Philip Naudé van die Kalahari Landbou Koöperasie gesels. Heinrich Victor is op sy pos met ons weeklike wolmarkverslag.
RSG Landbou 21 Maart 2022 21.03.2022 26:53
Storting is een van die grootste uitdagings wat die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf die afgelope paar jaar knielhalter. Daar is egter lig aan die einde van die tonnel. Volgens Richardt Venter van AgSci Unlimited is dit nodig om tot 15 monsters te neem tydens kuilvoerproduksie. Hy verduidelik hoe dit suksesvol gedoen kan word. Daar is nuus oor veilings. Koos du Pisanie praat met Hendri Truter van De...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.