RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 5 Januarie 2023 05.01.2023

Noord-Kaapse besproeiingsprodusente is bekommerd oor produksie en werksverliese as gevolg van onreëlmatige beurtkrag en duurder krag. ‘n Video is op sosiale media geplaas waar produsente ‘n ernstige beroep op Eskom doen om hulle te help. Die algemene persepsie is dat groot melkplase nie omgewingsvriendelik is nie, daarom verkies sommige verbruikers organiese melk. Ons herhaal die gesprek wat ons i...

RSG Landbou 4 Januarie 2023 04.01.2023

Wanneer ‘n persoon ‘n nuwe boerdery of besigheid wil begin, is die keuse van ‘n sakestruktuur baie belangrik. Marese Lombard van die Universiteit van die Vrystaat se Skool vir Rekeningkunde verduidelik die voor-en nadele van verskillende strukture. Die Europese Unie se beweging na ‘n groener omgewing het gelei tot die Green Deal-ooreenkoms wat baie streng vereistes aan invoerlande stel.

RSG Landbou 3 Januarie 2023 03.01.2023

Die Prosopis-boom veroorsaak groot kopsere vir boere in die Noord-Kaap. Koos du Pisanie het vroeër vanjaar met Eben Anthonissen van die Kathu-boerevereniging gesels oor die planne wat hulle gemaak het om dié probleem aan te pak. Ons luister ook weer na die gesprek wat Koos du Pisanie met Johannes van Rooyen van Zoetis gehad het oor die impak van klimaatsverandering op veegesondheid. Ons gesels met...

RSG Landbou 2 Januarie 2023 02.01.2023

Wat is in die water wat die waterhiasint so welig laat groei? David Cochrane van Spoor & Fisher gee duidelikheid oor planttelersregte. Waaruit bestaan ‘n dag in die lewe van ‘n Australiese skaapskeerder? Charl Rogers is ‘n Suid-Afrikaner wat in Australië as skaapskeerder werk, en ons medewerker, Carin Venter, gesels met hom.

RSG Landbou 31 Desember 2022 31.12.2022

Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van sy onlangse navorsing en sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2023. Hy verduidelik hoe ons gerus meer gereeld kan afkyk by Suid-Amerikaanse weerpatrone om meer lig op ons eie te werp.

RSG Landbou 30 Desember 2022 30.12.2022

Ons gesels met ‘n plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller, oor die voorkoms van poeieragtige meeldou op koring. Ons hoor ook wie om te kontak indien jy raad wil hê of meer wil uitvind oor hierdie en ander plantsiektes. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum deel praat oor ‘n onlangse navorsingsverslag wat verband hou met omgewingsbestuur. In on...

RSG Landbou 29 Desember 2022 29.12.2022
RSG Landbou 28 Desember 2022 28.12.2022

In ons gesprek oor die varsproduktebedryf, praat dr. Johan van Deventer kettingwinkels en watter kanale hulle verkies. André Brink van Groot Phesantekraal by Durbanville is as die Graanprodusent van die Jaar aangewys. Tommie Steyn van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap praat oor broodbome.

RSG Landbou 27 Desember 2022 27.12.2022

RSG Landbou het in Julie vanjaar ‘n reeks oor die varsproduktebedryf in Suid-Afrika uitgesaai. Vandeesweek  luister ons weer na dr. Johan van Deventer, wat langer as 30 jaar by dié bedryf betrokke was. Hy kyk onder meer na die geskiedenis, die verspreidingskanale, die rol van kettingwinkels, munisipale markte en die uitdagings in die bedryf. Spilpunttegnologie kom ook weer onder bespreking met Ger...

RSG Landbou 26 Desember 2022 26.12.2022

Suid-Afrika het vanjaar net meer as 127 000 hektar kanola aangeplant, die meeste nóg. Johan Pyper van Southern Oil praat oor die vooruitsigte vir 2023. Ons luister weer na ‘n onderhoud wat ons vroeër uitgesaai het met vanjaar se Toyota SA/Agri SA Jongboer vir 2022, Hannes Wolvaardt. Dr. Stoffel du Toit het vroeg in die jaar oor sy verwerking van turksvye vir veevoer gesels. Ons hoor weer wat hy te...

RSG Landbou 24 Desember 2022 24.12.2022

Vreemde weerverskynsels en die wiskunde van die atmosfeer is van die weerkantoorstaaltjies wat prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria met ons deel. Hy vertel dat dit boere is wat hom nog altyd met van die interessantste data voorsien het. Van kleintyd af is hy gefassineer deur hemelgebonde aktiwiteite van die natuur.

RSG Landbou 23 Desember 2022 23.12.2022

Janika de Beer is ‘n gekwalifiseerde veekundige. Sy is op die oomblik besig met haar tweede jaar as Meesterstudent in veekunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy vertel van haar navorsing wat verband hou met kleinboere. Veral klein melkboere sal baatvind by haar studies en bevindings. Die jaarlikse Agri’s Got Talent Sangkompetisie is een waar agriwerkers gehuldig word, en waar uitsonderlike ste...

RSG Landbou 22 Desember 2022 22.12.2022

RSG Landbou kuierby Allesbeste-boerdery in die Magoebaskloof-omgewing. Hulle het in 2016 met koffie-aanplantings begin. Johan van den Berg gesels oor die weer, Johann Kotzé van die SA Varkvleisprodusente-organisasie sluit die program af met ‘n spesiale Kersboodskap.

RSG Landbou 21 Desember 2022 21.12.2022

Snywurms wat veral jong gesaaides aanval, het natuurlike vyande soos voëls, parasitiese wespes en selfs meerkatte. Dis egter nie genoeg vir ekonomiese beheer nie. Antonie Botes van AECI Plant Health gee raad, en verduidelik waarom daar die afgelope drie seisoene so baie gevalle van swak snywurmbeheer gerapporteer is. Die varkbedryf het vanjaar sowat 20 000 sôe verloor, maar dié bedryf bly innovere...

RSG Landbou 20 Desember 2022 20.12.2022

Die Orpington-hoender se ontstaan dateer terug na die 1800’s in Brittanje. In Suid-Afrika is dié hoenderspesie ‘n uiters gewilde skouhoender. Ons gesels ons met Manie van Wyk van die Orpington-Klub van Suid-Afrika. Die 13-jarige Mia Schabort vertel wat belangrik is wanneer jy ‘n hoender vir ‘n skou voorberei. Byeboere van regoor Afrika kan uitsien na ‘n geleentheid in Durban - die Apimondia Africa...

RSG Landbou 19 Desember 2022 19.12.2022

Suid-Afrika se winterkoue in die appelproduserende streke, is nie voldoende om die appelbloedluis se lewensiklus te breek nie. Dié pes veroorsaak groot ekonomiese skade. Ons fokus op die graanbedryf die afgelope jaar met dr. Pieter Taljaard van Graan SA.

RSG Landbou 17 Desember 2022 17.12.2022

Suiwelboer Johannes Loubser van Fair Cape Dairies in Durbanville is vanjaar weer gekroon as die Landbounavorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Dié eer het Loubser ook in 2020 te beurt geval. Die kompetisie vier uitstaande prestasie deur Suid-Afrika se top kommersiële en kleinskaal suiwelboere, en word deur verskeie sleutelrolspelers as ‘n hoogtepunt op die land se landboukalender gesien....

RSG Landbou 16 Desember 2022 16.12.2022

Die Wes-Kaapse veterinêre laboratoriums ondergaan op die oomblik ‘n uitgebreide opknappingsprojek. Francois Dreyer, tegniese bestuurder van veterinêre diagnostiese dienste, verduidelik hoe dit klante in die volgende paar maande sal raak. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller praat oor die voorkoms van aarskroei op koring.

RSG Landbou 15 Desember 2022 15.12.2022

Die registrasie van boerbokke by SA Stamboek sal oor die volgende paar jaar groot veranderinge ondergaan, en boerboktelers sal van 2025 af net volledige stoetdiere op veilings kan aanbied. Mac-Hendrik Jordaan van die Wes-Kaap Boerbokklub vertel ook hoe dit met boerbokke in dié provinsie gaan. Aartappels SA het die jongste markverslag. Daar ‘n aangepaste, nuwe manier om koeidoeltreffendheid te defi...

RSG Landbou 14 Desember 2022 14.12.2022

Die plaaslike amandelbedryf het ‘n paar jaar gelede ‘n hupstoot gekry met ‘n kultivar uit Kalifornië in die VSA. In November het die ZZ2-affiliaal, Cape Almonds, 50 ton amandels aan die plaaslike mark beskikbaar gestel. Dan Coetzee gesels ook oor die produsente-organisasie wat gestig is. Een van die risiko’s wat produsente daagliks moet bestuur, is die klimaat. Louis van Ravesteyn van Standard Ban...

RSG Landbou 13 Desember 2022 13.12.2022

Spilpunttegnologie het tot so ‘n mate ontwikkel dat produsente hulle water optimaal kan bestuur. Gerrie Wiese en Theunis Volschenk van Lindsay Africa gesels hieroor. Dirk Uys van Aartappels SA praat oor die aartappelmot wat groot skade veroorsaak. Ons hoor wat Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersvereniging te sê het oor dié bedryf in 2022.

RSG Landbou 12 Desember 2022 12.12.2022

‘n Goeie biosekuriteitsplan hoef nie ‘n arm en ‘n been te kos nie, sê dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid. Elethu Wines, ‘n swartbemagtigingsonderneming, het met sy eerste wyn ‘n dubbelgoud in ‘n internasionale wynkompetisie losgeslaan. Thalia Brameld van SA Stamboek gesels oor die relevansie van melkaantekeninge.

RSG Landbou 10 Desember 2022 10.12.2022

Boere lys hulle produkte op ‘n platform met die naam Nile.ag volgens die gradering en groottes wat deur regulasies voorgeskryf word, en verskaf ook foto’s. ’n Onafhanklike inspekteur tree as arbiter op wanneer produkte wat gelewer word, nie met regulasies ooreenstem nie. Sedert dit in November 2020 bekend gestel is, is miljoene kilogram varsprodukte op die platform verkoop, en die huidige vraag oo...

RSG Landbou 9 Desember 2022 09.12.2022

Die adjunk-direkteur-generaal van landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie. Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê die organisasie is heeltyd beskikbaar om boere en lede van die publiek met praktiese wenke en raad te bedien.

RSG Landbou 8 Desember 2022 08.12.2022

Die hoenderbedryf is die tweede grootste landboubedryf in Suid-Afrika. Ons praat met Izaak Breitenbach van die SA Pluimvee-vereniging oor hulle groei die afgelope jaar. Ons hoor ook waar staan sake met invoertariewe en storting. Volgens Danie Strauss van BKB is daar reeds 34 200 skape beskikbaar vir veilings in die sentraalstreek in Januarie en Februarie 2023. Hy gesels oor hulle veilingseisoen wa...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.