RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 10 September 2022 10.09.2022 15:34
Hoe kommunikeer en deel die moderne Suid-Afrikaanse boer inligting? Hoe gemaak in ‘n land waar ons elf amptelike tale het? Wat is boere se verkose medium van nuus? Wat is die rol van hedendaagse kommunikasieplatforms, en hoe kan dit verfyn word? G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ‘n bekroonde onafhanklike kommunikasiekonsultant, het die antwoorde.
RSG Landbou 9 September 2022 09.09.2022 14:56
Prof. Karin Jacobs is die afgelope 19 jaar verbonde aan die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ‘n internasionaal bekroonde mikrobioloog, en een van die stigters van Sporatec. Hoe die grond lyk waarin gesonde plante groei, is wat hulle navors. Hulle weet ook hoe om grond gesond te kry. Sy vertel van onlangse navorsing wat vir boere van groot waarde sal wees.
RSG Landbou 8 September 2022 08.09.2022 29:09
Boere langs die Oranjerivier is verheug oor die reën, maar nou is daar ‘n toename in muggies. Mens en dier ly hieronder. Willem Symington van Agri Nood-Kaap vertel hoe hulle dié probleem aanpak. 'n Graanboer van die Ventersdorp-distrik in Noordwes, wat deel is van Tiger Brands se agri-byeenbringprogram, Lerako Naphtaly, lewer vanjaar vir die eerste keer mielies aan dié voedselvervaardiger, en hoop...
RSG Landbou 7 September 2022 07.09.2022 26:45
‘n Toename in brandsiekte onder vee in die Noord-Kaap word tans waargeneem. Koos du Pisanie het vir Johan van der Colff van die RPO Noord-Kaap hieroor uitgevra. Tiger Brands se poging om voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling te verbeter, sluit die bemagtiging van opkomende boere in. Christal-Lize Muller gesels met Mary-Jane Morifi oor die sukses wat hulle tot dusver behaal het. Ons fokus ook...
RSG Landbou 6 September 2022 06.09.2022 27:25
Waarvoor staan die nommers bo-aan die handelsnaam van wurmmiddels? Ons het by dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gaan uitvind. Distell het in 2019 in die Wes-Kaap met ‘n omgewingsprojek, GreenUp, begin. Die groei en sukses van GreenUp is só merkwaardig dat dit tot ‘n nasionale projek ontwikkel is. Charles Wyeth van Distell, gesels met ons daaroor. Dirk Louw van Groblershoop is tydens die Ag...
RSG Landbou 5 September 2022 05.09.2022 27:11
Brande kan verreikende gevolge hê, en binne ‘n oogwink alles om jou vernietig. Die regte opleiding is krities om jou risiko vir brandgevaar te verminder. Ons hoor by Jeanette Relling van Kishugu Training wat dié opleiding behels. Dirk Spaargaren van Karooveld Bonsmara by Steynsburg gesels oor hulle veiling, en hoe om te bepaal of die fasiliteite op jou plaas virusvry is? Anné Calitz van BioChek, v...
RSG Landbou 3 September 2022 03.09.2022 13:14
As besproeiing jou besigheid is in ‘n tyd van klimaatsverandering, vereis dit om konstant met nuwe oplossings vorendag te kom. Dis moontlik met ‘n passievolle span deskundiges wat al meer as ‘n eeu hierdie dienste aan boere in Suider-Afrika lewer. Baie boere reken op Agrico as bekende en betroubare naam in die spilpuntbedryf. Volgens die bestuurshoof, Walter Andrag, is dit ‘n voorreg om saam met b...
RSG Landbou 2 September 2022 02.09.2022 14:18
Teenstortingstariewe op ingevoerde hoender, al is dit net voorlopig, bring ‘n mate van geregtigheid vir diegene wat al jare daarvoor baklei, aldus die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging. Grant Hendricks van die SA Assosiasie vir Vleis In- en Uitvoere, verduidelik die implikasies hiervan. Wat bek-en-klouseer betref is dit allerbelangrik om biosekuriteitsmaatreëls toe te pas. Dr. Vivian Malan, ‘n st...
RSG Landbou 1 September 2022 01.09.2022 27:53
Die Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar is onlangs aangewys. Dewald Dempers is van Hartswater en boer met graan en pekanneute. Koos du Pisanie gesels met hom oor sy boerdery. Daar is sonder twyfel vertroue in Suid-Afrikaanse landbou. Johan Janse van Rensburg van Oro Agri is aan die woord oor die uitbreiding van hulle besigheid in Suid-Afrika. Ons kyk ook na veilings, en Johan van den Berg fokus...
RSG Landbou 31 Augustus 2022 31.08.2022 28:16
Wat is van die algemene foute wat boere soms maak tydens kuilvoerproduksie? Jaco Faasen van Nutribase beantwoord hierdie vraag. Prof. Willem Boshoff van die Universiteit van die Vrystaat verduidelik wat roessiekte is en waarom die swam op graangewasse voorkom. Ons kuier by ‘n boervrou in die Sondagsriviervallei, Denise Milsom, en hoor hoe hulle die droogte hanteer. Oro Agri is bekend vir hulle ken...
RSG Landbou 30 Augustus 2022 30.08.2022 29:27
Die droogte leer jou om te boer. Dít is die woorde van Ross Henderson van die Willowmore-omgewing. Hy boer ekstensief-intensief met merino’s en angorabokke. Saronsberg by Tulbagh, het tydens die SA Shiraz Challenge ‘n trofee vir hulle prestasies die afgelope tien jaar ontvang. Wynmaker Dewaldt Heyns deel hulle geheim. Ons gesels met dr. Johan van Deventer oor die afgelope IFPA-konferensie wat op d...
RSG Landbou 29 Augustus 2022 29.08.2022 27:31
‘n Nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys vir ‘n Ile de France-stoetram is onlangs by ‘n veiling in Pretoria behaal. Hageland Ile de France is die eienaars, en ons gesels met Mark Gietzmann oor dié prestasie. Nampo Alfa vind vanjaar vir die eerste keer by Nampopark plaas, en dr. Dirk Strydom van Graan SA vertel ons waarna jy kan uitsien. Die Dierekankervereniging van Suid-Afrika is in 2020 deur Munnik Ma...
RSG Landbou 27 Augustus 2022 27.08.2022 15:19
Op die vooraand van die lenteseisoen kuier ons by een van die bekendste tuiniers en vroue-boere in Suid-Afrika. Jacky Goliath van De Fynne-kwekery net buite die Paarl se innoverende en volhoubare landboumetodes het al talle nasionale toekennings ingepalm. Haar liefde vir laventel en die rede daarvoor, deel sy met ons.
RSG Landbou 26 Augustus 2022 26.08.2022 16:00
Ná ‘n afwesigheid van twee jaar het die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika, Nampo, in Mei vanjaar met groot sukses plaasgevind. Nou word daar vere reggeskud vir Nampo Kaap. Toit Wessels is assistentbestuurder Nampo en bemarking. Hy sluit by ons aan om te vertel waarna ons kan uitsien vanaf 14 tot 17 September. Die geleentheid word in Bredasdorp in die Wes-Kaap aangebied. Senior SAUK-versla...
RSG Landbou 25 Augustus 2022 25.08.2022 29:31
Die peule van die Suidwesdoring (Mesquite) wat al vir baie jare as veevoer gebruik word, word deesdae ook gemaal en as ‘n espresso geniet. Brandt Coetzee van MannaBrew verduidelik hoe hy dit ontdek het. Pieter Meyer van ZI Meyer Genetics gesels oor hulle boerdery in die Lindley-omgewing, en wat hulle doel is met die genetiese sentrum. Sneeu het die afgelope week wydverspreid voorgekom. Beteken dit...
RSG Landbou 24 Augustus 2022 24.08.2022 27:47
Ons fokus op die akkuraatheid van chemiese bespuiting. ‘n Groot tekortkoming tot nou was dat daar nie ‘n doeltreffende manier was om te bepaal of die aktiewe bestanddeel van die chemiese middels wel die natuurlike oppervlakte van die teiken bereik nie. Marius Ras van Dropsight het ‘n oplossing hiervoor ontwikkel. Ons kuier saam met Koos du Pisanie op Williston. Hy het by een van Samic se nasionale...
RSG Landbou 23 Augustus 2022 23.08.2022 29:20
Wolveilings het verlede week hervat, en Heinrich Victor van OVK gee terugvoer. Ons nader weer daardie tyd van die jaar wanneer vlieë begin lastig raak. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad. Ons gesels verder met Rudi van der Westhuizen van Samic oor vanjaar se karkaskompetisie. Dr. Eduard Roos verduidelik waarom navorsing oor beestuberkulose op vlakvarke gedoen word. Hy het sy PhD-st...
RSG Landbou 22 Augustus 2022 22.08.2022 27:13
Hoe vergelyk die Suid-Afrikaanse Brangus-beesras met dié van Suid-Amerika? Federico Masinave was die beoordelaar by die SA Brangus-beestelersgenootskap se nasionale veiling en skou, en ons hoor wat hy te sê het. Boere van die Gamtoosrivier-vallei is afhanklik van water uit die Kouga-dam. Die vlak van dié dam is vir talle jare al baie laag. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad bring on...
RSG Landbou 20 Augustus 2022 20.08.2022 15:07
Dr. Kandas Cloete is verbonde aan die Buro vir Voedsel en Landboubeleid. Sy bestudeer onder andere kwessies wat verband hou met produsente wat beplan om hulle landboubedrywighede te staak, en wat die moontlike impak daarvan sal wees op uitvoere en nuwe toetreders.
RSG Landbou 19 Augustus 2022 19.08.2022 15:41
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers internasionaal. Hy praat oor navorsing wat hy behartig het, en oor sy seisoenale voorspelling vir die laaste kwartaal van 2022. Hy verduidelik ook die verskil tussen El Niño en La Niña. Wêreldwyd word meer as genoeg voedsel geproduseer om d...
RSG Landbou 18 Augustus 2022 18.08.2022 29:21
Die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se nasionale veiling vind op 10 September plaas. Sietze Smit gesels oor dié ras en wat hulle met die veiling beplan. Vroeë afsterwing van aartappels is ‘n grondgedraagte siekte wat groot probleme vir produsente in Limpopo veroorsaak. Drr. René Sutherland en Estianne Retief van die Landbounavorsingsraad vertel van hulle navorsing hieroor.
RSG Landbou 17 Augustus 2022 17.08.2022 28:38
Kuilvoerprodusente het ‘n bogemiddelde nat jaar beleef, en ‘n hele paar lesse geleer oor die maak van kuilvoer in sulke omstandighede. Petrus van Rooyen van Pannar gesels oor ‘n paar van dié lesse, en gee raad vir die volgende seisoen. Adolf Kieviet van Freshworld gesels oor die International Fresh Produce Association se konferensie wat buite Kaapstad aangebied word. Die Afrika-Droughtmaster-beest...
RSG Landbou 16 Augustus 2022 16.08.2022 27:31
Die eerste Veeplaas Klimaatslim-ambassadeur is onlangs aangewys. James Faber van Barkley-Wes vertel hoe hy klimaatslim boer. Ons hoor ook van dr. Louis du Pisani wat in samewerking met Plaas Media dié projek aangepak het. Prof. Martin Steyn van die Universiteit van Pretoria vertel van navorsing wat hulle doen oor water en energie-gebruiksdoeltreffendheid by verskillende aartappelbesproeiingstelsel...
RSG Landbou 15 Augustus 2022 15.08.2022 25:55
Agri Oos-Kaap het onlangs sy 20ste jaarkongres aangebied. RSG Landbou was daar, en ons ontmoet die 2022 Agri Oos-Kaap jongboerwenner, Morné Fitzhenry. Ons hoor ook hoe georganiseerde landbou in dié provinsie sprinkaanplae moniteer, en dieselfde platform vir landelike veiligheid gebruik. Daar is ook nuus oor veilings.
RSG Landbou 13 Augustus 2022 13.08.2022 14:39
“Ek het 19 jaar gelede met sampioene begin boer. Dit was nog altyd ʼn droom vandat ek een oggend deur een van ons beeskrale gery en gesien het dat sampioene ná die reën orals opgekom het.” Marietjie Kruger van Chanmar Mushrooms buite Heidelberg in Gauteng het destyds bekendheid verwerf as Limpopo se heel eerste vroue-sampioenboer. Sy deel haar landboupad met ons.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.