RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 8 November 2022 08.11.2022

Stres by diere word meestal nie deur ‘n eienaar raakgesien nie. Dit het egter ‘n groot impak op die gesondheid en produksie van die dier. Leon Kruger van die Universiteit van die Vrystaat gee raad. Ons hoor by Helen Lachenicht van Kamdeboo Dream Australian Cattle Dogs wat die waarde van dié honde vir boerr is, en wat die teling behels. Daar is wolnuus met Heinrich Victor van OVK. Ons gesels ook me...

RSG Landbou 7 November 2022 07.11.2022

‘n Hoenderboer van Louis Trichardt, Clive Tigere, het twee maande gelede net 17 400 dagoud kuikens gelewer, maar dié getal het intussen gestyg na 212 000. Dis danksy ‘n belegging van ondermeer Country Bird Holdings. ‘n Kwart van die boerboele op SA Stamboek se Logix-databasis is deur Bostu Boerboele geteel. Ons hoor by die eienaar, Chereen Boshoff, waaraan hulle dié sukses toeskryf.

RSG Landbou 5 November 2022 05.11.2022

Volgens onlangse navorsing is rooibos die tweede koelste drankie, wat deur plaaslike jongmense geniet word.

RSG Landbou 4 November 2022 04.11.2022

Enkelmaag- en herkouervoere kom onder bespreking. Selfmeng-opsies is op die oomblik legio. Ons sit die gesprek voort oor die Wes-Kaap se Afrikastrategie. Vrae oor volhoubare bestuurspraktyke, en hoe om landbou op die kontinent te laat gedy, is van die vrae waarvoor daar antwoorde en oplossings gesoek is.

RSG Landbou 3 November 2022 03.11.2022

Die Rooivleisprodusente-organisasie het onlangs aangekondig dat hulle voorwaardelik as lid by Agri SA bedank. Intussen is die besluit teruggetrek. James Faber van die RPO verduidelik die redes vir die besluit. Wetgewing oor gesondheid en veiligheid in die werksplek, is van groot belang vir werkgewers, veral diegene in die landboubedryf. Lucinda Janse van Rensburg van Implex het lede van Agbiz hier...

RSG Landbou 2 November 2022 02.11.2022

Vrugval en onreëlmatige vrugte is van die probleme wat witluis by sitrusbome veroorsaak. Stephan Verreynne van AECI Plant Health verduidelik waar die beheer van witluis begin. Klimaatsverandering het ‘n impak op veegesondheid. Johannes van Rooyen van Zoetis het tydens ‘n boeredag by Barkly-Wes met Koos du Pisanie hieroor gesels. Volgens Daneel Rossouw van Nedbank staan volhoubare landbou op drie p...

RSG Landbou 1 November 2022 01.11.2022

Daar is 'n enkele wêreldwye stelsel vir die klassifisering en kommunikering van die gevaarlike eienskappe van industriële en verbruikerschemikalieë, naamlik die GHS-klassifikasiestelsel. Gavin Smit van AECI Plant Health verduidelik wat die voordele hiervan is vir landbou. Die wenner van die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek, James Faber, het onlangs ‘n boeredag op sy plaas in Barkley-Wes aan...

RSG Landbou 31 Oktober 2022 31.10.2022

Tammy Williams, ‘n makadamia- en piesangprodusent van die Noordkus, het vanjaar weggestap met die titel van die 2022 Kwanalu Jongboer van die Jaar. Sy gesels oor haar pad van ontvangsdame tot volwaardige boer. Die waarde van presisieboerdery kan nie onderskat word nie, en landbou soek voortdurend na maniere om produsente te help om hoë gehalte kos te produseer. Andries Duvenhage van Syngenta Suid-...

RSG Landbou 29 Oktober 2022 29.10.2022

Afgesien van ‘n reuse internasionale eer wat haar onlangs te beurt geval het, bly dit haar vennootskap met die natuur wat haar vir soveel jare al geliefd maak. Dit, en haar hart vir plaasgemeenskappe. Haar wil om ander op te hef, bly sentraal in haar kuns. En as mens die storie hoor van ‘n eertydse regspraktisyn en joernalis wat toor met winderde, dan weet jy jy het te make met ‘n meester. Rosa Kr...

RSG Landbou 28 Oktober 2022 28.10.2022

Vier jaar gelede het die span by Boland Wynkelder besluit om ‘n nuwe volhoubaarheidsprojek te begin. ‘n Nuwe reeks lae-alkohol wyn het die lig gesien, en dis veral die Afrika-heuningby wat hierby gebaat het. Bakterieë vir dier-, grond- en plantgesondheid is ‘n innovasie waarmee ‘n Italiaanse firma hulle mee besig hou, en nou ook in Suid-Afrika. Ons hoor by ‘n kenner watter voordele dit inhou. Die...

RSG Landbou 27 Oktober 2022 27.10.2022

Graan SA se 2022 Graanprodusent van die Jaar is op 21 Oktober aangewys. André Brink van Groot Phesantekraal by Durbanville het met die louere weggestap. Volgens Werner van Rooyen van die Varsprodukte-uitvoerdersforum was 2021 ‘n rekordjaar vir vrugte-uitvoere, maar waar staan sake nou met uitdagings soos infrakstukture en hoë insetkoste? Ons gesels met hom hieroor en vind meer uit oor markontwikke...

RSG Landbou 26 Oktober 2022 26.10.2022

Die plaaslike kanolabedryf is 25 jaar oud, en het gegroei van 400 hektaar tot 124 000 hektaar. Dis nou oestyd, en Johan Pyper van Southern Oil kyk terugvoer op die afgelope seisoen. Die Villiersdorp Landbouskou vier vanjaar eeufees. Edu Roux vertel hoe die skou oor die jare heen moes aanpas om relevant te bly. Ro’an van Tonder, wat bekend is vir Meerkat Online, is 'n nuwe toetreder tot die teelbed...

RSG Landbou 25 Oktober 2022 25.10.2022

Ons kuier weer saam met Carin Venter by die Komga-skou. Sy gesels met Coert Jordaan van die Komga-boerevereniging oor landbou in dié omgewing. Die Oos-Londen pluimveevereniging was ook daar, en ons hoor hoe hulle ledetal groei. Heinrich Victor van OVK het goeie nuus oor die laaste wolveiling.

RSG Landbou 24 Oktober 2022 24.10.2022

‘n Namibiër, Bianca Lueesse, het vanjaar weggestap met die Molatek/Landbouweekblad Breedplan Stoetteler van die Jaar-toekenning. Dié Simmentalerprodusent gesels oor hulle 130-jarige bestaan. Ons fokus ook op die SA Boerboktelersvereniging. Carin Venter het onlangs by die Komgaskou ‘n draai gemaak.

RSG Landbou 22 Oktober 2022 22.10.2022

Kaapse Kobras. Skoolonderwyseresse. ‘n Droom om as spreker by die Verenigde Nasies op te tree. ‘n Belangstelling in leierskap, en hoe ‘n aanneem-hondjie die begin van ‘n liefdesverhaal beteken het tussen twee mense. Hierdie is van die staaltjies wat jy gaan hoor. Ons kuier by ‘n jong Overbergse boer, wat sy lyf ook graag radio-aanbieder hou by ‘n plaaslike gemeenskapstasie. Kleinjan Teubes is onla...

RSG Landbou 21 Oktober 2022 21.10.2022

Om met miniatuurperde te boer is ‘n landbou-aktiwiteit waarvan mens nie aldag hoor nie. Tertius en Alida le Roux van Riversdal doen dit voltyds. Jannie Strydom, die bestuueshoof van Agri Wes-Kaap, deel sy gedagtes oor die ontvolking van plattelandse gebiede en die ekonomiese implikasies daarvan. Frans Hugo van die OVK in die Suid-Kaap beantwoord vrae oor die klassifisering van wol, en gesels oor d...

RSG Landbou 20 Oktober 2022 20.10.2022

Rooivleisprodusente en ander lede van die rooivleiswaardeketting het in Pretoria bymekaar gekom om oplossings te vind vir verskeie kwessies in die bedryf. BTW op rooivleis en die gradering- en klassifikasiestelsel is van die punte wat bespreek is. Ons vind meer uit van die Tokoa Boerbokstoet van Andries Vollgraaff. Hy is ‘n deeltydse boer in die Wolseley-omgewing. Vleispryse en weersake is soos al...

RSG Landbou 19 Oktober 2022 19.10.2022

Wat is die gemiddelde koste van IT in die landbou- en voedselwaardeketting? Die bontbosluis kan groot ekonomiese verliese vir veeboere veroorsaak. Ons hoor by dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid hoe die probleem aangepak kan word. André Brink van Groot Phesantekraal by Durbanville is een van vanjaar se Graanprodusent van die Jaar-finaliste, en ons gesels met hom oor sy boerdery.

RSG Landbou 18 Oktober 2022 18.10.2022

Ons kuier op Makwassie by Gideon Koegelenberg. Hy is ‘n mielie-, sojaboon- en sonneblomprodusent, en ‘n finalis van vanjaar se Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Ons ontmoet ook vir Joseph Mokaleng van Mahikeng. Hy is onlangs aangewys as Graan SA se Opkomende Boer van die Jaar. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van die jongste wolpryse.

RSG Landbou 17 Oktober 2022 17.10.2022

Ons gesels met JP Meintjes van Viljoenskroon. Hy is een van drie finaliste wat Vrydagaand meeding vir die titel van Graan SA se Graanprodusent van die Jaar. Hy plant hoofsaaklik witmielies. Graan SA se Opkomende boer van die Jaar is onlangs by Nampo Park aangewys. Christal-Lize Muller het by dié geleentheid met Jeremaia Mathebula oor Graan SA se Landbou-onwikkelingsprogram, gesels.

RSG Landbou 15 Oktober 2022 15.10.2022

Ons deel ‘n landbouverhaal vir die eeue met jou. Een waar ‘n moedige jong man gevind het dat alle paaie hom eindelik sou teruglei na ‘n familieplaas in die Overberg. Ons hoor hoe Kleinjan Teubes, ‘n bedrewe jong man van 33, teen alle verwagtinge in, meer as een kalf uit die put gered het. Volhoubare bestuurspraktyke en ‘n positiewe werksomgewing is waarvoor hy graag onthou sal wil word.

RSG Landbou 14 Oktober 2022 14.10.2022

Die eerste Rosé-uitdaging in Suid-Afrika het vir sowat 130 wyn- en spiritualieë-inskrywings gesorg. Die beoordelaars paneel het die Kaapse Wynmeesters dr. Caroline Snyman en dr. Winifred Bowman ingesluit. Bonnievale Wines het vir die The Vale Cinsault Rosé Brut en The River Collection Cinsault Rosé 2022 gouemedaljes gewen. Pieter Taljaard, bestuurshoof van GraanSA, verduidelik die kompleksiteite v...

RSG Landbou 13 Oktober 2022 13.10.2022

Die wêreld se nommer een katoenproduserende land is Indië met 13-miljoen produsente. Wêreld Katoendag is op 7 Oktober gevier, en tydens dié viering het Hennie Bruwer van Katoen SA met ons oor die onderbenutte potensiaal van dié gewas in Suid-Afrika gesels. ‘n Nuwe bestuurshandleiding vir katoenprodusente is ook bekendgestel. Handel tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië sal hopelik vinnig uitbrei ná...

RSG Landbou 12 Oktober 2022 12.10.2022

‘n Swak dier en ‘n goeie dier eet ewe veel, en die koste om dié diere aan te hou is dus dieselfde, so jy moet die regte besluite neem. So sê Lukas Burger, kampioenboerbokteler van Griekwastad. Ons hoor hoe hy sy boerdery benader. Kelp word deesdae as ‘n biostimulant in landbou gebruik om gewasproduktiwiteit te bevorder. Ons het meer hieroor gaan uitvind by Adriaan Boersma van Introlab.

RSG Landbou 11 Oktober 2022 11.10.2022

BKB se prestasie vir die finansiële jaar was beter as verwag, ten spyte van uitdagings met Covid-19, biosekuriteit en uitvoerlogistiek. Johan Stumpf verskaf die redes hiervoor. Dis daardie tyd van die jaar wanneer bosluise weer kopsere vir veeprodusente kan veroorsaak. Dr. Johan Stadler van Antrovet gesels oor die bloubosluis, en gee raad oor die strategiese beheer van dié parasiet. Goeie nuus vir...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.