RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 26 Augustus 2023 26.08.2023

Ons praat in Vrouemaand met vier uitsonderlike vroue in die landboubedryf.

RSG Landbou 25 Augustus 2023 25.08.2023

Michelle Gouws is ‘n doktorale student aan die Universiteit Stelenbosch. Sy was onlangs deel van ‘n navorsingspan wat vlugtige olies in kalfievoeding bestudeer het. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap praat oor die praktiese gebruike van kunsmatige intelligensie vir boere ten opsigte van klimaatbeheer.

RSG Landbou 24 Augustus 2023 24.08.2023

Suid-Afrika is ‘n land van meer geleenthede as probleme, aldus Tommie van Zyl van die bekende boerdery-besigheid, ZZ2, by die IFPA-konferensie in Kaapstad. Hy het kongresgangers ingelig oor die geleenthede in die land, die behoefte aan desentralisering en ook die konsep van natuurboerdery, wat ZZ2 die afgelope 20 jaar toepas. Lente is om die draai. Kan ons uitsien na warmer weer, en hoe lyk reënvo...

RSG Landbou 23 Augustus 2023 23.08.2023

Die Brahman-beestelersgenootskap bied vroeg in September hulle jaarlikse skou en veiling in Parys aan, en Sytze Smit vertel wat hulle beplan. Lede van die lewendehawebedryf kan in Oktober die gewilde LRF-veeskool by Aldam bywoon. Vanjaar se fokus is op bulseleksie. Lede van die Harrismith Distriksboere-unie het onlangs saam met Vrystaat Landbou ‘n vergadering met die polisie gehad. Sake wat nie aa...

RSG Landbou 22 Augustus 2023 22.08.2023

Piet Roux van Prieska is onlangs as die 2023 Veeplaas Klimaatslim-ambassadeur aangewys. Ons kuier by hom op sy plaas, Biega, om uit te vind hoe hy klimaatslim boer. Merino SA het hulle nasionale veiling op Graaff-Reinet aangebied, en tydens dié geleentheid ook ‘n paar adviseurs vereer. Wolveilings het verlede week hervat, en Heinrich Victor is terug met ons weeklikse wolmarkverslag.

RSG Landbou 21 Augustus 2023 21.08.2023

‘n Video waar ‘n bees in ‘n drukgang herhaaldelik met ‘n mes gesteek word, het onlangs opslae gemaak. Alles in die naam van tradisie. Maar hoe onmenslik is dit werklik, en is daar ‘n korrekte tradisionele manier om hierdie diere dood te maak, sonder om welsyn prys te gee? Sietze Smit van die Brahman Beestelersgenootskap praat oor die doen en late van dié genootskap. Hy gee terugvoer oor hulle vlei...

RSG Landbou 19 Augustus 2023 19.08.2023

Professor Stephanie Midgeley is verbonde aan die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch en dien ook as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement Landbou. Dr. Ilse Trautmann is adjunkdirekteurgeneraal landbounavorsing en regulatoriese dienste by dieselfde Departement. Hulle is pas terug van ‘n feitesending na Amerika. Ons vind...

RSG Landbou 18 Augustus 2023 18.08.2023

Die George Landbouskou vind plaas van 24 tot 27 Augustus. Die jaarlike Veeartsweek vind ook eersdaags plaas van 25 tot 29 September. En Wêreld Hondsdolheidsdag word op 28 September gehou. Dr. Vivien Malan, ‘n staatsveearts van die in Boland, praat oor die belangrikheid van biosekuriteit. En ons hoor van die Wes-Kaapse departement van landbou se betrokkenheid by Nampo Kaap, wat van 13 tot 16 Septem...

RSG Landbou 17 Augustus 2023 17.08.2023

Nampo Kaap is om die draai, en daar is weer ‘n paar nuwighede waarna besoekers kan uitsien. Presisievoeding is al hoe meerin die nuus vanwëe die wisselende insetkoste van roumateriale. Pieter Oosthuizen van Cargill verduidelik watter faktore ‘n rol speel in die bepaling van ‘n dier se voedingsbehoeftes vir ‘n spesifieke doel. Daar is soos altyd weervooruitsigte en nuus oor vleispryse.

RSG Landbou 16 Augustus 2023 16.08.2023

Ons kyk na die uitdagings vir landbouskoue. Die suiwelmaatskappy, Danone, het in 2022 ‘n samewerkingsooreenkoms met Ncora Dairy Farm in die Oos-Kaap aangegaan. As deel van die projek, het hulle vanjaar vyf vroue bemagtig met kennis oor bemarking, bestuur, verwerking en ander vaardighede wat op die volhoubaarheid van hulle landboubesigheid fokus. Ons hoor by dr. Louis du Pisani waarom Piet Roux van...

RSG Landbou 15 Augustus 2023 15.08.2023

Adolf Kieviet van Fresh World praat oor die uitdagings van vrugte-uitvoerders. Volgens Richardt Venter van AgSci Unlimited is die probleem van bolaagverliese by kuilvoer groter as wat die meeste produsente besef. Spesialiste in die veld van dierevoeding en veevoervervaardigers neem toe. Ben Holtzhausen van Protea Chemicals praat oor dié veld en wat die waarde daarvan vir die landbou is.

RSG Landbou 14 Augustus 2023 14.08.2023

Die waarde van landbouskoue mag nie onderskat word nie. Agri-Expo, die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika, is in 1831 gestig. Hulle spits hulle toe op die voortbestaan van landbouskoue, veral in die Wes-Kaap. Die Sussex-beestelersgenootskap bied op 17 Augustus hulle nasionale veiling in Bloemfontein aan. Arno Cronjé brei ook uit oor die sukses van dié beesras in Suid-Afrika. Ons hoor wat dr....

RSG Landbou 12 Augustus 2023 12.08.2023

Alta Eybers en Carla Hills van Babylonstoren gesels oor hulle produkte, wat onder andere van waterbuffelmelk gemaak word. Hulle amandel-en-sjokolade-gelato het ‘n SA Kampioen-toekenning gewen, en hulle halloumi-sosatie ‘n Qualité-toekenning.

RSG Landbou 11 Augustus 2023 11.08.2023

Prof. Pieter Swanepoel van die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor navorsing wat oor bewaringsboerdery en weidingstelsels gedoen is. Suid-Afrika het tans ‘n gebrek aan agronome. Ons kyk watter loopbaangeleenthede en kwalifikasies beskikbaar is. Riaan Nowers van die Wes-Kaap se Department van Landbou deel nuttige data oor wild en landbougrondpryse.

RSG Landbou 10 Augustus 2023 10.08.2023

Dive in with Wagyu is die tema van die Wagyu-beestelersgenootskap se kongres wat vroeg in September in Franschhoek gehou word. Volgens Elandri du Bruyn sal die kongres meer interaktief wees, met onder andere ‘n sjef wat spesialiseer in die gaarmaak van unieke vleissnitte. Dit bly besig op die veilingsfront, en ons hoor wat Bos-Blanco en Jamica vir 17 Augustus beplan. Johan van den Berg praat soos...

RSG Landbou 9 Augustus 2023 09.08.2023

Grootfontein Landboukollege het by die kongres van die Weidingsvereniging van Suider Afrika oor hulle Nama-Karoo plante en veldtoepassing gesels. Dr. Lorraine van den Berg vertel ons daarvan. By dieselfde geleentheid het Paul Avenant van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling oor hulle bosverdigtingshandleiding vertel. Aminosuur-formulering vir herkouers is ‘n relatief...

RSG Landbou 8 Augustus 2023 08.08.2023

Die wolseisoen begin eersdaags. Hoe lyk die vooruitsigte? Watter druk is daar op die mark? Geoss Suid-Afrika is die afgelope 30 jaar betrokke by die monitering van watervlakke by aartappelproduksie in die Sandveld. Julian Conrad het by Aartappels SA se navorsingsimposium oor die produsente se stryd met waterlisensie-aansoeke gesels. Ons praat met Richardt Venter van AgSci Unlimited oor die effek w...

RSG Landbou 7 Augustus 2023 07.08.2023

Die hemp- en kannabis-bedryf hou baie voordele in. Daniel Motona van Nongo's Joint naby Zeerust, vertel van sy besigheid en die uitdagings met die bedryf in Suid-Afrika. Die 58e kongres van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika is vanjaar naby Rustenburg gehou. Dit is voorafgegaan deur ‘n tegniese werkswinkel oor bosverdigting- en indringing. Nampo Kaap vind in September plaas, en Os du Randt v...

RSG Landbou 5 Augustus 2023 05.08.2023

In die eerste program van ons Vrouemaand-reeks, stel ons jou voor aan iemand wat die lewe onverskrokke aandurf. Op ‘n jong ouderdom het sy reeds besef dat die natuur die plek is waar sy haarself die beste kan uitdruk. Haar toegewydheid om sake aan te pak en verbeter, wat verband hou met gelykheid en omgewingsbestuur, is inspirerend. Karen Shippey, die hoofdirekteur: omgewingsvolhoubaarheid by die...

RSG Landbou 4 Augustus 2023 04.08.2023

Die SKOG Boeredag vind op 24 Augustus plaas by die Langgewens Navorsingsplaas. Gert Conradie van die Wes-Kaapse Departement van Landbou het meer besonderhede. Dr. Ronald Heath Direkteur van Bosbou SA lewer kommentaar oor die sake wat by hulle jaarvergadering bespreek is. Hy bespreek die pad vorentoe, en het goeie nuus oor oplossings wat beurtkrag die hoof bied. Die grootste graanstoor ter wêreld i...

RSG Landbou 3 Augustus 2023 03.08.2023

Die vraag na rooiwyn het in die vroeë 1970’s vinnig toegeneem, en wynmaker Günter Brözel het dié geleentheid raakgesien. Vanjaar is Nederburg Baronne 50 jaar oud. Ons gesels met Emile Joubert oor die geskiedenis van dié wyn. Tydens Aartappels SA se navorsingsimposium op Parys, het dr. Jacques van Zyl van die Wes-Kaapse Departement van Landbou terugvoer gegee oor hulle navorsing oor grondbewerkings...

RSG Landbou 2 Augustus 2023 02.08.2023

Mark en ligging is van die belangrike faktore wat die veevoervervaardigersbedryf beïnvloed. Dit beteken die samevoeging van komponente is nie al wat saakmaak nie. Jacques Prinsloo van Automill praat oor ‘n reeks faktore wat in ag geneem moet word. Ons vind meer uit oor Bonsmara Genetics van die Roedtan-ongewing. Alle werksbeserings en beweerde beserings moet binne sewe dae nadat kennis van die bes...

RSG Landbou 1 Augustus 2023 01.08.2023

Deel van ‘n goeie biosekuriteitsplan vir ‘n plaas, is om siektes weg te hou, maar hoe gemaak wanneer siektes reeds binne die grense van ‘n plaas voorkom? Frans Hagg van Allied Nutrition het raad. Die doeltreffendheid van chemikalieë kan gemeet word, sê Anton Bredell van Laeveld Agrochem. Ons hoor hoe die Departement van Landbou in Noordwes in die toekoms van landbou belê.

RSG Landbou 31 Julie 2023 31.07.2023

Mag roumelk in Suid-Afrika verkoop word? Hoe word ongepasteuriseerde melk gereguleer? Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap beantwoord hierdie en ander vrae oor roumelk, en die toetse wat hulle laboratorium doen. Hurwitz Farming besit en bedryf die grootste geregistreerde Boran-stoet in die wêreld. Simeon Hurwitz vertel van dié familieboerdery, hulle benadering en wat vir die produksievei...

RSG Landbou 29 Julie 2023 29.07.2023

Dis opwindend om verslag te doen oor ‘n man op ‘n missie. Een wat handel oor byderwetse gebruike van beskikbare tegnologie op plase. Dink jou in koeie met waterbeddens, robotviervoete wat ronddraf en data inwin oor winderosie en grondgesonheid. Die toekoms is veel nader as wat mens soms dink. Arie van Ravenswaay, Assistentdirekteur van Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement va...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.