RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 15 Junie 2022 15.06.2022

Dis planttyd vir kleingraanprodusente in die Wes-Kaap. Swamsiektes veroorsaak groot verliese, maar met die regte beheer kan dit voorkom word. Ons hoor by Aartappels SA hoe die aartappelmarkte lyk, en daar is terugvoer van die onlangse NWKV-kongres. Prof. Beatrice Conradie het ‘n studie gedoen oor die droogte in die Karoo. Chris Wilken van Furilex vertel van ‘n program wat op kommunale wolboere fok...

RSG Landbou 14 Junie 2022 14.06.2022

Daar is tans meer as 40 000 kommunale wolboere in Suid-Afrika. Deon Saayman van Cape Wools vertel van ‘n program wat die standaard van dié wol verseker, en ook toegang tot groter markgeleenthede bied. Heinrich Victor van OVK vertel wat by die laaste wolveiling van die seisoen gebeur het. Ons vind uit waarom plase eerder opgeveil as verkoop word, en watter pryse plase behaal.

RSG Landbou 13 Junie 2022 13.06.2022

Ons gesels met Ian Cunningham wat onlangs as Agri Wes-Kaap se jongboer van die jaar aangewys is. Die verbruiker en produsent beweeg, danksy sosiale media, al hoe nader aan mekaar. Dit beïnvloed verbruikerspersepies. Ons vra vir prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat hieroor uit. Carin Venter het twee wolboere, Eben du Plessis en Peter Cloete, by die NWKV-kongres raakgeloop. Hulle...

RSG Landbou 11 Junie 2022 11.06.2022

Stel jou voor ‘n kosproe-roete waar jy van die mees outentieke Suid-Afrikaanse disse eerstehands kan beleef, daar waar dit vandaan kom. Hierdie droom het in April ‘n realiteit geword toe die South African Agri Academy in Jamestown buite Stellenbosch onder leiding van Lina Keyter, die Voedpad bekendgestel het.

RSG Landbou 10 Junie 2022 10.06.2022

Pieter Botha, ‘n areabestuurder vir besigheidsbankdienste in die Noord-Kaap, verduidelik waarom die rosynbedryf baie belowend lyk. Deona Strydom, ‘n gemeenskap-ontwikkelingsbeampte by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel wat dié dienste behels, en gee besonderhede oor vanjaar se Wes-Kaap Prestige Agri-kompetisie. Dr. Johann Strauss, ‘n seniornavorser by die Wes-Kaapse Departement van Lan...

RSG Landbou 9 Junie 2022 09.06.2022

Hoe het Suid-Afrika, meer spesifiek landbou, die afgelope tien jaar gevorder met die Nasionale Ontwikkelingsplan? Prof. Johan Kirsten van die Buro vir Ekonomiese Navorsing was die hoofspreker by die Nasionale Wolkwekersvereniging se kongres, en hy het met RSG Landbou hieroor gesels. Isak Staats van BKB bring ons op hoogte van Suid-Afrikaanse wolstandaarde en uitvoere. Dr. Roger Price, ‘n sprinkaan...

RSG Landbou 8 Junie 2022 08.06.2022

Die BKB skaap- en woladviseur se waarde word op verskeie maniere tot die inkomste van ‘n produsent toegevoeg. Mike van den Berg verduidelik. Een van die finaliste van die Veeplaas Klimaatambassadeur-kompetisie is Matthew Morgan van Tarkastad. Ons hoor watter aanpassings hy op sy plaas moes maak om by die veranderende aan te pas. Ons vind meer uit van PALS, ‘n privaatsektor-gedrewe grondhervormings...

RSG Landbou 7 Junie 2022 07.06.2022

Wat is die waarde van ‘n landbou-handelsmerk, en hoe werk die proses? Carl van Rooyen van Spoor & Fisher beantwoord hierdie en ander vrae oor handelsmerke. André Sieberhagen van Vlakfontein Merino’s vertel van sy gebruik van sonkrag op sy plaas in die Karoo. Junior- en senior interrasbeoordelaars het by Nampo  eksamen afgelê.

RSG Landbou 6 Junie 2022 06.06.2022

Bostu Boerboele is aangewys as een van die wenners in vanjaar se SA Stamboek Nasionale Elite-toekennings. Ons gesels met die teler, Chereen Boshoff, en met Anemari Pretorius van die SA Boerboeltelersgenootskap oor dié prestasie. Die verval van plattelandse dorpe is onder bespreking. Christal-Lize Muller het tydens Nampo by Barend le Grange van die Privilege-stigting gaan uitvind wat hulle doen om...

RSG Landbou 4 Junie 2022 04.06.2022

In die eerste van ons Jeugmaand-reeks is daar ‘n storie wat jou sal bybly en inspireer. Alwyn Uys was destyds betrokke by sitrusuitvoere. Sy landbou-agtergrond en wat hy daar geleer het sou later ‘n bron van hoop wees nadat sy lewe agt jaar gelede onherroeplik verander het. Hoor hoe hy bykans onmoontlike uitdagings oorkom het, en hoe grense met dapperheid oorbrug kan word.

RSG Landbou 3 Junie 2022 03.06.2022

Dr. Dirk Troskie, direkteur van Sake-ontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, sluit by ons aan om die eerste van twee deelhouer-vergaderings van die jaar te bespreek. Tydens die vergadering het die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, sy jaarbegroting bespreek. Troskie verduidelik ook watter positiewe uitkomste die byeenkoms tot gevolg gehad het, wat ver...

RSG Landbou 2 Junie 2022 02.06.2022

In watter mate word daar van leierskap verwag om te verhoed dat plattelandse dorpe verval? Christal-Lize Muller gesels met dr. Ivan Meyer, minister van landbou in die Wes-Kaap, oor hulle planne om dié probleem aan te pak. Produsente in die winterreënvalstreke hou hulle asem op om te sien hoe produksie sal verloop. Nico Groenewald van Standard Bank fokus op die stand van landbou in die Wes-Kaap. Jo...

RSG Landbou 1 Junie 2022 01.06.2022

Herman du Preez van die Lichtenburg-ongewing is aangewys as Agri NW se Jongboer van die Jaar. GWK se Beyers Mallo verduidelik wat die waarde van luserngradering is. Kanolaprodusente het ‘n uitdagende plantseisoen agter die rug. Ons praat met Zander Spammer van Southern Oil daaroor. Francois Knowles van APAC vertel watter biosekuriteitsreëls vir lewendehawe-agente geld.

RSG Landbou 31 Mei 2022 31.05.2022

Wat is produsente se planne om binne die volgende dekade uit hulle boerdery te tree? Dr. Kandas Cloete het haar doktorale studie hieroor gedoen, en vertel van haar bevindings. Die sybokhaarbedryf kan uitsien na ‘n nuwe tuiste. House of Fibre, die grootste bokhaarfasiliteit in die wêreld, se 13 000 vierkante meter fasiliteit word in Junie in gebruik geneem. Pierre van der Vyver vertel waarom dié ve...

RSG Landbou 30 Mei 2022 30.05.2022

Ons hoor by energiekenner dr. Wolsey Barnard of beurtkrag hier is om te bly. Carin Venter gesels met hom oor die kragsituasie, en watter raad hy vir produsente het. Daar oudergewoonte nuus oor veilings, en ons hoor wat dr. Gerhard Neethling van die Rooivleis Abattoir Vereniging te sê het oor die rol van die veearts met betrekking tot vleisveiligheid by abattoirs.

RSG Landbou 28 Mei 2022 28.05.2022

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is die mees gesogte en grootste suiwelgebeurtenis in die land. Die kompetisie, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, is oop vir groot, medium en klein suiwelvervaardigers, en spog met meer as 100 kategorieë vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander suiwelprodukte waarvoor vervaardigers kan inskryf. Wenners van die onderskeie kategorieë...

RSG Landbou 27 Mei 2022 27.05.2022

Liezl McKenzie, ‘n geografiese inligtingstelsel-tegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het onlangs ‘n internasionale toekenning losgeslaan. Arie van Ravenswaay verduidelik waarom dit ‘n besonderse veer in die hoed is. Plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller praat oor die navorsing wat onlangs op graangewasse gedoen is.

RSG Landbou 26 Mei 2022 26.05.2022

Kuier saam met RSG Landbou by Nampo-oesdag 2022. Ons gesels met Gernie Botha van Vrystaat Landbou, en vind ook meer uit oor die herstel van hommeltuie. Die Eben Dönges Laerskool van Bothaville vertel van hulle betrokkenheid by Nampo, en ons het ook die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer raakgeloop. Daar is soos gewoonlik nuus oor die jongste vleispryse, en Johan van den Berg is o...

RSG Landbou 25 Mei 2022 25.05.2022

Rou sojabone en sojaboon-oesreste kan baie doeltreffend as ‘n voedingsbron vir herkouers gebruik word, maar met omsigtigheid. Esmari Rautenbach van Feedtek verduidelik wat sy hiermee bedoel. Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA het tydens die RuVasa-kongres gewaarsku dat daar ‘n toename in die gebruik van ongeregistreerde veemedisyne is. Carin Venter gesels met hom hieroor. Eddie Visser van Africa...

RSG Landbou 24 Mei 2022 24.05.2022

Watter aspekte is belangrik wanneer ‘n ram vir ‘n kudde aangekoop word? Johan Swart, ‘n dormerstoetboer van Swellendam, het die antwoord. Bunkers is waarskynlik een van die oudste kuilvoerbergingsmetodes. Richardt Venter van AgSci Unlimited vertel meer hieroor. Ons hoor by Willem van Jaarsveld van die Nasionale Diergesondheidsforum wat ‘n biosekuriteitsoudit behels. Het jy al gehoor van jenewer wa...

RSG Landbou 23 Mei 2022 23.05.2022

Rumen speel ‘n integrale rol by die gesondheid van ‘n dier. Dr. Johan van Rensburg van ABE Biotech brei hieroor uit, en verduidelik watter uitwerking wisselende pH het. Daar is tans meer as 370 Brahmantelers wat lid is van die Brahman-beestelersgenootskap. Sietze Smit praat oor die bevordering van dié ras in Suid-Afrika. Staatsveearts dr. Alicia Cloete was een van die sprekers by die afgelope RuVa...

RSG Landbou 21 Mei 2022 21.05.2022

Na afloop van vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is menigte produsente vereer vir hulle wêreldklas produkte. In die proses het heelwat besighede ook ‘n hupstoot gekry. Die proses van beoordeling is ‘n interessante en komplekse een. Die bestuurshoof van Agri Expo, Johan Ehlers, gee vir ons ‘n idee hoe die kampioene in die bedryf gekroon word.

RSG Landbou 20 Mei 2022 20.05.2022

Dr. Chris de Brouwer, die waarnemende hoof van navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, verduidelik die belangrikheid van die Wêrelddag vir Innovasie, veral in ‘n tyd van van Covid. Grant Forbes, die bewaringsbestuurder by die Overberg Renosterveld Bewaringstrust, sê daar is baie geleenthede vir indiwidue om as vrywilligers by die organisasie aan te sluit. Di...

RSG Landbou 19 Mei 2022 19.05.2022

Daar is goeie nuus oor die beheer van bek-en-klouseer. Só sê spesialisveearts dr. Shaun Morris. Hy was een van die sprekers by die onlangse RuVasa-kongres. Hoe kan boere ‘n beter premie by ‘n voerkraal of abattoir vir karkasse beding? Elrie Botha van Cavalier gee raad. Lise Roberts meer gaan uitvind oor mozzarellakaas wat met buffelmelk gemaak word. Tino Belle Donne van Zandam Kaas vertel ook van...

RSG Landbou 18 Mei 2022 18.05.2022

Bogemiddelde groei in die rooivleisbedryf is waarna die Rooivleis-abattoirvereniging streef. Hierdie visie is bevestig by hulle 29ste kongres en konferensie wat vroeër vandeesmaand plaasgevind het. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid praat oor die belangrikheid van die strategiese gebruik van wurmmiddels. Aangesien landbou as ‘n werkskeppende bedryf gesien word, is die vraag: waarom word daa...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.