RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 4 Maart 2023 04.03.2023

Het jy geweet daar word elke dag meer as een miljoen bottels Suid-Afrikaanse wyn wêreldwyd verkoop? Daar is min mense met diepdomein kennis oor die wynbedryf soos Vinpro se bestuurshoof, Rico Basson. Maar wat van die toekoms? Veral ná ‘n tyd waar die bedryf in die kielwater van Covid hard moes werk om nie te sink nie. Vir meer as 200 dae nie kon daar nie handel gedryf word nie. Dit was een van die...

RSG Landbou 3 Maart 2023 03.03.2023

Alex Bosman is landskapstegnoloog en hooftuinier by die plaas, Babylonstoren buite Franschhoek in die Wes-Kaap. Sogenaamde biologiese middels is iets waaroor hy graag sy kennis deel. Hy verduidelik wat dit behels en hoe dit vir boere van waarde kan wees. Die verdamping van plaasdamwater is veral gedurende die somermaande 'n probleem. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum sê dat hierdie kw...

RSG Landbou 2 Maart 2023 02.03.2023

Sikloon Freddy se bewegings is tans onvoorspelbaar, en daar is ‘n moontlikheid dat nog reën in sekere dele van Suid-Afrika kan voorkom. Johan van den Berg gesels ook oor die La Niña- en El Niño-verskynsels. Ons is steeds op ‘n kuilvoertoer saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited, en stop in Gauteng. Hy praat veral oor die beskikbaarheid van brouersgraan wat in rantsoene ingesluit word. Stepha...

RSG Landbou 1 Maart 2023 01.03.2023

Natuurlike kunsmis word met groot sukses reeds vir talle jare in die Overberg-omgewing in die Wes-Kaap gebruik. Die kombinasie van indringerplante en hoendermis is deel van dié resep. Kobus Stoop van ReStore vertel wat dit behels. ‘n MSc-student aan die Universiteit Stellenbosch, Stephan Theron, het bevind dat bewaringslandboubeginsels Fusarium-kroonvrot by koring help bestuur. Ons gesels met hom...

RSG Landbou 28 Februarie 2023 28.02.2023

Dit is reeds bekend dat daar vanjaar nie voldoende entstof vir bloutong beskikbaar is nie, maar wat is plan B? Prof. Gareth Bath, ‘n kenner van kleinveesiektes, gee raad. Izak Klopper van die Nasionale Wolkwekersvereniging gesels oor ‘n spoedskeerkompetisie wat vanjaar vir die eerste keer by die Riversdal-skou aangebied is. Lone-opgawes moet teen 31 Mei ingedien word, maar wat sluit die lone in wa...

RSG Landbou 27 Februarie 2023 27.02.2023

Blaar- en grondontleding is die basis van enige plantvoedingsprogram, maar wat is belangrik wanneer monsters geneem word? Kenny Beeton van Nutrico gee raad hieroor. Ons luister ook na Jaco Kok se storie. Hy werk op ‘n besproeiingsplaas in North Dakota in die VSA. Die wet wat op uitvoeragente van toepassing is, word tans hersien. Francois Knowles van die Raad vir Landbouprodukte-agente brei hieroor...

RSG Landbou 25 Februarie 2023 25.02.2023

‘n Krisis-tydperk. ‘n Onsigbare gevaar. Moedverloor se vlakte. Die oortuiging van ‘n groep mense wat lief is vir landbou, wat saamgespan het om oplossings te vind. Dis die elemente van 'n goedvoelstorie in die wynbedryf. Volgens die bestuurshoof van Vinpro, Rico Basson, het grendeltyd vele foute uitgewys. Hy sê ook dat die destydse swaarkry ‘n wedergeboorte in die wynbedryf tot gevolg gehad het. O...

RSG Landbou 24 Februarie 2023 24.02.2023

Die Wes-Kaapse Departement Landbou onderneem vanjaar weer opwindende navorsingsprojekte. Hierdie proewe by die departement se navorsingsplase sal van groot waarde wees vir veral graanboere. Die toediening van swamdoders, dekgewasse asook vele ander kwessies sal van nader bekyk word. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller praat oor die voorkoms van aarskroei op koring asook ander navorsings-nu...

RSG Landbou 23 Februarie 2023 23.02.2023

BirdLife South Africa, in samewerking met die Universiteite van die Witwatersrand en Johannesburg, het navorsing gepubliseer wat loodvergiftiging by kritiek bedreigde witrugaasvoëlkuikens aan loodgebaseerde ammunisie verbind. In ons landswye kuilvoertoer saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited doen ons in Noordwes aan. Rypskade het ‘n groot impak op kuilvoer in dié provinsie. Weervooruitsigte...

RSG Landbou 22 Februarie 2023 22.02.2023

Wat is die doel van ‘n nasionale veiling vir ‘n beestelersgenootskap? Benjamin Bosch van Bonsmara SA gesels oor hulle nasionale veiling op 15 Maart in Parys. Volgens Pieter Fouché van Whiteheath Boerbok-stoet tussen Grahamstad en Bathurst dra goeie lengte by tot meer vleis, en dis waarna jy soek by ‘n boerbok. Dr Japie van der Westhuizen en Siebert Vermeulen van SA Stamboek praat oor die eienskapp...

RSG Landbou 20 Februarie 2023 20.02.2023

Die hoenderbedryf bly in die nuus. Die impak van beurtkrag, invoertariewe en die aansoek vir belastingkwytskelding op hoender is van die kwessies waaroor daar vrae is. Ons praat hieroorn met Izaak Breitenbach van die SA Pluimveevereniging. Bonsmara SA bied eersdaags hulle Rooi Ras-geleentheid aan. Louis Steyl vertel hiervan en gesels ook oor die sukses van dié ras in Suid-Afrika.

RSG Landbou 21 Februarie 2023 20.02.2023

Ons medewerker Carin Venter maak 'n draai by die Dohne Merino Nasionale veiling op Graaff-Reinet. Sy het ook op Somerset Oos by die Oos-Kaapse Boerbokklub gaan inloer. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die weeklikse wolmarknuus.

RSG Landbou 18 Februarie 2023 18.02.2023

Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Living with little monsters. Die boek verduidelik die voorkoms van allerlei onsigbare mikrobes - beide goed en gevaarlik. Hy gee ook wenke vir ouers oor hoe om heilsame kosblikke vir kleingoed te verseker.

RSG Landbou 17 Februarie 2023 17.02.2023

Inskrywings vir die Concours Mondial du Sauvignon sluit op 17 Februarie 2023. Indien jy ernstig is oor Sauvignon Blanc, het jy nou die kans om jou wyn te meet aan sowat 1 000 ander Sauvignon Blanc-wyne van regoor die wêreld. Die kompetisie vind vanjaar vir die eerste keer buite Europa plaas in Franschhoek in die Kaapse Wynlande. RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter, sluit by ons aan om oor d...

RSG Landbou 15 Februarie 2023 15.02.2023

Die plaaslike kanolabedryf het in terme van hektare en oeste noemenswaardige groei getoon, maar kan die bedryf binnekort ‘n plato bereik? Johan Pyper van Southern Oil praat oor ‘n paar bestuursfoute wat hulle in die veld teëkom. Goeie nuus vir Droughtmastertelers in Suid-Afrika. Dié beesras is amptelik as Droughtmaster SA geregistreer, en ons hoor by Stompie Olivier wat die proses behels. Ons praa...

RSG Landbou 16 Februarie 2023 15.02.2023

In sy gesprek oor kuilvoer fokus Richardt Venter van AgSci Unlimited op kuilvoermaak in die Noord-Kaap. Die gebrek aan groot masjinerie en kuilvoerkontrakteurs is veral vir dié provinsie ’n uitdaging. Ons gesels met Breyton Milford oor die herstrukturering van Agri-Expo se bedrywighede wat hoofsaaklik op die Wes-Kaap gefokus is. Chris Derksen vertel van die week se vleispryse, en Johan van den Ber...

RSG Landbou 14 Februarie 2023 14.02.2023

Die Sernick Groep het reeds in 2016 met die ontwikkeling van opkomende boere begin. Volgens Nick Serfontein is alles gebaseer op hoop, en die verskil wat hulle in die mense se lewens maak, is noemenswaardig. Patrick Sekwatlakwatla, die leier van die program by Sernick, sê vroue neem tans die voortou. RSG Landbou het onlangs hulle boeredag buite Kroonstad bygewoon. Maria Tswayi van Hertzogville is...

RSG Landbou 13 Februarie 2023 13.02.2023

Indien die huidige wêreldproduksievlakke van voedsel voortgaan, sal die tekort aan voedsel tussen 50% en 65% wees. Die rede hiervoor is water en produksie. So sê Felix Reinders van die Verenigde Nasies se Globale Raamwerk vir Waterskaarste in Landbouwater. Hy fokus op Suid-Afrika en landbou se uitdagings met water.

RSG Landbou 11 Februarie 2023 11.02.2023

Dr. Rhoda Malgas is ‘n dosent in bewaringsekologie aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit landbouwetenskappe. Sy het in Desember ‘n doktorsgraad verwerf. Die onderwerp van haar tesis het verband gehou met haar persoonlike oortuiging dat die soeke na volhoubaarheid eintlik die soeke na gemeenskap is. Luister na ‘n storie oor die voorkoms van veldtee, en ‘n navorser wat met die ondersteuning...

RSG Landbou 10 Februarie 2023 10.02.2023

Ons kyk na die gebruik van biomassa in volhoubare energie-opwekking. Die Lotusplant is die nasionale blom van Indië en Viëtnam. Die maak van tee met hierdie plant se blomme is algemeen. Dit het kalmerende eienskappe en is effektief in die behandeling van kwale soos hoofpyn, slapeloosheid, neusbloeding, verkoue en hoes. Dit versterk ook die immuunstelsel. Liesl van der Walt is tuinier by Babylonsto...

RSG Landbou 9 Februarie 2023 09.02.2023

Van die grootste kuilvoerbunkers in Suid-Afrika word in die Vrystaat aangetref, maar die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, is baie groot. Suurstofblootstelling bly ‘n probleem, en daarom het meer produsente na silosakke oorgeskakel. Die Suid-Afrikaanse Vetvee-beoordelaarsvereniging bied ‘n Nasionale Vetvee-kampioenskap aan. Daar is soos altyd nuus oor die weer met Johan van den Berg, en Chris D...

RSG Landbou 8 Februarie 2023 08.02.2023

Die BKB Groep het onlangs aangekondig dat hulle hulle voetspoor in die voormalige Transkei uitbrei deur die verkryging van die Provident Group of Companies. Ons gesels met Wessel Lemmer van Agbiz Grain oor die doel van ’n Franse koöperasie, EMC2, se besoek aan Suid-Afrika. Suid-Afrikaners is betrokke by die ontwikkeling van ‘n besproeiingsplaas in die Sharjah-streek van die Verenigde Arabiese Emir...

RSG Landbou 7 Februarie 2023 07.02.2023

Knopvelsiekte wat onder vee voorkom, is ‘n virussiekte wat nie genees kan word nie. Dit kan wel beheer word. Dr, Antoinette van Schalkwyk van die Landbounavorsingsraad verskaf meer inligting. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die weeklikse wolmarkverslag. Poena van Niekerk van Ede Farming praat oor die waarde van SA Stamboek se dienste op ‘n melkplaas.

RSG Landbou 6 Februarie 2023 06.02.2023

Elke kommersiële boer moet ‘n bietjie Boran-bloed in sy beeste hê. Só sê Jaco Janse van Rensburg van Southwell in die Oos-Kaap. Ons hoor wat Graan SA by hulle streeksvergadering op Morreesburg met hulle lede gedeel het. Corné Louw praat oor die koringheffing en ‘n droogteverdraagsame koringgeen wat van Argentinië ingevoer is. Heleen Viljoen vertel van die afgelope twee jaar se insetprysvergelyking...

RSG Landbou 4 Februarie 2023 04.02.2023

Dr. Michael Jordaan het op 36-jarige ouderdom die hoof van FNB geword. Onder sy leiding is die bank aangewys as die mees innoverende bank ter die wêreld. Benewens sy sakebelange het hy ook ‘n hart vir landbou met belange in die wynbedryf. Jordaan was onlangs spreker by die jaarlike Vinpro-inligtingsdag, en ons het hom uitgevra oor onsekerhede en hoe mens dit die hoof behoort te bied.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.