RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 14 Julie 2022 14.07.2022

Besproeiing speel ‘n toenemende belangrike rol in die uiters medingende landbouproduksiemark. Ons gesels met Milton Petersen van die Landbounavorsingsraad oor die toets van besproeiingstoerusting en waarom dit so belangrik is. Daar is nuus oor twee veilings: die Alzu Beefmasters-veiling van Leon du Toit, en Nelius Ferreira vertel wat vanjaar vir die Ferrero Bonsmaras-veiling beplan word. Frans de...

RSG Landbou 13 Julie 2022 13.07.2022

Hoe beïnvloed die verhoogte beurtkrag die landbou-handelsomgewing? Yolanda Colesky van BKB Handelstakke gesels oor die uitdagings wat hierdie deel van die landbouwaardeketting in die gesig staar. Ons praat verder oor makadamias met dr. Elrea Strydom van Makadamia Suid-Afrika. Die Nasionale Boran-veiling vind eersdaags plaas, en Christopher Havenga vertel wat hulle beplan. Ons hoor hoe kleinboere e...

RSG Landbou 12 Julie 2022 12.07.2022

Hoe vergelyk Suid-Afrika se makadamiabedryf met die res van die wêreld? Waarom moet jy nie hierdie neute langs die pad koop nie? Die produsent met die oudste bestaande Ile de France-kudde, Bossie Clarke, vertel van sy sukses met dié skaapras. Hy het as kampioen weggestap by vanjaar se Royal-skou. Martiens de Jager van Gulland Simmentalers vertel wat by hulle veiling aangebied word. Philip Dreyer p...

RSG Landbou 11 Julie 2022 11.07.2022

Daar is 'n persepsie dat groot melkplase nie omgewingsvriendelik is nie, daarom verkies sommige verbruikers organiese melk. Maar hoe groot is dié mark, en watter vereistes moet aan voldoen word om organiese melk te produseer? Ons het vir dr. Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch hieroor uitgevra. Daar is nuus oor veilings, en danksy internasionale en plaaslike instansies het talle kleinbo...

RSG Landbou 9 Julie 2022 09.07.2022

Hendrien Vercueil is wynmaker by Piekenierskloof Wyne in Citrusdal. Haar 2020 Old Vine Bergendal Chenin Blanc is as Suid-Afrika se beste Chenin Blanc by die Londen Wynkompetisie aangewys. Dié passievolle jong wynmaker sluit by ons aan.

RSG Landbou 8 Julie 2022 08.07.2022

Suid-Afrika sal in 2023 die tuiste wees van die Concours Mondial du Sauvignon. Dis ‘n wynkompetisie wat jaarliks die beste Sauvignon Blancs in die wêreld vereer. Dit sal die eerste keer in die kompetisie se 14-jarige bestaan wees dat dit in Suid-Afrika gehou word. RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter, vertel ons meer van die geleentheid. ‘n Plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departeme...

RSG Landbou 7 Julie 2022 07.07.2022

Daar is 'n persepsie dat groot melkplase nie omgewingsvriendelik is nie, daarom verkies sommige verbruikers organiese melk. Maar hoe groot is dié mark en aan watter vereistes moet dit voldoen word om organiese melk te produseer? Mielieprodusente berei nou voor vir vroeë aanplantings, en die regte bastereienskappe is belangrik. Andries Wessels van Syngenta gee raad. Dan het ons soos altyd weernuus,...

RSG Landbou 6 Julie 2022 06.07.2022

Herwinning het vele fasette. Brouersgraan word nie net vir die maak van bier gebruik nie, maar ook om geurige graanskyfies te maak. Christo Worst van Southern Oil het met dié idee vorendag gekom, en hy vertel wat dié proses behels. Christal-Lize Muller kuier by ‘n Boran-teler in die Magaliesburg-omgewing wat besig is om sy merk in die veebedryf te maak. Mpho Munyai van Vhanyai Borans vertel sy sto...

RSG Landbou 5 Julie 2022 05.07.2022

In ‘n poging om tegniese beperkings op handel te verminder en sodoende die beweging van produkte oor landsgrense te bevorder, het ‘n groep organisasies hande gevat en bied nou kwaliteit infrastruktuurondersteuning. Dr. Angelique Botha van die Metrologie-instituut van Suid-Afrika verduidelik wat dit behels. Richardt Venter van AgSci Unlimited praat oor die voor- en nadele van toegedraaide bale as s...

RSG Landbou 4 Julie 2022 04.07.2022

Volgens Eric Stoch van die Noordwes Sambreel-brandbestrydingsvereniging was die 2021-brandseisoen die ergste nóg in die geskiedenis van dié provinsie. Kobus du Plessis van Feedtek praat oor stelsels vir die uitgroei van Boerbok-vervangingsooie.

RSG Landbou 2 Julie 2022 02.07.2022

Ian Cunningham onlangs aangewys as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar. Hy boer met sagtevrugte en wyndruiwe op Elgin en Villiersdorp. Hy sê hy werk aan ‘n nalatenskap wat sinoniem is met innovasie en kwaliteit, en waar elke lid van sy span hulle volle potensiaal kan bereik. Die oordrag van vaardighede en kennis is deel van die boustene van sy boerdery. Jannie Strydom, bestuur...

RSG Landbou 1 Julie 2022 01.07.2022

Dr. Vivian Malan, ‘n staatsveearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. bring ons op hoogte van alles wat ons van Afrika-perdesiekte behoort te weet. Ons hoor ook wat die huidige stand van sake met bek-en-klouseer is, en waar boere in kan aanklop vir hulp en raad.

RSG Landbou 30 Junie 2022 30.06.2022

Verskeie faktore dra by tot die huidige onsekerheid in landbou, maar in weerwil daarvan is daar ‘n wil om volhoubare en veerkragtige voedselstelsels te bou. Dit is ‘n boodskap wat sterk na vore gekom het tydens verlede week se Agbiz-kongres. Suid-Afrika het die afgelope week vloede, droogte en koue weer ervaar. Johan van den Berg vertel ons wat ons vir die nabye toekoms kan verwag. Chris Derksen i...

RSG Landbou 29 Junie 2022 29.06.2022

Ons kuier in die koudste deel van die land. Dries Pienaar is ‘n Dohne-Merino-boer van Collingham in die Stormberge, en ons hoor wat sy benadering tot sy boerdery is. Die Toyota SA Jong Afslaerskompetisie is in volle swang. Talle streekswenners is aangewys, en Soya Jita bring ons op hoogte. Silosakke as stoorvorm vir kuilvoer het redelik onlangs eers deel van die Suid-Afrikaanse kuilvoerlandskap ge...

RSG Landbou 28 Junie 2022 28.06.2022

Skaapbrandsiekte is ‘n hoogs aansteeklike velsiekte, wat veral hierdie tyd van die jaar voorkom. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor die voorkoming en behandeling hiervan. Hoewel predasie ‘n groot probleem vir die veeprodusent bly, is die beskerming van die luiperd en die bewaring van dié roofdier se ekostelsel belangrik, sê dr. Chavoux Luyt van die Cape Leopard Trust. Daar is n...

RSG Landbou 27 Junie 2022 27.06.2022

Die Weiveldvereniging van Suidelike Afrika beywer hulle vir die bewaring van en navorsing oor grasvelde. Die vereniging hou in Julie kongres, en dr. Francois Deacon verduidelik waarom die bestuur van veld ook vir landbou van belang is. Koos du Pisanie het meer gaan uitvind oor opkomende boere se deelname aan ‘n slaglam-kompetisie op Prieska. Hy gesels met Dirk Zandberg van SAMIC hieroor. Johan Bre...

RSG Landbou 25 Junie 2022 25.06.2022

By die onlangse Giant Pumpkin-kompetisie op Heidelberg in die Wes-Kaap, is ‘n nuwe rekord opgestel. ‘n Bielie van ‘n pampoen, wat die skaal op 904,5 kg laat kreun het, het met die louere weggestap. Ná maande se vertroeteling en harde werk was dit die beloning vir ‘n jong plaasbestuurder van Ruiterbos by Mosselbaai. Sy liefde vir landbou en sy toegewydheid is opvallend. Dit is ‘n storie van ‘n pass...

RSG Landbou 24 Junie 2022 24.06.2022

In die voorlaaste program in ons Jeugmaand-reeks, sluit Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom, by ons aan om te vertel van die jaarlikse Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie. Toit Wessels van Nampo kyk terug na die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika wat, vanjaar met groot sukses plaasgevind het.

RSG Landbou 23 Junie 2022 23.06.2022

Hoe lyk die prestasie van suiwelprodukte in die kleinhandel? Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO het die antwoord. Ons fokus ons op die stand van die lewendehawebedryf saam met dr. Cobus Oberholster van BKB. In ons weeklikse weersake fokus Johan van den Berg op die droogte wat die Oos-Kaapse kus tans beleef, en Chris Derksen is soos altyd op sy pos met nuus oor vleispryse.

RSG Landbou 22 Junie 2022 22.06.2022

Ongeveer 41% van Suid-Afrikaanse sybokhaar word na Italië uitgevoer. ‘n Opkomende sybokhaarprodusent van Somerset-Oos, Lloyd James, het onlangs Italië besoek om meer oor dié mark uit te vind. Dr. Mackie Hobson, ‘n veearts, gesels oor sy hulp aan die sybokhaarprodusent en watter siektes aandag moet geniet. Beauty Mokgwamme vertel wattdie Sybokhaarbemagtigingstrust doen, en Frans de Klerk fokus op d...

RSG Landbou 21 Junie 2022 21.06.2022

Hoe hou jy jou besigheid eenvoudig? Sakestrateeg Juanita Vorster het hieroor gepraat by die SA Large Herds-konferensie. Boere in die Namakwa sukkel steeds as gevolg van die droogte. Abi Messelaar van die National African Farmers’ Union vertel wat hulle doen om veral kleinboere by te staan. Dr. Johan van Rensburg van ABE Biotech bespreek die voor- en nadele van weimielies en oesreste as veevoeding....

RSG Landbou 20 Junie 2022 20.06.2022

Die 78ste Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekervereningskongres het onlangs op Graaff-Reinet plaasgevind. Jaco Minnaar van Agri SA was die hoofspreker. Carin Venter gesels met hom oor die aanpasbaarheid van die produsent. ‘n Makadamia-produsent, Org Lindeque, is as Mpumalanga Landbou se jongboer vir 2022 aangewys, en ons hoor wat sy benadering tot die vele fasette van sy boerdery is. Daar is nuus oor ve...

RSG Landbou 18 Junie 2022 18.06.2022

Hy het geweet sy pampoen sal ‘n wenner én ’n Suid-Afrikaanse rekordhouer wees. Volgens Willem le Grange, ’n plaasbestuurder van Ruiterbos buite Mosselbaai, het hy vertroue gehad in sy reuse pampoen van 904,5 kg wat vanjaar as die wenner op die Giant Pumpkin-fees in Heidelberg in die Wes-Kaap aangewys is.

RSG Landbou 17 Junie 2022 17.06.2022

Prof. Stephanie Midgeley van die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch het onlangs ‘n reis deur die Wes-Kaap onderneem waartydens sy deelhouers en boere besoek het. Sy vertel wat sy bevind het. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum deel die inhoud van ‘n navorsingsverslag oor omgewingsbestuur. Lina Keyter, direkteur en stigterslid van die South African Agri Academy in J...

RSG Landbou 16 Junie 2022 16.06.2022

Die voorraadvlakke van voedselolies is onder druk, wat gevolglik tot prysstygings lei. maar wat lê voor vir die verbruiker? Morné Botes van Southern Oil het die antwoord. Die Oos-London-hawe is weer oop vir mielie-uitvoere. Dr. André van der Vyver van die Suid-Afrikaanse Graan- en Oliesadeverhandelingsvereniging verduidelik wat dit vir landbou beteken. Jacques Malan vertel van die Ankole-verenigin...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.