RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 21 Desember 2023 21.12.2023

Clanwilliam was vanjaar vanaf 1 tot 4 Oktober in rep en roer met die aanbied van die 2023 SA Jeugskou Nasionale kampioenskappe by Augsburg Gimnasium. Ons hoor wat van die  beoordelaars, deelnemers, ouers en komiteelede te sê gehad het.  Johan van den Berg is ook terug met ons weervooruitsigte.

RSG Landbou 20 Desember 2023 20.12.2023

Voerkraalprodusente is genoop om groeibevorderaars te gebruik om die maksimum wins uit ‘n speenkalf te maak. Wanneer die verbruiker egter die woord hormoon hoor, gaan die rooiligte onmiddellike aan. Johan Odendaal werp lig op dié onderwerp. Ons vind ook meer uit oor TLU SA se traumafonds. Lynette du Plessis gesels met ons oor die ontstaan hiervan en verduidelik hoe fondse aangewend word.

RSG Landbou 19 Desember 2023 19.12.2023

Die pepper ringspot-virus is vanjaar in verskeie aartappelproduksiegebiede waargeneem. Die Landbounavorsingsraad onderneem tans ‘n landswye opname om die verspreiding van die virus te bepaal. Dr Lindy Esterhuizen van die LNR en Dirk Uys van Aartappels SA verskaf meer besonderhede. Dan het medewerker, Christal-Lize Muller, tydens vanjaar se LRF Veeskool met Anri Strauss van Chemunique oor koeivoedi...

RSG Landbou 18 Desember 2023 18.12.2023

Die gehalte van die Suid-Afrikaanse landbouproduk is goed en spyte van talle uitdagings bly ons mededingend. Theo Boshoff van Agiz het tydens ‘n media-dag met RSG Landbou gesels. Die belangrikheid van vetverspreiding by ‘n beeskarkas kom ook onder bespreking. Johan Odendaal, ‘n onafhanklike vleisbeeskonsultant verduidelik ook hoe vetverspreiding  in ‘n voerkraal beheer word.

RSG Landbou 16 Desember 2023 16.12.2023

Volgens slangvanger Eduan Niemand, is dit veral geelslange en pofadders wat die tyd van die jaar hulle verskyning maak. Dit is egter ook so dat boere op hul hoede behoort te wees vir ander slang tipes. Eduan vertel van die mees ongewone plekke waar hy al sedert die begin van die somer seisoen slange verwyder het.

RSG Landbou 15 Desember 2023 15.12.2023

Gedurende 2023 het GraanSA heelparty inligtingsdae aangebied. Boere het innoverende oplossings bespreek en interessante vrae onder mekaar beantwoord. Daar is veral ook ondersoek ingestel omtrent mielie produserende distrikte in warmwordende omgewings. Insigte rondom klimaat projeksies is onder andere gedeel. In RSG Landbou kyk ons opsommend daarna terug. Prof. Willem Landman van die Universiteit v...

RSG Landbou 14 Desember 2023 14.12.2023

JH Neethling van Rooikoppies Holsteins is vroeër vanjaar aangewys as die 2023 SA Stamboek Nasionale Elite Genetiese Suiwelkudde van die Jaar. Ons hoor wat hulle  boerdery se suksesresep is. Verder praat die direkteur-generaal van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mooketsa Ramasodi, oor die regering se investering in die lewendehawebedryf. Christal-Lize Muller het...

RSG Landbou 13 Desember 2023 13.12.2023

Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa praat oor tegnologiese vooruitgang in spilpuntstelsels en hoe produsente met groot sukses dié tegnologie aanneem. Dan gesels Izak Hofmeyr met nog ‘n finalis van die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek, Matthys Grobler. Hy is ‘n saai-, vee- en skaapboer van Tweeling Boerdery in die Soutpan-omgewing noord van Bloemfontein.

RSG Landbou 12 Desember 2023 12.12.2023

Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras in die Dewetsdorp-omgewing was vanjaar een van die finaliste van die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek. Hy boer sedert 1996 deeltyds met Bonsmaras en Izak Hofmeyr vind uit hoe hy klimaatslim-boerderypraktyke toepas. Hoe word klas A, B of C van vleis bepaal? Johan Odendaal, ‘n onafhanklike vleisbeeskonsultant, verduidelik hoe die vleisklassifikasiestelsel,...

RSG Landbou 11 Desember 2023 11.12.2023

Veediefstal bly ‘n saak van kommer wat veral dié tyd van die jaar toeneem. Ons gesels met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum oor die huidige stand van sake, die rol van die SAPD en dan gee hy ook raad aan vee-eienaars oor die beskerming van hul vee. Dan praat Gerrie Wiese van Lindsay Africa oor die belangrikste uitdagings by waterhulpbronbestuur en watter oplossings tegnol...

RSG Landbou 9 Desember 2023 09.12.2023

Op 9 Desember 1963 het Australiër Rodney Fox ‘n haaiaanval oorleef. Later in sy lewe sou dié natuurbewaarder bekendheid verwerf as een van die wêreld se voorste haaikenners en ekskursieleiers vir avonturiers, wat saam met die diere wou vryduik. Sestig jaar ná die voorval kyk ons terug op ekotoere in Suider-Afrika, en hoe om die vakansiewater veilig te geniet. Ferdie Endeman, ‘n spesialisvoorligter...

RSG Landbou 8 Desember 2023 08.12.2023

Ons hoor van die organisasie, GreenCape, se befondsingskema om veral mosselprodusente in Suid-Afrika by te staan met onafhanklike energie-oplossings. Ons hoor ook waarom daar op die oomblik ‘n verskuiwing van kreefspesies langs die kus plaasvind. Die Lesotho Hoogland-waterskema kom onder die soeklig. En, wat beteken die term, seetrekker?

RSG Landbou 7 Desember 2023 07.12.2023

Die wenners van die 2023 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is op 28 November in Pretoria bekendgemaak. Daar was soos altyd ‘n wenner in elke kategorie  asook ‘n algehele wenner. RSG Landbou het dié geleentheid bygewoon. Skakel gerus moreoggend in vir terugvoer. Daar is soos altyd ook weernuus en ons hoor wat het hierdie week met vleispryse gebeur.

RSG Landbou 6 Desember 2023 06.12.2023

Die Boran-beesras kom onder bespreking in moreoggend se RSG Landbou. Ons gesels met Christopher Havenga van die Boran-beestelersgenootskap en hoor ook by Johannes Mulder van Intelact watter eienskappe van dié beesras uitstaan. Eksteenskuil-landboukoöperasie van  Keimoes in die Noord-Kaap is vanjaar deur Toyota SA aangewys as die kommunale boerderyvereniging van die jaar. Hulle bestaan uit 107 lede...

RSG Landbou 5 Desember 2023 05.12.2023

Dis kersietyd in Suid-Afrika! Alhoewel daar vanjaar minder kersies geproduseer is, is die mark gaande oor die gehalte van dié vrugte. Calla du Toit van Tru-Cape verskaf die rede hiervoor en praat ook oor markte en pryse. Heinrich Victor vertel wat het by die laaste wolveiling vir 2023 gebeur. Dan is Piet Mothepu van Koppies in die Vrystaat aangewys as een van die wenners van die Mentor van Jaar-to...

RSG Landbou 4 Desember 2023 04.12.2023

Die 2023 LNR Vleisbeespresteerderstoekennings het op 23 November virtueel plaasgevind. Derek Ralfe van UP George Bonsmaras van Ladysmith in KwaZulu-Natal, het die gesogte verbeteringskudde van die jaar-toekenning ontvang. Hy vertel onder meer wat die waarde van prestasietoetsing vir sy kudde is. Ons hoor ook wat Gerrie Wiese van Lindsay Africa te sê het oor die belangrikste uitdagings by waterhulp...

RSG Landbou 2 Desember 2023 02.12.2023

Vir heelwat Suid-Afrikaners lê ‘n vakansieblaaskans om die draai. Dalk het jy self planne om iewers langs die kus te gaan batterye herlaai. Die dieptes van die oseane en die lewensvorme, is iets wat die mensdom nog altyd gefassineer het. Daar is ‘n Suid-Afrikaanse verbintenis met Steven Spielberg se klassieke film, Jaws. Spesialisvoorligter in akwakultuur by die Departement van Landbou in die Wes-...

RSG Landbou 1 Desember 2023 01.12.2023

Die Nasionale Meestersuiwelboer-toekennings van die Landbou Navorsingsraad vier uitstaande prestasie deur Suid-Afrika se top-suiwelboere. Vanjaar se toekenningsgeleentheid het ‘n paneelbespreking oor volhoubaarheid ingesluit. Dr. Johann Strauss, senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel van ‘n inte...

RSG Landbou 30 November 2023 30.11.2023

Wikus Bekker van Edenburg in die Vrystaat is aangewys as die Voermol Skaapboer van die Jaar. Hy boer met Dohne-Merinos en soos hy sê, in harmonie met die natuur. Ons hoor wat dit behels. Die ontwerp en vervaardiging van veehanteringstoerusting speel ‘n baie belangrike rol by dierewelsyn. Charlotte Esterhuizen van Algar brei hieroor uit. Dan gesels ons soos altyd oor die weer en vleispryse.

RSG Landbou 29 November 2023 29.11.2023

Vrystaat Landbou en LGV se PSIRA geregistreerde privaat-veediefstal-ondersoekers het in die eerste 4 maande van hul bestaan reeds ‘n paar suksesse behaal. Dr Jane Buys van Vrystaat Landbou kuier in die ateljee om ons meer hiervan te vertel. Dan hoor ons ook by Izak Hofmeyr wat elders in die wêreld in landbou gebeur met ons maandelikse fokus op internasionale landbounuus.

RSG Landbou 28 November 2023 28.11.2023

Die waarde van suiwel by beengesondheid van bejaardes kom in RSG Landbou onder bespreking. Ons gesels met Christine Leighton van Melk SA hieroor. Indien 'n boer sy plaas aan iemand anders as sy vrou nalaat, maar hy haar lewenslange verblyfreg op die plaas wil verseker, dan word daar gewoonlik 'n vruggebruikklousule in die testament ingeskryf. Dit maak egter die deur oop vir ‘n hele paar uitdagings...

RSG Landbou 27 November 2023 27.11.2023

Die 2023 Voermol Beesboer van die Jaar is onlangs aangewys. Ons hoor hoe Jason Caroll van die bekende Boschendal-plaas, sy swart-Angus-kudde bestuur. Die belang van teelgeskiktheidstoetse as 'n siftingsmetode om die risiko van die gebruik van bulle en ramme met lae vrugbaarheidseienskappe te verminder, kan nie onderskat word nie. Prof. Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria brei hieroor ui...

RSG Landbou 25 November 2023 25.11.2023

Ons kyk terug na van die hoogtepunte van 2023. Dr. Ilse Trautmann van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap deel stories aan die hand van vyf temas: navorsing, grond,veeartse, klimaatsverandering, en die mense wat die land se voedselmandjie met passie vol hou.

RSG Landbou 24 November 2023 24.11.2023

Die gebruik van robotte in landbou is aan die toeneem. Suid-Afrikaanse tegnoloë is ook op die voorpunt van hommeltuigtegnologie. Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, het onlangs landbouers in Taiwan gaan touwys maak oor onder andere hommeltuie. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller deel nuus oor...

RSG Landbou 23 November 2023 23.11.2023

Die eerste diere se stamboek is reeds in 1905 neergeskryf. Dit was die begin van SA Stamboek. Dr. Japie van der Westhuizen se termyn as hoofbestuurder staan nou einde se kant toe, en ons gesels met hom oor sy rol en hoe die organisasie gegroei het. Ons kuier ook by Kenton-on-Sea se veeartspraktyk. Dr. Marette Dreyer gesels oor die opleiding van die veeartsverpleegster. Ons kyk saam met Johan van d...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.