RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 7 Desember 2022 07.12.2022 29:45
Die Europese Unie seoorgang na ‘n groener omgewing het gelei tot die Green Deal-ooreenkoms, en baie streng vereistes word aan invoerlande gestel. CropLife SA het tydens ‘n konferensie verskeie rolspelers hieroor ingelig en die impak hiervan bespreek. Ons gesels met Mark Smit van Gallagher oor sy onlangse besoek aan Nieu-Seeland. Alwyn Kraamwinkel van die SA Melkprosesseerdersorganisasie vertel hoe...
RSG Landbou 6 Desember 2022 06.12.2022 28:49
Die wenner van vanjaar se Melkprodusente-organisasie Nedbank Rentmeesterskap-toekenning is op 30 November aangewys. Dean Biggs van die Tsitsikamma-omgewing het met die louere weggestap, en ons hoor wat hy hieroor te sê gehad het. Heinrich Victor vertel ons wat by die laaste wolveiling vir 2022 gebeur het. Deon Saayman en Herman Hugo van Cape Wools praat oor die stand van die plaaslike wolbedryf, e...
RSG Landbou 5 Desember 2022 05.12.2022 28:45
Uitvoerprotokolle vir die sitrusbedryf word al hoe strenger, en boonop ervaar produsente groot uitdagings met peste. Dit sit produsente onder druk om die chemiese middels wat beskikbaar is, so goed moontlik aan te wend. Hier speel byvoegmiddels ‘n rol, sê Kenny Beeton van Nutrico. Ons vind meer uit oor die Aartappel-sertifiseringsdiens. Deon Saayman van Cape Wools het onlangs Colorado in die VSA b...
RSG Landbou 3 Desember 2022 03.12.2022 15:03
Die Covid-19-pandemie het daartoe bygedra dat aanlynhandel toegeneem het. Nile.ag Marketplace is ’n aanlynplatform wat die handel in onder andere varsprodukte oor grense heen vergemaklik. Dit bied aan handelaars die geleentheid om hulle produkte aan kommersiële kopers in Suid-Afrika en die res van Afrika te verkoop. Louis de Kock het die platform saam met Eugene Roodt en Rick Kleinhans op die been...
RSG Landbou 2 Desember 2022 02.12.2022 14:26
Die impak van beurtkrag op Suid-Afrikaanse plase word van nader bekyk. Die vordering van ontwikkelende tegnologie kom onder bespreking, en ons hoor hoe boere innoverend te werk gaan om te midde van ‘n energie-risis kop bo water te hou. Volgens Jannie Strydom, bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, is daar genoegsame skakeling tussen georganiseerde landbou en Eskom se topbestuur. Hy gee ook ‘n oorsig oor...
RSG Landbou 1 Desember 2022 01.12.2022 29:48
Maandag 5 Desember is Wêreld Gronddag. Vanjaar se tema is: Waar kos begin. Volgens dr. Piet Nell van die Landbounavorsingsraad gaan slaap bykans 930 miljoen mense saans honger. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor kalfvoorbereiding vir voerkrale. Ons hoor wat vandeesweek met vleispryse gebeur het, en wat die weervooruitsigte is.
RSG Landbou 30 November 2022 30.11.2022 25:45
Volgens Marius Malherbe van die Marlu Varkgroep in Kimberly moet die verbruiker besef hoe veilig, gesond en bekostigbaar varkvleis is. Die varkbedryf is bekend vir wisselvallige tendense, maar Malherbe bly positief. Prof. Charlie Reinhardt het in samewerking met ander rolspelers van die Universiteit van Pretoria ‘n gids oor die Palmer amarant-onkruid bekendgestel.
RSG Landbou 29 November 2022 29.11.2022 25:46
Die Landbounavorsingsraad het die wenners van hulle vleisbeestoekennings bekendgemaak. RSG Landbou het die geleentheid bygewoon, en daar met dr. Ben Greyling gesels. Twee van die wenners vertel ook van hulle benadering tot hulle boerdery. Heinrich Victor van OVK het nuus oor die wolmark.
RSG Landbou 28 November 2022 28.11.2022 26:59
Plaaseienaars en haas- en konyneienaars is gewaarsku dat konynbloedingsiekte vir die eerste keer in Suid-Afrika aangemeld is. Hoewel dit tans net in die Wes- en Noord-Kaap voorkom, versprei dit soos ‘n veldbrand. Die Wes-Kaap Boerbokklub hou eersdaags hulle veiling op Moorreesburg. Jurgens Reynders van DanBred praat oor varkgenetika en wat vir die produsent van belangrik moet wees om aan verbruike...
RSG Landbou 26 November 2022 26.11.2022 11:55
Daar word ongewone kos-idees voorgesit. Dis moontlik ‘n paar van vele wat vir ons voorlê waar daar herbesin moet word oor hulpbronne. Die storie is een vir die kosboeke, en dis so dat jong Suid-Afrikaners se entoesiasme oor die toekoms ‘n inspirasie is. Produkontwikkeling, voedselwetenskap en die toekoms van die voedselbedryf is dinge waaroor dr. Maricel Krugel van die Departement Voedselwetenskap...
RSG Landbou 25 November 2022 25.11.2022 14:43
Die rol van die staatsamptenaar is om die beleid waarop besluit word, te fasiliteer. In ‘n landbou-omgewing is daar vele veranderlikes wat in ag geneem moet word. Dit sluit onder andere in veerkragtigheid in die toekoms en verantwoordbare regeerkunde om boere so goed moontlik by te staan. Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Trosk...
RSG Landbou 24 November 2022 24.11.2022 25:36
Probleme met infrastruktuur, verhoogte insetkoste en invoertariewe het 'n groot impak op die veevoervervaardigersbedryf. AFMA is die liggaam wat hom beywer om te verseker dat die bedryf ten volle funksioneer, werk skep en groei. Anina Hunter gesels oor hulle strategie vir die volgende twee jaar. Volgens voorspellings word nog baie reën vir die somerreënvalgebiede verwag. Chris Derksen is ook op sy...
RSG Landbou 23 November 2022 23.11.2022 26:56
Die 2022 Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar is op 17 November aangewys. Toyota SA het ook tydens die geleentheid hulle New Harvest Boer van die Jaar aangewys, asook ‘n nuwe kategorie vir kommunale boere bekendgestel. Hoe verskil produsente se risiko’s met dié van die verlede, en hoe moet produsente hulleself toerus vir huidige risiko’s? Bertie Hamman van Standard Bank beantwoord hier vrae.
RSG Landbou 22 November 2022 22.11.2022 26:03
Is dit moontlik dat die bruinsprinkaan van onkruid hou? Prof. Charlie Reinhardt beantwoord hierdie vraag. Die Landbounavorsingsraad en ander rolspelers het die besproeiingsontwerp- en gebruikshandleidings hersien. Fanie Vorster vertel watter veranderings aangebring is. Heinrich Victor van OVK is terug met die jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou 21 November 2022 21.11.2022 25:41
Die rol van byvoegmiddels tydens gewasbespuiting word dikwels onderskat, en daar is duidelike riglyne om effektiwiteit te verseker. Herman Walters van Hygrotech verduidelik watter voordele dit vir produksie inhou. Ons kuier verder saam met Carin Venter by die Willomore Angora-skou. Sy gesels met ‘n wyn- en volstruisboer van die De Rust-omgewing oor hulle angoras wat tydens die skou presteer het.
RSG Landbou 19 November 2022 19.11.2022 15:05
Ons besoek die Alternatiewe Voedselproduk-bekendstellingsdag by die Universiteit Stellenbosch, en luister na stories oor hoe nuwe produkte met name soos die Bo-Kaap Bite ontwikkel is, en watter ander innovasies vanjaar se studente voor gesorg het.
RSG Landbou 18 November 2022 18.11.2022 13:23
As Suid-Afrika se topverkoper-kultivar wat die landsvlag hoog laat wapper in uitvoermarkte dwars oor die wêreld, verwag wynliefhebbers net die beste Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc. Vanjaar se beoordelaars van die 2022 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie was dit eens: SA Sauvignon Blanc het dit alles. Gehalte, tekstuur, balans tussen vrug en suurstruktuur, kompleksiteit, elegansie én ʼn wye ve...
RSG Landbou 17 November 2022 17.11.2022 29:45
Die Suid-Afrikaanse wild- en jagbedryf is nog besig om kop op te tel ná die terugslae van die afgelope paar jaar. Daar is ‘n nuwe witskrif uit vir kommentaar, en Gerhard Heyneke van Wildbedryf Suid-Afrika gesels met ons hieroor. Ons hoor by Johan van den Berg hoe lank die baie reën nog sal voortduur. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid vertel van die belangrike rol wat spoorminerale by herko...
RSG Landbou 16 November 2022 16.11.2022 29:30
Vruggrootte en gehalte word al hoe belangriker vir die sitrus-uitvoermark. Kenny Beeton van Nutrico praat oor die aanpassing wat die produsent moet maak om aan dié vraag te voldoen. Ons gesels met Nigel Klaasen van Fruitways Glen by Elgin. Hy is onlangs aangewys as die 2022 Wes-Kaap Prestige Agri-werker van die Jaar. Daarna kuier ons saam met Carin Venter by die Willowmore-skou.
RSG Landbou 15 November 2022 15.11.2022 26:58
Johan Janse van Rensburg van Corteva verduidelik watter voordele saadbehandelingstegnologie vir die produsent inhou. Ewie Coetzee van Feedtek onderstreep die belangrikheid van fosforaanvullings vir weidende herkouers. Boere implementeer innoverende inisiatiewe om voedselsekerheid te verseker, en landbou dra noemenswaardig by tot werkskepping in Suid-Afrika.
RSG Landbou 14 November 2022 14.11.2022 29:41
Landbouers in die Suid-Vrystaat op die Lesothogrens is raadop. Paaie is onbegaanbaar, grensdrade bestaan nie, patrollies word nie gedoen nie en misdaad ruk hand uit. RSG Landbou se medewerker, Izak Hofmeyr, het op uitnodiging van Vrystaat Landbou dié gebied besoek. Hy gesels met ‘n boer van die Zastron-omgewing, Corné Smit, Martin de Kock van die distriksboere-unie en dr. Jane Buys, ‘n veiligheids...
RSG Landbou 12 November 2022 12.11.2022 15:03
In die Breedekloof kan jy plaasverblyf geniet. In die Slanghoekberge kan jy bergklim, of wyn of bier saam met kolwyntjies of wafels proe. Daar is ook trekkerritte en pieknieks, wat veral by gesinne gewild is. Dis van die lekkertes wat jy kan verwag as jy saam met Lizelle Wentzel van Western Cape Microadventures aansluit vir ‘n naweek van plaaspret en kopskoonmaak. Hulle neem ons saam op een so 'n...
RSG Landbou 11 November 2022 11.11.2022 15:07
Danksy ‘n ooreenkoms wat ná meer as tien jaar van onderhandelinge onlangs onderteken is, kan Suid-Afrikaanse beesvleis en ander rooivleisprodukte dalk al IN 2023 na Saoedi-Arabië uitgevoer word. Die bestuurshoof van die Beefmaster Groep, Louw van Reenen, sê die ooreenkoms sal na verwagting daartoe lei dat Saoedi-Arabië tot 1000 ton beesvleis per jaar bestel, wat die land die grootste uitvoermark v...
RSG Landbou 10 November 2022 10.11.2022 29:47
Die 2022 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie-wenner is op 4 November aangewys. Shane Simpson van Kokstad gesels oor sy suksesse. Watter voordeel is daar vir ‘n produsent om ‘n veiling by te woon? Danie Strauss van BKB beantwoord hierdie vraag. Die meeste somerreënvalgebiede het reeds heelwat reën ontvang, maar hoe lyk die vooruitsigte?
RSG Landbou 9 November 2022 09.11.2022 27:49
Prosopis-indringing is ’n groot probleem omdat dit groot dele van weiding wegneem. Boere kan dit egter nie uitroei nie, maar moet eerder leer om dit te bestuur. Die Universiteit van Rhodes se Sentrum vir Biologiese Beheer en ’n paar ander kundiges het ’n reeks werkswinkels in die Noord-Kaap gehou om dié probleem te bespreek. Ons gesels ook met ‘n boerbokteler van die Vrede-omgewing, Ilse Lombard,...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.