RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 10 Oktober 2022 10.10.2022 27:04
Beurtkrag het ‘n enorme impak op die hele landbouwaardeketting. Kulani Siweya van Agri SA gesels hieroor. Wat is die rol van die Suid-Afrikaanse Veevoer-vervaardigingsvereniging?
RSG Landbou 8 Oktober 2022 08.10.2022 15:35
Die derde aanbieding van NAMPO Kaap, en die grootste nog, het in September plaasgevind. Graan SA en Bredasdorp Park NPC is dankbaar vir die rekord 32,640 besoekers wat NAMPO Kaap oor die vier dae besoek het, om die meer as 500 uitstallings te besigtig. Ons gesels met Victor Matfield, een van die uitstallers, die minister van landbou in die Wes-Kaap en die bestuurshoof van GraanSA.
RSG Landbou 7 Oktober 2022 07.10.2022 15:13
Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie. ‘n Nuwe aanlynoplossing om voorspellings in droëlandgebiede relevant te maak, word bespreek. Ons hoor ook dat boere besig is om hulle eie weervoorspellings te maak.
RSG Landbou 6 Oktober 2022 06.10.2022 27:43
Die Meesterplan vir Landbou en Agroprossesering het van die begin af heelwat kritiek ontvang. Ons fokus in hierop wanneer ons met Theo Boshoff van Agbiz gesels. Dis Oktober, en die somerreënvalstreke sien uit na die eerste reën. Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met weernuus.
RSG Landbou 5 Oktober 2022 05.10.2022 25:54
Graan SA het onlangs die wenners van die Groei-vir-Goud-opbrengskompetisie bekendgemaak. RSG Landbou het die geleentheid bygewoon. Meer as 80 mielie-, sojaboon- en sonneblomprodusente het vanjaar ingeskryf. Dit verteenwoordig ‘n toename van 47% oor die afgelope drie jaar. Die plaaslike sitrusbedryf is gereeld in die nuus oor die talle uitdagings wat hulle in die gesig staar. Hannes de Waal van die...
RSG Landbou 4 Oktober 2022 04.10.2022 25:38
Volgens Gerhard Schutte van die Rooivleisprodusente-organisasie is daar 'n ernstige probleem in die Vrystaat met bek-en-klouseer-regulasies. Die siektebeheerarea is te groot, en die impak op die produsent is ‘n saak van kommer. Hy verduidelik hoe hulle die probleem aanspak, en gee inligting oor die beheer van die siekte. Ons fokus ook op landbou-ekonomie as ‘n loopbaan met prof. Frikkie Maré van d...
RSG Landbou 3 Oktober 2022 03.10.2022 29:21
Kommersiële veeprodusente kan eersdaags op die LITS-stelsel registreer. Dié stelsel fokus op naspeurbaarheid, en die grootste voordeel sal wees dat die beweging van diere gemonitor kan word. Volgens Nico Groenewald van Standard Bank is daar ‘n paar gevaarligte waarvan landbou moet kennis neem. Wie se verantwoordelikheid is biosekuriteit? Dewald Olivier van die SA Voerkraalvereniging het dié vraag...
RSG Landbou 1 Oktober 2022 01.10.2022 15:01
Dit is opwindend en ‘n voorreg om ‘n landboustorie met jou te deel wat in die komende week wêreldwyd opslae gaan maak. Wat ‘n lekkerte om dit eerste op RSG Landbou te vertel. Buiten die veer in ‘n Namakwaland-boer se hoed, is dit ook ‘n verhaal van volhoubaarheid en dankbaarheid. Stefan en Pikkels Gerber is ‘n egpaar wat hulself as agri-entrepreneurs beskryf. Ook die drywers agter gehalte wolprodu...
RSG Landbou 30 September 2022 30.09.2022 13:42
Slakboerdery in Suid-Afrika sorg tans vir die een suksesverhaal op die ander. Nie net lewer boere gehalte uitvoerprodukte nie, maar innovering soos velsorgprodukte word deur plaaslike boere ontwikkel. Wihan Coetzer is ‘n slakboer van Witrivier in Mpumalanga, en bring ons op hoogte van die jongste verwikkelings. Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landb...
RSG Landbou 29 September 2022 29.09.2022 29:05
Rekordpryse is die afgelope naweek vir ‘n Dormer-ram en -ooi betaal by 'n veiling in die Vrystaat. Die eienaar van dié diere, Johan Barnard van Johanri Dormers in die Lindley-omgewing, gesels oor dié prestasie. Dr. Shaun Morris van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging het tydens ‘n inligtingsdag op Stutterheim in die Oos-Kaap met boere oor biosekuriteit gesels. Carin Venter hoor watter raad hy...
RSG Landbou 28 September 2022 28.09.2022 29:46
28 September is Wêreld Hondsdolheidsdag. Volgens dr. Didi Claassen is die toename van gevalle onder mens en dier ‘n saak van kommer. Ons gesels met haar oor dié soönotiese siekte. Wat kan gedoen word om die risiko van ‘n droë boorgat te verminder en die waterbron te beskerm? Altus Carstens van Raakwater Bore het tydens Nampo Kaap ‘n paar vrae oor boorgate beantwoord.
RSG Landbou 27 September 2022 27.09.2022 27:46
Die Merino Classic wat by Nampo Kaap aangebied is, was ‘n groot sukses. Willie van Heerden van Merino SA, gee terugvoer en vertel watter merinotelers groot hoogtes bereik het. Wonde op vee kan ‘n ernstige finansiële impak tot gevolg hê. Bosluise en vlieë is van die oorsake, en die regte behandeling is noodsaaklik. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad. Charlie Thompson van Tama Suid-A...
RSG Landbou 26 September 2022 26.09.2022 29:21
Ná nege jaar van droogte kan Deon Vlok van die Calvinia-omgewing getuig van die hulp van ander boere, deursettingsvermoë en om anders oor boerdery te dink. Die natuurlike fynbosveld is onder groot druk weens die uitbreiding van stede en dorpe, en landboupraktyke. Ons het by Nampo Kaap met Rupert Koopman hieroor gesels.
RSG Landbou 24 September 2022 24.09.2022 14:25
Dis ‘n groot lekkerte om met ‘n kenner te gesels oor die toekoms. Hoewel mens nie aldag beheer daaroor het nie, is dit tog moontlik, en opwindend om voorbereid daarop te wees. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het vanjaar sy heel eerste Klimaatsverandering en Jong Landbouers Konvensie aangebied. Prof. Eugene Cloete is viserektor by die Universiteit Stellenbosch. Hy bespreek die realiteite van...
RSG Landbou 23 September 2022 23.09.2022 13:59
Europese tekstielfabrieke is een van die grootste verbruikers van Suid-Afrikaanse hout. Selfs sjirurgiese gesigmaskers benodig dit as bestanddeel. Volgens die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, gaan dit goed met die bedryf. Daar is volgens hom ook ruimte vir heelparty nuwe toetreders. Hanno van Schalkwyk is ‘n wingerdkonsultant by Vinpro. Volgens hom het...
RSG Landbou 22 September 2022 22.09.2022 26:50
Henk Aggenbach vertel hoeveel besoekers Nampo Kaap vanjaar bygewoon het, en waarop hulle in 2023 kan verbeter. Dr. Pieter Taljaard van Graan SA praat oor die impak van beurtkrag op landbou, en gee raad oor hoe om die stygende insetkoste beter te bestuur. Johan van den Berg is op sy pos met weersake.
RSG Landbou 21 September 2022 21.09.2022 26:52
Bykans 124 000 hektaar kanola is vanjaar aangeplant - ‘n Suid-Afrikaanse rekord. Vititech dra noemenswaardig by tot die sukses van die plaaslike wynbedryf. André van Wyk vertel van die werk wat hulle doen. Hoe word reproduksie in ‘n vleisbeeskudde verbeter? Pieter Brönn van Feedtek beantwoord hierdie vraag. Ons hoor hoe ryk ons land se kruie-erfenis in Montagu is.
RSG Landbou 20 September 2022 20.09.2022 25:46
Die landbouwaardeketting is afhanklik van volhoubare energie. Is daar vordering met die implementering van die regering se plan, en wat kan landbou doen om volhoubaarheid te verseker? Heinrich Victor van OVK het nuus oor die afgelope wolveiling. Koos du Pisanie gesels met Johan Stassen van die International Agricultural Academy for Africa oor landbou-opleiding vir enige persoon wat ‘n liefde en be...
RSG Landbou 19 September 2022 19.09.2022 29:31
“Opkomende boere moet saam met besluitnemers om die tafel sit om ‘n verskil te maak.” Dis wat Kallie Schoeman van Die Schoeman Groep aan opkomende droëboonprodusente gesê het, wat onlangs deur dié groep vir hul sukses vereer is. Ons hoor by Aartappels SA wat in Augustus op die aartappelmarkte gebeur het. Die Swartland-skou is vanjaar vir die 88ste keer op Moorreesburg aangebied.
RSG Landbou 17 September 2022 17.09.2022 14:13
Die Wes-Kaapse Departement Landbou het vanjaar sy heel eerste Klimaatsverandering en Jong Landbouers Konvensie aangebied. Prof. Eugene Cloete, viserektor van die Universiteit Stellenbosch, was een van die sprekers. Hy praat oor navorsingsresultate wat verband hou met klimaatsverandering. Hy brei uit oor die rol van die toekomslandbouer, en deel fassinerende feite oor bevolkingsaanwas.
RSG Landbou 16 September 2022 16.09.2022 15:16
Annalene Swanepoel is hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy vertel onder meer van graangewasnavorsing wat hulle doen. Sy verduidelik ook wat die rol van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by vanjaar se Nampo Kaap is.
RSG Landbou 15 September 2022 15.09.2022 28:21
Mianke van den Hever van Hanover is ‘n besonderse plaasmens met Down-sindroom. Sy vertel van haar liefde vir diere en haar lewe op Beestekuil. Ede Farming bied op 28 September hulle suiweldag en produksieveiling aan. Gert Nienaber van Germar Bonsmaras gesels ook oor hulle komende veiling. Ddie somergraan-plantseisoen is om die draai, en ons hoor watter raad navorsers het oor Sclerotinia, ‘n plants...
RSG Landbou 14 September 2022 14.09.2022 25:55
Rhizobium is ‘n voordelige organisme of biologiese kunsmis wat stikstof uit die atmosfeer bind. Dis veral voordelig vir soja- en grondboonprodusente. RSG Landbou het onlangs ‘n simposium hieroor bygewoon en daar met verskeie rolspelers gesels. Zeiss Jordaan van Sneeuberg Dohne-Merino’s in die Cradock-omgewing vertel watter lesse hy met die Karoo-droogte geleer het. Hy gesels ook oor die rol wat BK...
RSG Landbou 13 September 2022 13.09.2022 26:49
Hoe kan landbou se groeipotensiaal ontgin word? Daneel Rossouw van Nedbank het by die Agri Nood-Kaap-kongres met boere hieroor gepraat. Hy deel ook sy indrukke van die Meesterplan vir Landbou. Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO gesels oor die prestasie van suiwelprodukte in die plaaslike kleinhandel. Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing maak nie voorsiening vir ‘n aftree-ouderdom nie. Wat is die implikasies...
RSG Landbou 12 September 2022 12.09.2022 29:26
Hannes Wolvaardt van Giyani in Limpopo is as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys. Dis die tweede keer dat dié eer hom te beurt val. Ons hoor hoe dié soetrissieprodusent sy besigheid intussen uitgebrei het. Wagyu SA het by hulle jaarvergadering en kongres, hulle eerste drie ekonomiese seleksie-indekse bekendgestel. Waldo Scheepers verduidelik wat dit behels.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.