RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 24 Oktober 2023 24.10.2023

Cobus van Coller van Viljoenskroon pas al vir etlike jare met groot sukses herlewingslandbou toe, ook met 'n veekomponent op dekgewasse. Ons vind uit hoe hy te werk gaan. Jan Schoeman van Kubota SA verduidelik hoe onkruid deesdae meganies beheer kan word. Heinrich Victor is op sy pos met ons weeklikse wolmarkverslag.

RSG Landbou 23 Oktober 2023 23.10.2023

Jimie Malan, die vierde generasie van die bekende Malanseuns, is aangewys as Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar. Agri SA-kongres bygewoon. Die president van Agri SA, Jaco Minnaar, praat oor die belangrikheid van Agri SA-kongres se tema, voedselsekerheid. Kroon Vee Brahmane bied op 1 November hulle jaarlikse produksieveiling aan. En ons hoor by Aartappels SA wat in September op die markte gebeur...

RSG Landbou 21 Oktober 2023 21.10.2023

‘n Nuwe boek met 60 volstruis-resepte het onlangs die lig gesien. Die besturende direkteur van Cape Karoo International, dr. Francois de Wet, verduidelik hoe die nuwe stam van voelgriep produsente geraak het, en vertel wat in die sektor verwag kan word na aanleiding van die gebeure in die Midde-Ooste.

RSG Landbou 20 Oktober 2023 20.10.2023

Pantone LLC, die wêreldgesag vir kleurtendense en verskaffer van professionele kleurstandaarde vir die ontwerpersbedryf, het Rooibos Pantone® uit 2 390 ander kleure gekies as een van die uitstaande kleure van 2024. Dié kleur is ook as een van die 10 beste kleure by die New York-modeweek aangewys. Marthane Swart van die SA Rooibosraad verduidelik die waarde hiervan vir boere. Jannie Strydom, die be...

RSG Landbou 19 Oktober 2023 19.10.2023

Passie, goeie grond, goeie water en ‘n goeie ligging is wat ‘n blomboerdery benodig. Só sê Leon Pretorius van Pretorius Blomme. Dié familieboerdery het in 1987 in die mieliewêreld van Delmas begin, en ons hoor hoe die besigheid in weerwil van al die uitdagings, steeds groei. Johan van den Berg gesels weersake, en Chris Derksen is op sy pos met nuus oor vleispryse wat hierdie week behaal is.

RSG Landbou 18 Oktober 2023 18.10.2023

‘n Vraag wat AECI Plant Health dikwels kry, is of dubbelenting van sojaboonsaad werklik nodig is. Cloete Rossouw beantwoord hierdie en ander vrae oor sojaboonsaadbehandeling en- inokulasie. Lede van SA Stamboek het die Internasionale Komitee vir Diere-aantekening in Spanje bygewoon. Dr. Japie van der Westhuizen verduidelik wat die waarde van hierdie internasionale netwerkgeleentheid was, en gesels...

RSG Landbou 16 Oktober 2023 16.10.2023

Ons kuier by die 72e Komga-skou, gesels met ‘n finalis in vanjaar se Graan SA Graanprodusent van die Jaar kompetisie, Pieter de Jager van Albertinia, en vind meer uit oor veehanteringstoerusting.

RSG Landbou 17 Oktober 2023 16.10.2023

By sitrusverbouing beïnvloed vooroespraktyke en -produkte, na-oes gehalte asook die raklewe van ‘n vrug. Ons gesels hieroor met dr. Werner Rossouw van AECI Plant Health. Ons kuier verder by die Komga-skou. PJ Butler wat in Texas woon, was een van die beoordelaars. Ons hoor waarop hy fokus tydens beoordeling. Edgar Wichmann van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging gesels ook oor hulle b...

RSG Landbou 14 Oktober 2023 14.10.2023

Burton Francis is ‘n voormalige professionele rugbyspeler. Agt jaar se verblyf in Frankryk het hom die geleentheid gebied om landboumeesters se praktyke te bekyk. Vandag is hy ‘n agri-entrepreneur. Sy reise na uiteenlopende plekke in Suid-Afrika, het hom gemotiveer om ook ‘n onverskrokke reis na binne te onderneem.

RSG Landbou 13 Oktober 2023 13.10.2023

Nampo Kaap is in September vir die vierde keer aangebied. Die organiseerder van, Toit Wessels, hou nabetragting van die geleentheid. Die hof van Nedbank se landbou-afdeling, Daneel Rossouw, vertel van sy gesprekke by Nampo Kaap oor klimaatsverandering. Ricardo Carelson van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vertrel hoe bemagtinging deur die regering gelei het tot ‘n suksesverhaal in die Overbe...

RSG Landbou 12 Oktober 2023 12.10.2023

Melk SA se verslag oor volhoubaarheid in die suiwelbedryf word elke ses maande opgedateer. Die man aan die stuur van die verslag, dr. Heinz Meissner, vertel van die vier aspekte waarop hulle fokus. Planttyd in die somereënvalgebiede is om die draai, maar hoe lyk vooruitsigte vir reën? Ons hoor by Chris Derksen of vleispryse steeds onder druk is.

RSG Landbou 11 Oktober 2023 11.10.2023

Die Graanprodusent van die Jaar-toekenning met ‘n ryk geskiedenis oor 22 jaar, word jaarliks deur Graan SA aangebied. Op 20 Oktober word die wenner van dié toekenning aangewys. Daar is vanjaar twee finaliste. Ons gesels met een van hulle, Andries Els van Bothaville. Sybokhaarproduksiegebiede lyk goed na die reën, maar die mark is onder druk, grootliks as gevolg van China wat geheel uit die mark vi...

RSG Landbou 10 Oktober 2023 10.10.2023

Wolveilings het in Augustus hervat, maar die mark bly wipplank ry. Die goeie nuus is egter dat die vraag na Suid-Afrikaanse wol steeds hoog bly. Wat is die voordeel van baalnette? Johan Bender van TWK Agri beantwoord die vraag. Pannar het in 2018 met mieliekuilvoerkultivarproewe in KwaZulu-Natal begin, en Grant Pringle gee terugvoer.

RSG Landbou 9 Oktober 2023 09.10.2023

Navorsing wys dat sitrus, laventel en knoffel help met bosluisprobleme by vee. Frans Hagg van Allied Nutrition verduidelik hoe produsente dit deel van hulle dip-programme kan maak. Ons praat met Kylon Liversage van Trail Rider Saddles op Belfast oor die rede vir saalsere by veeperde, en hoe dit voorkom kan word. Nuus oor veilings is ook deel van die program.

RSG Landbou 7 Oktober 2023 07.10.2023

Andries Wiese se sin vir humor en diep domeinkennis is diepgewortel in landbou. Hy is die hoof van landbou by ‘n internasionale versekeringsmaatskappy. In September was daar van die ergste oorstromings in mensenheugenis in die Overberg. Inwoners het gesteier. Paaie het verspoel. Mense is deur ongekende massas water gestrand gelaat, en daar was lewensverlies. Hierdie program is sewe dae voor die vl...

RSG Landbou 6 Oktober 2023 06.10.2023

Ons hoor wat alles by die Villiersdorp Skou en die Prins Albert Landbouskou gebeur. Die F. R. Tomlinson-gedenklesing is vanjaar aangebied Bongiswa Matoti, die Direkteur van Landbou Ekonomiese Dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou.

RSG Landbou 5 Oktober 2023 05.10.2023

Hoërskool Burgersdorp se belegging in landbou wek groot belangstelling. Die skool het onlangs met landboukursusse vir leerlinge van Graad 8 tot 11 begin. BKB, die Nasionale Wolkwekersvereniging en ‘n veearts van Steynsburg, dr. Johan van Rooyen, het reeds kursusse aangebied. Carin Venter het by dié skool ‘n draai gaan maak. Christal-Lize Muller het tydens Graan SA se Day of Celebration by Nampopar...

RSG Landbou 4 Oktober 2023 04.10.2023

‘n Bosbou-, bees- en saaiboer van Lüneburg indie noorde van KwaZulu-Natal, Heiko Gevers, is aangewys as Kwanalu se 2023 Jongboer van die Jaar. Rekordhouding en presisieboerdery is sy passie, en ons hoor hoe dié 28-jarige boer dit in sy boerdery gebruik. Produkgehalte en -veiligheid vorm deel van volhoubare suiwelproduksie. Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap verduidelik wat dit behels.

RSG Landbou 3 Oktober 2023 03.10.2023

‘n Angoraprodusent van die Willowmore-omgewing, Fred Colborne, het vroeër vanjaar ‘n wêreldrekordprys vir ‘n baal kleinbokkiehaar behaal. Ons gesels met hom, en hoor wat sy ondersteuners van OVK oor dié prestasie sê. ‘n Graanprodusent van Lichtenburg, William Raphoto, is aangewys as Graan SA/ABSA/John Deere Financial Nuwe-era Kommersiële Boer van die Jaar. RSG Landbou het dié geleentheid by Nampo...

RSG Landbou 2 Oktober 2023 02.10.2023

Goeie nuus vir landbouers en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – die dam se vlak het sedert Maart vanjaar met meer as 50% gestyg. Die lewendehawe, veeartsenykunde en farmaseutiese bedrywe se gesamentlike rol is die bewaring en verbetering van die omgewing. Ons verwys na die One Health-konsep. Dr. Alnora le Riche van Elanco Dieregesondheid verduidelik hoe dié rolspelers saamwerk....

RSG Landbou 30 September 2023 29.09.2023

Danielle Schoeman is Suid-Afrika se jongste meesterdistilleerder. Op 33 is sy eienaar van Dona Distillery en die bekroonde brein agter uitvoerwhisky, vodka en Karoo-agave. Haar resep is een van slegs ‘n handvol in Afrika, wat innovering soos vakuumdistillasie insluit. Werkskepping staan sentraal tot al haar planne.

RSG Landbou 29 September 2023 29.09.2023

Ons hoor wat alles by die Tulbagh Skou en die Robertson Skou gebeur. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die belangrikheid van kommunikasie tussen boere, die publiek en dieregesondheidstegnici. Niel Bruwer is onlangs tot Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee verkies.

RSG Landbou 28 September 2023 28.09.2023

Die grootste beperkende faktor vir produksiedoeltreffendheid in skaapboerdery is mortaliteit onder pasgebore lammers. Ons hoor by Alheit du Toit van Feedtek wat die oorsaak is, en hoe om die probleem aan te pak. Verbruikers is reeds gewaarsku oor die ernstige tekorte aan hoendervleis en eiers wat in die komende maande weens voëlgriep verwag word. Ons hoor by Chris Schutte van Astral Foods wat die...

RSG Landbou 27 September 2023 27.09.2023

Een van die hoofoorsake van verliese by kuilvoer is die blootstelling aan lug. Jaco Faasen van Nutribase verduidelik wat gebeur met kuilvoer tydens blootstelling, en dat daar 'n oplossing is. Rooivleis het drie jaar gelede voedselinflasie gedryf. Nou is dit groente. Absa Agribesigheid het tydens Nampo Kaap hul sesmaandelikse Absa Agri Trends bekendgemaak, en dr. Marlene Louw brei uit oor die fakto...

RSG Landbou 26 September 2023 26.09.2023

Daar is verskeie lusern-variëteite, en soos enige ander gewas, word dit ook volgens die spesifikasies van die omgewing aangeplant. Neill van der Merwe van die saadmaatskappy, Barenbrug, gee raad oor lusernseleksie vir optimale opbrengs. Ons het by Nampo Kaap met Dennis van der Merwe van Kubota gesels. Hy stap ‘n lang pad met die meganisasiebedryf in Suid-Afrika, en is al 33 jaar by Nampo betrokke....

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.