RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 22 November 2023 22.11.2023

Die 2023 Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar is verlede week aangewys, en ons hoor wat hy oor dié eer te sê gehad het. Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa praat oor tegnologiese vooruitgang in spilpuntstelsels, en hoe produsente met groot sukses dié tegnologie aanneem. Die voormalige bedryfshoof van die Wagyu-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, Elandri de Bruyn, was by die LRF Vees...

RSG Landbou 21 November 2023 21.11.2023

Waarom is die hormoon, rbST, so ‘n kontroversiële produk? In ons gesprek met Dr. Tod Collins verduidelik hy ook waarom melkkopers die gebruik hiervan verbied. Geoff Kingwell van BKB gesels oor die belangrikheid van goeie dierewelsynspraktyke in die veselbedryf. Dan het ons ook vir Anton Rabe van Hortgro gevra wat die impak van die onlangse misleidende mediaberigte oor uitvoere, op die vrugtebedryf...

RSG Landbou 20 November 2023 20.11.2023

Dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die minderwaardige rol wat die vroulike dier by die telingsproses speel. Die BKB Groep het die afgelope jaar ‘n hele paar strategiese besluite geneem. Ons kyk saam met Johan Stumpf terug na die jaar, en hoor waarop hulle in 2024 wil fokus. Gerrie Wiese van Linsay Africa praat oor die belangrikste uitdagings by waterhul...

RSG Landbou 18 November 2023 18.11.2023

Dr. Ferdie Endemann van Wes-Kaapse Departement van Landbou vertel van die sukses wat boere in akwakultuur behaal. Hy gesels ook spesifiek oor krokodilboere in Suid-Afrika.

RSG Landbou 17 November 2023 17.11.2023

Prof. Pieter Swanepoel van die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenbosch verduidelik hoe boere hulle koolstofvoetspoor kan verklein deur middel van wisselboustelsels. Dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou praat oor die oorskakeling van konvensionele landbou na bewaringslandbou.

RSG Landbou 16 November 2023 16.11.2023

Knopvelsiekte is ‘n virussiekte wat deur bytende insekte oorgedra word. Dr. Johann Stadler van Antrovet gee raad oor die behandeling en moontlike voorkomende stappe wat gedoen kan word. Kuilvoermonsterneming- en ontleding is ‘n fyn kuns. Labworld is verantwoordelik vir die ontleding van die kuilvoermonsters in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, Dr. Elrisa Taljaard verduidelik die ont...

RSG Landbou 15 November 2023 15.11.2023

Negentig persent van Suid-Afrikaanse volstruisprodukte word uitgevoer. Internasionale aanvraag en pryse het ‘n groot invloed op ‘n onderneming se winsgewindheid, en daarom is die voeding en bestuur van dié voëls, asook dierewelsyn so belangrik. André Bezuidenhout van Feedtek gee raad oor voedig en bestuur. Ons het by die International Society for Applied Ethology se werkswinkel oor dierewelsyn- en...

RSG Landbou 14 November 2023 14.11.2023

Dr. Johann Stadler van Antrovet verduidelik watter faktore bydra by tot die ontwikkeling van longontsteking by beeste, en hoe dit voorkom kan word. Ons praat verder oor die hormoon, rbST, wat melkproduksie by lakterende diere verhoog. Dr. Tod Collins, ‘n onafhanklike suiwelkonsultant, brei uit oor die effek wat dit op reproduksie het, en of dit enigsins risiko’s inhou vir mense. Heinrich Victor is...

RSG Landbou 13 November 2023 13.11.2023

‘n Sportdag vir plaaswerkers van die Matsikama-gebied is onlangs op Vredendal gehou. Volgens Heinrich Robertson van die Weskus-distriksmunisipaliteit het bykans 500 plaaswerkers aan die verskeie aktiwiteite deelgeneem. Die International Society for Applied Ethology, wat fokus op dierewelsyn en -gedrag, het vir die eerste keer ‘n werkswinkel vir Suider-Afrika aangebied. Ons hoor by Johan Mouton van...

RSG Landbou 11 November 2023 11.11.2023

Ons besoek die bergagtigste land op aarde, met ‘n stop in die stad wat spog met die hoogste groen gebou wat ooit opgerig is. Dit neem jou slegs agt ure om met ‘n motor om dié besonderse bestemming te ry. Maar, dis veral hulle landboupraktyke wat ons ondersoek. Die Assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie-ontwerp en -Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, is pa...

RSG Landbou 10 November 2023 10.11.2023

Mense in groot dele van Richardsbaai het onlangs alles in die stryd gewerp om ‘n brand onder bedwang te kry, wat ononderbroke by ‘n houtspaandermeule gewoed het. Toe die brandweer by die toneel aankom, was een van die houtspaanderhope reeds heeltemal deur die vlamme verswelg. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, praat oor die ekonomiese impak van die b...

RSG Landbou 9 November 2023 09.11.2023

Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes is bekend vir hulle biodiversiteitsinisiatiewe. Hulle het nóg ‘n omgewingstoekenning ontvang. Altesaam 81 Wes-Kaapse wynlandgoedere het in verskeie kategorieë ingeskryf vir die 2024 Best of Wine Tourism Awards. Vergelegen se eerste projek, waarmee hulle steeds besig is, het reeds in 2004 begin. Johan van den Berg is op sy pos met weersake, en Chris Derksen ve...

RSG Landbou 8 November 2023 08.11.2023

‘n Boeredag is onlangs op die Piet Roux se plaas op Prieska aangebied. Hy is die wenner van vanjaar se Veeplaas Klimaatslim-ambassadeurprojek. Hy vertel van sy pogings om van die indringerboom, prosopis, ontslae te raak. Willie Storm van Olifantshoek vertel hoe hy die drakrag op sy plaas verbeter het. AfriForum, Saai en Thabake Business Enterprise ondersteun die groenteboer, Lebo Mosime. Sy lewer...

RSG Landbou 7 November 2023 07.11.2023

Dr. Tod Collins, ‘n onafhanklike suiwelkonsultant, beantwoord vrae oor die omstrede hormoon, rbST, wat melkproduksie by lakterende diere verhoog. Presisieboerdery vorm deesdae deel van meeste boerderye, en die ontwikkeling in dié tipe tegnologie staan ook nie stil nie. Verbeterde satelietbeelde, meting van grondvog en weeklikse opbrengsskattings is van die tegnologie waaroor Pieter Burger van Syng...

RSG Landbou 6 November 2023 06.11.2023

Kanolasaad word hoofsaaklik van Australië af ingevoer. Sentraal-Suid Koöperasie in Swellendam het tydens die internasionale kanolakongres in Australië ook ‘n paar saadmaatskappye besoek. Ons praat met Johan Mouton van Molatek oor veldafronding van diere, of backgrounding soos dit bekendstaan. Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid bring maandeliks ‘n verslag uit oor die koste van ‘n basiese gesonde...

RSG Landbou 4 November 2023 04.11.2023

Kabous Pretorius, ’n veldwagter, natuurbewaarder en avontuurgids vertel van sy wedervaringe as ‘n teen-stropingsbeampte. Hy onthou ook die dag toe boere die lewe van mens en dier gered het toe ‘n wegholbrand gedreig het.

RSG Landbou 3 November 2023 03.11.2023

Elani Heyneke van die SA Weerdiens praat oor die onlangse vloedskade in die Wes-Kaap, en weersake. Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap vertel van die gratis landboupublikasie, Agriprobe. Martinus Rademeyer van Bonnievale Wines het tydens die afgelope toekenningseisoen heelwat redes gehad om breed te glimlag.

RSG Landbou 2 November 2023 02.11.2023

Is klimaatsverandering ‘n realiteit? Dr. Louis du Pisani wat elke jaar by die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek betrokke is, praat hieroor. Ons hoor ook wat Mecki Schneider, voorsitter van die LRF-Veeskool te sê het oor vanjaar se geleentheid. Daar is soos altyd nuus oor die weer en vleispryse.

RSG Landbou 1 November 2023 01.11.2023

RSG Landbou het ‘n luisteraarsvraag ontvang oor die verskil tussen die verbruikersprys en produsenteprys van makadamianeute. Ons het by Pieter van der Westhuizen van die SA Makadamia-verwerkersforum gaan aanklop. Heinz Gruhn van die Otongovi-Hereford-stoetery in Namibië is by die LRF se jaarlikse veeskool as die Stoetteler van die Jaar aangewys. Ons vind meer uit oor hierdie besonderse Hereford-ku...

RSG Landbou 31 Oktober 2023 31.10.2023

Christo van der Rheede, voormalige uitvoerende direkteur van Agri SA, gesels oor sy landbouloopbaan. Aqua Farming van die Christiana-distrik is een van die land se voorste aartappelproduksie-eenhede. Hulle kry dit reg om die waardeketting te verkort. Heinrich Victor is terug met ons weeklikse wolmarkverslag.

RSG Landbou 30 Oktober 2023 30.10.2023

Vrugteprodusente boer met suiker, ongeag die gewas, sê Kenny Beeton van Nutrico. Hy verduidelik watter faktore suikervlakke beïnvloed, en hoe om dit te bestuur. Tegnologie uit Noorweë het dit moontlik gemaak vir ‘n plaaslike kuilvoervervaardiger om kuilvoer in grootmaat te maak en te versprei, maar waarom is die proses só ingewikkeld? Ons gesels ook met Tanel du Plooy van die Raad vir Landbouprodu...

RSG Landbou 28 Oktober 2023 28.10.2023

Ons het tydens die Rugby Wêreldbekertoernooi by landbouers aangedoen wat voorheen professionele rugbyspelers was. Burton Francis neem ons tot binne Stade de France - ‘n plek wat hy oor agt jaar baie goed leer ken het, en waar die stryd om die hoogste eer in rugby die naweek plaasvind. Dié skopper is die skepper van ‘n gelyknamige wynreeks, en vind hom vandag tuis in landbou.

RSG Landbou 27 Oktober 2023 27.10.2023

Thea van Zyl, die projekbestuurder van Agri’s Got Talent, vertel hoe die tiende bestaansjaar van die kompetisie gevier gaan word. Christo Basson is die nuwe keldermeester by Nuy Wynkelder. Volgens hom is parsseisoene besig om te verander weens klimaatsverandering. Dr. Francois de Wet van Cape Karoo International verduidelik die belangrikheid van naspeurbaarheid.

RSG Landbou 26 Oktober 2023 26.10.2023

Die Nasionale Vleisbees-presteerderstoekennings wat jaarliks deur die Landbounavorsingsraad aangebied word, vind op 23 November virtueel plaas. Dr. Ben Greyling verduidelik wat die doel hiervan is, en hy brei ook uit oor die sewe kategorieë waaraan produsente kan deelneem. Ons hoor wat Pieter de Jager van Albertinia te sê gehad het nadat hy Vrydagaand aangewys is as die 2023 Graan SA Graanprodusen...

RSG Landbou 25 Oktober 2023 25.10.2023

Lede van die plaaslike graanwaardeketting het onlangs die internasionale kanola-kongres in Australië bygewoon. Dit het ook besoeke aan saadmaatskappye ingesluit. JJ de Nysschen is aangewys as Agri Limpopo se 2023 Jongboer van die Jaar. Hierdie sitrus- en hoenderprodusent van Letsitele gesels oor sy boerdery.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.