RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 3 April 2023 03.04.2023

Die Mededingingskommissie se ondersoek na die varsproduktemark het op 31 Maart begin. Ons hoor by Ruan Maré wat die rede hiervoor is. Ons kuier op Suiderlandplaas in die Tsitsikamma-omgewing by Dean Biggs. Hy het in 2022 die MPO/Nedbank-rentmeesterskapstoekenning ontvang. MJ Ernst van die Ankole-beestelersgenootskap gesels oor hulle inligtingsdag en nasionale veiling later vandeesmaand by Bona Bon...

RSG Landbou 1 April 2023 01.04.2023

Ontwerper Natalie Green het twee jaar gelede haar breidragonderneming op die been gebring. Sedertdien is sy besig om met vesel en volhoubaarheid haar patroon vir sukses te verfyn. Sy dra haar hart op haar mou, in dié geval hoë gehalte truie, wanneer sy praat oor boere. Natalie maak slegs gebruik van plaaslik geproduseerde sybokhaar en wol. Met elke kledingstuk eer sy ook die boere wat sorg vir die...

RSG Landbou 31 Maart 2023 31.03.2023

Die rol van die gesondheidsinspekteur vereis dat daar deurlopend van vele veranderlikes kennis geneem moet word. Ons bespreek die beroep as moontlike werksgeleentheid, asook die belangrikheid daarvan dat daar deurgaans met produsente geskakel moet word om die aard van rou produkte te verstaan. Die effek van reën op wyndruiwe tydens die rypwordingsperiode word met ‘n wingerdkonsultant bespreek. Met...

RSG Landbou 30 Maart 2023 30.03.2023

Melkproduksie verhoog wanneer koeie na strelende klassieke musiek luister. Só sê ‘n studie deur ‘n MSc-student van die Universiteit van Pretoria, Lize Erasmus. Sy verduidelik hoe sy tot dié gevolgtrekking gekom het. Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap gee sy mening oor die huidige stand van landbou. Ons gesels met die 2022 TLU Jongboer van die Jaar, Daniël Opperman.

RSG Landbou 29 Maart 2023 29.03.2023

Dr. Frans Cronjé was ‘n spreker by Bonsmara SA se Rooi Ras-geleentheid op Parys, en sy boodskap aan die bedryf was dat georganiseerde landbou ‘n waardevolle rol speel, veral waar die regering sy magsbelang probeer afdwing. Wat sê die POPI-wet oor die verspreiding van inligting wat deur veiligheidskameras opgeneem en gestoor word? ‘n Regskenner, Dirk Krapohl, het tydens ‘n Agri Noord-Kaap vergaderi...

RSG Landbou 28 Maart 2023 28.03.2023

Meer damme en ‘n beter metingstruktuur kan ‘n oplossing wees vir die vloede wat die afgelope twee jaar die boere van die Benede Oranjerivier ses keer geteister het, aldus Wilco Fourie van die Oranjerivier Landbou-unie. Ons vind by Carlo Nolte van Agri Noord-Kaap uit of nog ‘n sprinkaanplaag op pad is. Die Beefmaster Beestelersgenootskap het vanjaar ‘n toer deur die Vrystaat aangebied. Bulvoeding v...

RSG Landbou 27 Maart 2023 27.03.2023

Volgens die bekende landskapekoloog, Dave Pepler, moet veeprodusente nie ophou boer as gevolg hul hoë koolstofvoetspoor nie, maar wel, slimmer boer. Hy was een van die sprekers by ‘n RPO-dag in die Noord-Kaap. Ons praat ook met Jaco du Plessis van Afgri-veevoere oor die suiwelbedryf en hoe produsente aanpassings moet maak om haalbare doelwitte te bereik. Arthur de Villiers van AG Bonsmara vertel v...

RSG Landbou 25 Maart 2023 25.03.2023

Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch beskryf internasionale kostendense. Die lewering van gesonde, veilige voedsel begin by boere. Hy beskryf hoe daar innoverend geboer word om onder andere veganistiese kostradisies te bevorder. Klimaatsverandering het voedselwetenskapnavorsing heelwat verander in onlangse tye. Ander innovasies soos die suiwerin...

RSG Landbou 24 Maart 2023 24.03.2023

Dr. Stephano Haarhoff is landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika. Hy sluit by ons aan om die jongste tendense in herlewinglandbou-boerderystelsels te bespreek. Ons gesels oor gediversifiseerde wisselboustelsels, minimale grondversteuring en hoe om klimaatslim boerderystelsels te bou. Ons bespreek ook die waarde van grondbiologie. Die assistentd...

RSG Landbou 23 Maart 2023 23.03.2023

Namate die groeiseisoen van weiding tot ‘n einde kom, verhoog die veselinhoud terwyl die proteïeninhoud van die weiding verlaag. Die gevolg hiervan is dat verteerbaarheid ‘n probleem by diere skep. André Bezuidenhout van Feedtek gee ‘n paar aanbevelings hieroor. Wat behels goeie waterbestuur tydens vloede? Joseph Swanepoel van die Krokodil-Wes besproeiingsraad in Noordwes verduidelik hoe hulle te...

RSG Landbou 22 Maart 2023 22.03.2023

Die Gamtoos Besproeiingsraad probeer voortdurend om optimale watervloei na die belangrikste Oos-Kaapse damme te verseker. Uitheemse indringerplante veroorsaak groot probleme, maar die projekte wat tans in plek is, toon groot sukses. Volgens ‘n agronoom en graanprodusent van Brasilië, Giovanni Parzianello, vergelyk dié land goed met Suid-Afrika in terme van uitdagings soos arbeidskwessies, min onde...

RSG Landbou 21 Maart 2023 21.03.2023

Graangraderingsregulasies was een van die besprekingspunte by Graan SA se jaarkongres, en ons hoor hoe Derek Mathews sy kommer hieroor uitspreek. Dan maak ons ‘n draai in die Oos-Kaap. David Fletcher boer met Dohne-Merino’s, Angoras en beeste tussen Tarkastad en Bedford. Hulle het in 2016 na die plaas toe getrek met geen infrastruktuur en ‘n plaashuis wat deur hoenders beset was. Hy moes vining me...

RSG Landbou 20 Maart 2023 20.03.2023

Herlewingslandbou word voorgehou as die praktyk om boerdery volhoubaar te maak, maar wat gebeur ná die oorgang na herlewingslandbou? Is die boerdery onmiddellik meer volhoubaar en winsgewend? Nic van Schalkwyk van Restore Africa Funds beantwoord hierdie vrae. Hy was die hoofspreker by ’n Fresh Solutions-geleentheid op Stellenbosch. Die toepassing van volhoubare wolstandaarde word ook onder opkomen...

RSG Landbou 18 Maart 2023 18.03.2023

Die plaas, Vaatjie, in die Melkbosstrand-omgewing is onder andere bekend vir sand. Daar is ook beeste en ‘n 4x4-baan, asook een van die mees ongewone vertakkings van landbou waaroor ons nog ondersoek ingestel het. Bekende internasionale films en TV-reekse soos The Crown is daar verfilm.

RSG Landbou 17 Maart 2023 17.03.2023

Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, praat oor die gratis landboupublikasie, Agriprobe. Dr. Ivan Meyer gaan eersdaags een van die sprekers wees by ‘n geleentheid wat in Laingsburg gehou word. Prof. Manie Spamer, een van die organiseerders, het die besonderhede.

RSG Landbou 16 Maart 2023 16.03.2023

Bloemskou vier vanjaar sy 140e bestaansjaar, en vir landbouers is daar baie om na uit te sien. Vir kleinvee-, grootvee- en perde-entoesiaste is daar 20 kampioenskappe, waarvan nege nasionale kampioenskappe is. Inskrywings vir die gesogte SA Suiwelkampioenskappe sluit op 24 Maart. Breyton Milford van Agri-Expo gee meer besonderhede. Richardt Venter van AgSci Unlimited sluit sy kuilvoertoer af met ‘...

RSG Landbou 15 Maart 2023 15.03.2023

Voedingkundiges en navorsers in die plaaslike hoenderbedryf het onlangs by die WNNR bymekaar gekom vir die World Poultry Science Association-simposium. Johan du Plessis gesels oor die fokus van dié vereniging. Daar is lande wat al soortgelyke elektrisiteitstekorte as Suid-Afrika ondervind het. Watter planne is daar gemaak wat ook in Suid-Afrika van toepassing kan wees? Prof. Theo Venter het tydens...

RSG Landbou 14 Maart 2023 14.03.2023

Water in die Oos-Kaap bly skaars, en landbou maak voortdurend planne om dié probleem aan te pak. Woodlands Dairy in Humansdorp reeds ‘n paar jaar gelede met ‘n watersuiweringsprojek begin. André Adendorff verduidelik hoe dié proses werk. Prof. Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg praat oor die impak van regeringsbesluite op landbou. Heinrich Victor van OVK is terug met nuus van die la...

RSG Landbou 13 Maart 2023 13.03.2023

Boere hoef nie bekommerd te wees oor onteiening sonder vergoeding nie, aldus prof. Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg. Hy was een die sprekers by vanjaar se Swellendam-skou. Saai het by ‘n mediakonferensie hulle stryd om vergoeding vir Zimbabwiese boere bespreek, en ons hoor van dr. Theo de Jager en Willie Spies van Hurter Spies-prokureurs. ‘n Boer van Bothaville, Chris Jansen van R...

RSG Landbou 11 Maart 2023 11.03.2023

Dr. Rhoda Malgas, ‘n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, en stigter van die studentgesentreerde Small Things Fonds, het in Desember 2022 haar doktorsgraad ontvang. Haar verhandelimg fokus op landelike gemeenskappe wat ‘n bestaan maak daaruit om inheemse rooibos- en heuningbostee te oes. Die Small Things Fonds word deur vrywilligers befond...

RSG Landbou 10 Maart 2023 10.03.2023

Die oudste Landbougenootskap in Suid-Afrika, Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, wat handel dryf as Agri-Expo, het aan die einde van 2022 noodsaaklike herstrukturering ondergaan. Die ly van beduidende verliese as gevolg van projekte wat die laaste paar jaar geen wins gegenereer het nie, asook die swak ekonomiese klimaat, het gelei tot hierdie besluit. Breyton Milford is ná die proses as hoofbes...

RSG Landbou 9 Maart 2023 09.03.2023

Dit gaan goed met graanboere in Suid-Afrika alhoewel die wisselkoers een van die grootste risiko’s is, aldus dr. Pieter Taljaard van Graan SA. Hy was een van die sprekers by die Swellendam Landbouskou. Kobie Smit gesels oor dié skou wat vanjaar 191 jaar oud is. Richardt Venter van AgSci Unlimited kyk na kuilvoer in Mpumalanga, en praat onder andere oor hael wat dikwels probleme veroorsaak.

RSG Landbou 8 Maart 2023 08.03.2023

Boerboktelers kan vanjaar weer uitsien na ‘n spoggeleentheid vir uitgesoekte genetika. Die land se top boerbokke neem op 31 Maart deel aan die Black Tie Blue Blood-veiling in die Paarl. Een van die stigterslede en ook die afslaer, Danie Strauss van BKB, het meer besonderhede. Sandile Nzuza is onlangs as rasadviseur by Bonsmara SA aangestel. Hy het al by verskeie landbou-organisasies ‘n draai gemaa...

RSG Landbou 7 Maart 2023 07.03.2023

‘n Gevestigde droëland-aartappelprodusent van die Petrus Steyn-distrik in die Oos-Vrystaat, Gert Bester, vertel van sy beginjare. Hy is in 2022 as voorsitter van Aartappels SA verkies, en wanneer hy oor dié bedryf gesels, sien hy positiewe vooruitsigte in weerwil van al die uitdagings. Uitvoervolumes van Suid-Afrikaanse appels en pere kan vanjaar van 8% tot 10% minder wees. Die fokus is op die Mid...

RSG Landbou 6 Maart 2023 06.03.2023

Sommige veeprodusente is van mening dat drie-dae-stywesiekte nie ‘n probleem op hulle plaas is nie, maar dr. Johann Stadler van Antrovet stem nie saam nie. Ons kuier saam met Carin Venter by een van die oudste Dohne-Merinostoeterye in die land op die plaas Wauldby in die Oos-Kaap. Die Blaine-familie is die trotse eienaars, en Carin gesels onder andere met hulle oor hulle haarwurmnavorsing.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.