RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 17 Mei 2022 17.05.2022

Wat is die ooreenkoms tussen die afrigting van die Springbok Sewes-span en ‘n groep plaaswerkers? Braaislaai is eie aan Suid-Afrika, en as die slaai gemaak word van plaaslik geproduseerde produkte, soveel te meer. Shaun van Konynenberg gesels oor die slaai wat hy graag maak. Dis daardie tyd van die jaar wanneer  wingerdprodusente dekgewasse aanplant. Jaco Engelbrecht van Visual Viticulture gee raa...

RSG Landbou 16 Mei 2022 16.05.2022

As dit goed gaan met die ekonomie, gaan dit goed met die verbruiker. So sê Dawie Maree van FNB. Hy het boere van die Prieska-omgewing tydens ‘n boeredag toegespreek. Die Landbounavorsingsraad se dr. Garry Paterson vertel van hulle mobiele grondontledingseenheid. Ons gesels met Deon Snyman oor die Goedgedacht Trust, wat fokus op die opheffing en ontwikkeling van landelike gemeenskappe in die Swartl...

RSG Landbou 14 Mei 2022 14.05.2022

Lindy Kraak-de Vos en Henryetta Sass is twee Wes-Kaapse kleinboere wie se paaie destyds met die South African Agri Academy gekruis het. Hulle het ‘n nederige begin gehad tot waar hulle vandag deel is van die nuwe sogenaamde Voedpad. Vir hierdie vroueboere is gemeenskapsontwikkeling sentraal tot hulle landbou-ideologie.

RSG Landbou 13 Mei 2022 13.05.2022

Die tuisverbouing van sampioene is besig om talle agri-entrepreneurs se beursies te laat swel. Dr. Adriaan Smit van die South African Gourmet Mushroom Academy verduidelik watter ander voordele daar aan dié betrokke landbou-aktiwiteit verbonde is. Veranderende werksomstandighede in die landbou is onlangs nagevors, met bevindings wat in die 2035-verslag vervat is. Doris Viljoen van die Instituut vir...

RSG Landbou 12 Mei 2022 12.05.2022

Talle landbou-uitvoerprodukte moet aan fitosanitêre maatreëls voldoen, en daarvoor het die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling die e-Cert-stelsel ontwikkel. Jimmy Weir-Smith vertel hiervan. 31 Mei die sperdatum vir die indien van jaarlikse loonopgawes. Stephan Pietersen van Work Accident Support verduidelik die proses, en wat die gevolge is indien dit nie betyds gedoen w...

RSG Landbou 11 Mei 2022 11.05.2022

Die risikolandskap word groter in Suid-Afrika. Die impak van Covid, vloede, onluste en uitdagings met krag en infrastruktuur, lei tot verhoogde versekeringskostes, selfs vir landbou. Ons vra vir Andries Wiese van Hollard hieroor uit. Oorry-hope is ‘n vorm van kuilvoerstoring. Richardt Venter van AgSci Unlimited kyk na die voor- en nadele daarvan. Ons vind uit wat die gewildste bessie onder verbrui...

RSG Landbou 10 Mei 2022 10.05.2022

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het nuwe toetreders tot landbou en agri-prosessering die geleentheid gebied om hulle produkte by die SA Kaasfees ten toon te stel. Darryl Jacobs gesels oor dié inisiatief. Mike van den Berg van BKB verduidelik watter rol die adviseur in die lewe van die wol- en bokhaarprodusent speel. Ons vind ook uit hoe haloumikaas gemaak word, en Francois Knowles van APAC...

RSG Landbou 9 Mei 2022 09.05.2022

‘n Hoogtepunt op die plaaslike landboukalender, is die SA Kaasfees wat deur Agri-Expo aangebied word. Lise Roberts het dit bygewoon, en gesels met Johan Ehlers oor die verskeie aanpassings wat hulle moes maak om dit vanjaar weer te kon aanbied. As gevolg van die konflik in Oos-Europa, is sonneblomproduksie en sonneblomolie gereeld onder bespreking. Corné Louw van Graan SA verduidelik wat goeie pro...

RSG Landbou 7 Mei 2022 07.05.2022

Die South African Agri Academy in Jamestown buite Stellenbosch het 21 jaar gelede sy ontstaan gehad. Hierdie sosiale entrepeneurskap-organisasie het oor die jare vele kleinboere se landboubedrywighede handomkeer verander. Lindy Kraak-de Vos en Henryetta Sass is twee van hierdie boere.

RSG Landbou 6 Mei 2022 06.05.2022

Die dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe by Universiteit Stellenbosch, prof. Danie Brink, vertel van hulle nuwe skool vir klimaatstudies. Legio nuwe loopbaangeleenthede word ook bespreek.

RSG Landbou 5 Mei 2022 05.05.2022

Die Cabernet-kultivar van die Stellenbosch-omgewing het unieke eienskappe, sê Christo le Riche van Stellenbosch Cabernet Collective. RSG Landbou se medewerker, Carin Venter, vind uit hoe produsente die sybokhaarbedryf kan betree, wat die stand van die bedryf is en hoe produsente in weerwil van die droogte steeds volhoubaar produseer. En, daar is soos gewoonlik op ‘n Donderdag nuus oor die weer en...

RSG Landbou 4 Mei 2022 04.05.2022

Anja Fourie van Bethulie het 18 jaar gelede met haar tamatieboerdery begin. Dit was ‘n klein en moeilike begin, maar vandag bedryf sy ‘n suksesvolle besigheid. Sy vertel haar storie. Ewie Coetzee van Feedtek verduidelik watter faktore speel ‘n rol speel in vrywillige lekinname van weidende herkouers. En, volgens Linda Greyling van AECI Plant Health is daar alternatiewe vir chemiese middels.

RSG Landbou 3 Mei 2022 03.05.2022

Wat is die rol van voerkrale in die land se rooivleisekonomie? Ons gesels ook oor die probleme met woluitvoere en die uitdagings wat met bek-en-klouseer gepaard gaan.

RSG Landbou 2 Mei 2022 02.05.2022

Ons kyk saam met AECI Plant Health na die uitdagings van die aartappelprodusent. Vroeëroes, malroes en laatroes is 'n paar hiervan. Ons gesels met Kobus du Toit oor Vlakte Bonsmara se 16de produksieveiling.  Dan kuier ons weer op Richmond in die Karoo. Carin Venter vind meer uit oor die maak van wolduvets, watter wol geskik is en watter voordele wol inhou.

RSG Landbou 30 April 2022 30.04.2022

Dr. Albert Strever van die Fakulteit Landbouwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch beskryf hoe die 2035-verslag lig werp op hoe landbou van die toekoms daar sal uitsien. Doris Viljoen, Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die US se Besigheidskool, verduidelik hoe onlangse navorsing in dié verband van groot waarde vir boere is.

RSG Landbou 29 April 2022 29.04.2022

‘n Bilaterale ooreenkoms tussen die Kaliforniese Departement van Kos en Landbou en die Wes-Kaapse Departement van Landbou het betekenisvolle uitruiling van kennis tot gevolg. Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, sê veral klimaatslim boerderypraktyke was prominent in die gesprekke. Avonturier Riaan Manser neem later vanjaa...

RSG Landbou 28 April 2022 28.04.2022

Jaco Burger van Wepener is onlangs aangewys as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar. Ons vra hom uit oor sy boerdery, betrokkenheid by die gemeenskap en georganiseerde landbou. Dan kuier ons saam met Carin Venter in Richmond in die Karoo. Plaaskos of regte boerekos soos ‘n skaaptjoppie en boontjies met uie en aartappels, bly gewild. Stedelinge ry van heinde en verre op soek na plekke wat dit...

RSG Landbou 27 April 2022 27.04.2022

In die jare tagtig is mikrospuite algemeen deur besproeiingsprodusente gebruik, en vandag praat almal van die waarde van drupbesproeiing. Hoe het die bedryf oor die afgelope 40 jaar ontwikkel? Etienne Erasmus, ‘n bekende in die plaaslike besproeiingsbedryf en besturende direkteur van Netafim SA, het onlangs afgetree. Ons gesels met hom hieroor. Anton Vos van Subtropico praat oor die pryse van lewe...

RSG Landbou 26 April 2022 26.04.2022

Die vloede in KwaZulu-Natal het ‘n direkte impak op landbou. Agbiz, BUSA en Transnet werk saam om die probleme wat die infrakstruktuur soos hawens, paaie en spoorvervoer veroorsaak, aan te pak. Middelburg in die Karoo bied in Junie vanjaar hulle eerste wolfees aan. Vyf boervroue van die omgewing het met dié idee vorendag gekom. Met die finansiële uitdagings wat boere tans in die gesig staar, is di...

RSG Landbou 25 April 2022 25.04.2022

Ons kuier in die Oos-Kaapse dorp, Ugie. Carin Venter het meer oor dié dorp se boedery-aktiwiteite gaan uitvind. Anton Vos van Subtropico gesels oor hulle piesangrypmaakfasiliteit by die Tshwane Varsproduktemark. Daar is nuus oor veilings, en dr. Gerhard du Toit van SA Olive praat oor produksie en watter praktyke vir die olyfprodusent belangrik is.

RSG Landbou 23 April 2022 23.04.2022

Dr. Adriaan Smit is Hoof van die South African Gourmet Mushroom Academy. Volgens hom is daar heelwat gesondheidsvoordele verbonde aan die insluit van sampioene in mens se eetplan. Voordele waarvan baie van ons nie eens bewus is nie. Die tuisverbouing van sampioene is ook ‘n winsgewende stokperdjie. Jy moet egter op jou hoede wees om nie sekere foute in die proses te maak nie. Hy bespreek dit volle...

RSG Landbou 22 April 2022 22.04.2022

Staatsveearts dr. Vivian Malan praat oor die take en verantwoordelikhede van mense wat in die veeartsenydienste van verskeie departemente van landbou dien, veral in die lig van die feit dat vyf uit nege provinsies bek-en-klouseergevalle het. Toit Wessels van Nampo het goeie nuus. Ná ‘n afwesigheid van twee jaar kan ons weer vere regskud vir die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika.

RSG Landbou 21 April 2022 21.04.2022

R10 Brahmane vier vanjaar hulle 50ste herdenking. Hulle het van dag een af besluit om suiwer Manso-diere te teel. Eienaar Llewellyn Labuschagne gesels met Carel Chalmers van Bosveld Vleissentraal oor hulle prestasies en produksieveiling op 23 April. Ons kyk ook na die plaaslike olyfbedryf. Volgens dr. Gerhard du Toit van die Suid-Afrikaanse Olyfvereniging produseer Suid-Afrika van die beste olyfol...

RSG Landbou 20 April 2022 20.04.2022

Inwoners van die Oranjerivier-omgewing is vir ‘n geruime tyd al bekommerd oor die gehalte van die water. Georganiseerde landbou, boere en ander individue het Gariepwatch gestig om die probleem aan te pak. Koos du Pisanie het by Fritz Bekker meer hieroor gaan uitvind. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor die voorkoming van bosluisweerstand. Die Bonsmara Genepoel se produksieveilin...

RSG Landbou 19 April 2022 19.04.2022

Volgens ‘n artikel in die vaktydskrif, Agronomy Journal, sal sojaboonprodusente ‘n paar kopskuiwe moet maak. Ons gesels met die medeskrywer, dr. Stephano Haarhoff van Yara Africa Fertilizer. Ons vind ook meer uit oor ‘n brandvoorkomingsnavorsingsprojek by die Bottelary Heuwels Renosterveld Bewaringsarea. Jean Pierre du Plessis van African Data Technologies verduidelik hoe data by hierdie navorsing...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.