RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 29 Junie 2023 29.06.2023

Hoewel dit te vroeg is om vloedskade in die Wes-Kaap te bereken, is die skade duidelik sigbaar. Volgens Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap het boere by Rawsonville, Citrusdal en die Sandveld veral deurgeloop. Rienette Coleske van die Gamtoos Besproeiingsraad gee terugvoer oor damvlakke ná die reën in die Oos-Kaap. Johan van den Berg is ook op sy pos wees met die weervooruitsigte.

RSG Landbou 28 Junie 2023 28.06.2023

Vitamien A word deur sommige veeartse en voedingskundiges as die belangrikste vitamien geag met betrekking tot die behoefte aan aanvulling by herkouers. Dr. Johann Stadler van Antrovet brei hieroor uit. Aartappels SA is terug met die jongste aartappelmarkverslag. Het jy geweet sampioene groei slegs organies? Jon Mac Gillivray van die Mikologievereniging van Suidelike Afrika het tydens ‘n staptoer...

RSG Landbou 27 Junie 2023 27.06.2023

Daar was die afgelope week aanduidings dat graanpryse skerp sal styg, maar was dit die geval? Frans de Klerk gesels oor sagte kommoditeite. Ons kuier op die plaas Rusoord naby Middelburg in die Karoo by Jannie en Marleze Moolman. Die Moolmanfamilie het ‘n ryk geskiedenis as merino-boere in dié omgewing. Ons hoor by ‘n paar jongmense hoe hulle die Merino SA-adviseurskursus ervaar het.

RSG Landbou 26 Junie 2023 26.06.2023

Lede van die rooivleisbedryf het in 2020 ‘n visie opgestel. Dis drie jaar later. Wat is intussen bereik? Volgens die SA Landboumasjienerie-vereniging gaan trekkerverkope daal. Tallie Giessing het die jongste inligting oor trekker- en stroperverkope. Tydens Merino SA se adviseurskursus op Middelburg in die Karoo het Willem Olivier van Grootfontein Landboukollege die merinoplan verduidelik.

RSG Landbou 24 Junie 2023 24.06.2023

Sy grootwordjare is diepgewortel in landbou, en vir hom is boeregoed hartsgoed. Vandag vind jy hom meestal op sy plaas in die Vrystaat. Voorheen was hy bestuurder by die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprojek en verantwoordelik vir volhoubare grondbestuur. Lehman Lindeque weet van vooruit boer. Hoe om te maak in krisistye, is iets waaroor hy graag gesels. Wat geleenthede in landbou betref, deel h...

RSG Landbou 23 Junie 2023 23.06.2023

Ons gesels met die organiseerder van Nampo Kaap, Toit Wessels oor die volgende skou van 13 tot 16 September in Bredasdorp. Ons hoor hoe kunsmatige intelligensie-toepassings boere kan help met die kwantifisering van risiko. Wêreld Melkdag is vanjaar op 1 Junie gevier. Die Departement Landbou Wes-Kaap het by die Laerskool JJ Rhode in Stellenbosch gaan kuier om die kinders touwys te maak oor waar mel...

RSG Landbou 22 Junie 2023 22.06.2023

Wat staan jou te doen wanneer jy die eerste persoon is wat by ‘n misdaadtoneel opdaag? Jan van Straaten het tydens ‘n inligtingsessie oor landelike veiligheid op Van Reenen in die Vrystaat gewaarsku wat die impak is indien jy nie reg optree nie. Daar is tans druk op die wêreldneutbedryf. Suid-Afrika is steeds die wêreldleier in die makadamiabedryf, maar pryse en volumes veroorsaak groot druk. Lind...

RSG Landbou 21 Junie 2023 21.06.2023

Die oorsprong van die Boranbeesras is in Ethiopië. Francois Smit van die Boran Beestelersgenootskap vertel van hulle nasionale veiling wat op 15 Julie plaasvind. Gareth Allen is onlangs as Mpumalanga Landbou se jongboer van die jaar aangewys, en ons hoor wat dié graanboer van Middelburg se hart laat klop. Gerhard van der Burgh van BFAP praat oor die rooivleisbedryf se visie, en of dit volhoubaar i...

RSG Landbou 20 Junie 2023 20.06.2023

Van Toeka tot Nou is die tema van ‘n veteraantrekker en -enjinskou wat in Augustus op Hartenbos aangebied word. ‘n 1938 Massey-Harris trekker, ‘n enjin wat deur ‘n perd getrek is, en ander vergete antiekhede sal hier ten toon gestel word. Corné Nel van BKB was een van die aanbieders by Merino SA se adviseurskursus. Hy het veral op rasstandaarde gefokus. Volgens dr. Henno Havenga van die Noordwes-U...

RSG Landbou 19 Junie 2023 19.06.2023

Heelwat vrae het die afgelope tyd in die rooivleisbedryf ontstaan oor die toenemende verskil tussen karkas- en speenkalfpryse, en of die hoë karkaspryse abnormale marges tot gevolg het. Prof. Frikkie Maré het by die Rooivleisabattoirvereniging se kongres verduidelik wat die bedryf moet doen om premiepryse op uitvoermarkte te verdien. Dr. Johnny van der Merwe van AMT, een van die sprekers by die Ro...

RSG Landbou 17 Junie 2023 17.06.2023

Ons kyk na insekspesies wat jy moontlik nie geweet het bestaan nie - vlieë met lang tonge, reusgatige motte en ‘n paar buitelandse bye. Volgens prof. Bruce Anderson van die Universiteit Stellenbosch is die storie van bestuiwing ‘n byna onsigbare mikro wonderwêreld van stuifmeel. Hy stel veral belang in waarom plante juis lyk soos wat hulle lyk. Bloubessies, met hulle Noord-Amerikaanse herkoms, het...

RSG Landbou 16 Junie 2023 16.06.2023

Catherine Milward-Bridges, redakteur van SA Vrugte Joernaal, praat oor die publikasie se mondigwording. ‘n Onlangse Nasie In Gesprek-sessie oor beurtkrag is by Nampo gehou. Daar is gesels oor praktiese oplossings, wat kombinasie-kragopwekkingsmetodes insluit. Die sluiting van twee sampioenplase in die eerste kwartaal van die jaar het gelei tot tekorte. ‘n Verwoestende brand in KwaZulu-Natal het oo...

RSG Landbou 15 Junie 2023 15.06.2023

Wanneer die inwoners van ‘n naburige plaas herhaaldelik laataand oor naweke lawaai, wat staan jou te doen? Hans-Jurie Moolman van Moolman en Pienaar ingelyf gee raad. In ‘n skaapboerdery wanneer daar sulke hoë getalle betrokke is, is dit soms moeilik om rekord te hou en jou passasiers in ‘n kudde te identifiseer. Ben Joubert van BKB DSS-dienste het onlangs tydens ‘n boeredag die waarde van data-an...

RSG Landbou 14 Junie 2023 14.06.2023

Dis avokadotyd en die Suid-Afrikaanse verbuiker word aangemoedig om meer van dié vrug te eet en sodoende die plaaslike mark te ondersteun. Derek Donkin van die SA Avokadokwekersvereniging gesels oor dié bedryf, sy produsente en markte. Die beskikbaarheid van goeie gehalte saad, veral vir die res van Afrika, was ‘n groot fokus by die 2023 Wêreldsaadkongres wat onlangs in Kaapstad gehou is. David Ma...

RSG Landbou 13 Junie 2023 13.06.2023

Ons kuier verder by die algemene jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging wat in Graaff-Reinet plaasgevind het. Pierre van der Vyver van House of Fibre praat oor die impak van beurtkrag op die bedryf. Bedryfsveearts dr. Mackie Hobson praat oor die insameling van monsters vir die vervaardiging van hartwaterenstowwe. Die tweede Karoo Winter Wolfees is om die draai, en die volle...

RSG Landbou 12 Junie 2023 12.06.2023

Die 79e algemene jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging het onlangs in Graaff-Reinet plaasgevind. Die vereniging was genoodsaak om ‘n paar veranderings aan sy strukture  aan te bring. Agri Wes-Kaap het ‘n simpleks-radiofrekwensie geregistreer wat boere help met ‘n alternatiewe kommunikasiemiddel in tye van nood. Ons hoor by Fanie Vorster van die Landbounavorsingsraad waarom...

RSG Landbou 10 Junie 2023 10.06.2023

Ons stel ondersoek in na ontwrigtende wêreldgebeure en die impak daarvan op die plaaslike sektor. Ons vind uit wat handelsverhoudinge soos die AGOA-ooreenkoms beteken, asook wat dit verg om markte in stand te hou op ‘n volhoubare basis. Volgens die funksionele hoof van Nedbank se Landbou-afdeling, Daneel Rossouw, is Suid-Afrikaanse boere enig in hul soort om uitdagings die hoof te bied.

RSG Landbou 9 Junie 2023 09.06.2023

Hoe lyk die jongste tafeldruifoes-statistiek? Mario van den Heever, ’n kommoditeitshandelaar, praat oor die ekonomiese impak van hartwater op die lewende hawe-bedryf, asook die behoefte na ‘n nuwe entstof. Wêreld Voedselveiligheidsdag was vanjaar op 7 Junie. Dr. Micaela Hartman, ‘n veearts van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe die departement steun bied om seker te maak dat voedse...

RSG Landbou 8 Junie 2023 08.06.2023

Belnori-boetiekkaasmakery van Bapsfontein is bekend vir hulle bokmelkkaas. Hulle maak deesdae ook kaas van skaap- en Jerseymelk. Hulle het al talle nasionale en internasionale pryse ingepalm, en vanjaar was geen uitsondering nie. Tydens die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is hulle as kampioen in vier kategorieë aangewys.

RSG Landbou 7 Junie 2023 07.06.2023

Fairy circles is ‘n ongewone natuurverskynsel. Dit kom in sommige woestyne voor, en JW Hurter van die Universiteit van Pretoria vertel van sy navorsing hieroor. Daar het in November 2022 vir die eerste keer in Suid-Afrika ‘n virale hemorragiese siekte onder hase uitgebreek. Dr. Donavin Reynolds van Hipra praat oor die kliniese siektetekens, en hoe dit behandel en voorkom word.

RSG Landbou 6 Junie 2023 06.06.2023

Die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut nooi produsente uit om te deel in hulle kundigheid. Michael Esmeraldo verduidelik wat die voordele van lidmaatskap inhou. Hoe word muskadel gemaak? Hoe vergelyk dit met ander soetwyne? Christo Pienaar van Nuy-wynkelder beantwoord hierdie vrae en gesels ook oor hulle muskadel wat vanjaar by die Muskadel SA-toekennings ‘n platinumtoekenning ontvang het. Henr...

RSG Landbou 5 Junie 2023 05.06.2023

Die relevansie van die RPO was die tema van die Wes-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie se jaarvergadering. Ons hoor wat Nico Uys oor hulle uitdagings te sê gehad het. Slegs 4% van ons rooivleis word uitgevoer, en om pryse te laat styg, sal Suid-Afrika nuwe en groter uitvoermarkte moet kry. Daneel Rossouw van Nedbank brei hieroor uit. Bristow Bonsmara van Limpopo maak vanjaar geskiedenis met hu...

RSG Landbou 3 Junie 2023 03.06.2023

Die boer van makro-alge en kelp is aan die toeneem. Daar is spesies in Suid-Afrika wat tot een meter per dag groei! Dr. Ferdie Endemann werk by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hy’s ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur. Ons bespreek watter suksesse boere in dié verband behaal. Hy verduidelik ook hoe perlemoenboere elektrisiteit bespaar, en deel ‘n spesiale boodskap aan jong boere tydens Je...

RSG Landbou 2 Junie 2023 02.06.2023

Santa Ferreira van Nutrifeeds deel haar ervaring van Nampo. Die Wes-Kaap Pluimveeklub hou hulle jaarlikse klubskou op die 16 en 17 Junie. Dr. Peter Carrick, 'n ekoloog verbonde aan die plantbeskermingseenheid van die Universiteit van Kaapstad en medeskrywer van Die Ekologiese Restourasie in Namakwaland, verduidelik waarom die restourasie van Namakwaland en die Richtersveld nodig is, veral vir skaa...

RSG Landbou 1 Junie 2023 01.06.2023

Vanjaar se Agri Noordwes-jongboerwenner, Gideon van Zyl, is 'n lid van Kroon Vee-familieboerdery in die Vryburg-omgewing. Ons gesels met hom oor sy visie om hulle as markleier in die Brahman-stoetbedryf te vestig. Die Muskadel SA-toekennings het na drie jaar teruggekeer met vier platinumwenners. Johan van den Berg is op sy pos met weersake, en Chris Derksen met vleispryse.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.