RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 2 Mei 2023 02.05.2023

Lukas Lessing van Marquard is onlangs as Vrystaat Landbou se Jongboer vir 2023 aangewys. Sy passie is die saaivertakking wat uit mielies, sonneblomme en sojabone bestaan. Ons gesels met hom oor sy benadering. As gevolg van goeie reën in sekere dele van die land het gras goed gegroei, maar verteer nie so maklik wanneer dit as weiding gebruik word nie. Frans Hagg van Allied Nutrition gee raad. Heinr...

RSG Landbou 1 Mei 2023 01.05.2023

Nampo vier sy 55e skoujaar. Innoverende landbou is vanjaar se tema, en besoekers kan uitsien na ‘n nuwe toep wat as ‘n roetekaart gebruik kan word. Daar is ook iets nuuts waarna jagentoesiaste kan uitsien. Pikkie Rossouw, ‘n Dorperboer van die Lutzville-omgewing, praat oor rasstandaarde wat hy jare gelede vir dié skaapras ontwikkel het. Daar is soos altyd ook nuus oor veilings.

RSG Landbou 29 April 2023 29.04.2023

Lize Erasmus sê sy is ‘n professionele student. Sy het vanjaar met haar doktorsgraad begin aan die Universiteit van Pretoria. Veekunde, spesifiek veewelsyn, is haar veld van belangstelling. Wanneer die liefde vir musiek en diere paaie kruis, sorg dit vir 'n unieke landboustorie. Tsjaikofski vir koeie, of Mendelsohn ter wille van melkproduksie? Lize wil vasstel of stresvlakke by diere verlaag kan w...

RSG Landbou 28 April 2023 28.04.2023

Dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou bespreek ‘n kannabisplan wat onlangs deur die departement bekend gestel is. Warren Bam produseer organiese tafeldruiwe wat hy na die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Noord-Amerika en China uitvoer. Hy boer in Saron in die Wes-Kaap. Sy uitdagings,  wat beurtkrag en klimaatsverandering insluit, pak hy strategies aan. Arie van Raven...

RSG Landbou 27 April 2023 27.04.2023

In 1851 is die Pietermaritzburg Fair vir die eerste keer gehou. Vandag staan dit as die Royal Show bekend. Volgens Angus Williamson is die bekende goue parade vir die verskillende veerasse ‘n hoogtepunt. Hy vertel wat besoekers vanjaar kan verwag. Johan van den Berg gesels oor die weervooruitsigte, en Chris Derksen vertel watter pryse vir vee behaal is by vanmdeesweek se veilings in die Noord-Vrys...

RSG Landbou 26 April 2023 26.04.2023

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Suiweltegnologie se simposium het onlangs in KwaZulu-Natal plaasgevind. Gefermenteerde voedsel was ‘n gewilde onderwerp, aangesien die verbruiker deesdae die gesondheidswaarde daarvan besef. Pikkie Rossouw van Springduin Dorpers naby Lutzville vertel van die praktiese opleidingsessie wat by die Clanwilliam-skou aangebied is. Hanlie Kroese van Santam Landbou praat...

RSG Landbou 25 April 2023 25.04.2023

Wanneer landbouers hulle stem uitoefen tydens die 2024 nasionale verkiesing moet hulle een ding in gedagte hou, en dit is voedselsekerheid. So sê Christo van der Rheede van Agri SA. Aartappels SA vertel wat in Maart op die aartappelmarkte gebeur het, en Heinrich Victor van OVK het wolnuus. Joubert van der Merwe van Biedouw Boerbokstoetery was een van die aanbieders van ‘n Boerbok-inligtingsdag by...

RSG Landbou 24 April 2023 24.04.2023

Ons kuier by die Clanwilliam-skou wat vanjaar 82 jaar oud is. Heinie Nieuwoudt vertel watter uitdagings hulle vanjaar in die gesig gestaar het met herstelwerk, wat ten duurste gedoen moes word as gevolg van vandalisme. Ons hoor ook hoe Stettyn-wynkelder teruggee aan hulle gemeenskap met die verkoop van hulle vlagskipwyne. Instansies soos Innovation for the Blind op Worcester en die NSRI, baat hier...

RSG Landbou 22 April 2023 22.04.2023

Wat is Chat GPT en waarom het dit die wêreld aan die gons? Die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie is volgens dr. Albert Strever nie net hier om te bly nie, maar ook besig om die landbou handomkeer te verander. Strever is dosent en navorser by die Fakulteit Landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Ons hoor hoe die plaas van die toekoms moontlik kan lyk.

RSG Landbou 21 April 2023 21.04.2023

Die Wes-Kaapse Department van Landbou het in Maart ‘n boeredag vir groenteboere in Bredasdorp aangebied. Dis bygewoon deur sowat 60  kleinboere en voornemende boere. Dr. Ian Godie van Nooitgedacht Vars Produkte het gesels oor die ontstaan, groei en huidige stand van sake van die hidroponiese plaas by Bredasdorp Park. Die projek is in September 2019 as 'n demonstrasie-projek vir NAMPO Kaap begin. D...

RSG Landbou 20 April 2023 20.04.2023

Ons kuier by Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp vir een van die streeksrondes van die Nasionale Jeugskou-kampioenskappe. Max Pietersen verduidelik wat die jeugskou behels, en Danté Grip gesels oor haar ervaring. Sy neem aan die estetiese kategorie deel met haar konyn, Nougat. Van die land se voorste beesprodusente het hulle staal gewys in die Suid-Afrikaanse Vetvee-beoordeelaarsvereniging se nasiona...

RSG Landbou 19 April 2023 19.04.2023

Die Nasionale Graannavorsingsprogram het in 2021 tot stand gekom. Lede van die graanbedryf het onlangs weer bymekaar gekom om onderwerpe soos klimaatsverandering, peste, siektes en telingsprogramme te bespreek. Prof. Bernard Slippers van die Bosbou en Landbou Biotegnologie Instituut praat oor hulle bydrae tot die graanbedryf. Bloemskou is om die draai, en ons vind uit wat hulle landbouprogram behe...

RSG Landbou 18 April 2023 18.04.2023

Wat is die rol van die Red Meat Industry Services in die plaaslike rooivleisbedryf? China bly ‘n belangrike uitvoermark vir Suid-Afrikaanse landbou. Marlene Louw van Absa Agribesigheid praat hieroor en die nuutste marktendense, wat ‘n direkte impak op landbou het.

RSG Landbou 17 April 2023 17.04.2023

Die teel van leeus bly 'n omstrede onderwerp. Dr. Paul Booyens het 'n studie gedoen om te bepaal of dié leeus sal kan aanpas en selfversorgend raak in 'n ekstensiewe stelsel soos 'n wildreservaat.

RSG Landbou 15 April 2023 15.04.2023

Die plaas, Vaatjie, vind jy 40 kilometer buite Kaapstad in die omgewing van Melkbosstrand. Daar is vleisbeeste, hoenders, honde, ‘n 4x4 pad en ‘n sandmyn. Tesame hiermee, ook ‘n hele klomp nagdiere. Sommige van hulle baie raar, soos die strandjutwolf. Hettie Stoffberg Welleman verklaar sê diere is haar lewe. Ons hoor hoe sy oor 23 jaar van die mees bedreigde spesies op die plaas gered en gerehabil...

RSG Landbou 14 April 2023 14.04.2023

Lukas Burger boer met boerbokke buite Griekwastad in die Noord-Kaap. Volgens hom is daar ‘n groot toekoms vir die bedryf in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die uitbreiding en verbetering daarvan deur onder andere van goeie rekordhouding gebruik te maak. Hy deel sy suksesresep met ons. Dr. Sarah Venter is direkteur van The Baobab Foundation. Die kremetartboom is ‘n spesiale deel van ons landskap. Sy...

RSG Landbou 13 April 2023 13.04.2023

‘n Roofdierforum is onlangs deur Wildbedryf Suid-Afrika bekendgestel om die bedryf te help om norme en standaarde te vestig, asook die bestuur van roofdiere deur genetiese navorsing te verbeter. Daar is weernuus met Johan van den Berg, en dan is dit nou tyd om in te skryf vir die 2023 Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie. Soya Jita praat oor die waarde van dié geleentheid vir jongmense.

RSG Landbou 12 April 2023 12.04.2023

Suid-Afrika het 26 goue medaljes by die 2023 Concours Mondial du Sauvignon Blanc-kompetisie gewen. Dis die eerste keer dat dié geleentheid in Suid-Afrika én buite Europa aangebied is. Ons gesels met RJ Botha van Sauvignon Blanc SA en twee van die uitblinkers, Darling Kelders en Villiera Wines. Dan verduidelik Deidré Odendaal van AECI Plant Health wat die biologiese bestuur van peste en siektes beh...

RSG Landbou 11 April 2023 11.04.2023

Die rol van die gewasadviseur kom onder bespreking. Hein Bantjes van AECI Plant Health praat oor die waarde van die adviseur se kundigheid vir die produsent, en hoe opleiding geskiet. Ons kuier verder by die Bathurst-landbouskou. Carin Venter gesels met Jeff en Casey Coetzee van die Van Stadens-omgewing in die Oos-Kaap oor hullr byeboerdery. Heinrich Victor van OVK vertel wat by die laaste wolveil...

RSG Landbou 10 April 2023 10.04.2023

Daar moet meer met minder geproduseer word, en al hoe dit gedoen kan word, is met die integrasie van tegnologie. So sê Christian Giesel, wat ‘n spreker was by ‘n Syngenta-inligtingsdag op Bethlehem. Hy gesels oor die ontwikkeling van tegnologie, en die pas waarteen dit gebeur. Ons kuier by die Bathurst-landbouskou, en hoor by die tienjarige Liam Scheepers van sy boerbokboerdery.

RSG Landbou 8 April 2023 08.04.2023

Dr. Rhoda Malgas, ‘n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit Agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, glo dat die landbousektor die plek is waar daar vele oplossings vir werkskepping gevind kan word. Volgens haar is die ouerhuis ‘n ideale wegspringplek vir die oordrag van kennis. Sy sê daar is in bewaringsekologie ook legio geleenthede vir jongmense.

RSG Landbou 7 April 2023 07.04.2023

Dr. Yolandi Schoeman, ‘n post-doktorale wetenskaplike in ekologiese ingenieurswese, praat oor natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsverandering. Sy verduidelik hoe ekostelsels herstel kan word deur toepassings in landbou. Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria deel sy seisoenale weervoorspelling vir die herfs en winter. Ons vind ook by hom uit of daar ‘n el niño of la niña vanjaa...

RSG Landbou 6 April 2023 06.04.2023

Ná die goeie reën in meeste van die somerreënvalgebiede kan veldbrande in die laat winter ‘n groot uitdaging wees. Grondeienaars in die noordelike deel van die Drakensberg het onlangs bymekaar gekom om hieroor te praat. Gerhard Schutte van die Nasionale Dieregesondheidsforum en Rooivleisprodusente-organisasie praat oor dieregesondheid en rooivleissake. Enm, daar is nuus oor die weer en vleispryse.

RSG Landbou 5 April 2023 05.04.2023

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het onlangs ‘n belangrike hofsaak rakende die lysting van diere in terme van die diereverbeteringswet gewen. Lizanne Nel het die besonderhede. Bulvrugbaarheid het onder die loep gekom by die Simbra SA-beestelersgenootskap se inligtingsdag op Parys. Dr. Johan Cloete van Vet2Farm gee meer inligting. Ons praat met Johann Kotzé van die SA Varkpro...

RSG Landbou 4 April 2023 04.04.2023

Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere streef daarna om jaarliks met 10 miljoen kartonne te groei tot ‘n totaal van 260 miljoen kartonne teen 2032. Dit was een van die besprekingspunte by vanjaar se sitrusberaad in Gqeberha. Wolfe Braude van Agbiz gesels hieroor, en ook oor die kwessie van die EU en die valskodlingmot. Watter bestuurspraktyke bevorder ekonomiese volhoubare beesproduksie? Prof. Frikkie Mar...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.