RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 2 Februarie 2023 02.02.2023

In ons kuilvoertoer saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited, fokus ons op KwaZulu-Natal. Volgens Richardt veroorsaak ongediertes heelwat skade by kuilvoer in dié provinsie. Watter vennootskappe is vir ‘n finansiële instelling soos Nedbank belangrik, wat ook kan help met die vele uitdagings wat landbou in 2023 in die gesig staar? David McCall van Skietlaagte Farms vertel wat hulle op 16 Februa...

RSG Landbou 3 Februarie 2023 02.02.2023

‘n Boer van Wellington in die Wes-Kaap is onlangs op sy plaas deur ‘n Kaapse kobra gebyt. Die voorval het tydens beurtkrag plaasgevind. Eduan Niemand, ‘n bekende slangvanger van die omgewing was gou op die toneel om die slang te identifiseer, verwyder en om die boer te hulp te snel. So het hy ook die boer se lewe gered. Hy sluit by ons aan om wenke te deel oor wat mens te doen staan sou jy ‘n gift...

RSG Landbou 1 Februarie 2023 01.02.2023

Wildbedryf Suid-Afrika het tydens ‘n nasionale vergadering in Pretoria hul lede en die media op hoogte gebring van talle sake wat die wildboer in Suid-Afrika raak. Die wildsvleisregulasies is onder andere bespreek. André Badenhorst van die L.A.B Brahman-stoet vertel van sy veiling op 17 Februarie in Parys.

RSG Landbou 31 Januarie 2023 31.01.2023

‘n Verandering in belastingwetgewing wat op nie-winsgewende organisasies van toepassing is, het Graan SA genoop om struktuurverandering te implementeer. Stephanie van der Walt is aangestel as streeksbestuurder van die International Fresh Produce Association vir Suidelike Afrika. Besproeiingsboere van die Prieska-omgewing het ‘n bewusmakingsveldtog begin om aan die regering en Eskom te verduidelik...

RSG Landbou 30 Januarie 2023 30.01.2023

Ockie Louw, ‘n Dorper-boer van die Williston-omgewing, het al talle planne gemaak om te oorleef – van uie plant tot volstruise grootmaak. Hy sê as jou plan nie werk nie, dan laat jy dit daar en probeer iets anders. Vrystaat Landbou is ondanks verskeie uitdagings in 2022 steeds hoopvol vir die toekoms van die landboubedryf in dié provinsie.

RSG Landbou 28 Januarie 2023 28.01.2023

Planne vir die ontwikkeling van die plaaslike saffraanmark is goed op dreef, en kan daartoe lei dat Suid-Afrika ʼn beduidende produsent en uitvoerder van die produk (by verre die wêreld se duurste spesery) word. Dis goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie aangesien die uitvoer van saffraan ʼn waardevolle bron van buitelandse valuta kan wees. Dit kan terselfdertyd help met die vestiging van opkom...

RSG Landbou 27 Januarie 2023 27.01.2023

In ‘n tyd waar beurtkrag boere hoofbrekens besorg, is dit goed om daarvan kennis te neem dat daar tans hard gewerk word ten einde gouer as later oplossings te vind. Daneel Rossouw van Nedbank se landbou-afdeling verduidelik waarop daar in 2023 gefokus sal word. Volgens die Hortgro-boomsensus was daar 549 hektaar kersieboorde in Suid-Afrika in 2021, waarvan byna tweederdes jonger as ses jaar was. K...

RSG Landbou 26 Januarie 2023 26.01.2023

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf ervaar tans groot druk. Bykans 40% van plaaslike produsente is nie winsgewend nie. Ons hoor wat Rico Basson van Vinpro hieroor te sê het. Ons gesels met ‘n tienjarige leerling van Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai oor haar prestasie by die 2022 Wes-Kaap Jeugskoukampioenskappe. Ons reis ook verder saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited. Hy praat oor kuilvoerma...

RSG Landbou 25 Januarie 2023 25.01.2023

Die uniekheid van die Ankole-beesras het vir Dail van Rensburg 22 jaar gelede beïndruk, en vandag is hy een van Suid-Afrika se voorste telers. Hy gesels oor sy benadering, en die rol van Afrika-beesrasse. Willem de Chavonnes Vrugt van Agri Noordwes vertel van hulle planne vir 2023 en hoe hulle die vele landbouuitdagings aanpak. Dohne Merino Telersgenootskap bied op 15 Februarie hulle nasionale vei...

RSG Landbou 24 Januarie 2023 24.01.2023

Volhoubaarheid, naspeurbaarheid en dierewelsyn is deel van die RWS-standaarde waaraan wolprodusente moet voldoen. Heinrich Victor van OVK verduidelik hoe die standaarde ontstaan het, wat dit behels en hoe produsente gemeet word. Willie Clack, wat eersdaags uittree as voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, gesels verder oor sy veediefstalnavorsing onder boere in die Noordwes. Dié...

RSG Landbou 23 Januarie 2023 23.01.2023

Veediefstal in Suid-Afrika is deel van georganiseerde misdaad. Só sê Willie Clack, ‘n bekende onder landbouers in Suid-Afrika en ‘n man wat reeds talle jare navorsing hieroor doen. Willie het aan die einde van 2022 sy uittrede as voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum aangekondig. Koos du Pisanie vind meer uit oor die nuwe formele kwalifikasie van Graandepot-bestuurders.

RSG Landbou 21 Januarie 2023 21.01.2023

Nigel Klaasen, junior produksiebestuurder van die plaas Fruitways Glen Elgin, is in November verlede jaar aangewys as die wenner van die jaarlikse Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Hy verduidelik hoe hy sy drome laat waar word. Een daarvan is dat sy plaaslike gemeenskap moet gedy. Hy glo vas dat landbou vele van ons land se werkloosheidskwessies kan oplos.

RSG Landbou 20 Januarie 2023 20.01.2023

Danksy die Peritum Gapjaar in Landbou het skoolverlaters vanjaar ’n nuwe, opwindende opsie wanneer hulle hulle toekomsplanne smee. Studente sal vanaf Februarie tot Desember nuwe landboukennis, praktiese landbouervaring, asook noodsaaklike persoonlike en interpersoonlike vaardighede aanleer. Die nuwe HortiDemoCentre in Stellenbosch spesialiseer in beskermde tuinbou, en sal die nuutste Nederlandse t...

RSG Landbou 19 Januarie 2023 19.01.2023

Landbou-uitvoere, grondhervorming, die agteruitgang van munisipaliteite, landboufinansiering én wetgewing is van die uitdagings waaroor landbou in 2023 sal gesels. So sê Wandile Sihlobo van Agbiz. Ons gaan op ‘n kuilvoer-reis deur die land saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited. Hy gesels oor kuilvoermaak in die Wes-Kaap. Dr. Gerhard Nortjé van Unisa praat oor grondkors en die impak wat dit...

RSG Landbou 18 Januarie 2023 18.01.2023

Dis parstyd vir wingerdprodusente. Gereelde monitering is van groot waarde vir die produsent, en deesdae word daar van satelliettegnologie gebruik gemaak. Jaco Engelbrecht van Visual Viticulture vertel wat dit behels. Wetgewing oor gesondheid en veiligheid ten opsigte van elektriese installasies in die graanhanteringsbedryf, kom onder die soeklig. Dit was een van die besprekingspunte tydens ‘n vir...

RSG Landbou 17 Januarie 2023 17.01.2023

Meer as 90% van alle tafeldruiwe wat in Suid-Afrika verbou word, word uitgevoer. Die bedryf verskaf werk aan bykans 90 000 mense. AJ Griesel van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifindustrie gesels ook oor volumes wat verwag word. Is dit nodig om ‘n interne dissiplinêre ondersoek te doen indien ‘n werknemer wangedrag in die werksplek gepleeg het? Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie beantw...

RSG Landbou 16 Januarie 2023 16.01.2023

In Suid-Afrika word bosverdigting en bosindringing dikwels verwar. Talle grondeienaars sit met die probleem van bosverdigting, en volgens prof. Nico Smit van die Universiteit van die Vrystaat, moet slapende honde nie wakker gemaak word nie. Die beheer sluit talle faktore in. Hy gesels oor sy 36 jaar se navorsing op dié gebied. Daar is ook nuus oor veilings wat in die volgende paar weke plaasvind.

RSG Landbou 14 Januarie 2023 14.01.2023

Nigel Klaasen, die juniorproduksiebestuurder van die plaas, Fruitways Glen Elgin, is in November verlede jaar aangewys as die wenner van die jaarlikse Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Altesaam 994 plaaswerkers in 15 streke van die Wes-Kaap het in elf kategorieë deelgeneem. Hy sluit by ons aan.

RSG Landbou 13 Januarie 2023 13.01.2023

Die jaarlikse Vinpro-inligtingsdag is ‘n belangrike geleentheid vir belanghebbendes in die sektor. Vinpro se bestuurshoof, Rico Basson, vertel van die dag wat op 19 Januarie plaasvind. Ons hoor ook by hom wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf het, wat geen ander land het nie. Die assistentbestuurder van Nampo en Bemarking by GraanSA, Toit Wessels, het onlangs produsente in die Wes-Kaap besoek. Hy praa...

RSG Landbou 12 Januarie 2023 12.01.2023

In Suid-Afrika is die tuismeng van veevoer ‘n algemene praktyk, maar is die kool die sous werd? Alheit du Toit van Feedtek kyk na die voor-en nadele van dié praktyk. Somergraanaanplantings kom ook onder bespreking met Petru Fourie van Graan SA. Veilings het vandeesweek hervat, en Chris Derksen vertel watter pryse by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg gesels oor die weer.

RSG Landbou 11 Januarie 2023 11.01.2023

Plaaslike makadamiaproduksie kan deesdae meer akkuraat bepaal word danksy ‘n projek deur Makadamia Suid-Afrika, in samewerking met Australië. Dr. Elrea Strydom vertel ons hiervan. Frans de Klerk kyk na die kommoditeitsmarkte. Spilpunttegnologie kom weer onder die vergrootglas met Lindsay Africa. Waterbesparing en die bekostigbaarheid van toerusting word bespreek.

RSG Landbou 10 Januarie 2023 10.01.2023

Daar is verskeie redes waarom krake in aartappels voorkom. Enrike Verster van Aartappels SA verduidelik wat die oorsake hiervan is. Ons kuier saam met Carin Venter by Marlé Slabbert van Osplaat Boerdery op Jansenville. Marlé het sewe jaar gelede die boerbokstoet by haar pa oorgeneem, en sy deel ‘n paar gedagtes oor haar benadering. Dan gesels ons ook met Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap oor landbo...

RSG Landbou 9 Januarie 2023 09.01.2023

Die rooivleisbedryf het ‘n uitdagende jaar agter die rug, en volgens James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie het hulle ‘n paar lesse geleer. Loonopgawes moet voor 31 Januarie ingedien word. Wat is die gevolge indien dit nie betyds ingedien word nie? Peter Cloete van die Dordrecht-omgewing in die Oos-Kaap vertel hoe landbou-omstandighede in dié provinsie lyk, en wat hulle met die Pine G...

RSG Landbou 7 Januarie 2023 07.01.2023

Durbanville-boer en eiendomsontwikkelaar André Brink van Groot Phesantekraal, is aangewys as Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar vir 2022. Brink, wat in 1985 saam met sy pa op hulle familieplaas begin boer het, het die titel verower as 'n rolmodel in die gemeenskap en ook vir winsgewende en volhoubare graanproduksie.

RSG Landbou 6 Januarie 2023 06.01.2023

Boere en bewaringsmense in die Karoo is bekommerd oor die skielike vrektes onder troetelkonyne en hase. Die Trust vir Bedreigde Dierelewe is besorg dat die omvang van die vrektes verdere druk op getalle van die bedreigde oewerkonyn sal plaas. Bonnie Schumann verduidelik wat boere te doen staan sou hulle dooie hase in die veld kry. Die bedryfshoof van die Beefmaster-groep, Gert Blignaut, praat oor...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.