RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 25 September 2023 25.09.2023 24:55
Die Noordwes-varkstudiegroep is een van die min oorblywende groepe van sy aard wat steeds aktief is. Die groep vier vanjaar sy 46e bestaansjaar, en was in Augustus byeen in Potchefstroom. Dr. Johnny van der Merwe van AMT praat oor die toekoms van die varkvleisbedryf. Ons vind ook uit watter bydrae ‘n dieregesondheidsmaatskappy tot volhoubare voedsel kan lewer.
RSG Landbou 23 September 2023 23.09.2023 14:38
Aan die voet van die mees suidelike bergreeks in Afrika, bewerk en versorg ‘n groep werkers al dekades lank grond en wingerde in die bekroonde Overbergse wynstreek. Nóú is die werkers van Akkedisberg Boerdery die trotse eienaars van ‘n eie handelsmerk én storie. Onder leiding van hulle mentor, Josef Dreyer, en hul twee direkteure, Mariette Moos en Christel Moses, stel Akkedisberg se trotse groep m...
RSG Landbou 22 September 2023 22.09.2023 22:37
Karen Shippey, die Hoofdirekteur: Omgewingsvolhoubaarheid by die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake, is onlangs met ‘n provinsiale toekenning vereer vir haar leierskapsrol in die sektor. Haar navorsing sluit onder andere in die verband tussen geslagsgelykheid en klimaatsverandering. Die stand van veiligheid in landelike gebiede is veral belangrik vir haar. Elanie Heyneke, ‘n seniorvoorspeller...
RSG Landbou 21 September 2023 21.09.2023 25:29
Jaco Pieterse van Richmond is as die Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar aangewys. Hy glo aan die volle waardeketting, en dit is waar hulle boerdery se uitbreiding lê. De Bruyn Myburgh van Pioneer praat oor die eienskappe van ‘n goeie kuilvoerkultivar. Hy gesels ook oor hulle navorsing. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer, en Chris Derksen is terug met die week se vleispryse.
RSG Landbou 20 September 2023 20.09.2023 24:16
Die aartappel-produksieseisoen in die Douglas-omgewing het ten einde gekom, en ons hoor by Johann Botes van GWK hoe die seisoen verloop het. RSG Landbou was by vanjaar se Somerset-Oos skou. Die skou is vanjaar 197 jaar oud, en Carin Venter gesels met die organiseerder, Estelle Marais, asook die 85 jarige Gert Lötter van Tarkastad, wat ‘n eerste plek in die vyfgang-plesierperdklas losgeslaan het. W...
RSG Landbou 19 September 2023 19.09.2023 24:27
Om die volhoubare produksie van gesonde voedsel in Suid-Afrika te verseker, moet dierevoedingsmaatskappye ook verantwoordelikheid neem. So sê Terry Wiggill van Chemunique. Hulle vier op 1 November hulle 25e bestaanjaar. Fertasa, wat die plaaslike kunsmisbedryf verteenwoordig, bied op 28 September by die WNNR in Pretoria hulle simposium aan, en die fokus is op grond- en plantgesondheid. Ons gesels...
RSG Landbou 18 September 2023 18.09.2023 25:11
Hoe beïnvloed klimaatsverandering die besluite van ‘n finansierder in die landboubedryf? Ons praat hieroor met Daneel Rossouw van Nedbank. Dian Landman, ‘n melkprodusent van die Tsitsikamma-omgewing, is as Agri Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy vertel onder wat volhoubaarheid vir hom beteken. Daar is nuus oor veilings. Die LRF Veeskool word in Oktober aangebied. SP Potgieter, ‘n boer...
RSG Landbou 16 September 2023 16.09.2023 14:03
Die eerste biosekuriteit- en veeartsenyweek word van 25 tot 29 September deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied. Om produsente, kleinboere en die publiek met inligting toe te rus oor sake wat verband hou met dieregesondheid, is nog nooit vantevore op dié skaal aangepak nie. Besoeke aan heelparty uiteenlopende plekke word beplan. Praktiese bystand sal veral aandag kry.
RSG Landbou 15 September 2023 15.09.2023 21:19
Dr. Adriaan Olivier van die Volstruis-besigheidskamer in Oudtshoorn verduidelik wat die impak van ‘n veranderende klimaat op volstruisboerdery is.
RSG Landbou 14 September 2023 14.09.2023 22:28
Grond is ‘n plant se immuunstelsel. Daar is meer mikro-organismes in een teelepel grond as mense op aarde. So sê Deidré Odendaal van AECI Plant Health. Sy praat oor grondgesondheid, en gee raad. Ons het ‘n luisteraarsvraag oor die prys van vleis in die kleinhandel ontvang. Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat verduidelik waarom die produsent soveel minder kry as wat verbruikers...
RSG Landbou 13 September 2023 13.09.2023 23:47
Sponssiekte is dodelik, en kom veral by jong beeste voor. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik hoe diere besmet word, en of dit voorkom kan word. Die verkope van implemente word nie soos dié van trekkers en stropers gerapporteer nie. Karel Munnik van Lemken SA gesels oor die produksietye van dié toerusting en wat produsente in gedagte moet hou met die aankoop hiervan. Bertus Steenkam...
RSG Landbou 12 September 2023 12.09.2023 23:58
Wat is volhoubare gewasproduksie, en watter rol speel navorsing en produkontwikkeling? Lydia Lephoto van AECI Plant Health beantwoord hierdie vrae. Wanneer daar oor risiko’s in landbou gesels word, is daar verskeie. Volgens Christo van der Rheede van Agri SA speel georganiseerde landbou ‘n rol, en kan produsente nie alle risiko’s aanspreek nie. Heinrich Victor bring ons op hoogte van pryse wat by...
RSG Landbou 11 September 2023 11.09.2023 22:55
Blomgehalte en goeie vrugset speel ‘n kardinale rol by suksesvolle sitrusproduksie. Kenny Beeton van Nutrico verduidelik ook watter rol klimaatstoestande by die blomfase van sitrus speel. Stabiele watervoorsiening is een van die voordele van spilpuntbesproeiing. Tanya Brits van Lindsay Africa vertel meer hieroor. Ons gesels oor ‘n uitvoerbaarheidstudie van 'n nuwe waardeketting vir laergraad-aarta...
RSG Landbou 9 September 2023 09.09.2023 14:11
Die Wes-Kaapse regering gaan van 25 tot 29 September die werk van veeartse en hulle ondersteuningspersoneel beklemtoon, en sal saam met die veeartse van die provinsie se Departement van Landbou deelneem aan aktiwiteite wat hulle personeel of private veeartse op ‘n daaglikse basis uitvoer. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan om die eerste provinsiale veeartsen...
RSG Landbou 8 September 2023 08.09.2023 21:10
Jacques Bester, president van die Swartland Skou in Moreesburg, vertel van vanjaar se skou. Dr. Willem Botha, afgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat oor nuwe terminologie in landbou. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het onlangs ‘n klimaatsberaad vir jongmense in Oudtshoorn aangebied.
RSG Landbou 7 September 2023 07.09.2023 24:16
BKB en die lewendehawebedryf in die Cradock-omgewing het heelwat vernuwing ondergaan. Takbestuurder Dieter Schutte vertel wat dit behels. Vir Agri Noord-Kaap is die gemoedere van hulle produsente belangrik, en daarom het een van die sprekers, Albert Ferreira, hierop gefokus. Hy is ‘n boer en verstaan die swaarkry wat soms oor jou pad kom. Ons hoor wat hy met die kongresgangers gedeel het. Daar is...
RSG Landbou 6 September 2023 06.09.2023 24:44
Wanneer uitbreiding en ontwikkeling op plase gedoen word, moet grondeienaars ‘n omgewingsaansoek indien. Ons praat met Pieter van der Merwe van REC Services oor dié wetgewing. Tydens Agri Noord-Kaap se kongres was een van die besprekingspunte die elektrisiteitskrisis. Volgens een van die sprekers, Gerrit Meyer van Hohm Energy, moet besigheidseienaars versigtig wees vir kansvatters wanneer alternat...
RSG Landbou 5 September 2023 05.09.2023 24:45
Dit is alombekend dat die verbod op vleis- en rooivleisprodukuitvoere na Saoedi-Arabië opgehef is. Daar is egter heelwat wat nog moet gebeur voor die die eerste besending gestuur kan word. Cathy Jason is ‘n melkboer van die Wepener-distrik. In weerwil van al die uitdagings wat sy moes oorkom, glo sy daar wink ‘n blink toekoms. Heinrich Victor is op sy pos met nuus van die onlangse wolveiling.
RSG Landbou 4 September 2023 04.09.2023 24:36
Agbiz Grain bied vandeesweek ‘n simposium aan vir die graan- en oliesadebedryf. Verskeie kwessies wat op graanberging van toepassing is, soos volhoubaarheid, versekering, naspeurbaarheid en risiko word bespreek. SerDev, die Sernick Groep se boere-ontwikkelingsmaartskappy, groei van krag tot krag, en Petro Naudé gesels oor die uitbreiding van dié program.
RSG Landbou 2 September 2023 02.09.2023 13:45
Elani Heyneke’n senior voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het onlangs ‘n klimaatsberaad vir die jeug in Oudtshoorn bygewoon. Sy vertel hoe insiggewend dit was. Wat betref weervoorspellingstoepassings, lewer sy graag kommentaar. Dis interessant om te hoor hoe klimaatsverandering bestaande weermodelle beinvloed.
RSG Landbou 1 September 2023 01.09.2023 26:55
Dr. Dirk Troskie van die Wes-Kaapse Department van Landbou praat oor ‘n nuwe strategiese plan wat onlangs in plek gestel is. Met aanstaande jaar se algemene verkiesing in gedagte, het die departement begin met ‘n ondersoek na die behoefte aan dienste onder boere. Die departement het onlangs ‘n klimaatsberaad vir die jeug in Oudtshoorn aangebied. Die doel hiervan was om die impak van klimaatsverand...
RSG Landbou 31 Augustus 2023 31.08.2023 24:10
Weiding in die somerreënvalgebiede is dié tyd van die jaar arm aan voedingswaarde. Dis kalftyd by vleisbeeste en skaapooie is in hulle laat dragtigheidsfase. Aandag moet nou aan voldoende voeding gegee word. Dr. Josef van Wyngaard van Voermol gee raad. Die eerste jaarlikse Vroue in Landbou-besigheidsberaad is by Sernick buite Edenville in die Vrystaat gehou. Die Minister van Landbou, Grondhervormi...
RSG Landbou 30 Augustus 2023 30.08.2023 24:13
Voermol se gewilde Boer van die Jaar-kompetisie het vanjaar hervat. Ons hoor by dr. Josef van Wyngaard waarom dié kompetisie vir bees- en skaapboere aangebied word. Agbiz Grain bied eersdaags hulle simposium aan. Daar is verskeie onderwerpe wat bespreek sal word, en ons gesels met van die fasiliteerders. Kuilvoermaak kom ook onder bespreking. Hierdie keer verduidelik Richardt Venter van AgSci Unli...
RSG Landbou 29 Augustus 2023 29.08.2023 24:11
Twee Suid-Afrikaanse handskaapskeerders is vanjaar in Skotland as wêreldkampioene gekroon. Albei werk vir Love Wool op Victoria-Wes. Eienaars Tommie en Nel-Marie Caldo gesels oor dié prestasie, en hulle benadering met hierdie soort opleiding. Francois Swanepoel van die Landbounavorsingsraad verduidelik waarom ventilasiebeheer by intensiewe varkproduksie-eenhede so belangrik is.
RSG Landbou 28 Augustus 2023 28.08.2023 24:14
Waterregte- en lisensies is tans 'n warm onderwerp in die landbou. Boere wil weet watter waterregte op hulle plase geregistreer is, vir watter aktiwiteite daar aansoek gedoen moet word, en hoe lank ‘n waterlisensie-aansoek neem. Ons het aan Pieter van der Merwe, ‘n omgewingskonsultant, se deur gaan klop vir die antwoorde. Dis brandseisoen in die somerreënvalgebiede. Medewerker Izak Hofmeyr het by...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.