RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 28 Julie 2023 28.07.2023

Heinrich Kotze, ‘n navorsingsassistent by die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, is besig met sy meestersgraad. Hy stel veral belang is waterbestuur en klimaatsverandering, en het onlangs aan ‘n internasionale gevallestudie-byeenkoms in Nieu-Seeland deelgeneem. Doktor Mike Wallace. ‘n spesialis-wetenskaplike en spanleier van die Geografiese Inligtingstelsel-afdelin...

RSG Landbou 27 Julie 2023 27.07.2023

‘n Gemengde rantsoen word verskaf aan diere wat totaal afhanklik is van voeding, en dus geen toegang tot addisionele voerbronne het nie. Dis ‘n wetenskaplike formule en kan ‘n impak op produsente se winsgewindheid hê. Alheit du Toit van Feedtek gee raad. Pot, Pan en Deksel is op ‘n sloertoer deur die land. Dis drie Merino-ramme van Konsortium Merino’s, en trotse eienaar Gawie van Heerden vertel wa...

RSG Landbou 26 Julie 2023 26.07.2023

Volgens dr. Johann Stadler van Antrovet neem die gewildheid van die spoorelement, Selenium, toe. Al hoe meer voedingsmaatskappye besef watter voordele dit inhou. Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer SAMIC produsente vereer vir die kwaliteit van hulle karkasse wat ingeskryf word vir dié maatskappy se jaarlikse kompetisie. Martin Campher van Keeversfontein Rooi Brangus vertel van hulle veiling...

RSG Landbou 25 Julie 2023 25.07.2023

Christi van den Heever, oorspronklik van Namakwaland en tans landgoedbestuurder van Rietfontein in die Koue Bokkeveld, is in Junie aangewys as Agri Wes-Kaap se jongboer vir 2023. Vrugteboerdery is sy passie, en hy vertel hoe hy deurgaans planne maak om die vrugte teen wind en weer te beskerm. Volgens Stephen Pietersen van Work Accident Support is daar tans sowat 25 000 produsente wat by die Vergoe...

RSG Landbou 24 Julie 2023 23.07.2023

Jakkalse en rooikatte bly honger. Die Nasionale Wolkwekersvereniging het daarom in 2008 ‘n predasie-navorsingsprojek begin. Sewe-en-twintig plase dwarsoor Suid-Afrika is tans deel van dié projek. Ons hoor by Niël Viljoen van Predasiebestuur Suid-Afrika wat dié navorsing tot dusver opgelewer het. Riaan Odendaal van Odensim Simmentalers praat oor hulle veiling op 1 Augustus. Die onafhanklike tegnies...

RSG Landbou 22 Julie 2023 22.07.2023

Bredasdorp is 'n dorp in die Wes-Kaap met geen fasiliteite vir outistiese kinders nie. Alta de Wet het die DS de Wet Skool vir Outisme op Bredasdorp begin, met haar seun Daniël as die eerste leerder in dié skool in 2017. Vandag is die skool ‘n baken van hoop in die omgewing. Met hidroponika en liefde sorg Alta vir ‘n landboustorie vir die eeue.

RSG Landbou 21 Julie 2023 21.07.2023

Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap het met nuus oor die gratis landbou-publikasie, Agriprobe. Ons kry meer inligting oor familieboerdery-meesterklasse wat regoor Suid-Afrika aangebied word. Conrad Schutte, die nuwe bestuurshoof van Vinpro, vertel watter tegniese dienste beskikbaar is vir wyndruifboere in Suid-Afrika.

RSG Landbou 20 Julie 2023 20.07.2023

Die Afrikanerbees Bosveld-studiegroep, in samewerking met die Landbounavorsingsraad, bied tydens vanjaar se Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou ‘n beesskool vir ontwikkelende boere aan. Watter voordele hou medisinale plante vir inwoners van kommunale gebiede in die Oos-Kaap en Karoo in? Carin Venter het by Finn Rautenbach, ’n natuurbewaarder van Bathurst, gaan uitvind. Weervooruitsigte met Johan...

RSG Landbou 19 Julie 2023 19.07.2023

Daar is tans meer as 110 veldboktelers in Suid-Afrika, en volgens die Veldboktelersgenootskap van Suid-Afrika voldoen dit nie aan die plaaslike vraag nie. Die genootdkap se voorsitter, Gerhard Lourens, gesels oor die verskeie eko-tipes, eienskappe van ‘n goeie veldbok en die werk wat die genootskap doen. Christopher Sparks van die Bastion Brangus Groep vertel van hulle veiling in Warden op 28 Juli...

RSG Landbou 18 Julie 2023 18.07.2023

Wat kan gedoen word wanneer ‘n koei plastiek vreet? Hierdie vraag is onlangs op ‘n Facebook-blad gevra, en het antwoorde ontlok wat ‘n veearts se hare sal laat rys. Is dit raadsaam om jou vriend of buurman te vra, of dalk eerder ‘n kundige te raadpleeg? Ons hoor wat dr. Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch hieroor te sê het. Johan Pistorius gesels oor die On Top Droughtmaster-produksieve...

RSG Landbou 17 Julie 2023 17.07.2023

Suid-Afrika is bekend vir sy wêreldkampioen-handskaapskeerders. Twee skeerders het onlangs in Skotland hulle staal gewys, en teruggekeer met die wêreldtitel, en dít boonop met die skeer van ‘n ander skaapras as waaraan hulle gewoond is. Izak Klopper van die Nasionale Wolkwekersvereniging was die spanbestuurder, en hy brei uit oor die afgelope Golden Shears-wêreldkampioenskappe. Hy praat ook oor ma...

RSG Landbou 15 Julie 2023 15.07.2023

Ontmoet Danielle Schoeman, Suid-Afrika se jongste vroulike meesterdistilleerder. Sy het Doña Distillery in 2019 gevestig met die droom om die bedryf te ontwrig, en 'n ambisieuse doelwit om nuwe en opwindende spiritus na die plaaslike en internasionale markte te bring. Teen 2020 het Doña verskeie toekennings gewen, insluitend die trofee vir die beste drankie met lae/geen alkohol, beste gereed om te...

RSG Landbou 13 Julie 2023 13.07.2023

Waaruit bestaan die moderne plaasbestuurder se gereedskapskissie? Deesdae vereis die beroep ‘n hele paar vaardighede wat in oupa se tyd nie so nodig was nie. Brent Jammer van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat het hieroor navorsing gedoen. Ons is gewaarsku dat die afgelope week die koudste week van die jaar sal wees, maar hoe lyk die vooruitsigte? Johan van den...

RSG Landbou 14 Julie 2023 13.07.2023

‘n Aardbewing aan die Oos-Rand, ‘n tornado in Durban en storms in die Wes-Kaap. Sou dit ‘n veilige aanname wees om te dink die laaste paar weke se weerpatrone is taamlik eienaardig? Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy help ons sin maak van die ongewone weerp...

RSG Landbou 12 Julie 2023 12.07.2023

Die ALS Groep is in 2022 aangewys as die SA Landbouskrywers se Boer van die Jaar. Christal-Lize Muller het meer oor hulle diverse besigheid gaan uitvind. ‘n Suksesvolle skaapboer is een wat verantwoordelikheid neem vir sy eie besluite en nie wag dat ander met ‘n oplossing kom vir probleme wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf in die gesig staar nie. Dit was Isak Staats van BKB se boodskap tydens d...

RSG Landbou 11 Julie 2023 11.07.2023

Die Veeartsverpleegstersvereniging van Suid-Afrika het ‘n splinternuwe baadjie aangetrek. Petrie Botha het sy lewe in die  Boland vir die Karoo verruil. Ons hoor watter aanpassing hulle moes maak om te oorleef. Lede van die veevoervervaardigersbedryf kan uitsien na die AFMA Forum in September. Chantelle Fryer vertel wat vanjaar daar gaan gebeur.

RSG Landbou 10 Julie 2023 10.07.2023

Die oudste Brangus-stoetery is in 1963 in Kwazulu-Natal gestig. Ons gesels met Kinnear Geldenhuys van Brangus SA oor die goeie moedereienskappe van dié ras en hulle nasionale veiling op 9 Augustus in Parys. Die impak van beurtkrag op landbou begin reeds by ‘n huishouding, sê Nicol Jansen. Hy praat in sy hoedanigheid as visepresident van Agri SA oor die impak van die kragkrisis, en hoe  georganisee...

RSG Landbou 8 Julie 2023 08.07.2023

Dr. Willem Botha het verlede jaar uitgetree as hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dis heerlik om jou landbouleksikon in sy geselskap te verbreed, en om uit te vind watter Afrikaanse woorde en uitdrukkings bestaan te danke aan landbou.

RSG Landbou 7 Julie 2023 07.07.2023

Plantpatologie-navorser doktor Gert van Coller van die Wes-Kaapse Departement Landbou vertel van die departement se jongste navorsingsprojekte. Ons bespreek die rol van landbou in die energieketting. Ferdie Endemann werk by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hy is ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur. Hy verduidelik watter uitwerking die toename in voorkoms van moordwalvisse is op akwakultuu...

RSG Landbou 5 Julie 2023 05.07.2023

Die nakoming van RWS-standaarde wat volhoubare wol verseker, is ononderhandelbaar. Ons hoor wat verskeie sprekers by vanjaar se Karoo Winterwolfees oor wol en wolboerdery te sê gehad het. Ons het nuus oor Louwcoe Charolias en Reeba Brahmane se nasionale veilings wat aanstaande week aangebied word. Die politieke ontleder, prof. Theo Venter, sê jou ingesteldheid oor die toekoms van Suid-Afrika hang...

RSG Landbou 6 Julie 2023 05.07.2023

Suid-Afrika se eerste genetiese databasis van breësnuit-kalanderspesies is saamgestel. Dié genetiese biblioteek is tot voordeel van landboukonsultante, wat nou op 'n molekulêre vlak die eiers, larwes en papies van verskillende snuitkewerspesies sal kan uitken. André Lesch van Lesch Working Dogs op Graaff-Reinet het by die Karoo Winterwolfees aan ons verduidelik watter honde vir opleiding geskik is...

RSG Landbou 4 Julie 2023 04.07.2023

‘n Wolskaap groei ongeveer 120 km wolvesel per week! Piet Venter van BKB praat oor die ses fisiese eienskappe van wol, en hoe dit gemeet word. Dit maak nie saak wat jy weet nie, maar hoe jy dink. Dít was die boodskap van dr. Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit by die Karoo Winterwolfees. Ons hoor ook wat sê Peter Cloeté van Agri Oos-Kaap oor die nuutgestigte jongboerkomitee. Die Universite...

RSG Landbou 3 Julie 2023 03.07.2023

Frans Hagg van Allied Nutrition het raad oor gebrande rumen, of suurpens. Die Karoo Winterwolfees het verlede week op Middelburg in die Karoo plaasgevind. Carin Venter het dit bygewoon, en ons hoor hoe passievol Stefan en Yolandi Erasmus gesels oor die geleentheid wat hulle het om skaapboerdery en die plaaslewe aan die jeug bekend te stel. Duo Simbra bied op 5 Julie hulle veiling op Dewetsdorp aan...

RSG Landbou 1 Julie 2023 01.07.2023

Vinpro, die wynbedryfliggaam verteenwoordigend van byna 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes in die wynbedryf, het Conrad Schutte as nuwe bestuurshoof aangestel. Volgens Schutte is daar wysheid in ons wingerde. Veral as mens hoor van al die innovasies wat gebottel staan in plaaslike kelders, ook in antwoord op ‘n veranderende klimaat. 

RSG Landbou 30 Junie 2023 30.06.2023

Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor Suid-Afrika se werkloosheidsyfer vanuit ‘n landbouperspektief. Dr. Vivien Malan, 'n staatsveearts in die Boland-kantoor van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het die jongste nuus oor voëlgriep. 'n Ayrshire Mozzarella-kaas, wat deur RFG Foods in Simondium in die Wes-Kaap gemaak word, is as die Suiwelprodu...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.