RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 12 Augustus 2022 12.08.2022 15:53
'n Elektroniese nuusbrief wat kwartaaliks verskyn, word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou uitgereik. Prof. Stephanie Midgeley is verbonde aan die departement Hortologie aan die Universiteit Stellnbosch, en dien ook as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy vertel wat in die nuusbrief is wat vir boere van groot waarde s...
RSG Landbou 11 Augustus 2022 11.08.2022 28:06
Rooivleisprodusente moet leer om by die omgewing aan te pas. Dit is die boodskap van James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie. RSG Landbou het met hom gesels by dié organisasie se jaarlikse konferensie. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het in 2013 met bewaringsboerdery-praktyke in die Sandveld begin. Dr. Jacques van Zyl gee terugvoer hieroor. Johan van den Berg is op sy pos met we...
RSG Landbou 10 Augustus 2022 10.08.2022 28:57
Die George Landbouskou vier vanjaar sy 162ste bestaansjaar. Die Nasionale Jersey-kampioenskappe word daar aangebied. Corné Botha vertel ons waarna besoekers nog kan uitsien. Afrivet het onlangs ‘n tegniese konferensie aangebied wat veral op heersende veesiektes gefokus het. RSG Landbou het dit bygewoon, en ons het daar met dr. Peter Oberem en dr. Chris van Dijk gesels. KragDag, wat fokus op energi...
RSG Landbou 9 Augustus 2020 09.08.2022 25:46
Hoë-inkomstegroepe in Suid-Afrika koop meer gevriesde aartappelprodukte as lae-inkomstegroepe, wat vars aartappels verkies. Ede Farming in die Middelburg-omgewing hou ‘n suiweldag in September. Die Universiteit van die Vrystaat is by ‘n wolwaardekettingprojek betrokke. Ons gesels met dr. Jan Swanepoel en Carien Denner-Vorster van die Departement Volhoubare Voedselsisteme en Ontwikkeling hieroor.
RSG Landbou 8 Augustus 2020 08.08.2022 27:52
Die rekening vir lone-opgawes in landbou word volgens vier subklasse bepaal. Stephan Pietersen van Work Accident Support verduidelik wat dit behels. Landbouskou-entoesiaste in die Wes-Kaap kan vanjaar weer uitsien na Nampo Kaap, wat soos altyd op Bredasdorp aangebied word. Brangustelers kom vandeesweek byeen vir hulle nasionale veiling.
RSG Landbou 6 Augustus 2022 06.08.2022 14:00
By Ostriland Meat in Citrusdal in die Wes-Kaap word volstruis en wildvleis van hoë gehalte vir supermarkte en uitvoer verwerk. Hulle vervaardig ook troeteldierhappies. Hulle produkte kan by 800 veeartse en troeteldierwinkels in Suid-Afrika, Namibië en Botswana gevind word. Van die produkte word ook na verskeie ander lande uitgevoer. Voedselwetenskaplike Carin-Marie Pienaar leef haar passie, en het...
RSG Landbou 5 Augustus 2022 05.08.2022 14:31
Die Wes-Kaapse Departement Landbou het verlede maand sy heel eerste Klimaatsverandering en Jong Landbouers Konvensie aangebied. Daneel Rossouw, die hoof van Nedbank se landbou-afdeling, was een van die paneellede tydens. Hy praat oor nuwe loopbaangeleenthede binne die sfeer van klimaatsverandering, en die rol van die private sektor om volhoubare praktyke te befonds. Die eerste week van Augustus is...
RSG Landbou 4 Augustus 2022 04.08.2022 26:17
Talle plaaseienaars maak van maatskappye gebruik om tydelike of seisoenale werkers in diens te neem, maar hoe weet jy of dié instansie volgens die regulasies werk? Donné Nieman van Workforce Staffing in die Wes-Kaap gee raad. Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik wat die eerste stap is wat ‘n werkgewer moet doen tydens die afleggingsproses van ‘n werknemer. Chris Derksen o...
RSG Landbou 3 Augustus 2022 03.08.2022 28:38
Die familieboernetwerk, Saai, het ‘n digitale grondeisedatabasis bekendgestel. Dr. Josef van Wyngaard van Voermol verduidelik wat belangrik is met betrekking tot die voedingsbehoeftes van skaapooie. Christal-Lize Muller praat met dr. D’Wall Hauptfleisch oor biosekuriteit. Hy was een van die sprekers by die Langspruit-boerevereniging se onlangse beesinligtingsdag.
RSG Landbou 2 Augustus 2022 02.08.2022 26:07
Ondanks die feit dat Suid-Afrika vir langer as ‘n eeu vrugte na die Europese Unie uitvoer, bly swartvlek op sitrus ‘n probleem. Charl Kotze van Hygrotech verduidelik hoe dié siekte beheer word. Die BKB Merino Classic is ‘n hoogtepunt op Merino SA se kalender, en Willie van Heerden vertel wat ons van vanjaar se geleentheid kan verwag. Daar is talle kwessies in die rooivleisbedryf wat tans aandag ge...
RSG Landbou 1 Augustus 2022 01.08.2022 27:10
Grootskaalse veranderinge aan Suid-Afrika se omgewingswetgewing is op 24 Junie deur die president goedgekeur. Hoe raak dit die landbousektor? Ons kuier in die Villiersdorp-omgewing by Amoré Viljoen. Sy is die bestuurder van die sagtevrugteplaas, Lakeview Farm. Simeon Hurwitz vertel van die Hurwitz Farming-produksieveiling wat naby Davel plaasvind.
RSG Landbou 30 Julie 2022 30.07.2022 13:08
Chris-Thys Groenewald het ‘n gemengde boerdery op Riviersonderend. Hy vertel wat hy geleer het tydens sy tyd as boer in Amerika. Praktiese besparingsmetodes in ‘n tyd van droogte is iets wat hy goed onder die knie het. Hy is ook van mening dat dit uiters belangrik vir boere is om by georganiseerde landbou aan te sluit.
RSG Landbou 29 Julie 2022 29.07.2022 13:29
Janika de Beer is ‘n gekwalifiseerde veekundige en tweedejaar Meesterstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Sy vertel van haar navorsing oor kleinboere. Prof. Wynand Steyn van die Universiteit van Pretoria verduidelik die waarde van nuwe sensortegnologie vir sonneblomboere.
RSG Landbou 28 Julie 2022 28.07.2022 25:28
Lede van die Rooivleisprodusente-organisasie en die Nasionale Wolkwekersvereniging in die Oos-Kaap het onlangs by die historiese Thomasrivier bymekaargekom. RSG Landbou-medewerker Carin Venter het die geleentheid bygewoon. Sy gesels met David Wardle oor die bewaringsgebied wat boere in daardie omgewing gevestig het. Ons hoor ook wat hierdie week met vleispryse gebeur het, en Johan van den Berg fok...
RSG Landbou 27 Julie 2022 27.07.2022 27:01
Toestande by die Potchefstroom Landboukollege is ‘n bron van groot kommer vir die toekoms van landbou-opleiding in Noordwes. Francois Rossouw van Saai vertel watter stappe hulle doen om die saak aan te pak. Die vervoer van lewende hawe is onderhewig aan streng regulasies. Johann Vosser van Vleissentraal Bosveld verduidelik wat dit behels. Die Departement van Indiensneming en Arbeid beplan besoeke...
RSG Landbou 26 Julie 2022 26.07.2022 25:31
Waaruit bestaan ‘n dag in die lewe van ‘n Australiese skaapskeerder? Charl Rogers is ‘n Suid-Afrikaner wat tans is Australië as skaapskeerder werk. Ons medewerker, Carin Venter, gesels met hom. Ons fokus weer op entrepreneurskap. Ons gesels met Anja Fourie, ‘n boervrou van die Bethulie-omgewing. Sy bedryf haar eie tamatiebesigheid, en vertel hoe sy begin het en watter lesse sy in die 18 jaar gelee...
RSG Landbou 25 Julie 2022 25.07.2022 29:21
Beesboere in die Bosveld boer meestal ekstensief. Dit is die fokus van die beesweek wat tydens die Thabazimbi-landbouskou aangebied word. Dr. Pieter de Kock vertel wat hulle vir die geleentheid beplan. Kunsmatige intelligensie en die rol wat dit by gewasgesondheidsmonitering speel, is onder bespreking. Dr. Dave Berger van die Universiteit van Pretoria doen navorsing hieroor. Daar is soos altyd ook...
RSG Landbou 23 Julie 2022 23.07.2022 15:10
Chris-Thys Groenewald het ‘n gemengde boerdery op Riviersonderend, met ‘n toekomsvisie om innoverend en winsgewend te bly boer. Hy glo in spanwerk en eerlikheid, en sê hy hoop om eendag sy kennis en passie aan die volgende generasie boere oor te dra.
RSG Landbou 22 Julie 2022 22.07.2022 16:14
Die adjunk-direkteurgeneraal van landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie. Michelle Gouws, ‘n meestersgraadstudent in veekunde aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor haar studie van alternatiewe byvoermiddels tot algemene ioonvoer in kalf-kruidvoer.
RSG Landbou 21 Julie 2022 21.07.2022 29:22
In die laaste aflewering van die reeks oor die plaaslike varsproduktebedryf, fokus dr. Johan van Deventer op die toekoms van die bedryf. Ons praat met Jannie Myburgh van Myburgh Toerusting oor entrepreneurskap. Hy is ‘n boer van die Ermelo-omgewing, maar ontwerp en modifiseer ook plaastoerusting. Soos altyd is daar ook nuus oor die weer en jongste vleispryse.
RSG Landbou 20 Julie 2022 20.07.2022 26:06
Dr. Johan van Deventer verduidelik watter rol munisipale varsproduktemarkte en markagente speel in voedselsekerheid. Die SA Charolais-beestelersgenootskap se nasionale veiling vind in Augustus plaas. Ons vind meer uit oor 'n lamsiekte wat deur ‘n toksiese bakterie veroorsaak word.
RSG Landbou 19 Julie 2022 19.07.2022 27:14
Dr. Johan van Deventer praat oor die verspreidingskanale van varsprodukte, en watter kanaal die kettingwinkel verkies. Ons vind uit waarom daar spesiale aandag aan die voeding van uitskotkoeie gegee moet word. Christopher Sparks en André van der Merwe gesels oor die Bastion Brangus-telersgroep se veiling op 29 Julie.
RSG Landbou 18 Julie 2022 18.07.2022 29:52
Dr. Johan van Deventer, wat langer as 30 jaar by die varsproduktebedryf was, praat oor die geskiedenis, verspreidingskanale, die rol van kettingwinkels, munisipale markte en die uitdagings in die bedryf. Dr. Christina Eberhardt van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde lewer ‘n diens wat op hartgesondheid by perde fokus. Daar is ook nuus oor veilings wat vandeesweek plaasvind.
RSG Landbou 16 Julie 2022 16.07.2022 15:02
Suid-Afrika se eerste robothond, Smoof, het in Januarie vanjaar hier aangeland. Prof. Wynand Steyn van die Universiteit van Pretoria verduidelik hoe hierdie viervoet en soortgelyke robotte van groot waarde vir boere in die toekoms sal wees.
RSG Landbou 15 Julie 2022 15.07.2022 12:36
Cape Wine 2022 is die grootste wynskou in die Suidelike Halfrond. Maryna Calow van Wines of South Africa verduidelik waarom dit ‘n spesiale geleentheid sal wees vir plaaslike produsente. Die direkteur van navorsing en beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, vertel van geleenthede vir nuwe toetreders. Hy praat ook oor bosbou se uitwerking op die omgewing en die volhoubaarheid van hulpbr...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.