RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 31 Mei 2023 31.05.2023 25:02
Grasvelde bied verskeie ekostelseldienste aan sowel die mens as die natuur, en dis een van die redes waarom die bewaring van grasvelde en weiding so belangrik is. Die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika beywer hulle hiervoor. Charné Viljoen praat oor die ontstaan van die vereniging en hulle kongres wat einde Julie naby Rustenburg plaasvind. Daneel Rossouw van Nedbank deel ‘n paar gedagtes oor...
RSG Landbou 30 Mei 2023 30.05.2023 25:54
Boere van die Harrismith-distrik spandeer miljoene rande om sekondêre paaie in stand te hou. Daar is ook ‘n ander uitdaging - die nasionale petroleumpyplyn wat deur plase loop. Dit beteken diefstal van ‘n ander aard. George Galloway, wat vir langer as 15 jaar voorsitter van die Harrismith Distriksboere-unie is, gesels oor hulle uitdagings. Heinrich Victor van OVK vertel wat by die laaste wolveilin...
RSG Landbou 29 Mei 2023 29.05.2023 26:33
Dieselkostes per dag, indien Fase 6-beurtkrag toegepas word, beloop R1,5 miljoen vir Astral Foods. Dié groep het verlede week hulle halfjaar finansiële resultate bekendgemaak. Dr. Andy Hentzen van die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort praat oor lewerslak.
RSG Landbou 27 Mei 2023 27.05.2023 14:48
Wat is die waarde van landbouskoue, veral vir plattelandse gebiede en gemeenskappe? Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik hoe die regering daadwerklike ondersteuning aan skoue van hierdie aard bied.
RSG Landbou 26 Mei 2023 26.05.2023 25:30
Inskrywings is oop vir vanjaar se Prestige Agri Toekennings. Kletsbottegnologie is iets waarvan mens al hoe meer hoor. Dis 'n sagteware-oplossing of rekenaarprogram wat menslike gesprek simuleer deur stem- of teksinteraksies. Kletsbotte is in staat om insette te verstaan in die vorm van geskrewe teks of spraak, en kan 'n reeks antwoorde op navrae veroorsaak. Wat sou die toepassing hiervan in landb...
RSG Landbou 25 Mei 2023 25.05.2023 26:41
Tydens RSG Landbou se besoek aan Nampo, het ons leerlinge van Hoërskool Wagpos by Brits, en landbou-ingenieurstudente van die Noordwes-Universiteit raakgeloop. Ons hoor hoe hulle vanjaar se oesdag ervaar het. Divan Papenfus van Agri-Alert gesels oor die ontwikkeling van plaasveiligheidstegnologie. Die Sernick Groep bied op 2 Junie hulle 45e produksieveiling aan. Johan van den Berg is op sy pos met...
RSG Landbou 24 Mei 2023 24.05.2023 25:57
Ons praat met Erika Bornman oor nuwe reëls wat deur die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging ingestel is. Dit laat verpleegsters toe om hulle eie praktyke oop te maak. Die aartappelbedryf het goeie nuus gekry toe nuwe invoertariewe vir aartappelskyfies ingestel is. Willie Jacobs van Aartappels SA verduidelik wat die impak sou wees indien dit nie toegestaan is nie. Ons kuier by Jaineen dos...
RSG Landbou 23 Mei 2023 23.05.2023 25:44
Ons maak ‘n draai in die Sandveld by Jannie Basson van die Sandveld Aartappel-kwekersorganisasie oor hulle uitdagings. Dit sluit in stygende produksiekoste, beurtkrag, waterbronne en hoë kleinhandelpryse. Agri SA en Agbiz lewer kommentaar op minister Thoko Didiza se begroting. Abrie Rautenbach van Absa Agribesigheid verduidelik hoe produsente, wat voorheen gesukkel het om toegang tot finansiering...
RSG Landbou 22 Mei 2023 22.05.2023 26:53
Tydens SA Stamboek se Nasionale Elite-toekennings by Bloemskou, is Driaan Fourie met sy Marmari Nooitgedacht-perdestoetery in Pretoria, as wenner van die perde-afdeling aangewys. Die SA Kaasfees het nuwe eienaars. Die woordvoerder, Jacques Fourie, wat ook besturende direkteur van Simonsvlei is, vertel ons wat hulle planne is. Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO gee terugvoer oor die verkope van suiwelpro...
RSG Landbou 20 Mei 2023 20.05.2023 15:14
‘n Onlangse byeenkoms van boere, wetenskaplikes en regeringsverteenwoordigers het ‘n dialoog tot gevolg gehad wat jou moontlik anders sal laat dink oor kwessies soos klimaatsverandering en beurtkrag. Professor Stephanie Midgeley is 'n navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en dr. Ilse Trautmann is Adjunkdirekteurgeneraal: Landbo...
RSG Landbou 19 Mei 2023 19.05.2023 23:30
Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe kunsmatige intelligense-toepassings al hoe meer van waarde vir boere kan wees. As dit kom by verslaggewing of die uitbetaling van eise weens veediefstal of siekteverwante vrektes, bly die berekening van akkurate veewaardes ’n warm besprekingspunt. Al...
RSG Landbou 18 Mei 2023 18.05.2023 28:00
Die Royal-skou vind eersdaags in Pietermaritzburg plaas, en daar is talle legendes in die veebedryf wat oor die jare diep spore in die vee-arena getrap het. Jan de Jong, wat vir bykans 50 jaar by dié skou betrokke is en ook verbonde is aan die Interras Beoordelaarsvereniging, deel ‘n paar gedagtes. De Rustica-olyflandgoed op De Rust is die trotse eienaar van ‘n beste in die wêreld olyfolie-toekenn...
RSG Landbou 17 Mei 2023 17.05.2023 27:39
Een van die verantwoordelikhede van ‘n AECI Plant Health-gewasadviseur is om boere op te lei oor leë plaagdoderhouerbestuur. Dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA verduidelik wat dit behels. Onkruid neem toe langs nasionale paaie. Prof. Charlie Reinhardt verduidelik wat die oorsaak is en hoe die probleem aangepak moet word. RC Malherbe, die eienaar van die rooi Angus-bul, Honey Comb, gesels oor sy...
RSG Landbou 16 Mei 2023 16.05.2023 25:54
Wanneer genetika gebruik word om diere se produksie-eienskappe te verbeter, moet oorerfbaarheid en variasie die grondslag vorm, aldus dr. Bobbie van der Westhuizen. Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die wolmarkverslag. Ons hoor by Frans Olivier van AECI Plant Health watter faktore grondpotensiaal beïnvloed. Hy gee ook raad oor hoe om optimale potensiaal te verseker.
RSG Landbou 15 Mei 2023 15.05.2023 27:20
In terme van energieopwekking, is die oplossing daar, maar die uitdaging lê in die storing daarvan. Eneregiekenner Faure van Schalkwyk was een van die sprekers by Aartappels SA se jaarlikse forum, en ons hoor wat hy te sê het oor energiebehoeftes, ontwikkeling in tegnologie, en druk op pryse. Die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika het onlangs kongres gehou. Dr. Marike Badenhorst brei h...
RSG Landbou 13 Mei 2023 13.05.2023 16:02
Denise Stubbs is die bestuurshoof van die bemagtigings onderneming, Thokozani, en direkteur by Diemersfontein Wyne in Wellington in die Wes-Kaap. Wendy Petersen is uitvoerende operasionele bestuurder by die SA Wynindustrie se transformasie-eenheid. Om dié twee dames uit te vra oor hulle onlangse wedervarings by internasionale wynuitstallings in onder andere New York, vul mens se glas met ‘n verhaa...
RSG Landbou 12 Mei 2023 12.05.2023 28:31
Die room van Suid-Afrika se suiwelkenners het onlangs in Durbanville byeengekom vir die beoordeling van die 190e Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika. Altesaam 929 produkte van 71 Suid-Afrikaanse suiwelvervaardigers het oor twee dae by Eensgezind om die aandag van 80 beoordelaars meegeding. Graham Sutherland, ‘n suiweltegnoloog en een van die beoo...
RSG Landbou 11 Mei 2023 11.05.2023 26:41
Een van die uitdagings van suiweluitvoere is ‘n nasionale residu-moniteringsprogram wat meer as tien jaar gelede tot niet gegaan het. Volgens Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap laat die Staat die plaaslike bedryf in die steek, en sal die privaatsektor graag hierby betrokke wil raak. Ons hoor hoe die probleem aangepak kan word. Brandbeveiligheid in die werksplek, veral in die graanhant...
RSG Landbou 10 Mei 2023 10.05.2023 27:43
Die waarde van veld-rus kan nie onderskat word wanneer dit by volhoubare veldbestuurspraktyke kom nie. Frits van Oudshoorn van Africa Land Use Training was een van die sprekers by ‘n beesinligtingsdag buite Viljoenskroon. Ons hoor wat hy hieroor te sê gehad het. Dan het ons tydens die Bloemskou met Jacobus le Roux van BKB gesels oor die landbou se teenwoordigheid en hoogtepunte van dié skou. Hy b...
RSG Landbou 9 Mei 2023 09.05.2023 29:24
Ons kuier op die plaas Erekroon in die Jansenville-distrik. Marx en Hanri Strydom boer hoofsaaklik met Angora-bokke en Merino-skape. Marx sê hulle moet die plaas goed bestuur want dit behoort nie aan hulle nie – hulle is net tydelik op aarde geplaas en moet rentmeesterskap in die ware sin van die woord toepas. Net so sê Hanri, moet jy lief wees vir die aarde en dit wat jy doen. As jy soggens jou v...
RSG Landbou 8 Mei 2023 08.05.2023 27:32
Sadek-lande kry al hoe meer druk van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid af om eiers te versprei wat eerder deur vrylopende hoenders geproduseer word. Is dit ekonomies lewensvatbaar in Suid-Afrika? Die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs ‘n studie hieroor gedoen. Voordat produsente besluit om hulle vee af te rond, is dit belangrik dat hulle deeglike beplanning doen om te verhoed dat...
RSG Landbou 6 Mei 2023 06.05.2023 14:55
Ons kuier in Namakwaland en vind uit wat die halfmens is. Ons leer spesies ken soos gifmelkbos, varkiesknol en Jan Twak. Ons loer in by ‘n termietheuwel en ondersoek die voordele van die elandsvy en haasgras. Die boere van die omgewing en die Richtersveld het volgens dr. Peter Carrick ‘n bonatuurlike kennis van die aarde. Carrick is 'n ekoloog verbonde aan die plantbeskermingseenheid van die Unive...
RSG Landbou 5 Mei 2023 05.05.2023 22:49
Ons kyk na organiese onkruidbestryding, veral in die Wes-Kaap. Tienie du Plessis boer met Dohne-merinos naby Steynsburg in die Oos-Kaap. Hy het ook sy eie skeerdienste-onderneming. Du Plessis is besig om hard voor te berei om 'n Suid-Afrikaanse rekord op te stel vir die hoeveelheid skape geskeer in 24 uur. Tesame hiermee hoop hy om geld in te samel vir borskankernavorsing. Ons gesels ook oor loopb...
RSG Landbou 4 Mei 2023 04.05.2023 25:51
Wat behels die waardasie van ‘n plaas? Rubé Bradfield van Home and Hectare Eiendomme beantwoord hierdie vraag. Ons vind meer uit oor die oorsake, behandeling en voorkoming van ensoötiese aborsie by dr. Donavin Reynolds van Hipra. Dan gesels Christal-Lize Muller met Cobus van Coller van die Viljoenskroon-distrik oor sy toepassing van bewarings- en herlewingslandbou. Chris Derksen is soos altyd op s...
RSG Landbou 3 Mei 2023 03.05.2023 29:53
Agribesighede belê miljarde rande in Suid-Afrika. Volgens Francois Strydom van Agbiz kan besighede nie vir ewig aanhou om risiko’s te neem nie, en dat talle besighede aangedui het dat hulle nie meer hulle balansstaat net in Suid-Afrika kan blootstel nie. Stres is ‘n bekende konsep vir mense en diere, maar het jy geweet dat plante ook aan stres kan ly? Kenny Beeton van Nutrico verduidelik wat tot s...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.